Twee dood, drie beseer in gru-ongeluk

Twee dood, drie beseer in gru-ongeluk (Foto: Verskaf)

Twee mense is dood en drie ander beseer in ʼn ongeluk tussen ʼn motorfiets en ʼn bakkie laat Vrydagaand op die N1-hoofweg in Vanderbijlpark.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê ʼn motorfietsryer het teen ʼn hoë spoed reg van agter in ʼn bakkie ingery.

Die impak van dié botsing het veroorsaak dat die bestuurder van die bakkie ook beheer oor die voertuig verloor het, en die bakkie het op sy sy beland.

Een van die vier insittendes van die bakkie het ernstige beserings opgedoen, terwyl die drie ander insittendes, waaronder ʼn baba, matige beserings opgedoen het.

Die motorfietsryer se liggaam het weg van die toneel in die middel van die pad gelê. Volgens Meiring het hy met die nooddienste se aankoms reeds aan veelvuldige beserings beswyk.

“Nooddienste het die mense behandel, en die man wat ernstig beseer is met lewensondersteunende middels behandel. Hy het ongelukkig later in die hospitaal aan sy beserings beswyk,” sê Meiring.

Meer besonderhede oor die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Ondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Natasha ·

Sjoe, dis vreeslik erg, ek is ongelooflik jammer vir beide families, maar weet van die motorfiets ryers is baie roekeloos (nie almal nie – voordat julle my stening) – ek ry die N1 elke dag werk toe en van die motorfiets ryers is ongelooflik arogant, hulle ry soos hoeligins tussen die verkeer deur en as jy nie vir hulle pad gee nie word jy gevloek en tekens word vir jou gegee, Hulle jaag asof die duiwel agter hulle aan is.

Perd ·

Wilder as ‘n wilde perd wat sy ruiter wil afgooi. Dié perd het immers verstand maar ‘n fietsenjin het geen en jy moét jou eie gebruik anders word die ding ‘n projektiel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.