Talle woedend vir Telkom

Telkom (Foto: Facebook)

Hordes Telkom-gebruikers wat sedert die begin van die week met stadige internetdiens én internetverbinding-probleme sukkel het hulle vandeesweek tot sosiale media gewend om hul misnoeë oor dié internetdiensverskaffer se internetverbinding-probleme uit te spreek.

Die maatskappy het Woensdagaand op sosiale media gesê ʼn gebreekte kabel is die oorsaak vir duisende gebruikers se stadige internetdiens. Telkom het gesê hy is besig om die saak te ondersoek en sal die probleem so gou moontlik regstel.

Volgens die internetdiensverskaffer het gebruikers in onder meer Johannesburg, Kaapstad, Pretoria, Durban, Port Elizabeth, Kempton Park, Centurion, Pietermaritzburg, Bellville en Boksburg internetprobleme ondervind.

Hoewel Telkom kort ná sy aanvanklike aankondiging Woensdagaand gesê het die gebreekte kabel is herstel, het gebruikers teen Donderdagoggend steeds teen die internetdiensverskaffer uitgevaar oor verbindingsprobleme en stadige internetdiens.

Hordes gebruikers se klagtes het die maatskappy Donderdag genoop om wéér ondersoek in te stel. Volgens Steven Sutherland, ʼn Telkom-gebruiker, was Telkom Donderdagoggend nie bereikbaar nie weens ʼn besige lyn.

“Haai Telkom. Die 10210-lyn was baie besig – ek het 15 minute lank aangehou,” skryf hy.

“My ADSL-lyn wil nie aan die internet verbind nie. Julle inbelsentrum antwoord nie die oproepe nie en die webwerf wil nie werk sodat ek die probleem kan aanmeld nie. Help asseblief,” sê Addul Kajee.

“Ons ervaar weer internetverbinding-probleme, veral met ADSL-lyne. Ons werk tans om die kwessie op te los. Ons vra om verskoning vir die ongerief,” het die maatskappy op Twitter gesê.

Woedende gebruikers het hulle Donderdag tot Facebook en Twitter gewend om dié probleem onder Telkom se aandag te bring.

“Telkom het twee dae terug gesê hy gaan ons kontak en vir ons ʼn verwysingsnommer gegee. Vandag is dit reeds vier dae, en nog niemand het na ons toe teruggekom nie. Ek is nie eers verras nie,” het Jade Mansfield geskryf.

“Ek het steeds nie internetverbinding nie, en byna al my data gaan in die proses verlore. Ek kan nie eers in my rekening inkom nie. Wie gaan ons vergoed vir hierdie probleme?” het Karen Lourens laat hoor.

Die internetdiensverskaffer het egter Donderdag gesê hy probeer die probleem so gou as moontlik oplos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

86 Kommentare

Lalla ·

So gou as moontlik, is nie die antwoord wat mense wil he wat vir dienste betaal nie. Maar laat dit nou een van julle groot kliente is, dan sal julle darem vining spring, want dan moet julle mos boetes betaal. Omdat ons nou gewone landsburgers is moet ons mos maar vat wat ons kry, geen diens, geen terugbetaling, geen antwoorde, geen niks. Hoog tyd dat julle bestuur begin kyk om na julle kliente om te sien.

Donsie ·

Ons het al verskeie kere korting (van September 2016) gekry op ons rekening aangesien die fout aan Telkom se kant was.

LB S ·

Ek wou byvoeg: Ek kry 20G per maand, gebruik baie selde meer as 10G en die laaste 3 dae van Junie het 11G net verdwyn! Soveel so dat dit opgeraak het en ek net op Softcap was.

Charles ·

Ons hier in Ermelo sukkel al lank met internet, woensdag geen internet verbinding nie, vanoggend stadiger as n slak, maar jy betasl vir n vinnige internet, swak diens net soos ander staatsdienste

Hannelize ·

Dit is nie net daar nie. Ons in Phalaborwa sukkel net so.

wragtig wikus ·

Miskien moet mens boetes inbring vir sulke tipe dientse wanneer dit afgaan – veral elektrisiteit voorsiening.

lola ·

dis dan die diens waarmee vodacom en mtn al jare lank in die Laeveld weg kom. dan ook die data wat ons koop. mhoekom is daar n tydperk op die gebruik daarvan! hoekom vat hulle die data/lugtyd/smse ba die sperdatum weg sonder om die verloorder te vergoed? as ek n liter petrol koop kan bp my nie sê ek het n week on fit te gebruik nie. hoekom kan die selfoonnetwerke dit doen en met dié diefstal weg kom? aan die since van die dag kan ons redeneer net soos ons wil maar in enige ander besigheid sal dit ook diefstal wees.

LB S ·

100% Lola, maar ek sien daar gaan blykbaar nou hierna gekyk word deur die Internet Waghonde, weet nie wat jy hulle noem nie. Ons kan maar hoop….

Pierre Pretorius ·

Hierdie probleem is nie net die week se ding nie dis elke maand se ding, Dis baie swak van Telkom.Ons is nou al moeg vir al die verskonings.

Anèle ·

Ek sukkel nou al baie lank met hulle! My internet is elke maand van die middel van die maand af so stadig geen mens kan dit gebruik nie. Toe ek hulle aanvat oor dit toe se hulle dis due to non payments. Warvan ek bewyse het elke maand dat die betaaling deur gaan. Ek het al gedreig om my kontrak te eindig en as hulle my n kansellasie fooi vra sal ek hulle hof toe vat!

moeg ·

Ons het van kantore geskuif en het 10/10/17 alles by Telkom kanselleer. Kry steeds rekeninge en dreigbriewe. So jy ka nie eers kanselleer nie. Die balanse loop net op. Dalk is Hello Peter ‘n opsie

Andries Swanepoel ·

Het oor GE skuif na wire uplink moet se as ek problem het kry ek hulle dadelik in die hande en hulle sorteer uitas ek AF lui seconds daar na kry ek email dat ek inverbinding was met hulle wat die problem was nie meer gesukel nie dankie tog

Thuunda ·

Dankie tog ek het Telkom twee jaar terug onder hulle agterent geskop, sal uit prinsiep nooit weer hulle gebruik nie.

Ek het nou onafhanklike wifi diens wat direk met seacom vebind is, geen probleme nou al vir 18 maande en puik diens.

Skuilnaam ·

@Thuunda,
Kan jy asb vir ons sê van watter diens jy gebruik maak?
Ons gebruik al internet vir die afgelope 10 jaar van Telkom, CellC, Vodacom, MTN en by almal van hierdie is daar nog altyd ‘n outokratiese houding van die klient weet nie waarvan hy praat nie en dat die klient net die prys moet aanvaar ongeag van swak diens.
@Maroela Media
Kan julle nie ‘n artikel plaas om verbruikers in te lig of daar alternatiewe internet dienste bestaan behalwe die bogenoemdes nie?

Marina ·

Die aard van my werk is Internet gebaseer en was vir 14 dae altesaam (eers 10 en toe 4) van lyn af. Tog was my rekening presies dieselfde as ander maande met ekstra uitgawes soos dongle en Selfoon data wat ek noodwendig moes aanskaf. Datagebruik ook wyl van lyn af vind ek veemd. Geen vergoeding vir ongerief of verlies van inkomste nie. Ons internet spoed in Bellville is pateties stadig. Die Telkom inbel personeel is vriendelik en hulpvaardig maar ek glo nie Telkom het genoeg Tegnici om die probleme vinnig te herstel nie?

Trienie ·

Dit is nie net internet dienste wat onderbreek is nie: in ons kompleks (Pta-Oos) is ten minste 3 van die inwoners se gewone landlyne, reeds meer as ‘n week buite werking. Dit het 3 pogings geneem voordat ek die fout met my lyn kon registreer op hul foutstelsel. Telkom stuur darem so elke derde dag ‘n sms wat lui dat hul ‘busy investigating the cause of the problem’ is.

Afrikaanse Knaap ·

Ek het myself al in 2012 verbind om in my lewe nie weer met Telkom besigheid te doen nie. Ek gaan nie uitbrei waarom nie, maar meeste mense wat al met hulle besigheid gedoen het, sal verstaan hoekom ek so sê.

dpj ·

As hulle kundige vakmanne het kan hulle al gou die probleem op spoor en rgstel. Wag nou om kundiges in te kontrakteer en die fout te kom opspoor.
Wees geduldig hoop en vertrou dat tender gou toegeken word.

Damager ·

Ek bly in Mtubatuba, sukkel ook met die adsl lyn van telkom… En die skool waar ek werk sit nou al vir 6 weke sonder telkom. Kabels is gesteel en ons wag nou nog…… Pateties.

Hannelie ·

Dis so gou en maklik om vir Telkom die blaam te gee vir enige iets wat nie werk nie of te lank neem om reggemaak te word. Hoeveel van julle is bewus van die feit dat Telkom gebruik maak van sub-kontrakteurs/kontrakteurs?…Vind liewers uit en/of maak seker wie die kontrakteurs is wat na die probleem kom kyk het voor Telkom die skuld kry. As die kontrakteurs nie die probleme reg oplos nie sal die diens nie na wense wees nie. En onthou, dis baie maklik vir kontrakteurs/sub-kontrakteurs om te sê hulle lewer kwaliteit diens wanneer dit nie die geval is nie, net om ‘n kontrak te kry. Net soos almal op een of ander verskaffer se diens staat maak om kwaliteit diens te lewer, net so maak Telkom staat om goeie dienslewering te kry van sy kontrakteurs/sub-kontrakteurs, vir sy kliente.

Lalla ·

Ek mag ook dalk met jou saamstem Hannelie, maar, jy het ‘n Telkom/Telkom Mobile kontrak, nie uitgeneem by ‘n kontrakteur of subkontrakteur nie, maar by Telkom self. Dus rus die verantwoordelikheid op Telkom om die probleme uit te sorteer. Dit is nie die klient se werk om dit met die kontrakteur/subkontrakteur uit te sorteer nie, want Telkom het reeds of gaan sy betaling ontvang vir dienste wat nie gelewer is nie. En ook soos GES sê as hulle nie van kundige personeel ontslae geraak het, en die dooie hout gehou het nie, was hulle dalk vandag in ‘n beter posisie om kliente by te staan.

Naas van Zyl ·

Jammer, Telkom bly verantwoordelik. As dit die kontrakteurs of sub kontrakteurs is wat opdons bly hulle verantwoordelik om seker te maak dat hulle , hulle werk regdoen of van hulle ontslae raak. Ons betaal Telkom vir n diens, dis hulle plig om te verseker dat ons dit kry.

Pieter ·

Hannelie Telkom het nie sy subkontrakteurs se diens aan my verkoop nie – Telkom het sy eie diens aan my verkoop. As Telkom dus nie sy subkontrakteurs kan bestuur nie dan moet hy nie die diens verkoop nie.

Sarel ·

Telkom het in die eerste instansie sy kundige personeel die trekpas gegee met pakkette en die dienste geprivatiseer so dit is tog hulle skuld. Wie inspekteer die werk wat gelewer word

pieterdp ·

Dit is net BEEEE besighede wat Telkom gebruik. Dis n pragtige bewys hoe n goeie diens hul kan lewer. On berisplik.

Piet Pompies ·

Nelspruit omgewing, ons diensverskaffer is Vodacom maar die toring behoort aan Telkom en ons ervaar internet onderbrekings. Van die toestelle kom vanself weer op lyn, ander moet jy reboot. Dit gaan nou al vir twee weke so….

gatvol ·

My man werk as n tegnikus by telkom al vir 35 jaar en hulle werk die afgelope jaar of twee onverpoos om gesteelde kabels te vervang, Daar is net nie einde daaraan nie.

Hannelie ·

Ek is met jou Gatvol….maar die beste skipper staan mos altyd aan die wal….mense het geen benul wat regtig aangaan nie….plaas hulle binne die kring staan en ‘n beter siening kry, want elke besigheid is soos ‘n ketting en een swak skakel maak die hele ketting swak…

Ben ·

Stem saam met Afrikaanse Knaap. Sal nie nie aan hulle raak nie, nie eens met ‘n teerpaal nie. Die diens wat ek in die verlede van hulle ontvang het, het was verby swak.

dpj ·

Met die nodige kudigheid so probleem gou opgespoor wees en reggestel wees.
Nou moet kundigse in ge huur word wat ‘n lang proses is. Wag maar geduldig!

Eleanir ·

Ek is baie moedeloos met telkom het n kontrak by hul uitgeneem, meer as n jaar terug en nog nooit gebruik, volgens ons telkom mense in Parys is hier nie n toring vir die spesifieke rotor nie, het probeer kanselleer maar elke keer kom ek by n doodloop straat, weet nie meer wat om te doen betaal vir niks!!!

Marlies ·

Ek sukkel al jare met Telkom en geen verbetering nie. Geen optiese kabel in ons buurt. Gaan nou oor na onafhanklike wireless verskaffer sonder Telkom se onstabiele telefoon lyn teen goedkoper per maand.

Petrus ·

Ek het dit al verlede jaar gedoen, alles by telkom gestop en het geen probleme wat nie dadelik reggestel word nie.

Janeen Barber ·

TELKOM val onder ICASA, volg die korrekte prosedures met aanmelding van probleme (sms, e-pos, fb, twitter) en hou deeglik rekord van datums/tye/foute. Daarna kan ‘n klagte ingedien word by ICASA , met al hierdie inligting, en word ‘n verwysing nommer aan jou uitgereik.

Cassie ·

Ons staan baie keer 2 ure in die tou by telkom shop in die garden route mall. Mens moet dalk koffie winkel in hulle winkel sit. Die winkel is te klein vir die toue mense. Hulle het way te min mense vir die hoefveelheid mense wat hulle moet bedien

Diana le Roux - Game Percapita Vaalwater ·

Julle kan bly wees die internet probleme by julle is slegs 2 dae.
‘n Klein dorpie in die Limpopo Vaalwater sukkel al vir die afgelope 5 jaar met internet opvangs.
Die sleg is ons betaal dieselfde tariewe

JWM ·

Ek het gister gaan kla by Telkomwinkel. Hulle ondervind dieselfde probleme so erg dat hulle nie die klagtes kan hanteer nie. Die oplossing is (volgens hulle) meer en sterker senders? Gaan dit realiseer en wanneer?

ella ·

Ons is al 3 weke sonder internet,elke dag kry ons een verkoning na die ander.Die foon werk,maar internet is af.Ons moet altyd op tyd betaal,maar jy wag weke vir diens.Dink ons moet die diens stop.

Jasper ·

Dis nie net internet wat stadig is nie, by menigde dorpe en buurtes is die sein van so aard dat jy niks kan doen nie, nie eers bel nie… Ek het dit al geraporteer en verwysings nommers gekry waarna ek na n paar dae net n sms kry wat sê die saak is tot nuut… Maar sein is daar steeds nie! Ek dog Telkom is so groot en wyd verspreid… Hulle het nie eers hulle eie torings nie…. My kontrak is eintlik useless!!

Mark ·

Kimberley het saans ook swak spoed, tot op my 10meg fiber van telkom. Wat my verbaas is as ek n VPN laai en n false ip loots is my spoed reg. Ek dink telkom “throttle” alle konneksies om swak ougraadse “servers” nie te laat oor werk nie. Pateties, en data moet nou ook nog goedkoper, waar gaan die koneksie spoed op einde van die dag wees??

Oud Telkom ·

Hannelie sê ons kan nie Telkom blameer nie, dit is die kontrakteurs se skuld. Hoekom moet
hulle van kontrakteurs gebruik maak? Omdat hulle van al hul hoogs gekwalifiseerde en bekwame mense ontslae geraak het en dit nog steeds doen. Gelukkig het my man jare gelede uit Telkom bedank. Hier waar ons woon was ‘n personeel van ten minste 8, tans is hier 2! Met die 8 mense kon hulle skaars die foute en nuwe installasies doen, daar was nie
meer iets soos instandhouding nie en dit is waar die probleem lê, as iets nie heeltemal buite
werking is nie, kan daar nie aadag aan gegee word nie!

Marthie ·

Ons HET nie eens ‘n TELKOM winkel nie – en dit in die grootste dorp in die Oos-Vrystaat, Bethlehem! Weet julle hoe sukkel ONS?

Teresa Kruger ·

Without internet since 3 July…..ref 933ctk040717 …other escalation ref no 993167 and 81529…. getting no feedback….extremely frustrating

Petro ·

Ek kan nie wag dat my kontrak se tyd verstryk nie dan is ek klaar met Telkom hulle is treurig

Abrie Nel ·

Ek het n 2 meg lyn by my huis en kantoor. My Internet hardloop slegs teen tussen 20 en 50 kb per sekonde. Ons sit al meer as n jaar met die probleem. Waarom betaal ek vir 2 mega Lyne as ek nooit die spoed beleef nie? Ons word uitgebuit.

Elaine ·

Dit is een van d hoof redes waarom ons ons kontrak met Telkom gekanseleer het. Maar selfs dit was n gesukkel. Drie maande lank het hulle steeds my debut orde afgetrek. Ek moes dit direk met d bank kanseleer. Telkom skuld my steeds drie maande se geld. Ek het al oproepe gemaak, emails gestuur, na d takke toe gegaan….selfs met n verwysings nommer, het ek steeds nie n cent terug gekry nie

piet ·

Kon die hele week nog nie my internet gebruik nie veral in die aande -swak – in sasolburg

Nicola Hattingh ·

Ons sukkel netso hier in PE… Internet spoed is pateties… my foon kan nie eers connect nie…

Talbot van Rooyen ·

Ek sien dat Telkom word swak lyn wat baie kabels steel maar ek wonder oor kabels, hulle steel kabels wat kan verkoop maar nou nuwe optic Fibre kabels insit en hoe kan daai steel dan verkoop, hoe?

Alet van Rooyen ·

Hier in Bloemfontein is ons net so gatvol daarvoor, met die normale land lyn. Die lyn het ek kastig vir veiligheid in die huis, maar dit werk al vir 2 weke nie. Telkom het self n fout vir my gerapporteer en ek het sedertdien 4 smsse gekry dat hulle besig is daarmee en as ek wil weet wat is die vordering moet ek op die telkom app gaan kyk op my selfoon. Ek het die tolvry nr ge skakel en gevra wat is die doel van n land lyn as ek moet gaan kyk wat aangaan vir n fout van hulle kant af,op my selfoon. In die 1ste sms sou dit kastig 5 dae vat vir regstelling, Op n stadium het hulle gese daar is fout met n ondergrondse kabel, maar nerens sien jy tegnikuste wat besig is om na n kabel te kyk nie. Ek kan nie eers n rede in sien om die huur te betaal vir n dooie land lyn nie.

Neels ·

Ek sukkel al lank met my adsl. Het nou my adsl spoed verhoog. En die spoed is nou nog nie verhoog nie.betaal ma kry nie diens nie.

Anneri van Zyl ·

Ek wat n besigheid het in Hoedspruit sukkel ook met internet. Mebs moet als mos deesdae oor die internet doen. Sonder dit ly mens se inkomste skade. En wie gaan mens vergoed vir dit.
Anneri van Zyl
Hoedspruit Massage Therapy

Natasja Grundlingh ·

Dis nie net met Telkom wat daar internet probleme is nie. Vodacom MTN en Cell C mense hier rond, Voortrekkerweg in Bellville sukkel net so.

Andre ·

Net ‘n gedagte. Wie weet wie verskaf die diens aan die ander netwerke soos V,com – MTN – Cell C ens.
Hoekom is hulle hulle netwerke skielik ook stadig ?

JWM ·

Nie net stadig nie, Andre, ook “connection errors” aanmekaar.

Stephanie ·

Ons hier Meyerton sukkel net so erg met ons ons telkom ADSL lyn betaal vir 4MB lyn uncapp maar het geen toegang….

Ons het opdragte wat on moet in navorsing wat gedoen moet word maar mens kan nie eers ‘n bladsy laai nie….

Ek hoop regtig ons kry korting en dat ons regte antwoorde sal kry oor wat hulle besig is om te doen en hoe lank dit gaan neem voor die internet weer werk.

CdV ·

Dit is mos deesdae die norm vir openbare maatskappy en staatinstellings om te kompeteer wie die swakste diens kan lewer. Onbevoegde bestuur wat bonusse gee vir laer standaarde, is mos die in ding.

Dawie ·

Ons is al ‘n maand sonder telkom in Centurion, so julle moet nie kla nie oor stadige internet nie. Dan sê telkom ‘n maand is nie lank nie, daar is mense wat al drie maande af is.

Eben ·

Ek moet nog n jaar sit met TELKOM kontrak. Kan nie wag om die simpel ding te kanseleer!

Ekke ·

Ja, en so moet Telkom skynbaar verantwoordelikheid neem vir “beskadiging”, asof hulle self dit sou gaan beskadig! Blikskottel, mense is maar idioties. TIA……, of het julle skielik vergeet!

Johnny McCallum ·

Ek kla nie eens meer nie. Nie een van telkom se werknemers is bekwaam genoeg om mens te help nie.

Rudolf ·

Telkom is duisende kere beter as Mtn of Vodacom. Met laasgenoemde verskaffers het ek duisende rand verloor oor die laaste 2mde, ek werk net met voorafbetaalde lugtyd. Dit het so gegaan dat Vodacom my vertel dat ek 1gig data binne 8min gebruik het vanaf my foon. Kwansuis updates maar my foon was af geen sein op die plaas nie.
Vandat ek by Telkom is het ek nou 3 weke internet met 1gig data

Dana du Plessis ·

Hulle lieg. Die internet op Swellendam wat heeltemal onderbreek gisteraand. So dit was waarskynlik landwyd. Verder sukkel ek al maande met my ADSL lyn. Jy wag ook nie net 15minute nie. Dit neem ure om op die navraelyn antwoord te kry. Swak diens!!

Donderstorm ·

Ek myself het sogenaamde adsl fast maar dit is eintlik soos dial up ek het adsl gekry vir online gaming en youtube en so aan mens betaal maar kry nie vir wat jy betaal nie my foon lyn raas maar hul se daars niks fout met my lyn nie so hoe gemaak? Ekt hul al gekontak oor cibre optic maar hul het maande later nog steeds nie terug gekom na my toe nie party aande wil faceboom nie eens verder af gaan nie na die onderkant van die blaai

Dawid ·

Dit vat Telkom 4 – 6 weke net om kabel reg te maak. Dan bel jy hulle vir opvolg en word een na die ander departement ge stuur. Net as jy dink jy is nou by die regte departement dan sit hulle jou weer op hold vir 49min of hulle sny net eenvoudig die verbinding tussen jou en hulle af. En dan moet jy die hele proses van vooraf doen.

dj paarl ·

Paar dae(5) sonder internet nadat ons uitgevind het telkom “technician” het dood eenvoudig ons lyn se drade ontkoppel om n ander probleem op te los. Privaat kontrakteur het die fout in 10 minute opgelos waar dit gewoonlik 3 tot 4 ure deur telkom se mense gevat het. Serkte aan TELKOM verbruikers!!!!

Loraine Terblans ·

Ons hier in die Wes-Kaap ervaar dieselfde probleme.y verwysingsnommer op verwyssingsnommer asook “escalation” verwysing en net daar stop alles. Niks gebeur verder. Moet mens aanhou om te betaal vir ‘n spoed wat jy nie eers het nie. Telkom???

Johan ·

Telkom Clearwater mall is die Beste.
Tds sales and service.

Frans ·

Ons is n ISP verskafer in noord kaap wat draadlose internet dienste verkoop. Ons gebruik telkom om data te herverkoop na ons kliente. Ons sit met die selfde probleem en het besluit om ons netwerk te vergroot en by seacom fiber in te trek om weg te kom van telkom af. Betaal duur om goedkoop data aan ons kliente te Kan verskaf. Dit help nie jou diens is goed maar ISP is swak nie.

Gerhard Neuhoff ·

Bestaan daar n moontlikheid dat data gesteel kan word? Data verdwyn selfs met die wifi af.

chris mynhardt ·

Ek sukkel al van die 22 Junie 2017 met telkom. Die selfde antwoord is die kabel is by die sentrale gebreek en ek moet wag tot n nuwe kabel om ingestalleer word. Die kabel moet bestel word maar hulle het nie voorraad nie. Nou wonder ek hoekom betaal n mense vir n diens wat nie bestaan nie. Al wat die persoon se van telkom I am sorry for your inconvinience. Regtig dan het hulle om vir jou te bel n dag daarna om en of ander diens aan jou te smous.

Johan ·

Telkom se diens oor die algemeen is uiters swak! Ek probeer nou al 4 x maande om my rekening by hulle te kanselleer en is al moeg vir die lang wag by hulle inbel sentrums. Daar is geen stabiliteit in hulle infrastruktuur nie en hulle hulp lyne is ‘n nagmerrie. As jy my nie glo nie, probeer self bel en ‘n rekening afsluit of ‘n problrem aanmeld, kry solank vir jou koffie reg want jy gaan laaaaank wag! Ek het nou ‘n nuwe rekord tyd vir “on-hold” – 48 min en toe sit hulle die foon in my ore neer! Sterkte vir die van julle wat die moed het om te probeer!

Gilla ·

My telkom ADSL was so stadig, hy kon nie in enige webwerf ingaan hier van Meimaand af al. Baie van my werk is op internet en ek het sperdatums nie gemaak nie. Ek het net daar en dan besluit, ek kyk na ander opsies. Daar is nie fibre in ons omgewing nie. En ek betaal R500 pm vir ‘n 10G 2mbps lyn, wat omtrent glad nie meer werk nie. Ek het binne 5 minute by Cybersmart aangesluit, vir ‘n 10mbps uncapped home data vir R799 pm op ADSL. Hulle vat die lyn oor van telkom. Ons het nou ‘n wonderlike internetervaring in ons huis. Hulle het 24/7 tegniese bystand. Ek het eintlik verlede week al ons dtsv pakette gekanselleer, ‘n Android TV Box gekry en van my HD TV sommer ‘n Smart TV gemaak. En nou stream ons. Ons kan enige iets kyk van ons eie keuse op 4 verskille “devices”, so geen stryery oor wie wil wat kyk nie. Ek het beter internet, baie meer kykgenot en dit kos my minder as wat my dstv subskripsie en telkom saam gekos het.

Johan ·

Ek het ook ‘n ADSL lyn gehad wat oorgeneem was deur M-Web. Het gedink dit sal dinge beter maak, maar op die ou end was dit ‘n oor en weer beskuldiging van waar die fout was. Telkom sê dis M-Web en M-Web sê weer dis Telkom. Na weke se sukkel elke paar maande het ek besluit om ADSL te los, want telkom hou dit steeds in stant. Om die lyn oor te vat tree hulle net namens jou in om probleme op te los wat ook maar moeilik is in sekere gevalle.

Johan ·

Ek het ‘n LTE uncapped kontrak uitgeneem verlede jaar die tyd. Na amper ‘n jaar met min probleme het ek oor die laaste 2 maande begin sukkel met spoed. Ek gebruik die internet om online games te speel en vamilie meer vir facebook en download. Dit was baie beter as ADSL. Nou nadat ek probleme begin kry bel ek hulle. Nou reken hulle ek val nie onder die uitsaai gebied nie en sal oor 6 maande kyk of hulle my kan akomodeer??!! Ek het van dag een af 75MB/s download en 25-30MB/s upload gehad sonder ‘n versterker. Het hulle die toring geskuif deur die nag of wat?? Nou is my internet sommer heeltemal af ook. Ek kan nou glo die kontrak opgee en vergoed word vir die tyd wat ek hulle dienste gebruik het. Ongelukkig is Telkom se Uncapped LTE die goedkoopste diens (en ek was gelukkig daarmee), het nie fiber nie en te bang om ADSL(Telkom maak nie saak hoe jy daarna kyk nie) weer te gebruik.

Pieter ·

Ek het so jaar terug by Telkom aansoek gedoen vir ‘n telefoon-lyn installasie. Hulle het nog nie my lyn kom installeer nie.

Ek is bly.

frenchpeteers ·

Pieter doen eerder aansoek by MWEB, IAfrica of een van daai ouens. Baie beter. Ten minste het jy nie nodig om met Telkom oor die foon te praat nie. Telkom van alle mense het die swakste telefoon lyne in die land.

Antoinette ·

Ek het ook in 2012 alle bande met Telkom verbreek en was nog nooit spyt nie. Hulle diens was nog altyd pateties. Daar is meer as genoeg ander opsies en kompetisie om van te kies. Volgens my opinie kan Telkom en die Poskantoor van die aardbol af verdwyn.

frenchpeteers ·

Ek verstaan nie hoekom verskeie mense se hulle wag net tot hulle kontrak verstreik en dan wil hulle weg van Telkom. Jy laat die nuwe provider net jou lyn ook oor vat as jy skuif. Jy hoef nie te wag tot jou kontrak verstryk nie. Ek betaal R395 per maand vir ‘n 150GB capped line teen 4 mb. Geen ekstra koste nie en ek gaan baie langer leef. Ek is seker al so 3 jaar weg van Telkom af. Al probleem wat ek het is my lyn na die huis toe is glo te ver van die exchange af (Telkom se verlegging). Dit verhoed my om my lyn op te gredaeer van 4 mbps af, dan raak hy ongelyk (hy vat dips) en bly nie konstant nie. Ek is meer as happy by my provider en ek hoef nie meer een oproep na Telkom te maak nie. (Sug). Ek het gedag BCX wat nou deel van hulle is gaan bietjie help vir beter diens, maar dis die ou storie. Die ou masjiene wil nie meer nie.

Maggie Pringle ·

Waar ons bly kan ons nie Vodacom opvangs kry nie. Ek betaal ‘n twee jaar kontrak verniet.
Geen sein. Geen gebruik. Dit lyk my daar is nie ‘n groot verskil tussen die verskillende verskaffers nie.

Leana ·

]Goed, sit is hierdie maand se verskoning. Mag ons nou Julie maand se verskoning kry asb? Ook sommer waarheen 40gig data verdwyn het in die eerste twee weke van die maand.

Morne ·

Ek het al van laas jaar November n vout gerapoteer aan Telkom oor stadige LTE in my omgewing. Aan die begin het ek 60 tot 70 mb per second gekry en nou as ek 10 kry is dit baie. Hulle was al 3 keer by my huis en elkekeer se hulle daars niks vout aan my kant nie en hulle sal investigate. tot nou to is dit nog steeds nie reg nie. my friende wat ek ook aan geraai het om Telkom uncapped LTE te kry is 3 keer vinniger as myne en hulle is nie eers in die “Zone” nie. wat gaan aan met Telkom is hulle net geld gierig. verkoop n produk en swak diens of geen diens nie. hulle se hulle kontack jou maar jy antwoord nie en maak die vout call toe. die kontak nr wat hulle bel is nie eers joune nie. hulle moet begin wakker skrik of hulle gaan kliente verloor. :(

Chantelle ·

Telkom is USELESS!!!! Ons wag nou al 4 maande vir hul om ADSL by die huis klaar te laat installeer!!!!!! Die verskoning bly permanent dat daar fout is met die die kabels. En bel jy hul word jy van die ou na daai ou deur gesit net om op die ou end steeds niks wyser te wees nie. Pateties verby!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.