Tienerseun sterf in ongeluk

Jandré van der Walt. Foto: Facebook

Jandré van der Walt (16) is Maandagoggend in ʼn ongeluk naby Ohrigstad in Limpopo dood.

Die Hoër Tegniese Skool Middelburg in Mpumalanga het gesê hy het met groot hartseer van Jandré, ʼn leerder aan die skool, se dood verneem. “Aan sy ouers, Jannie en Magda van der Walt, en familie wil ons sterkte sê, julle is in ons gebede. Mag Jesus julle toevou in liefde en vertroosting. HTS Middelburg sal al die mooi herinneringe aan Jandré in ons harte koester!”

Die Middelburg Observer berig Jandré en sy vriendin, ook ʼn leerder aan die HTS Middelburg, was saam met Jandré se oupa op pad terug van ʼn jagtog toe die ongeluk gebeur het.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het omstreeks 06:30 Maandag op die toneel op die R36 sowat 8 km van Ohrigstad aangekom.

“Volgens berigte van die toneel het die bestuurder van die bakkie beheer verloor voor die bakkie die pad verlaat en gerol het.”

Dollman het gesê ʼn man het matige beserings opgedoen terwyl nog ʼn persoon matige tot ernstige beserings opgedoen het. Hulle is albei op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.

Volgens Dollman het Jandré ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Volgens die berig in die Middelburg Observer is Jandré waarskynlik uit die bakkie geslinger waarna die voertuig vermoedelik bo-oor hom gerol het.

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Bernice ·

Aii ek stuur maar sterkte aan die famielie dis so hartseer dat sulke goed elke dag reg oor die wêreld gebeur aai sterkte jong

Liza101 ·

Baie hartseer! Die Rooies sal jou beslis baie mis waar jy ‘n voorbeeld was vir ander met jou mooi gesindheid. Rus in vrede! Rooies liefde.

Hannelie ·

Ai dis so hartseer ! Sterkte aan sy gesin, hy was nog so jonk.

Eina ·

Sterkte aan sy ouers en veral die oupa ..
Laat Jesus jul lei in hierdie dae

Johan ·

Jammer om dit te hoor……kan Maroela dalk later opvolg oor wat die oorsaak was?

Pik ·

Johan gaan kyk watse voertuig dit was en google hoeveel van hulle het al gerol en dit kan nie al die bestuurdes wees nie jammer aan die gesin maar dis my siening oor die voertuie

Petrus ·

Dit is n Hilux. Daar het van hulle al gerol maar dit is omdat die bestuurders nie die krag kan hanteer nie.

Derik ·

Dink die oorsaak moet eerder by die pad toestand gesoek word, baie sleg en swak teerpad vol potholes, soos vele ander paaie in die land!!

LMF ·

Rus in vrede pragkind en mag God jou familie baie styf vashou

duifie ·

Kosbare seun… Baie sterkte aan sy familie, veral aan sy oupa. Kyk op.

Veertjie ·

Innigste simpatie aan Magda en Jannie met jul groot eina. Dis baie seer om ‘n kind te verloor. :(

Rudolf ·

Jes 43
Ek het jou by die naam geroep- jy is myne- se die Here
Baie sterkte in die moeilike uur

J ·

Sterkte aan almal. Hartseer is groot, maar nooit groter as God se liefde vir sy kinders. Hou styf vas aan SY porsie genade en liefde, wat elke dag NUUT aan SY kinders geskenk word, om deur daardie routyd te kan oorleef.

Theresa ·

Baie baie sterkte aan die familie. Ongelukke gebeur (weet dink klink so leeg om te sê – die doel is egter dat niemand selfverwyt of verwyte moet koester nie?). Die ouers en oupa het baie ondersteuning nodig – hoop berusting sal deel word van hul genesing.

Andre ·

Hartseer. Stem saam Pik. Dra gordels asb mense. Koop veiligheid en nie “tough” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.