Talle kom na vore oor kaalfoto’s-dreigemente

'n Skermskoot van 'n gesprek tussen die verdagtes en een van die slagoffers.

‘n Skermskoot van ‘n gesprek tussen die verdagtes en een van die slagoffers.

Ongeveer 150 mense het die afgelope week na vore gekom met inligting in verband met ʼn slenter waarmee sosialemediagebruikers met naakfoto’s afgepers word om geld uit hulle te kry.

Marius Jacobs, stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief wat die ondersoekspan bystaan in sy ondersoek, het aan Maroela Media gesê sedert daar ʼn beroep op die publiek gedoen is om na vore te kom met inligting, het talle mense al gebel en e-posse gestuur en gesê hulle het met dieselfde boosdoeners te doen gehad.

“Sommige mense het die geld aan die verdagtes betaal om te keer dat die foto’s op sosiale media gedeel word; ander het dit nie betaal nie. Die bedrae wat geëis word wissel van R1 000 tot R12 000. Sommige van die mense het sake by die polisie oopgemaak en ander het nie. Dit is nie nog nie duidelik presies hoeveel sake amptelik oopgemaak is en ondersoek word nie,” het Jacobs gesê.

Maroela Media het vroeër berig die verdagtes teiken mense op sosialemediaplatforms soos WhatsApp en dreig hulle om ʼn sekere bedrag aan die verdagte oor te betaal om te verhoed dat eksplisiete naakfoto’s, waarby die slagoffers persoonlik geïmpliseer word, op sosiale media gepubliseer word. Die SAPD, Valke en die teenmisdaadgroep SA Community Crime Watch (SACCW) is betrokke by die ondersoek na die saak.

Een van die slagoffers, wat op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gepraat het, het gesê hy is deur ʼn aanlyn-kletskamer en later op WhatsApp op dieselfde manier geteiken. “Die verdagtes het hulself as ʼn mooi, jong meisie voorgedoen en met my begin gesels. Die sogenaamde ‘meisie’ het vir my uit die bloute begin boodskappe en foto’s stuur en enige man sal geprikkel wees as hulle sulke soort boodskappe kry,” het die man gesê.

“Ek het met die persoon begin gesels en ook foto’s vir die persoon gestuur, maar het redelik vinnig agtergekom daar was iets verdag aan die manier waarop die persoon Engels praat en die woorde wat gebruik word. Dit was nie lank voordat hulle my afgepers het nie en gesê het ek moet R1 500 aan hulle betaal anders sou hulle die foto’s op Facebook publiseer waar al my vriende en familie dit sou sien,” het hy gesê.

Die slagoffer vertel dat hy met behulp van ʼn kennis daarin kon slaag om die ligging van die verdagtes se selfoon op te spoor en nadat die verdagtes besef het hy is op hulle spoor, het hulle verdwyn.

“Ek het geen verskoning vir wat ek gedoen het nie en dit is wat gebeur as jy skelm geselsies aanknoop. Ek sal dit nooit weer in my lewe doen nie. Mense moet weet daar is baie skelms daar buite en jy moet nie sommer net enigiemand vertrou nie. Die beste is om seker te maak dat die veiligheidstellings op jou sosialemediaplatforms só gestel is dat niemand behalwe jou vriende jou persoonlike besonderhede kan sien nie.”

Jacobs het gesê hoewel hy nog nie kan bevestig of al die beweerde slagoffers deur dieselfde groep verdagtes geteiken is nie, glo hy wel dat baie van die sake met mekaar verband hou. “Mense moet na hul naaste polisiestasie gaan om ʼn saak oop te maak indien hulle op só ʼn manier geteiken word,” het hy gesê.

Mense met meer inligting kan Jacobs by 079 898 4539 of Steven King by 082 920 5799 bel, of andersins ʼn e-pos stuur na [email protected]. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Kobus ·

As n persoon niks verkeerds gedoen het….dan daar mos nie vrese om afgepers te word…so moenie aan skelm geselsies meedoen en van jouself ekspliete foto’s op sosiale media deel…dit gaan jou suur bekom…die wat betaal was ook maar stout gewees…nou as die beursie oop gemaak moet word…nou praat die gewete skielik…

JA ·

Nee kobus, jy is verkeerd. Die slagoffers het juis nie eksplisiete materiaal van hulself versprei nie. Die skelms neem fotos op die slagoffers se blad en manupileer dit dan tot naak fotos. Ek sal ook nie wil hê so iets van myself moet versprei word nie, al weet ek dis nie ek nie. Baie ander mense sal egter anders glo.

Hannes ·

Nee, het jy ooit die berig gelees? Hulle sê niks van fotos wat gemanipuleer is nie. Die slagoffers was getrick om naak fotos van hulself te stuur.

Tersia ·

Dit het my ook oorgekom ‘n paar jaar terug, maar ek was single en was nie besig met skelm geselsies nie….. Hy het ook fotos van sy geslagdele gestuur en gevra vir kaal fotos. Toe ek noem dat ek hom glad nie ken nie en dat en nie fotos gaan stuur nie het hy baie kwaad geword en my gevloek en genoem dat hy my gesig foto op naak lywe gaan sit en publiseer. Ek het gevra of hy asb vir my ‘n mooi lyf sal uitsoek want ek is bietjie oorgewig en dit lyk of die hael my geslaan het, hy moet my asb ook laat weet in watter uitgawe dit gaan verskyn want ek dink my familie en veral my neefs gaan dit baie snaaks vind. Hy het my gevloek en ek het nooit weer van hom gehoor nie….

Danie ·

Baie trots op jou. Hy het met gebakte pere gesit wat hy nie wou gehad het nie.

Well done girl ·

Well done Tersia, ‘n vrou wat respek vir haar en haar liggaam het en dan haar man (vrou) kan staan as die boelies kom!!!!!!!!!!!!!!!!! Jy is ‘n goeie voorbeeld.

Johann ·

Ou kan sekerlik ongewenste mense “blok” om die sulkes te laat verstaan jy neem nie deel aan die gesprekke nie

Snuffels ·

Hoe lui die grappie?
Hy: “Het jy naak fotos van jouself?”
Sy: “Nee!!!”
Hy: “Wil jy koop………? “

Willie E ·

Sug….sosiale media…wanneer gaan ons leer dat dit wat veronderstel was om ‘n mens se lewe makliker te maak ontaard het in ‘n gedrog wat ons BESLIS nie kan beheer nie….”hy gaan jou byt hy maak so ggghhooo Johanna…”

Jamtertjie ·

EK is bly hier is net engeltjies op hierdie groep. NIE ALMAL IS GETROUD NIE MENSE!! En as jy jonk en jeukerig is vibrant en romanties en dinge wil uitruil tussen mekaar as geliefdes as deel van julle verhouding, is daar NIKS daarmee verkeerd nie. Dit is die persoon wat die ander persoon vir die FOOL vat wie fouteer, nie die arme ou/meisie wat dink sy of hy het nou uiteindelik iemand gevind nie. SO ja, vir die getroudes wat dit gedoen het .. OOPS .. dit gaan vir jou ‘n duur les wees, vir die ONGETROUDES .. maak seker jy weet met wie jy praat, reel maar ‘n Skype ontmoeting of so voordat jy begin wulps raak.

jonkerig ·

Jamtertjie ek stem 100% saam. Daar is geen probleem met die verhouding bietjie kleur gee en paar oulike ( dalk stoute ) foto’s te stuur nie. die probleem is by die mense wat die ander afpers. jy kan wel paar goed in plek sit om jouself te beskerm. maak seker jy ken die persoon vir wie jy foto’s stuur en as jy stuur moenie jou gesig of iets wat mens jou kan uitken op die foto plaas nie, die persoon weet mos hoe jou gesig lyk hy of sy kan self die gesig by die lyf pas. Ek is nie so seker oor al die ander nie maar daar is bitter min mense wat weet hoe ek kaal lyk en kan ek 100% seker wees as iemand die foto erns plaas , die dominie nie gaan weet dit is ek nie.

Sê maar net ·

Jamtertjie en Jonkerig. As julle dan so gemaklik is om kaalgat foto’s van julleself sommer so te stuur aan iemand wat jy nog nooit eers onmoet het nie, vir wat hardloop julle nie sommer kaalgat in die winkel rond nie.
Nee regtig. Kan jy so min van jouself dink.

Jakalas ·

Ek stem saam met Jamtertjie oor hoe almal so heilig op die komentaar is. Dit het nog nooit met my oor gekom nie en ek stuur nie naak foto’s nie punt (Alhoewel ek enkel is), maar hoe verskriklik voel ek om te sien hoe AFRIKANERS mense so kan af kraak en lekker kry uit hulle seer kry! Dis geen wonder ons sit waar ons sit in hierdie land nie. Sies vir julle! Waar is die ondersteuning?! Dink julle self net in daai situasie, want soos julle most te slim is om te weet, nie almal se omstandighede is dieselfde nie. Almal is te gou om te se “Kry vir jou”, maar dink net bietjie vir een keer in julle lewens. Dis seker die enigste ding wat ek haat van ons mense. Ons is te gou om te oordeel oor ander (en ek is self skuldig daaraan party keer). Almal het al op ‘n keer ‘n sonde gepleeg. Niemand is ‘n engeltjie nie. Onthou dit!

Herman ·

Agge nee wat Jakalas en Jamtertjie, as ‘n mens onwelvoeglik optree op sosiale media moet jy nie kla oor die gevolge nie. Dis waar, almal sondig. As daardie sonde egter gepaardgaan met ‘n traak my nie-agtige houding en ‘n arrogansie om dit op ‘n openbare forum te pleeg moet jy aanvaar dat dit baie mense die harnas sal injaag. Nie almal van ons is sedeloos en sonder goeie maniere nie. En dít het niks met engeltjies of hoogheiligheid te doen nie. Dis maar net gewone, goeie ordentlikheid…

Jamtertjie ·

Julle ou lyfies is seker nie van so aard dat julle ‘n mooi naakfoto maak nie. Dit is juis die skynheiliges wat kaalfotos van ANDER VREEMDE vrouens in tydskrifte en op internet kyk wat nou ander hier kom judge. Ons ken julle almal hoor, gaan kyk maar wie se motors staan voor die Escourt Agencies, dit is NIE uit die lae inkomste groep nie .. Dis hoekom die skeihowe oorloop, omdat almal hulleself skynheilig hou en die kat in die donker knyp.

Herman ·

Jy sit die pot mis, Jamtertjie. Boonop dig jy jouself heldersiendheid onverdiend toe. Jou kommentaar is self bevlek van oordeel (“judge”). Of jy nou die “lyfie” het of nie, moenie dit nakend op sosiale media of in die openbaar flans nie want dit getuig van uiters swak maniere en ordentlike mense wil nie daaraan blootgestel wees nie.

Frans C ·

Daar is net een oplossing en dit is ‘besin voordat jy begin.’

WW ·

Aggenee, regtig. Mens moet baie dom wees om vir sulke slenters te val. Waarom op dees aarde sal ‘n wildvreemdeling sommer net skielik begin kaalgat foto’s stuur na ‘n paar chats. En die taalgebruik is ‘n “dead giveaway”.

Leilani ·

Daar is ñ afrikaanse gesegde” meng jou met die semels en die varke vreet jou” hoop maar al die mense wat gedreig word is nie getroud of in ń verhouding betrokke met iemand nie, dis beslis ñ skending van vertroue daai

Chris ·

Laat dit vir julle kaalsterte ‘n les wees. Lê saam met die honde en die vlooie byt jou. Vir wat wil jy kaal fotos aan enige iemand stuur. Deesdae se sosiale media kan hulle hondse gedagtes ook uitsnuffel.

Sam ·

Kyk die ou wat kaal fotos vir my stuur sal ek sommer persoonlik gaan klap. Mens is nie so varksig nie. Daar is mense wat respek het vir hulself en ander. Aan die mans en vrouens wat “single” is , wil ek net sê mens daal nie so laag om met ‘n wild vreemde gesprekkies aan te knoop nie. Gaan na klubs en praat MET mense. Aanm die getroudes, SIES julle is egbrekers. Leef ordentlik man.

Oh the shame ·

Snaaks dat sommige mense so vreeslik holier than thou is. My aarde, mense gaan doen wat hulle wil doen. Ongeag jou preke oor ordentlik leef. Dit traak jou mos nou geensins hoe iemand anders hulle lewens leef nie. So werklik,live and let live.

Jamtertjie ·

Ja On the Shame en Ja ne, ek kan saamstem, ek kan altyd so lag as dieselfde dominees en pastore wat van die verhoe en preekstoele af heiligheid uitskreeu en mense judge omdat hulle sondes pleeg, self dan later uitgevang word die ouderling se vrou agter die kerksaal vry .. en nog erger .. Moenie ‘n sekere kerkgroep se CHOIRBOYS vergeet nie . dis juis die wat altyd voor in die kerk sit en ander oordeel wat die ergste sondes pleeg, hulle is net nog nie uitgevang nie ….

Ja nè? ·

Soos gewoonlik is daar weer aansienlik meer hoog heiliges as eerlikes. Wys my iemand wat nog nooit iets gedoen het waaroor hulle na die tyd spyt is en nie wil hê dit moet publieke kennis word nie, en ek wys jou ‘n leuenaar. Is dit reg om kaal fotos van jouself rond te stuur? Nee, maar dit gee beslis niemand die reg om jou af te pers nie. En ja, jy is inderdaad ‘n slagoffer as iemand jou afpers met iets waarmee jy hulle vertrou het

Rasper ·

Mense wat sulke dinge doen om kaal fotos van hulself te neem, het geen respek vir hul liggaam nie. Die Woord se jou liggaam is n tempel van die Heilige Gees. En tog het dit die norm geword om kaal fotos rond te stuur. Ag sies man wat n vieslike besigheid.

Arrie ·

Byna almal wat ek ken is doenig met pornografie en sexting op hul selfone. Dis soos sodom en gemorra.

Tannie ·

Op my ouderdom sal ek iemand moet betaal om naakfoto’s van my te publiseer.

Justice ·

As anoniem in die artikel naakfotos van homself aan ‘n vreemde mooi jong meisie sal stuur wat Engels soos ‘n Nigerier met die toepaslike woordeskat praat is hy beslis ‘n kandidaat vir ‘n skelm slenter in die toekoms. Ek glo dat daar moontlik behandeling vir sulke ernstige gevalle mag bestaan.

LTVW ·

EINA… een vraag net… HOE. Het die sogenaamde “prikkelpoppe”, die betrokke persoon wat in die strik van SosialeMediBoewe getrap het se nommer, om via WhatsApp te rink-kink, indien die nommer nie vrywillig vir die Tierkatjie gegee is nie…
By gesê, dis nie net Tierkatjies wat so rink-kink nie, daar is n heeele klompie Olifantbulle wat dit doen.
Maklikste is: as jy nie mams genoeg is om jou gesig op jou profiel te laai nie, of onder n troetelnaampie wil kontak maak, BLOK die persoon.

Johan ·

Laat hulle dit publiseer hulle sal gou agterkom die scam werk nie meer.

anton ·

Rica is n klug. Weet jy dit dan nog nie?
Dit is net ingestel om die eerlike mense rond te voeter.
Dit is soos slotte wat gemaak is om eerlike mense uit te hou. :-)

André ·

Enigenaak foto van my en my Vrou kry ‘n simpatie Kaart oor die “vroë pensioen”

Pietman ·

Enige-een wat naakfotos van my publiseer skuld MY geld , nie andersom nie, altans dis wat my agent sê.

Herman ·

Trots Afrikaans,
Jy slaan die spyker op sy kop. Die meerderheid van ons volk het vir God die rug gekeer en verdedig smerigheid passievol volgens heelwat van bostaande kommentare oor hierdie saak. Geen wonder Afrikaners word gesmaad in hierdie land nie. Ons volk moet eerder terug na God en Sy woord…

helene ·

Wil vandag vir JAKALAS vra: hoekom is dit n AFRIKANER ding. Stop om altyd die AFRIKANERS skuld te gee vir ander se swakhede. Dit het niks te doen met AFRIKANERSKAP nie.

Snip ·

Pietman, lekker lag ek nou vir jou. Ek het laasweek `n laaitie gehad van 25 j, hy wil toe stout praat, en ek moet hom iets vertel. My dogter is 23j, so ek kon sy ma gewees het. Ek antwoord hom toe, “ok, jakkels of wolf storie?”, nie weer van hom gehoor nie. LOL

STAAN BY ·

man face book en whatsapp bly ewel. of jy hom nou veilig gebruik of nie, een of ander tyd gaan jy en jou gesin deurloop oor ‘n saak of daad, ek het daai tyd dit voorspel en dieselfde met whatsapp, ek het nie face book nie, en ook nie whats app nie. ek bel of sms baie kleiner risiko. stem julle saam. Waarvoor wil jy nou facebook hê,? om jouself te adverteer, en uit nuuskurigheid uit oor wat in ander se lewe aangaan. eks nog jonk en bly eks het dit nie, en glo my eks lekker privaat niemand weet niks van my nie.

marous ·

Wilde perd opgesaal en afgeval …. nou wil hulle huil en die polisie moet help met die belasting betaler se geld …. sit die fotos sommer teen die stop strate op!

Uvonka ·

LOL op my ouderdom sal hulle dink dit is ‘n nuwe honderas, Sharplooi!!!

Pieter ·

As jy ‘n uitnodiging kry op jou “Face Book” van ‘n mooi en aanvallige jong dame en die uitnodiging bestaan basies uit en of twee mooi foto’s van haar en verder geen detail nie, moet jy weet dit is verdag. Rapporteer dadelik aan Face Book en verwerp die uitnodiging en blok dan die persoon.

Spaski ·

Dit gaan nie net oor geselsies, dit gaan ook oor fotos van kinders.

Baie ouers deel fotos van kind van n bad. Dit is nie snaaks as ‘n een jarige nog kaal rondloop by huis.

Ouers moet leer om die spesiale fotos te stoor en van fone te verwyder.

Die finale punt ongeag wat jy gedoen het, dis verkeerd dat iemand jou dreig vir geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.