Twee in hof vir Limpopo-meisies se moord

Argieffoto

Argieffoto

Harry Sebola (31) en Herbert Serumula (24) het Dinsdag in die Mokerong-landdroshof in Mahwelereng verskyn, nadat twee vermiste vyfjarige meisies van Limpopo se naakte liggame oor die naweek aan ʼn boom gevind is.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Sebola en Serumula staan tereg op aanklagte van ontvoering, verkragting en moord.

“Die saak is tot 6 Junie uitgestel. Hulle bly in aanhouding,” het Otto gesê.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het die naweek op die meisies se liggame afgekom nadat hulle Woensdag spoorloos verdwyn het.

Lekwelo Masola en Nthabiseng Motlaphema is laatmiddag die laaste keer lewend gesien, toe hulle saam buite gespeel het in die Ribone-nedersetting in Gilead.

Die polisie en gemeenskap het dadelik na die meisies begin soek. Hul naakte liggame is Saterdag gevind waar dit aan ʼn boom sowat 3 km van die dorpie gehang het. Die moontlikheid word ondersoek dat die meisies verkrag is voordat hulle vermoor is.

Sebola en Serumula is Maandag deur die provinsiale taakspan in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lance ·

Ek is net bang die mense ontsnap weer …koop mos die polisie om …wat n skande

Gesiggie ·

Ja.. Lance… ek stem…hierdie 2 mans moet so diep toegesluit word, dat hul met n pad skraper uit gegrou moet word…. ”’ hoe kan iemand n kind van 5 jaar oud wil verkrag, en dan vermoor” n man van 24 en 31 ? . jul is siel siek… en verdien nie n kans in die lewe… ROT IN HELL”’ NOT IN JAIL…

pop ·

Wat was dit nou weer wat die regter gese het, en dit na aanlyding van haar hofrolle?????. Arme ou dogtertjies. siestog, watse vreeslike dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.