Taxi’s help student: ‘Ek is so dankbaar’

Elrich Engelbrecht en paramedici in die ambulans. Foto: Facebook

Elrich Engelbrecht en paramedici in die ambulans. Foto: Facebook

Elrich Engelbrecht (21), die student wat in ʼn tref-en-trap-ongeluk in Pretoria betrokke was, sterk aan in die Life Wilgers-hospitaal in dié stad.

Bronwynn Engelbrecht, Elrich se ma, het aan Maroela Media gesê hy is egter nie meer in so baie pyn soos gister nie.

Elrich was Dinsdagoggend met sy motorfiets op pad na die Universiteit van Pretoria se Mamelodi-kampus om eksamen te skryf. Die bestuurder van ʼn rooi Citi Golf het glo in Solomon Mahlangu-rylaan voor hom ingedraai en hy het van sy motorfiets geval. Die bestuurder het hierna van die toneel gevlug.

“ʼn Taxibestuurder het die Golf probeer voorkeer terwyl ander taxibestuurders ʼn sirkel om Elrich gevorm het met hul voertuie om die ongelukstoneel af te sper. ʼn Paramedikus wat in een van die taxi’s was het Elrich begin behandel nadat hy ʼn ambulans ontbied het.”

Volgens Engelbrecht het nog ʼn student, genaamd Francois, ook op die toneel stilgehou en haar geskakel. “Francois het vir langer as ʼn uur op die toneel gebly tot ons die verfrommelde motorfiets van die toneel kon verwyder. Niks van my seun se persoonlike besittings is gesteel nie.”

Engelbrecht het gesê Elrich was vir etlike ure in die teater waartydens sy femur met staalpenne geheg is. Hy het ook verskeie ander minder ernstige beserings opgedoen. “Ek is so dankbaar teenoor al die wonderlike mense wat oor my seun se pad gestuur is. Francois, die student, die wonderlike taxibestuurder, die paramedici en die Tshwane-metropolisie wat gewys het ons is ʼn wonderlike nasie van mense wat omgee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Patrys ·

So lekker om iets positiefs te lees !
Sterkte jong man. Hoop jy herstel vinnig!

Fiefie ·

Sien daar is nie net sleg in mense nie. Daar is goed ook! Knap Gedaan vir die Taxi bestuurders, Francois en die paramedici. Ons lees baie min nog positiewe stories oor enigiets. Maak my darm nog so klein bietjie trots om Suid Afrikaans te wees….

Tjaart ·

Ons vergeet somtyds dat 95% van hierdie land se bevolking eintlik maar net wil oorleef en eintlik omgee vir sy medemens, maak nie saak waar hulle vandaan kom nie.

My Opinie ·

Eerder 50% van die mensdom…….Baie lekker om ‘n positiewe storie te lees van en ja, die outjie was gelukkig met goeie mense die dag om hom. Sterkte Elrich, word gou gesond.

Mossie ·

Ek sou daarvan gehou het om daai manne persoonlik te kom bedank DANKIE wys die ander hoe

Marianne ·

Prys die Here vir die wonderlike barmhartige samaritane op die regte tyd op die regte plek….mens sien die hand van die Here verseker hier aan die werk…mag die seun vinnig herstel en mag Vader almal betrokke seën en bewaar…??

Jan maak n Plan ·

In die duisternis is daar darem so hier en daar n lig straaltjie.

Wonderlik ·

Fantasties om so n posetiewe berig te lees! Ek stem saam met Mossie die Taxi bestuurders en paramedikus behoort behoorlik bedank te word! Sit hulle foto’s op n voorblad ons land moet van die mooi en goeie dinge ook n ophef maak!
Stekte jongman by Life Wilgers hospitaal is jy in bekwame hande!

Vivian ·

Dankie vir Die positiewe brokkie nuus. Laat mens asem skep in hoop vir ons stukkie aarde

Ancara ·

Ek stem wys mens dat daar goeie mense is ook ongeag kleur.

wilma ·

Baie baie danki taxibestuurders vi jul hulp en omgee op ongelukstoneel. Paramedikus baie dankie ook dat jy n hart het en omgee ongeag velkleur van pasient. Met mense van jul kaliber kan alle rasse hande vat en vorentu kyk. God Bless

Van Zyl ·

Lyk my ons is OK in die land solank jy net nie n boer op n plaas is nie…..

Liezl ·

Woorde dra krag..oppas wat jy sê. Ons is op n plaas en ek is 100 persent dankbaar en veilig vir ons Vader wat ons beskerm. Bid vir ons boere. Glo, hoop en vertrou. Dankie Vader vir U beskerming dag en nag op elke mens in Suid Afrika. Dankie vir ons land wat U vir ons gegee het. Dankie vir barmhartige Samaritane. Seën hulle. Kom ons staan op en help die mense rondom ons. Maak n verskil elke dag en gou gou sal dit als oorwin. BID VIR DIE BOOSDOENERS. BID dat hul die knie sal buig

Twakkie ·

Welgedaan! Moet sê die taxibestuurders hier in die Kaap se noordelike voorstede is ook aangename mense as mens vriendelik is met hulle. Ek stop maar altyd en gee hulle voorkeur om eintlik verkeerdelik voor my in te ry en kry dan altyd of ‘n baie vriendelike wuif of word net so vriendelik gewuif om eerste te ry. Kan my voorstel dat hulle sal help op ‘n ongelukstoneel.

Mariaan ·

Wat n gelukkie in die donker…sterkte jongman…kan amper nie glo wat ek lees nie…want dit is beslis n uitsondering….dankie vir sulke mense!

SlaveMistress ·

Taxi bestuurders het so paar jaar terug my ook so afgesper en omsingel toe daar 100de skote in Diepsloot geskiet is. Ek was stomgeslaan en so dankbaar. Ek wens ons kon almal altyd so saam staan as een nasie… Gou gesond word Elrich.. drink daai pynpille, rus en herstel enek is so bly jys nog met ons en jou familie. Thank you to everyone involved for saving this young lad’s life and making South Africa a better place. You are angels and will be blessed xx

Lions ·

Ek is die eerste een wat taxibestuurders altyd slgsê in my motor. Welgedaan en dankie aan daai taxibestuurders. Dit wys ons maar net hulle is ook nie almal sleg nie. Altyd lekker om ook positiewe dinge in die nuus te lees.

Griet ·

Ek dink as ons van die politici kan ontslae raak wat gif en haat saai om hulle “empires” te bou, sal dit onmiddelik 80% beter gaan in Suid afrika!!!

Uvonka ·

Lekker positiewe storie op hierdie pragtige Vrydag-oggend. Dankie aan almal wat betrokke was en gehelp het.

Eend ·

Wonderlike nuus, wonderlike individue wat gehelp het, dankie.

Hettie ·

Wow taxibestuurders wat gehelp het, is awesome! Min van hulle is so dierbaar en vriendelik! Brave taxibestuurders!!!! Trots op hulle. Hou so aan!

Johan ·

Ek self was al van n motorfiets af gery, tweekeer, by Olievenhoubosch in Centurion en elkekeer was dit die Taxi bestuurders wat gehelp het die eerste keer het hulle die motor gestop gekry wat my gestamp het, ongelukkig die tweede keer kon hulle nie.

Elke keer het die taxi bestuurders daar gebly tot die ambulans opgedaag het en elke keer het hulle my fiets uit die pad gehaal sodat hy nie verder skade kry nie.

Daar is inderdaad nog mense in ons siek samelewing wat geweldig goed saamstaan

kerneels ·

HOERA!!! Uiteindelik positiewe nuus van Maroela se kant en dis nog nie klaar nie ….. sy lesers lewer positiewe kommentaar! Ek is nou so verbaas, ek begin glo sommer in wonderwerke.

miv ·

Asseblief, hierdie berig hoort op Rapport se voorblad, sodat politici en alle haatstokers kan sien 99% van S-A se bevolking leef in vrede saam met mekaar. Viva ons taxi manne, viva!

Veronica ·

Kan Maroela Nuus asb daai aards-engele opspoor sodat ons kan sien wie hulle is. Veral die TAXI’S wat hierby betrokke was sodat mense soos ek hulle kan bedank en laat verstaan dit gaan nie ongesiens verby nie!! Dis harte wat praat en siele word geraak . . . D A N K I E

Pietsepan ·

Ek het jare motorfiets in Johannesburg gery en bevind dat die meeste taxibestuurders, alhoewel hul die pad reëls oortree, hulle baie hoflik,grapperig en tegemoetkomend is. Dis ‘n klein element wat die vlieg in die salf is.

Maria Van Dieweeck ·

Sonder politieke partye sou ons baie meer vreedsaam leef. Hande gevat het,

Yolandi ·

Goeie werk manne baie goeie werk ek was self verlede jaar in motorfiets ongelukkig gewees ek was ook gelukkig om weg te kon stap na paar dae in die hospitaal en ek was ook bevoorreg om my hero’s wat ons gehelp het die 25ste Des 2015 persoonlik te ontmoet en te bedank by van jaar se toyrun fs strekte jong ons dink aan jou met die pad van herstel

Connie de Bruin ·

Dit is wat mens ons meer male wil hoor en sien..omgee vir mekaar, mekaar respekteer en saam kan ons ‘n verskil maaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.