Tronkbewaarder oor bedrog gevonnis

Argieffoto

Rofiwa Khaphathe (35), ʼn werknemer van die departement van korrektiewe dienste, is in die Kokstad-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis op nege aanklagte van bedrog.

Khaphathe het R750 000 van die departement se finansies wanbestuur, het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, gesê. “Hy het die geld van die departement na privaat rekeninge oorbetaal en vals eise ingedien vir mediese behandeling van gevangenes.”

ʼn Saak van bedrog is by Kokstad-polisiestasie aanhangig gemaak en die dossier is aan die handelsmisdaadeenheid van die Valke in Pietermaritzburg oorhandig.

Mhlongo het gesê Khaphathe is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Swannie ·

Hy sal seker ook oor so `n paar maande geregtig wees op mediese parool ?

Ek meen, bedrog en korrupsie is mos nie meer deesdae so `n groot oortreding nie.

HPV ·

Swannie, dit is sommer ‘n normale dag se besigheid vir die ANC.

Hendrik ·

Kan sien sy van is nie Zuma nie…dan sou hy n fris bevordering ontvang het!

Hanna ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid aka affirmative action. En daar het jy dit… Wonder by wie hy die pos oor geneem het?!

Adam ·

Wen-Wen situasie. Nou is hy sommer by sy werk en spaar hy duisende rande aan brandstof.

Johann ·

Gaan seker n Franchise begin, How to be a Zumaikie in Zuptopia at the taxpayers cost.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.