Twee dood in motor gevind

Foto: ER24

ʼn Man en vrou is Sondag dood in ʼn motor op die N14 in Diepsloot, noord van Johannesburg, aangetref.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied en het die motor gevind waar dit in die noodbaan van die snelweg gestaan het.

“ʼn Man en vrou het voor in die motor gesit. Paramedici het hulle ondersoek en gevind dat hulle geen teken van lewe getoon het nie. Daar was niks wat vir hulle gedoen kon word nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Meer besonderhede oor die voorval is nie bekend nie en sal deel vorm van die polisie se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tanya Kruger ·

Ek kan nie die doel daarin sien om hierdie as nuuswaardig te beskou nie?

Kannaland ·

Mense wie se kar breek langs die pad en vermoor word is nie vir jou nuuswaardig nie? (ek spekuleer hier) In enige ander land sou dit nasionale dagblaaie se voorblad gemaak het.

HENNA ·

Nie nodig om dit te lees indien nie nuuswaardig is nie …..

Lee Randburg ·

Voertuig in die noodbaan en albei dood? Dink dit is nuuswaardig Tanya Kruger?

Gunther ·

Ek kan die die doel van n vraaqgteken verstaan sonder n voorafgaande vraag nie.

Bosbok ·

Ek dink Tanya het net bedoel dat omdat daar so min inligting sover beskikbaar is, dit (nog) nie nuuswaardig is nie. Ek het ook met die lees van die gedeelte gedink die inligting is biedjie min vir n artikel.

Kannaland ·

Min inligting ja, en ek sal baie graag wil weet wat daar gebeur het want dit kan dui op erge misdaad in ons land. Ek hoop daar is n opvolgartikel met meer inligting.

knor ·

My gedoerie waar. Wie keur die kwaliteit berigte goed voor dit geplaas word?

As daar ten minste iets staan soos “geen uitwendige beserings” of “bloed sigbaar op toneel” was daar klaar meer inligting waar vuilspel vemoed kan word of nie.

Gideon ·

Daar was sowat ‘n week gelede ook berigte van twee mense wat dood aangetref is in hul kar, geskiet……

S ·

Die feit dat dit ‘n gerehabiliteerde dwelmverslaafde was wat sy sussie by die werk gaan haal het en hulle was oppad huistoe … so hartseer en definitief nuuswaardig. Hulle ma is Desember oorlede, so net die jongste twee kinders is oor :'(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.