Studentepaar oorval: Verdagte vas vir verkragting, moord

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Man (18) is in hegtenis geneem in verband met die kaping van ʼn studentepaartjie by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU), waartydens die man doodgeskiet en die vrou verkrag is.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die verdagte is Maandag in Kwazakhele net buite Port Elizabeth in hegtenis geneem. Hy sal Woensdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Thambani Ngwekazi (28) en sy 21-jarige vriendin is op 13 Augustus omstreeks 21:30 in Noordeinde deur gewapende mans oorval. Die aanvallers het die paartjie in die kattebak van die motor gedwing en met hulle na ʼn strand gery, waar hulle die vrou glo verkrag en Ngwekazi ʼn paar meter van die motor doodgeskiet het. Die aanvallers het die vrou hierna in die middestad afgelaai.

Die paartjie se motor is dae later verlate in Kwazakhele gevind. Ngwekazi was besig om homself as paramedikus te bekwaam. Sy vriendin studeer aptekerswese.

Die polisie het gesê hulle is op soek na nog vier verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarel Strydom ·

Wel, indien skuldig bevind gaan sy ouderdom natuurlik I sy guns tel en iemand gaan beweer dat hy gerebiliteer kan word.

KarooKlong ·

Hierdie is rondloper brakke wat so gou as moontlik uit die samelewing verwyder moet word. Goeie opvolg werk deur SAPD PE. Hoop die orige 4 rondloper brakke word vinnig opgetel.

Wat-ek-lees ·

My kommentaar sneuwel. Kom ek probeer weer: Sou daar dalk iemand wees wat hierdie verkragtings aanteken en waar die verkragters inpas in die reënboognasie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.