Twee beseer toe trein kar tref

Die motor se wrak. Foto: ER24

Die motor se wrak. Foto: ER24

Twee mans is beseer toe ʼn trein Donderdag in die vroeë oggendure ʼn motor in die Noord-Kaap getref het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het by die treinspoor-oorgang in Douglas, wes van Kimberley, plaasgevind.

“Paramedici van ER24 se Kimberley-tak het omstreeks 00:30 by die toneel opgedaag en die motor se wrak op die treinspoor aangetref,” het Meiring gesê.

“Die twee mans was in die wrak vasgekeer en moes deur die brandweer bevry word.”

Een van die mans het kritieke beserings opgedoen. Die ander man is matig beseer.

Hulle is op die toneel behandel en na die provinsiale hospitaal in Kimberley geneem.

Niemand in die trein is beseer nie.

Die presiese omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Mike ·

So iets kan met enige iemand gebeur. Dink aan die ouers alle sterkte mag God julle omvou in die tyd

Paul ·

Nee dit kan nie, Mike. Treine loop nie sommer enige plek nie. Hulle loop op ‘n spoor. Dit gebeur net met mense wat oor ‘n treinspoor ry sonder om behoorlik te kyk.

m ·

Wil nou die dom klink nie maar het hulle nie gesien daar kom n trein aan nie…. Kon nog nooit verstaan hoe de hel ry jy voor n trein in nie…. Hoor en sien niemand nooit niks nie….

André ·

Mense vat kanse by die trein oorgange, net soos wat hulle elke dag stopstrate ook gebruik as ń toe-gee teken. Jy kan daai trein se lig kilometers ver sien in die nag.

Ellie Rose ·

Al ooit gehoor van ‘n motor wat stol? Al ooit gehoor van ‘n motor waarvan die remme meteens onklaar raak? Wel, ek het al van beide gehoor en het mense geken wat so hul lewens verloor het. Nie as gevolg van braaf wees, onverskillig wees of omdat hulle nie die trein sien kom het of nie die trein se lig gesien het nie, maar bloot omdat die motor op daardie spesifieke tydstip hul in die steek gelaat het, met een of ander onklaarheid. Maak eers baie seker voordat jy enige negatiewe kommentaar lewer op enige voorval waarvan jy geen sekere uitleg of verklaring het nie.

Emmie ·

Die trein het nie die kar getref nie, die bakkie het die trein getref. Mens sien nie as die trein oor die pad is nie. Dis wel n stop, maar ongelukkig is dit nou maar so en die minimum mense gebruik dit. Kan hulle nie net vir die treine/trokke begin reflectors teen die kante sit nie?

Paul ·

So die groot rooi bord wat sê “STOP” met die groot rooi “X” onder dit is nie genoeg nie? As mens daar stop en jy kan nie die trein SIEN of HOOR nie, dan moet jy so blind en doof wees dat jy in die eerste plek nie ‘n kar moet bestuur nie.

Wat jy eintlik sê, Emmie, is dat mense sommer maar volspoed oor die treinspoor jaag in die nag – wie wil dan nou stilhou?

Scalla ·

Sekere groep bestuurders kan mos nie afstand en tyd skat nie, kyk maar as n trok verby gesteek word, volgens my het die voertuig teen die trein vasgery, maak hul name bekend na die ondersoek

Ramkat ·

Ken enige een van julle die wat in die ongeluk was ? Was julle daar gewees? Hoe kan julle sulke negatiewe kommentaar gee as julle nie daar was nie … ? Hou eerder op en dink dit, maar nie een van julle was daar nie. Soo niemand weet nie en gaan niks aan die saak verander die slegte kommentaar nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.