Tutu weer in hospitaal opgeneem

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu (84) is weer in ʼn Kaapse hospitaal opgeneem vir die behandeling van ʼn voortdurende infeksie.

Thandeka Tutu-Gxashe, Tutu se dogter, het in ʼn verklaring gesê hy het homself vroeër vandeesweek by die hospitaal aangemeld waar hy na verwagting vir ʼn week of twee behandeling gaan ontvang.

“Hy is in die hospitaal opgeneem weens ʼn soortgelyke infeksie waarvoor hy in 2015 in die hospitaal was,” het sy gesê.

Tutu is in Augustus vir die derde keer in die hospitaal opgeneem in sy stryd teen ʼn blywende infeksie wat die gevolg is van die kankerbehandeling wat hy voorheen ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.