Tutu steun genadedood

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Suid-Afrika se emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het Sondag gesê hy ondersteun genadedood vir terminaal siek mense.

Dit kom nadat Tutu sy ondersteuning uitgespreek het vir ‘n wet om genadedood in Brittanje te wettig. Die kerk is egter steeds teen die wetgewing gekant en het ‘n openbare ondersoek na die kwessie versoek.

Tutu skryf in die Britse koerant Observer dat die geval van Craig Schonegevel, ‘n 28-jarige Suid-Afrikaner wat aan neurofibromatose gely het, hom oortuig het. Schonegevel het sy eie lewe geneem nadat dokters nie in staat was om sy lewe te beëindig nie.

Tutu het ook bekend gemaak dat hy sy gesin gevra het om hom nie kunsmatig aan die lewe te hou nie. Hy het skerp kritiek gelewer oor die manier waarop oudpresident Nelson Mandela gedurende sy laaste dae behandel is.

“Wat aan Madiba gedoen is, was ‘n skande,” het hy geskryf. “Mens kon sien dat Madiba nie ten volle daar was nie. My vriend was nie meer homself nie. Dit was ‘n belediging vir Madiba se waardigheid.”

George Carey, voormalige aartsbiskop van Canterbury, het Saterdag gesê dat hy ook van plan verander het en die Britse-wet in sekere gevalle sal ondersteun. Justin Welby, die huidige aartsbiskop van Canterbury, het die wetgewing as “verkeerd en gevaarlik” beskryf. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Peter Says ·

Ek ondersteun genadedood sterk, hoekom moet n mens onnodig ly. Ons het jare terug in die ou weermag n belofte gemaak, as iemand gewond was en die persoon ly erg, sou ons hom help.

Laan ·

Slegs God besluit oor lewe en dood. Dit is nie in mense se hande nie!

Trippie ·

Ek verstaan wat jy se Peter, en ek verstaan wat jy se Laan.

Ek is in tweestryd oor hierdie onderwerp.

Johann en Grassie – ek hoop julle sal hier lees en julle menings gee.

Alhoewel, tot dusver glo ek dat God intree waar ek as mens nie my kruis verder kan dra nie.

Johann ·

Hallo Trippie.

Ek het geantwoord maar my kommentaar word gemodereer.
Miskien word dit tog geplaas.

Trippie ·

Hallo Johann, byna ‘n uur is verstreke en dit verskyn nie, sal jy jou kommentaar dan effens aanpas – let op vir “vangwoorde”. Ek wil regtig baie graag jou mening hoor.

GROETE

Johann ·

Ek het probeer om my antwoord ook te plaas by die eerste berig: “Plakkershut as slagpale gebruik”, Trippie, maar dit word nog steeds gemodereer.
Ek het nou werklikwaar geen aanstootlike woorde gebruik nie. Ek doen nie sulke dinge nie.

Trippie ·

Ek weet verseker jy is nie iemand wat aanstootlike woorde gebruik nie – ek gaan dit more met Maroela opneem – net soos wat ons kommentare (myne, joue, Grassie en Jas sin verwyder is).

Sune van Heerden ·

Dagsê Trippie en Johann

Ons vra om verskoning vir die onderbreking in die plasing van kommentaar oor die naweek. Dit kommentaar is nou gemodereer en goedgekeurde kommentaar verskyn by die onderskeie artikels. Van die duplikaatkommentaar is uitgevee.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Grassie ·

T – Ek stem saam met Laan maar daar is tog ‘n grys area wat moelik is om te verwerk. Kom ons noem dit aktiewe of passiewe hulp aan die persoon. As ‘n mens aktief optree deur die sieke iets toe te dien soos ‘n inspuiting of ‘n oordosis medikasie glo ek jy oortree die sesde Gebod. Wanneer die persoon baie ernstig ly, en daar is geen hoop op verbetering nie en jy tree passief op, jy forseer hom nie om medikasie te neem wat sy lewe, en dus sy lyding, ‘n rukkie gaan verleng nie, met ander woorde jy laat die natuur sy normale loop neem, kan dit seker nie verkeerd wees nie. Ek hoop egter ek raak nooit by so ‘n situasie betrokke nie, want ek het nie regtig ‘n antwoord nie.

Trippie ·

Baie dankie – ek kan hiermee vereenselwig, puik uiteengesit.

Ek het redelik onlangs so testament vir ‘n persoon voorberei – presies hierdie woorde van jou was van toepassing.

” … jy forseer hom nie om medikasie te neem wat sy lewe, en dus sy lyding, ‘n rukkie gaan verleng nie, met ander woorde jy laat die natuur sy normale loop neem, kan dit seker nie verkeerd wees nie.”

Dit word ‘n LEWENDE TESTAMENT genoem.

NS: Daar was onlangs ‘n artikel waar die dame so erg deur haar eggenoot aangerand is, sy was blind, kon nie meer loop, ondraaglike hoofpyne (a.g.v. hamerhoue op haar kop – sy het Holland toe gereis waar die genadedood op haar toegepas is – Grassie, dit kan ek 100% verstaan. Stem jy ?

Trippie ·

Grassie, soos in Johann se geval – my antwoord aan jou word nie geplaas nie, nieteenstaande die feit dat Maroela se reels ten strengste nagekom word.

Baie dankie vir jou antwoord.

NS: Ek merk dit word nou gemodereer.

Maroela, waarom word ordentlike gesprekvoering tussen lesers gemodereer of NIE geplaas nie ?

Dolk ·

Jou geloof in God en jou karakter sal jou smeekbede en insig bepaal…

God kan jou genees en Hy kan jou dae verleng…

Vir die goddelose het hy/sy soos ‘n benoude, gemartelde dier geraak… ‘n Skoot sal genoeg wees. (Eintlik genadevol)

Vir die in Jesus Christus gaan dit nie oor lyding nie – dit gaan oor die Ewige lewe by onse Here Jesus Christus.

drieks ·

Asseblief, laat elke mens self besluit. Ek steun dit vir my self.

jay-jay ·

Ook n sterk voorstaander van genadedood vir myself en ander waar pyn en lyding en n gebrek aan n kwaliteitlewe 24 uur deel van ons lewe is. Intussen leef ek met die hoop dat Die Vader self vroegtydig sal ingryp en n einde sal meebring. Sterkte aan alle mede-stryders

Anon ·

Jy kan net self besluit oor genade dood as jy self daardeur is. Om geliefdes te sien swaar kry is nie maklik nie…… Ai sommige persone kan net nie hul eie mening gee nie. Ek stel regtig voor kry mekaar se telefoon nommers en bel mekaar. So kan jul die gesprek verder voer. Hierdie berig gaan oor ons elkeen se eie mening nie om te hoor wat Jannie en Sannie se en dan daar besluit wat ek gaan se nie.

Trippie ·

ANON : Dit is die tweede keer wat jy hierdie kommentaar van jou plaas en verwys na die uitruil van adresse.

Is ons nie geregtig om ‘n debat te voer, elkeen sy mening te gee en daaroor te redeneer nie ? Hier word nie gebruik gemaak van swak taal nie, nog minder laster.

Kan ons nie net ‘n saak wat baie mense raak, in rus en vrede bespreek nie.

Maroela Media hou van ‘n lekker warm debat en wil aan alle kuiermense die geleentheid gee om hul mening te lug.

Johann ·

Trippie ek probeer weer.

Waar ‘n pasiënt breindood, menslik gesproke, en na vele toetse verklaar word, is daardie persoon se siel al klaar by ons Vader.
Masjiene van ‘n baie hoë tegnologie word gebruik om die liggaam tydelik aan die lewe te hou. Dit is vir my persoonlik oorbodig. Behalwe waar dit een of ander geloofsoortuiging is. As gekyk word na die finansiële implikasies en die trauma wat die familie deurgaan, is dit beter om daardie masjiene af te skakel mits dit met die nabye familie gekonsulteer was.
Dan tree berusting in.
In my testament is daar geskrywe, dat genadedood toegepas moet word as enige hoop op genesing laat vaar is.

Johann ·

Trippie, ek gaan maar stuk stuk plaas.Waar ‘n pasiënt breindood, menslik gesproke, en na vele toetse verklaar word, is daardie persoon se siel al klaar by ons Vader.
Masjiene van ‘n baie hoë tegnologie word gebruik om die liggaam tydelik aan die lewe te hou. Dit is vir my persoonlik oorbodig. Behalwe waar dit een of ander geloofsoortuiging is.

Johann ·

As gekyk word na die onkostes en die trauma wat die familie deurgaan, is dit beter om daardie masjiene af te skakel

Johann ·

As gekyk word na die finansiële implikasies en die hartseer wat die familie moet deurgaan is dit beter om die masjiene af te skakel. Dan tree berusting in.
In my testament is daar geskrywe, dat genadedood toegepas moet word as enige hoop op genesing laat vaar is.

Trippie ·

JOHANN : Baie dankie vir jou mening. Ek volg op soos jy skryf.

Johann ·

As gekyk word na die finansiële implikasies en die trauma wat die familie deurgaan is dit beter om daardie masjiene af te skakel mits dit met die nabye familie gekonsulteer is. Dan tree berusting in.
In my testament is daar geskrywe, dat genadedood toegepas moet word as enige hoop op genesing laat vaar is. Soos om die masjiene af te skakel.

Laan ·

Ek verstaan nie! Daar is geen grys areas in God se woord en in Sy opdragte nie . God beskik oor lewe en dood. Dis nie in mense se hande om daaroor te besluit nie.

Grassie ·

Laan – ek het verwys na grys areas in my, feilbare mens se oordeelkunde en besluitnemingsvermoe. Ek is ‘n gelowige en weet dat daar nie enige grys areas in God se Woord is nie. Ek hoop jy verstaan nou.

Trippie ·

Jou kommentaar word gemodereer.

Baie dankie – ek kan hiermee vereenselwig, puik uiteengesit.

Ek het redelik onlangs so testament vir ‘n persoon voorberei – presies hierdie woorde van jou was van toepassing.

” … jy forseer hom nie om medikasie te neem wat sy lewe, en dus sy lyding, ‘n rukkie gaan verleng nie, met ander woorde jy laat die natuur sy normale loop neem, kan dit seker nie verkeerd wees nie.”

Dit word ‘n LEWENDE TESTAMENT genoem.

NS: Daar was onlangs ‘n artikel waar die dame so erg deur haar eggenoot aangerand is, sy was blind, kon nie meer loop, ondraaglike hoofpyne (a.g.v. hamerhoue op haar kop – sy het Holland toe gereis waar die genadedood op haar toegepas is – Grassie, dit kan ek 100% verstaan. Stem jy ?

Belinda ·

As ons alles kan goed kon keur soos ander lande hoekom nie dit ook nie……………….en ek sal ook se JA want het verlede Maand iemand aan die dood afgestaan wat 8 Maande aan kanker gelei het en dit was net te verskriklik dat die persoon gesmeek het om asseblief dood te gaan…………….

Elizabeth ·

@Trippie en almal – indien jul sou lees, en/of belangstel. Hoe ek voel is so: jare glede sonder al die dinge/kennis/metodes waaroor die wetenskap vandag beskik sou mense in sekere omstandighede gesterf het (na ‘n moontlike uitgerekte lyding). Dus, die mediese wetenskap verleng in baie gevalle mense se lewe onnodiglik met masjiene ens. Daarom dink ek persoonlik NIE dis verkeerd as daar geen hoop is dat genadedood verkeerd is nie. My ma het jare lank aan kanker gely en vele operasies, chemo ens het niks gehelp nie. Inteendeel. Daar het ‘n stadium aangebreek waar die versorgingsoord haar nie meer kon help en is sy (onnodiglik en teen hoë vervoerkoste ens) na ‘n hospitaal vervoer en vir meer as ‘n week in die grootste lyding “aan die lewe gehou”. Sy mag niks ingeneem het en het heeltyd my tannie gesmeek dat sy vergaan van dors. Weet iemand hoe dit is om so persoon te sien ly… Ek het destyds aan my tannie gesê STEUR jou nie aan die dokters en verpleegpersoneel en neem ‘n waslappie met ‘n stukkie ys in toegedraai en smeer oor haar lippe net om haar daardie vertroosting van iets koels en nats te gee. Ek weet sy sou die genadedood wou hê – sy was nie meer ‘n “mens” in die volle sin van die woord maar moes ly totdat sy uiteindelik op ‘n “natuurlike” wyse dood is. So gun ek niemand om te gaan nie…

Elizabeth ·

@Johann – ek moet seker jou nie bedank dat jy my bedank, dan word andere vies want “ons moet mekaar liefs bel..” of mens se kommentaar word gemodereer of verwyder, maar wat, mens wil mos dalk nie persoonlike kontak met mense hier hê maar geniet darem oor en weer “gesels”. Maar ek is bly jy sien my punt!

Trippie ·

Elizabeth : Baie dankie hiervoor. Genade tog, ek sit met ‘n knop in my keel. Dankie vir die deel.

Ek vind berusting by jul insette.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.