Tiener sterf tydens fratsongeluk in Orania

AVS Bokkieweek by Orania (Foto: Orania, Facebook

ʼn Vyftienjarige meisie van Olifantshoek in die Noord-Kaap is Vrydag in ʼn fratsongeluk in Orania dood.

Die jaarlikse Afrikaner Volkseie Sport (AVS) o/21-Bokkietoernooi vind tans in Orania plaas.

James Kemp, kommunikasiebestuurder van die Orania Beweging, het aan Maroela Media gesê die meisie was saam met haar ouers in Orania om hulle te help met kosvoorbereiding vir die spelers. Geen sportbedrywighede is Vrydag gehou nie.

“Sy het vanoggend van ʼn bewegende voertuig geval en lede van Orania-nooddienste het byna ʼn uur lank tevergeefs gepoog om haar by te bring,” het Kemp bygevoeg. Sy is op die toneel dood verklaar.

“AVS se bestuurspan het hulle medelye met die meisie se familie uitgespreek en staan hulle in die moeilike tyd by,” het Kemp gesê.

Die meisie se naam word tans weerhou op versoek van haar ouers. Die toernooi duur Saterdag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Gawie ·

Hulle beoefen sport op Goeie Vrydag in Orania? Moet sê ek is nogal verbaas.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gawie

Ons vra om verskoning – die inligting was nie duidelik in die besonderhede wat ons ontvang het nie. Die berig is nou herskryf om dit duidelik te maak dat sy wel vanoggend oorlede is, maar dat daar vandag geen sportaktiwiteit was nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jacky ·

Omw…… n kind is oorlede en worry oor di feit dat hulle sport beoefen op di dag. My innige simpatie met di familie

Phililp ·

Nee die foto is donderdag geneem geen sport was geoefen op goeie vrydag nie

Maggie ·

Jan Koos,Goeie Vrydag is die dag waarop Jesus se kruisiging herdenk word.

Maya Roon Joubert ·

So jonk en onnodig maar feit van die lewe ‘frats’ ongelukke gebeur elke dag! My innige simpatie met haar ouers en familie!

AL ·

My hart bloei vir haar familie. Dis tragies en mag God se troos haar gesin omvou.

Ken2 ·

Al het sy so wat, dit was een van my gunsteling aktiviteite toe ek klein was.

VM ·

My seun is betrokke by die Bokkieweek. Hy het vanmiddag gebel met die tragiese nuus van die fratsongeluk. Dit het op die terrein gebeur waar hulle tuisgaan. Nodeloos om te sê dat hy erg getraumariseerd is deur die ongeluk. Baie sterkte aan die familie.

Elize ·

Wat is frats aan ‘n ongeluk as kinders agterop ‘n bakkie is …wat beweeg! Dit moes boonop vinnig beweeg het as iemand dood is. My hart gaan uit na die ouers..

Louise ·

Die kar kon 1km/h gery het en sy kon net verkeerd geval het….soos bv op haar kop…..

Helene ·

As kind, het ek baie keer agterop my pa se Land Rover gery maar my pa het nie vining gery as ons agterop was nie. Wil tog net se, die impak wanneer daar vinnig gery word sal groter wees maar nie noodwendig noodlottig nie. Of jy stadig ry of vinnig is nie van toepassing nie.

Francois Le Cochon ·

@Louise – Hoe val ‘n mens “reg” van ‘n bakkie af om nie seer te kry nie?

Elize ·

Louise natuurlik maak die spoed ‘n verskil en die bestuurder is onverantwoordelik en baie skuldig want hy moes nie toegelaat het dat daar enige iemand agter op die bakkie is nie2

karin Kalp ·

Ek wil net aan almal betrokke se baie sterkte en aan die familie en vriende kennise ens Weet net God kan ons die vertroosting gee roep net sy naam en berus dit was sy wil ons innige meegevoel liefde groete

KARIN ·

Ek wil net vir almal wat so maklik kommentaar lewer se dat sy aangetroude familie van my was…moenie oordeel voordat julle nie al die feite het nie. Soos dit is, is dit reeds seer genoeg vir die betrokkenis sonder julle onregverdige kommentaar wat nie van toepassing is nie.

Ken2 ·

Ek ken nie die omstandighede nie maar ek vra om verskoning namens die wat sulke kommentaar lewer. Ongelukke gebeur so maklik en vinnig, al my simpatie met die familie.

Simon ·

Ek sit nou so en dink.
Help.my asseblief reg want ek verstaan huidiglik vandag iets nie mooi heeltemal reg nie.

Wanneer is n “gewone”ongeluk n “frats”ongeluk.
Is alle “ongelukke” nie maar so op n manier n “frats” nie?
Nou dat ek daaroor dink – is daar rerig erig iets soos n “gewone” ongeluk.

Of is gewone ongelukke maar.net ongelukke waaraann ons gewoon geraak het. Dit gebeur mos elke dag.

Laat my dink aan n situasie: kleintjie kom huilend by ma aan “hulle sny die skaap lewendig keelaf om te slag”
Nou wat van beeste my kind. Ons moet mos vleis kry om te eet.
Ja ma ! maar.beeste is gewoon daaraan om geslag te word.

Simon ·

Ek sit nou so en dink.
Help.my asseblief reg want ek verstaan huidiglik vandag iets nie mooi heeltemal reg nie.

Wanneer is n “gewone”ongeluk n “frats”ongeluk.
Is alle “ongelukke” nie maar so op n manier n “frats” nie?
Nou dat ek daaroor dink – is daar rerig erig iets soos n “gewone” ongeluk.

Of is gewone ongelukke maar.net ongelukke waaraann ons gewoon geraak het. Dit gebeur mos elke dag.

Laat my dink aan n situasie: kleintjie kom huilend by ma aan “hulle sny die skaap lewendig keelaf om te slag”
Nou wat van beeste my kind. Ons moet mos vleis kry om te eet.
Ja ma ! maar.beeste is gewoon daaraan om geslag te word.

Irma ·

‘n Fratsongeluk is wanneer ‘n onverwagte ongeluk onder onwaarskynlike en ongewone toestande plaasvind. Die arme kind het waarskynlik honderde kere agter op daardie voertuig gesit, maar daardie een dag gebeur iets wat niemand kon voorsien het nie. Arme kind, arme ouers. Hoe verwerk mens so iets. So hartseer.

Francois le Cochon ·

@ Irma – Nee ek dink nie die meisie het al “honderde kere” agter op die bakkie gesit nie. Geen ouer sal sy/haar kind soveel kere blootstel aan ‘n groot risiko om seer te kry nie.

Chris ·

Hoekom nie Francois? Ek het amper groot geword agter op n bakkie en het nie net honderde kere nie maar duisende kere agter op n bakkie gery. Daar niks mee fiu nie.

HENNIE NEUHOFF ·

w Eintlik lê die lees probleem by jou! Lees die antwoord aan Gawie dan sal jy sien die berig was oorspronklik foutief, dis reggestel en Gawie om verskoning gevra. Nou skuld jy ook vir Gawie ‘n verskoning.

Gawie ·

Nee, lees JY reg. Die berig is aangepas na my kommentaar. Verstaan jy nou?

Nico ·

Daar is ‘n kind dood en die kommentators kibbel oor wie se persepsie van die ander is die meeste misplaasd. Geen wonder ons word deur ander volke oorheers nie.

Malva ·

Bitsige klompie die Maroela kommentators…. moontlik juis wat fout is met die ‘volk’ of is dit bloot uiting aan magtelose frustrasie…

Nico ·

Malva, ek begin dink dit is waarom Netwerk24 (destyds nog Beeld, Volksblad, Burger en Rapport aanlyn) kommentare weggeneem het. Ek is verbaas dat my volkie soms ‘n braai kan hou sonder twis en tweespalt.

Henk Celliers ·

Sjoe,ons ou nasie kan darem karring oor nonsins,word groot man,baie sterkte aan almal betrokke,dis baie hartseer

Peet J ·

karin Kalp, dit is darem baie onregverdig dat God geblameer word “dit is Sy wil”vir die persoon se dood wat deur ‘n ongeluk veroorsaak is.

Beets ·

God is oral teenwoordig so dit moet Sy wil wees dat sy so gesterf het.

Ramkat ·

Aan Irma,
ALLES wat as n ongeluk beskryf word, gebeur tog onverwags op n ongewone plek onder ongewone toestande.
As iets verwags gebeur op n gewone plek en onder “gewone” omstandighede is dit dan n ongeluk of is dit onverant-woordelike optrede wat voorkom kon wees.
Waarom is die een dan n “fratsongeluk” en n ander een dan net n “gewone” ongeluk.

Elizabeth ·

Ek kry SKAAM om wit afrikaan sprekend te wees!!!! Ek vra vir die kind wat haar Engelvlerke gekry het, asook haar ouers en familie onverkoning dat julle in jul seerste tyd met minag behandel word! Vergewe asb, ons weet nie wat ons doen en sê nie, want die Here was die kommetaar skrywers nog genadig, hulle weet nie watse verskriklike seer dit is om n kind te verloor nie!!! Hulle het nie ñ idee watse lyding en ewige verlange en seer is die ouers se metgesel tot die dag wat hulle selfs Huistoe gaan. Vergewe ons, asb. RIV Engelkind, wees vry. Liewe ouers en familie, ek weet daar is nie regtig trooswoorde nie, mag God jul hartseer versag en vrede bring

Cherokee ·

Elizabeth, wat laat jou dink dat anderskleuriges en anderstaliges anders is? Lees jy hul kommentare ook sodat jy kan besluit ons is anders? Wees dan maar spyt dat jy wit en Afrikaans is. Ons is trots op ons afkoms.

Peet J ·

Beets , ek stem saam die Almagtige God is orals teenswoordig hier op die Aarde maar om Hom aanspreeklik te hou vir die mens se foute is absurd.

Cherokee ·

Presies soos jy sê, Peet. Dink net wat sê die agtergeblewenes van plaasmoorde wanneer hulle Beets lees.

christell ·

Ons as mens het geen reg om te oordeel nie. Jy was nie daar nie en het te min feite om enigsins iets te sê. Dit kan met enige iemand gebeur.

Dina ·

Jan Koos, mag die Here in jou hart werk en tot jou redding kom. Onthou jy lewe nie vir ewig nie. Ons almal sterf, en dan wat gebeur dan. Gelukkig weet ek waarnatoe ek gaan, weet jy,?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.