Talle beseer in botsings op N12

Een van die tonele. Foto: Via Twitter

Digte mis het Maandag tot verskeie botsings in Benoni aan die Oos-Rand gelei waarin sowat 50 mense beseer is.

Russel Meiring, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die reeks botsings het op die N12-snelweg tussen die Etwatwa- en Putfonteinweg-afrit plaasgevind.

“ER24 en verskeie ander nooddienste is na die botsings ontbied. Verskeie voertuie was in botsings betrokke, waaronder ʼn paar minibustaxi’s,” het Meiring gesê.

Paramedici is van een ongelukstoneel na die ander om beseerdes te ondersoek en te behandel. Daar was na bewering minstens agt botsings.

“ER24 het altesaam 22 pasiënte behandel. Hul beserings het gestrek van gering tot matig. Ander nooddienste het sowat 30 mense behandel en die beseerdes is na verskeie omliggende hospitale geneem.”

Meiring het gesê digte mis in die omgewing het vermoedelik tot talle van die botsings gelei. Verkeer in die omgewing is erg ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

B-man ·

Sowat 50 mense en minstens 8 botsings; sê vir my ongeveer 9 voertuie betrokke en dus 5 na 6 persone per voertuig? Baie van daardie voertuie het dalk slegs net een of twee passasiers. Hoeveel was dan in die minibusse?

B-man ·

…en dit neem net die beseerdes in ag. Hoeveel insittendes is ongedeerd?

Hoe nou ·

@B-man: Ek sien nie dat daar spesifiek aangedui word dat 9 voertuie bestrokke was nie. ‘n Botsing kan bestaan uit meer as een of twee voertuie.

B-man ·

Nou-toe-nou. Botsing tussen voertuie kan nie plaasvind as daar net een voertuig is nie…dus, as daar 8 botsings was moes daar ten minste 9 voertuie betrokke wees. As daar meer as een botsingstrein was, kom ons sê: 2 gevalle met 4 botsings elk, was daar dan 10 voertuie betrokke. Ek het maar net na die “ongeveer” en die “sowat” verwys. As jy bietjie jou verstand gebruik, sal jy maklik hierdie kan verstaan.

Daar kon dus op die ergste scenario 8 afsonderlike botsings gewees het op verskillende plekke, tussen 2 voertuie elk. Dan was daar altesaam 16 voertuie betrokke.

Hoe nou ·

Ai ai…
Jy sê nou weer “…op die ergste scenario 8 afsonderlike botsings gewees het op verskillende plekke tussen (LET WEL) 2 voertuie elk. Dan was daar altesaam 16 voertuie betrokke.”
Kom ek vertel jou van een ongelukstoneel, waar ons alleen 32 voertuie betrokke gehad het, waar onder ongeveer 8 taxi’s. Daar mag 16 persone in 1 taxi wees, volgens wetgewing. Dus as jy net 8 taxis het met 16 pasiënte is daar reeds 128 pasiënte, dan is daar nog 24 ander voertuie wat ook pasiënte moontlik in het.
Jy probeer somme maak wat jy self nie verstaan nie.

Andre van der bank. ·

Weereens word die digte mis in die omgewing hiervoor blameer. Pak die bul by die horings en call a spade a spade. Mag ek voorstel dat die motorbestuurder in die digte mis dalk hiervoor verantwoordelik was. Sal nie verder gis.

Hendrik ·

Wel ek is verbaas dat daar enige ongelukke in die mis is, want gewoonlik is alle misligte altyd aangeskakel al is daar nie mis nie. Miskien weet hierdie bestuurders nie waarvoor die mis ligte is nie of miskien verstaan hulle die benaming van “fog lights” verkeerd…

Lucy ·

Ek het ook vanoggend op die N12 gery en dis skrikwekkend hoe mense in die mis ry. Talle taxi’s en karre wat in die noodbaan verby al die ander ry en dan eenvoudig net indruk om in die baan in te kom.

Tiger ·

Die mense bly jare in daai omgewing maar verniet of hulle weet hoe om te bestuur in digte mis.

Suzette ·

Nee julle darem nie almal is te blameer vir onverskilligheid nie, maar kom ek se vir julle 90% is wel, sien hulle verstaan net die 120 kmpu. Die gedeelte van AS DIE OMSTANDIGHEDE DIT TOELAAT VERSTAAN HULLE GLAD NIE. Dis die probleem. Ek mag mos 120 ry – so ek sal ongeag die omstandighede. Bogger die 10% wat hulle lewe waag op vandag se paaie bogger die mis ligte dit kan net sowel op boetie se plastiek karretjie gesit word. Iemand sal hulle moet leer dat jy jou spoed volgens omstandighede moet aanpas……..eish maar wie?

MARTIE ·

Dis nou nie eintlik die mis se skuld nie, dit is mense wat nie kyk waar hulle ry nie en dan kry jy die vreeslike slim mense wat nie eers met ligte aan ry nie.

Jan ·

Het self op hierdie pad gery vanoggend, gelukkig in die teenoorgesetelde rigting. Het wel by die toneel verbygery. Wat kan ek sê? Spoed, spoed, spoed. (Alle) Suid-Afrikaanse motoriste wil so vinning as moontlik ry en sien die vermindering van spoed as ‘n swakheid. Ry in die mis dat jy genoeg stop afstand het, sover jy kan sien. Moenie jaag in die mis in en dan rem nie, gewaarrborg iemand gaan in jou vasry. Sit misligte aan en noodligte.

My 2c.

Antoinette Tredoux ·

Maroela media waarom het julle nie my opinie geplaas nie? Is dit te na aan die waarheid vir julle?

Pik ·

Ons ry elke dag die pad wat my verstom is die pad reels wat net geld vir sekere mense kyk bietjie % gewys wie ry in geel lyn as verkeer staan wie dink n verkeeslig bly groen ek se niks verder

Boertjie ·

Volgafstande. Mense glo mos daaraan om so na as moontlik aan die voertuig voor hulle te ry. Gekoppel aan spoed, en swak sig, en jy het verseker ‘n resep vir ‘n katastrofe. Vanoggend weer gesien hoe motoriste kyk hoe naby aan mekaar hulle kan ry. Om watter rede? Jy gaan nie vinniger by jou bestemming kom nie, jy stel net jou lewe, en die van ander motoriste in gevaar. Nee kwit, lyk my mense het heeltemal verleer van die 3-sekonde reël. Of is hulle net moedswillig en dink hulle sal niks oorkom nie? Maar net my stuiwer in die armbeurs..

Snoefels ·

Laat die son sak op n helder aand, en ons kruip op die hoofwee met ons mis ligte aan, wat so by the way verblindend is vir ons ander, maar laat die mis kom dan ry ons so vinnig as wat ons kan sonder n lig, nou dis fantastiese intelligensie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.