Tieners vas oor moord in KwaZulu-Natal

mes-aanval

Argieffoto

Twee tieners is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 15-jarige skolier in Gingindlovu in KwaZulu-Natal.

“Die twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, is opgespoor en in hegtenis geneem,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. Die twee het glo by ʼn huis in Gingindlovu weggekruip.

Die slagoffer was verlede week saam met sy vriende op pad huis toe, toe leerlinge van ʼn ander skool hulle aangeval het. “Hy is met ʼn skerp voorwerp gesteek en het by die hospitaal aan sy beserings beswyk,” het Naicker bygevoeg. “Sy vriende kon ongedeerd vlug.”

Die twee tieners staan tereg op aanklag van moord en sal na verwagting binnekort in die Gingindlovu-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Ons samelewing stel ‘n voorbeeld aan ons jeug. Hulle sien mense kom weg met moord, waarom kan hulle dit dan nie ook doen nie? Dink net daaraan wat die generasie na hulle als gaan aanvang!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.