Studente opgewonde oor Afrikaanse koshuis by Tuks

DGH StudenteTalle studente het positief reageer op AfriForum se aankondiging dat daar van volgende jaar af ’n Afrikaanse koshuis by die Universiteit van Pretoria (UP) sal wees.

Die De Goede Hoop-koshuis is reeds as organisasie by UP geregistreer en sal aan al die groot aktiwiteite op die universiteit deelneem, waaronder sport, kultuur, jool en sosiale geleenthede. Aansoeke vir toelating tot die koshuis open in Junie.

De Goede Hoop word beskryf as ’n privaat Afrikaanse koshuis vir studente waar mans en vroue gesamentlik en ook afsonderlik aan die studentelewe kan deelneem. Volgens AfriForum is daar reeds ʼn perseel bekom, sowat 1,8 km van die Hatfield-kampus, en daar sal plek wees vir tot 300 studente.

“Midde ’n stormagtige reis sit ons voet aan wal en vestig ’n tuiste vir ’n mens soos jy, noordoos van Tafelberg onder die jakarandabome van Pretoria. De Goede Hoop bied ’n tuiste vir dinamiese studente met Christenwaardes en ’n passievolle gees vir Afrikaans; ’n tuiste waar jy as dinamiese jongmens in gesonde studentetradisies kan deel en jou studentwees met selfvertroue in Afrikaans kan uitleef,” lui ʼn advertensie vir die koshuis.

Jan alleman of 'n man soos JanTalle studente het intussen positief reageer op die vooruitsig van ʼn Afrikaanse koshuis. “Dis ʼn uitstekende idee wat ʼn lekker tuiste bied vir Afrikaans op Tukkies. Dit skep ʼn ruimte waar jy trots op jou taal en meer spesifiek jou kultuur kan wees sonder enige politieke inmenging,” het een student van hom laat hoor.

“Ek dink dit is ʼn briljante idee. Daar is soveel studente wat deel wil wees van ʼn koshuis, maar nie die geleentheid kry nie. Die feit dat dit ʼn privaat koshuis is, gee ons die kans om ons Afrikaanse kultuur uit te leef en nuwe tradisies te stig,” meen ʼn ander student.

“Ek dink De Goede Hoop is ʼn uitstekende idee. Dit sal die Afrikaanse studente moreel opbou en weer trots laat voel op wie hulle is. Dit sal ʼn samehorigheidsgevoel onder Afrikaanse studente skep, iets wat nodig is met al die teenkanting wat ons tans ervaar,” het nog ʼn student gesê.

“As dit werk, gaan ons dit landwyd uitbrei,” het Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

JC ·

Awesome! Afriforum (Akademia) bo! Tukkies…? Danie Brand????????

Connie ·

Ek hoop regtig dit kan realiseer sodat ons witkinders in vrede kan lewe en leer.

Piet Snot ·

Versigtig nou; versigtig. Sodra jy enigsins kleur inbring, kelder jy die hele projek.
Ter wille van oorlewing sal De Goede Hoop reg van die begin moet moeite doen om Afrikaanssprekende studente van alle kleure in te neem.
Anders gaan hierdie mooi skip sink voor hy die hawe verlaat.

André ·

Nuusflits Afriforum. Dis die volgende politieke speelbal en teiken.

Johann Marx ·

Maar net gister het TUKS ‘n verklaring uitgereik waarin hulle hulleself totaal distansieer van hierdie inisiatief, en aangedring het dat hulle naam NIE aan hierdie koshuis gekoppel word, of dat die Universiteit gebruik mag word in enige advertensies om studente na die koshuis te lok nie. Hulle het ook uitdruklik gesê dat hierdie koshuis GEEN erkenning sal kry, of toelating, om op ENIGE vlak deel te neem aan enige van die Universisteit se aksies vir koshuise nie. So wie glo ons nou?

Koos ·

Uitstekende die begin van baie goeie en positiewe dinge ‘n stap in die regte rigting .

Reinhardt ·

Ek dink eerlikwaar nie dis n goeie idee nie… Soos André hierbo sê, dit verskaf net ammunissie vir die ANC en EFF. Hoe Afrikaners 22 jaar na apartheid nogsteeds nie wil meng met die res van die land nie. Los asseblief Stellenbosch uit, Dagbreek, Eendrag, Helshoogte, Helderberg, Majuba is almal reeds baie Afrikaans en het nie so iets nodig nie.

Boela ·

En wat dan van iets soos die Black Lawyers Association, Reinhardt? Dit is ‘n organisasie waar rasse-eksklusiwiteit in die naam ingebou is. Hoekom is só ‘n organisasie aanvaarbaar, maar nie ‘n taal- (let wel: nie rasse-) eksklusiewe koshuis nie?

Janneman ·

Dit het niks met rassisme of eksluwiteit te doen nie maar wel met kulturele uiting, ordelike waardes en samelewing. Geen Afrikaanse talige van enige groep is uitgesluit nie.
Ons kan nie toelaat dat ander mense apartheid en ons grondwetverskante regte as ammunissie gebruik om hulle verwronge rasse ideoloe te bevorder nie.
Afriforum dra dit op die regte manier en met waardigheid oor.

Pappa Beer ·

Reinhardt ek dink jy verstaan verkeerd, dis nie n BLANKE koshuis nie dis n AFRIKAANSE koshuis. Ek glo enige ras is welkom solank jy deel in die afrikaanse taal, kultuur en n Christen geloof en norme handhaaf.

Asjas ·

Ja veral die Christenskap. Dit is opvallend hoe min aktiwitwite in ons land nog met gebed begin en afgesluit word. Veral skole is hartseer. Jy mag nie meer jou geloof voluit leef nie anders affronteer jy iemand, nie dat hulle omgee of ek deur hul geloof geaffronteer word nie.

Reinhardt ·

Ek verstaan dit, jy verstaan dit, almal op Maroela Media verstaan dit. Die regering doen nie. Dit is hoekom ek dink dis n slegte idee. Aan die ander kant kan mens seker nie heeltyd probeer om die regering hul s’n te gee nie.

Leeukop ·

Spandeer eerder geld op Akademia. Tuks is trots daarop om Afrikaans te verwerp, en soos verskeie hier noem gee dit net skiet goed vir die wat teen Afrikaans is. Los. Spandeer eerder op Akademia, regtig.

Andrea ·

Bly oor die Afrikaanse koshuis.
Ja, Akademia is die toekoms. Hulle bied egter net nog min studierigtings aan. Hulle sal vinnig moet uitbrei! Weet dis nie maklik nie, maar daar is baie goed gekwalifiseerde persone wat graag wil betrokke raak by hierdie ontwikkeling!

johann cb ·

Ek is self bly hieroor. Hoe lank gaan hulle egter daarin slaag om dit Afrikaans en ‘n Christen-Instansie te hou?

Edwin ·

halleluja, prys God! Mooi gedoen Afriforum, 300 gaan net te min wees vir Pta
Julle sal oorlaai word, geweldig!

Edwin ·

Halleluja, prys God. Dankie Afriforum, 300 plekke sal dalk heeltemal te min wees! Mooi gedaan

Barry ·

Maak die volgende koshuis die Drommedaris..welgedaan Afriforum,welgedaan!!!Bou so voort!

Annerie ·

My kind se een maat op skool was toevallig swart, maar hy het 100% in by hulle groep ingeskakel want hy het in ‘n Afrikaanse huis grootgeword. As iemand jou taal en kultuur deel sien jy eenvoudig nie sy kleur raak nie. En as jy jou kultuur in ‘n koshuis as groep uitleef, beteken dit nie jy isoleer jouself nie. Jy meng steeds 100% in die klaskamers, op die sportveld ens. Om saans terug te gaan na jou huis of koshuis waar jy omring is deur mense soos jy waar jy tuis en geborge voel, is nie rassisties nie. In ‘n oorwegend Swart koshuis word daar oorwegend ‘n Swart taal gepraat en ‘n Swart kultuur uitgeleef en Afrikaners wat graag hul kultuuur wil uitleef, voel daar uitgesluit. Omdat ons in minderheid is, word ons taal en kultuur op alle terreine outomaties uitgesluit. Hoor-hoor dus Afriforum,

Henry ·

Uitstekend Afriforum.
Regte pad om te loop soos Sonop, Reitz…

Johan Human ·

Waar kan ons aansoek doen vir 2017 studente.
Baie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.