Trokke tydens Limpopo-betoging verwoes

Foto: SAPD

Minstens vier vragmotors is Dinsdagaand buite Phalaborwa in Limpopo verwoes nadat woedende betogers paaie afgesper en voertuie aan die brand gesteek het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is omstreeks 22:00 na die toneel naby Ga-Makhushane ontbied.

“Met hul aankoms was vier vragmotors, wat aan verskillende maatskappye behoort, reeds aan die brand gesteek en heeltemal uitgebrand,” het Ngoepe gesê. “Sewe ander vragmotors is uit die parkeerdepot na veiligheid by ʼn plaaslike myn gelei.”

Ngoepe het gesê die betoging hou vermoedelik verband met vorige klagtes van inwoners oor die myne in die gebied. Hy kon egter nie bevestig presies waaroor die inwoners ontevrede is nie.

Volgens Ngoepe is sake van opsetlike saakbeskadiging en openbare geweld aanhangig gemaak. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie is steeds besig om die situasie in die gebied te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Beboet elke deelnemer sodat die eienaar van die trok nie die skade hoef te ly nie. Indien hul niks verdien nie – moet hul werk om dit terug te betaal. Banale bog dat mense so vernietsugtig raak net oor ‘n ontevredenheid.

ken benoni ·

Staak voedselvoorsiening aan die gebied, honger is iets anders dan toesprake!!

Danie ·

Blykbaar het elke klein gemeenskap in die omgewing ‘n verteenwoordiger (groep verteenwoordigers) wat daardie gemeenskap se belange moet verteenwoordig (plaaslike sake, werks- aansoeke en geleenthede, aankope, arbeid ensovoorts). Blykbaar is dit besonder maklik om die verteenwoordigers om te koop en kan enige buite persoon (selfs in die buiteland) via die kanale besigheid doen. Die inwoners weet dit blykbaar baie goed. Maar is te lafhartig om die probleem met die betrokke partye op te neem. Nou brand en beskadig hulle onskuldige mense se eiendom. Blykbaar moet ander mense hulle probleme vir hulle uitsorteer.

Carel Boshoff ·

Mnr Zuma – die land brand – en dit is JOU mense wat kla,en alles verwoes,MAAR julle (Die ANC en sy bed maatjies) het julle ondersteuners “mooi” gewys hoe om hul frustrasie te wys !!!!!!!!! WAT gaan u doen ? Seker net lag – JY en jou kaders steel ons land leeg en jou ondersteuners is te dom om te besef JY het beloftes gemaak – wat niks van kom nie – en NOU – WAT gaan jy doen ?
Mnr Mbalula – waar is ons beskerming van person en eiendom – JY is mos die Minister van Polisie.

HN ·

Die probleem met die mense is hulle soek werk op die myne. Hulle KAN nie die werk doen nie. Hulle brand & verwoes so ver hulle gaan. Dan verwag hulle die myne moet hulle aanstel. As ek ‘n besigheid gehad het & enige 1 van daai gebied kom om aansoek te doen vir werk sal ek hulle nie aanstel nie!

Tiger ·

Weereens “monitor” die polisie die situsie NA groot skade klaar aangerig is.Wat beteken die SAP op die ou end ?NIKS!Hulle is veronderstel om wet en orde te handhaaf maar dop die toets met vliende vaandels!Hulle verdien nie hul salarisse nie!

Ria ·

Hoe is dit moontlik om skade te veroorsaak aan onskuldige mense se eiendom wat niks te doen het met jou griewe nie. Geen woord van ons regering nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.