Timol-familie vra nóg ondersoeke oor apartheidmoorde

Ahmed Timol (Foto: Zetaboards.com)

Die familie van die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) versoek om alle sake te heropen van politieke gevangenes wat tydens die apartheidsera gesterf het.

Die versoek volg op die hooggeregshof in Pretoria se bevinding Donderdag dat Timol in aanhouding vermoor is.

Timol se familie het ná die hofverrigtinge gesê hulle verwelkom die uitspraak en het ʼn beroep op die NVG gedoen om alle sake te heropen wat verband hou met die sterftes van politieke gevangenes.

“Daardie ondervraers, daardie gevreesde lede van die veiligheidspolisie tydens die apartheidsnagmerrie, is nie meer hier sodat hulle vir hul optrede verantwoording kan doen nie,” het Timol se broer, Muhammad, tydens ʼn perskonferensie gesê.

“Die feit dat ʼn geregtelike doodsondersoek in 1972 gedoen is, het ironies genoeg die hoeksteen voorsien om die jongste geregtelike doodsondersoek te heropen,” het Imtiaz Cajee, Timol se broerskind, gesê. “Sonder die mediese rekords sou dit moeilik gewees het om die NVG te oortuig om die saak weer te open. Dit sal uitdagings bied vir families van wie oorledenes se mediese rekords nie meer bestaan nie.

“Ons wil die heropening van Timol se geregtelike doodsondersoek as die begin en nie die einde beskou nie.”

Die geregtelike ondersoek na Timol se dood is vroeër heropen en regter Billy Mothle het bevind dat Timol nie in 1971 selfmoord gepleeg het soos beweer is nie. Die hof het bevind dat Timol dood is nadat hy deur lede van die destydse veiligheidspolisie aangerand, gemartel en by ʼn venster van die tiende verdieping van die polisiehoofkantoor in Johannesburg uitgestamp is. Mothle het voorts gesê lede van die veiligheidspolisie is verantwoordelik vir Timol se beserings en dat hulle hom gemartel het om inligting uit hom te kry.

Timol is saam met sy vriend, dr. Salim Essop, in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes die motor waarmee hulle gery het by ʼn padblokkade voorgekeer het. Verbode ANC- en SAKP-pamflette is in die motor gevind en hulle is in hegtenis geneem. Timol is vyf dae later, terwyl hy in aanhouding was, dood.

Mothle het in sy uitspraak gesê daar is nog baie families van wie naasbestaandes in aanhouding gesterf het wat antwoorde en klarigheid verlang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pierre ·

Hoekom die verlede? Weet almal soek antwoorde. Wat van spandeer die selfde energie, vrae op plaasmoorde.

Lientjie ·

Ek hoop die Timols gaan al die ander se regskostes vir hulle betaal ook. Dit is nou die staats se tyd mors!

Carel ·

Die nuus gaan seker nou vir Timol uit die dood uit terugbring
Belaglik tyd en geld mors

Eish ·

… en n paar afgetrede manne gaan begin sweet indien hul nie gebieg het voor die W&V nie…

Denise ·

En ek wil weet hoekom al die onskuldige mense elke dag vermoor word , onskuldige ou mense , moeders. vaders, kinders hoekom hoekom??????????

HPV ·

Doen dan sommer ondersoeke op destydse terroristiese aanvalle op onskuldige ongewapende burgerlikes. Die terroriste was te lafhartig om teen ons veiligheidsmagte op te tree toe teiken hulle maar ongewapende burgerlikes.

Hennie ·

Ek stem saam HPV maar soos ons weet sal dit nooit gebeur nie. Hierdie gaan weer partydige ondersoeke wees

Griet ·

En sommer ook ondersoek na die baie kinders wat deur ANC verwerf was om te leer moor wat net spoorloos in Afrika in verdwyn het. Wat van hulle of moet daaroor ook geswyg word?

Alida ·

Die NVG het BAIE werk om te doen soos om 783 klagtes te ondersoek teen een mens. Hulle mors geld en tyd. Die wat nog sake wil oopmaak het 45 jaar gehad om dit te doen. Hoekom nou? Dit is net om die aandag van party mense af te lei.

Johan ·

Maar julle wil nie die Helderberg vlugramp behoorlik ondersoek nie.

alwyn burger ·

Dit is ň blitsige skuldigbevinding van iets wat 45 jaar gelede kon gebeur het!. Gesinsmoorde wat onlangs ter plaatse kon gebeur het sloer nou al jare?

Leahim ·

Ek verstaan nie die doel hiervan dit is 46 jaar later neem aan die polisie manne was 30 jaar oud ten tye van die voorval…nee bou n parkie in Randfontein en vernoem hom na hierdie ou.

Sies! ·

Net die woord “apartheid” is irassioneel om VANDAG enigsins NOG oor te DINK, PRAAT of watwou nog SKRYF! MAAR..dit WORD LEWENDIG GEHOU om Aandag af te trek van die MASSIEWE
KORRUPSIE EN LANDS VERGRYPE!!!! SIES

Martie Visagie ·

Hierdie is verby belaglik,het nie eers woorde om dit te omskryf nie!

Pieter ·

En hulle het nou seker iewers ekstra geld gekry om n standbeeld vir hulle almal op te sit…..of dalk n straat naam her noem

Alida ·

BELAGLIK. Die SAPD van 45 jaar gelede het opdragte uitgevoer. Hulle was kinders en wie kan bewys na 45 jaar hy is gestamp. Siek verby!

snoefie ·

gaan die timol familie hierdie ondersoeke betaal? kan hulle verduidelik hoe verskil beenbreuke van iemand wat geval het van die beenbreuke van iemand wat gestamp was? dis net n blerrie lot bolle. was die man onskuldig aangehou? wat sê moslem wette oor sekere oortredings! maar klink my dis nou weer “This little light of mine,” tyd.

CHRISTA ·

Gaan hulle ook ondersoeke doen na die gevangenisse wat in die ANC gevangeniskampe was en verdamp het soos varkmasels? Wat van Stompie wat Winnie en haar sokkerspan ook laat verdwyn het? Of maak DIT nie saak nie?

Amanda Liebenberg ·

In die tyd waarin ons leef, waar mense regoor die wêreld in vrees leef as gevolg van terrorisme, verstaan ek glad nie hoe hierdie mense steeds simpatie soek en dink dat hulle helde was nie. Hulle was die terroriste wat bomme geplant en onskuldige mense doodgemaak het. Wat van daardie families wat mense verloor het daartydens?

Amanda Liebenberg ·

Amerika loop deur onder terrorisme en almal is dit eens, hulle het die volste reg om oorlog te maak. Toe Suid Afrika deurgeloop het, het die hele wêreld sanksies teen ons ingestel en ons moes die bomplanter ñ president maak en ons land oorgee en steeds is dit nie genoeg nie. En daar was nie eens olie by betrokke nie.

Harrie1501 ·

Maroela,julle speel ook ‘n belangrike rol om stabiliteit en harmonie te versker en te bevorder in die alledaagse sameleweing.Waarom dié berig hmmm? Wat van julle begin bietjie konsentreer op ‘n versoenende rol in julle berig gewing ?

honourable member ·

Kom ek raai, die onkostes gaan deur ons tax gedek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.