Tiener met oupa se vuurwapen doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 17-jarige seun is Maandagaand glo met sy oupa se vuurwapen in sy ouerhuis in Johannesburg doodgeskiet.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die seun en sy jonger broer het op ʼn manier toegang verkry tot hul oupa, wat onlangs oorlede is, se gelisensieerde vuurwapen.

“Dit is nog nie duidelik wat gebeur het nie en vorm deel van die polisie se ondersoek. Een van die seuns het die vuurwapen hanteer toe ʼn skoot afgegaan en die tiener in die maag getref is,” het Makhubele gesê.

“Die seun het geskreeu en na sy ma gehardloop voor hy in die gang ineengestort het.”

Paramedici van ER24 en ander nooddienste is na die huis in Ridgeway in die suide van Johannesburg ontbied. “Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die ondersoek sal ook bepaal wie verantwoordelikheid vir die vuurwapen aanvaar het ná die oupa se dood en watter bykomende strafregtelike aanklagte gaan volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Marianne ·

Hell dis hartseer…. Ek het meegevoel met die gesin… Ek wens mens kon se boys will be boys, maar goeie genade! Waar was die wapen??? Waarom is die kinders nie ingelig oor die gevaar van vuurwapens nie EN….. WAAROM WAS DIE DING GELAAI?????

brenda ·

As jy daardie area ken sal jy weet hoekom die wapen gelaai was! Nogtans onverantwoordelik om n vuurwapen nie buite bereik van enige ene in huishouding te bêre nie!! genugtig! gewoonlik moet n vuurwapen in n kluis wees.

Ook n mamma ·

Ek stem saam, leer die kinders van wapenveiligheid. Ons seun is 10 jaar oud, vat hom skietbaan toe vir teiken skiet en hy weet meer van wapenveiligheid as meeste grootmense daar. Ek verstaan dat dit dalk nie die ouers se keuse was om n wapen te hê nie (omrede hul geerf het), dis nogtans n verskriklike ding om oor te kom en ek wens die mamma sterkte toe want ek wil nie eers dink aan hoe sy moet voel nie.

Anti-Chris ·

Die kinders is oud genoeg om die vuurwapen te kon laai. Die een wat verantwoordelik was vir die wapen, gaan moet verduidelik hoe die kinders toegang tot die vuurwapen gekry het.
@Brenda, in die geval van hierdie wapen moes hy in ‘n kluis gewees het, maar “gewoonlik” moet ‘n vuurwapen vir selfverdediging doeleindes NIE in ‘n kluis wees nie, maar aan jou sy of binne maklike bereik.

Ada ·

Te erg vir woorde!!
baie jammer om te hoor en sterkte vorentoe.

Raymond Bastone ·

Onverantwoordelik die vuurwapen moes ingehandig geword het na die oupa se dood (by polisie stasie) Ek bid julle alle sterkte toe want dit was so on nodig AiAiAi

Jeanne ·

Dis ‘n tragiese ongeluk. So jammer die familie moet nie net die dood van ‘n kind verwerk nie, maar ook vervolging deur die gereg. Baie sterkte vir die gesin.

Marsha Delport ·

Darem so maklik om vinger te wys as jy agter ‘n rekenaar sit. Hou sulke nare kommentaar eerder vir julself – onthou, familie lees dalk hier. Niemand is perfek nie en ongelukke gebeur. Simpatiseer liewer met die familie wat nou deur hel gaan nadat hulle hul kind verloor het.

Asjas ·

Jammer maar jy leer jou kind juis wapen veiligheid sodat daar nie ‘n ongeluk is nie. As jou kinders nie vuurwapen of vuurwapens in die huis gewoond is, die gevare ken nie dan sluit jy dit behoorlik toe in ‘n kluis. Jy vat nie kanse nie.

gatiep ·

Ek stem saam met jou Marsha.
Iets groot vout met ons mense om mense so te oordeel.Ongelukke gebeur baie vinnig en kan met enige iemand gebeur al dink jy jy is volmaak gebore.

Takkie Takuuza ·

Toemaar Marsha, ek stem saam. Laat die sonder sonde maar die eerste klip gooi. Mens kan lekker oordeel so van agter die skermpie af. My innige meegevoel met die mense, hulle verwyt hulle self, ons het nie nog nodig om dit te doen nie.

m ·

Daar is net te veel tragedies wat nooit moes gebeur het nie…. Vuurwapens moet in n kluis gebere word, dis volgens wet!!

gatiep ·

Mnr.m jy is dood nog voor jy jou kluis oop het. Dis die wilde suide die ou maat.

Ouma ·

In vandag se tyd kan jy nie meer jou wapen in ‘n kluis bere nie. Teen die tyd dat ek onthou het waar dit kluis se sleutels weggesteek word, is ek al lankal aangeval. My man se wapen word sodra ons by die huis is op ‘n sekere plek gebere, en ja, my kinders weet waar die wapen is. Hierdie was ‘n baie ongelukkige verloop van omstandighede – soos iemand hier bo sê: Boys will be boys! Ek het ook kleintyd met my pa se .22 rondgeloop en gemaak asof ek in die oorlog is. Onkunde, ondeund, onverantwoordelik – alles gaan gepaard! Sterkte aan die ouers – dit is bitter hartseer.

Willie ·

Ek stem saam, diewe het nie kluise op hulle rug nie… ek haal my wapen in die aand uit, en bere in die oggend…. beteken niks in n kluis nie…

lorayne ·

My innige simpatie aan die gesin. . . Mag God julle troos en dra in hierdie hartseer tyd.

Albert Marais ·

Tragies. My innige simpatie met die familie, Kan net myself indink hoe geskok die nasbestaandes moet wees. Bid vir julle in hierdie tyd treur

Omgee ·

allus goed en wel , die kind wat die wapin in sy hand gehaat het hy sal die dag nooit vir geet nie , maak net seeker hy weet hoe om hom self te virgeef , wand dis nie makluk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.