Tragedie by Pta-oord: Jong slagoffer se naam bekend

Die rotspoel by Nkwe Pleasure Resort. Argieffoto: Via nkwepark.co.za

Die rotspoel by Nkwe Pleasure Resort. Argieffoto: Via nkwepark.co.za

Die jongman wat Saterdag dood is toe hy van die rotse by ʼn gewilde vakansieoord oos van Pretoria in die water gespring het, se naam is bekend gemaak.

Kapt. Marissa van der Merwe, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die oorledene is as Ephraim Tshabalala (24) van Soshanguve, noord van Pretoria, uitgeken.

Maroela Media het Maandag berig Tshabalala was saam met ʼn groep vriende as ʼn dagbesoeker by die piekniekgebied van die Nkwe-oord in Tierpoort waar die tragedie hom afgespeel het.

Tshabalala het gelyktydig saam met ʼn vriend van die rotse af in die rotspoel ingespring en vermoedelik sy nek gebreek of aan ʼn kopbeserings beswyk toe hy iets getref het.

Hy het onder die water verdwyn en is dood verklaar nadat polisieduikers hom uit die poel gehaal het.

Die Welbekend-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Dr. Hennie Annandale, eienaar van die oord, het Maandag aan Maroela Media gesê hulle betreur die voorval en het sy medelye teenoor die oorledene se vriende en familie uitgespreek.

“Die rotspoel is ʼn gewilde besoekpunt en piekniekplek aangesien dit ʼn natuurlike formasie langs die rivier is. Daar is duidelike kennisgewings by die watergat aangebring wat mense waarsku dat hulle op eie risiko daar swem,” het Annandale gesê.

Hy het gesê daar het al vantevore mense daar verdrink, maar dít was die mees onlangse voorval die afgelope paar jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Adri

Dankie dat jy ons hierop gewys het!
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Veronica ·

Ai! Dis tragies!! Ons het, in die ’70s baie pret daar gehad! Mooi herrinneringe! Sterkte aan familie en vriende.

Kiepie ·

Tragies. Klink nie vir my of die eienaar vreeslik besorgd is daaroor nie. Mens varwag nie dat hy elke besoeker moet oppas nie maar om bloot ‘n “Op eie Risiko”-bord op te sit klink vir my eerder of hy net sy eie agterent wil cover.

Griet ·

Nou wat presies verwag jy moet die eienaar hieraan doen? As ek die eienaar was, sou ek PRESIES dieselfde gedoen het. Hy kan nie elke slimjan (veral die Bachus slimjanne) se handjie vashou nie. As jy sulke gevaarlike goed wil doen soos om vanaf ±5 meter hoog in effens troebel water te spring, kan jy niemand blammeer as jy seerkry nie.

Feit is 1000’e mense het al daar afgespring en niks oorgekom nie. Dit was bloot ‘n tragiese ongeluk, NIEMAND kan hiervoor geblammeer word nie.

Jorie ·

Stem heeltemaal saam met jou. Ek was begin verledejaar daar en was so gestress oor al die jongmense wat van die rotse af in die poel spring. Baie het dit gedoen. Ek was juis bang dat ek sou moes inspring om iemand te red. Moet sê ek onthou nie dat ek enige bordjies daar gesien het nie.

Jordaan ·

Tragiese voorval, maar ek is nie seker wat seker van die kommentators wil he die eienaar moet doen nie. Dit is tog waarvoor Nkwe bekend is. Om mense te verbied om in die poele te swem is nie ‘n oplossing nie. Mens kan tog nie tragiese ongelukke as die norm aanvaar nie, of moet motors dan verbied word omdat duisende mense in motorongelukke omkom elke jaar?}

ig ·

Wat is sekere mense nou so aanvallend teenoor die Oord Eienaar? Genade,daar is so iets soos gesonde verstand .

Verstand ·

Dalk ‘n kennisgewing wat lees: “Die watergat het nie verstand nie, gebruik jou eie”.

Piet ·

‘n bordjie wat jou verbied om van die rotse af in die water te spring of duik sou voldoende wees. As jy nie gehoor gee word jy die oord verbied – so eenvoudig soos dit.

Lou ·

Daar gaan baie mense in motors dood. Kom ons verban motors dan word ons almal fiks van stap (ha ha). Die slotsom is, as daar ‘n bordjie is wat sê dis gevaarlik het die eienaar/bestuur genoeg gedoen.

Theresa ·

Glad nie die eienaar se skuld nie – mapstieks! Ruk en pluk aan mekaar en spring in ‘n gat met water met wat ookal daaronder wag – dis baie jammer dit het gebeur, maar dis presies hoe ‘n ongeluk gebeur! Volwassenes – moes eerder nie so saam ingespring het met ‘n gestoei nie. Simpatie aan familie en vriende.

hein ·

Dalk het die jong man n sopie ingehad en was toe baie braaf voor die vriende? Enige mens met n gesonde verstand moet besef dat so iets gevaar inhou. Moet nie die eienaar blameer nie. Maak eers seker van die feite.

Mercy ·

Eienaar is wit, slagoffer is swart.
Hier kom weer n storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.