Trio verkoop glo vervalste matrieksertifikate vir R3 000

Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

Drie mans het Dinsdag in die Botshabelo-landdroshof buite Bloemfontein in die Vrystaat verskyn in verband met vervalste matrieksertifikate wat hulle glo verkoop het.

Kapt. S’fiso Nyakane, woordvoerder van die Valke in die provinsie, het gesê die Valke se teen-korrupsie- en misdaadeenheid het in Desember inligting ontvang dat die verdagtes, Joel Mpothle (38), Tebello Mohale (39) en Lea Ntshasa (49), senior sertifikate van Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding, namaak en verkoop.

Die Valke het op 31 Desember ʼn lokval vir die verdagtes gestel. ʼn Geheime agent het die trio by ʼn winkelsentrum in Botshabelo ontmoet nadat ooreengekom is om die sertifikaat vir R3 000 te koop. Die mans is in hegtenis geneem nadat die “transaksie” afgehandel is.

Verdere ondersoek het bepaal dat Mohale voorheen skuldig bevind en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is vir ʼn soortgelyke oortreding.

Die saak is tot 17 Januarie uitgestel wanneer hulle om borgtog gaan aansoek doen. Hulle bly in aanhouding.

Nou pra' jý

Maroela Media wil aan alle lesers die geleentheid gee om hul mening te lug. Ons sal egter geen rassisme, seksisme, homofobie, vieslike persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal duld nie. Maroela Media behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie. Redes vir die verwydering hoef nie deur Maroela Media verskaf te word nie. Hou in gedagte dat Maroela Media en jy as kommentator aanspreeklik gehou kan word indien jy iemand se regte skend. Moenie die oom of tannie in die familie wees van wie niemand hou nie.

13 Kommentare

Giep ·

Nee! Noggie! Ek moet eers my ou matriek sertifikaat ook bietjie vervang met n beter een!!

Ek soek ten minste drie onderskeidings!

Marcel ·

Het al te veel mense gesien wat aansoek doen vir werk met ‘n graad en alles maar dan kan die matriek ou die werk beter doen, nou weet ons hoekom. Hoe sal mens nou weet of die sertifikaat wat iemand vir jou bring eg is, laat die ou maar weer toets skryf?

Antwoord
Hoeveel ·

Dis wonderlik dat hulle vasgevat is, my vraag is net HOEVEEL ander sit met vervalste matrieksertifikate wat oor die jare uitgereik is, maar nie gevang is nie? Hoeveel het gaan studeer met vals matrieksertifikate, en hoeveel het gaan werk met vals matrieksertifikate? Die goed lyk heeltemal legit, met barcode en al .. so sê my wanneer gaan jy weet die makker het of het nie sy ‘regte’ matrieksertifikaat nie?

Antwoord
koos ·

Ek kan die hele skema verstaan. Ek het amper empatie daarmee. Eks vir hoeveel werke afgekeur oor sekere klein gebreke in my kwalifikasies, terwyl ek geweet het dis werk wat ek wel kon doen. Ek wens ek het in daardie tyd van desperate job hunting so n vervalser geken. Enigeen wat my nou wil kruisig oor my kommentaar moet net hom- of haarself indink in ‘n situasie van langdurige werkloosheid. Week na week; maand na maand. Jy weet nie waar geld om aan die gang te bly, vandaan gaan kom nie. Jy verkoop later besittings want al die deure bly toe. Dis om van letterlik mal te word.

Antwoord
Alida ·

Niks verbaas mens nie dit is ou nuus. Lisensies word ook so verkoop. Die taxis ry nie vanself nie dit is die bestuurders wat geen wettige lisensie het nie. Hoera vir Herman Mashaba in JHB wat die gemors uitroei wortel en tak. Mooi Valke hou so aan.

Antwoord
Topster ·

Koos ek stem 100% saam met jou vir alle betreking s moet jy n mateiek sertifikaat he en ek weet van dit is gekoop maar jy wat eerlik is en ondervinding het word oorgesien ek is in die mynbedryf en dit werk daar ook so

Antwoord
Kobus ·

Ek neem aan Koos is nie meer te jonk…ek sal ook so gevoel en moontlik na so n stap gedwing gewees het as ek in sy skoene was…want hy weet wat hy in staat is om prakties en teoreties te kan doen….maar n snuiter met n gekoopte “matriek” stap in met n moewiese salaris…en hy wat eerlik is en net vir sy gesin op n menswaardige manier wil versorg….moet op straat sit met n hoop vir more

Len ·

Werklik, hulle kon selfs die tyd terug draai. Die sertifikaat is in effektief vanaf 2008, so of ‘n persoon dan die jaar of 5jaar gelede gematriekuleer het, of nie. Dis bekombaar… goeie werk Valke!

Antwoord

Lewer kommentaar

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

*