Twee polisiereserviste gevonnis oor vervalste sertifikate

Argieffoto

Argieffoto

Twee polisiereserviste van Mpumalanga is gevonnis nadat hulle skuldig bevind is dat hulle vervalste matrieksertifikate gebruik het om permanente poste in die polisie te probeer kry.

Volgens kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, is Lettie Ntuli (34) en Philemon Sekwane (31) in die Machadodorp-landdroshof tot 12 maande tronkstraf of ʼn boete van R6 000 gevonnis vir poging tot bedrog.

Sekgotodi het gesê die twee was aktiewe reserviste by die Machadodorp-polisiestasie in 2009, toe reserviste permanent in die polisie aangestel is mits hulle ʼn matrieksertifikaat gehad het. “Ntuli en Sekwane het glo vir Bingani Madonsela genader, wat glo vervalste sertifikate aan hulle verskaf het.”

Tydens die keuringsproses is vasgestel die sertifikate is vervals en die twee is in hegtenis geneem. Ntuli en Sekwane het skuld beken op die aanklagte teen hulle. Madonsela het egter skuldig ontken en hy sal weer op 5 Oktober in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

alex ·

Dis BAIE vreemd dat hierdie twee mense nie die werk gekry het nie. Aan hulle name is dit tog duidelik dat hulle die “regte” velkleur het vir die werk. Waarom dan so ‘n issue maak oor die “regte” kwalifikasie. Matriek is in elk geval nou maklilk, dat selfs ‘n regte onvervalsde matrieksertifikaat steeds seker gelykstaande is aan ‘n standard 6 sertifikaat van 20 jaar gelede. Ek is vir talle werksaansoeke afgekeur NET oor my velkleur, al was my kwalifikasies reg. Eers nadat ek NET matriek op my CV gehou het en al my ander diplomas en universiteitsgraad AFGEHAAL het vanaf my CV, het ek meer werksonderhoude gekry en uiteindelik ordentlike werk.

AH ·

Dit is niks nuuts nie net interresant dat hulle inhegtenis geneem is

Lance ·

Ag 2 ! …daar is baie …gaan kyk by die sauk daar weet ek klaar van nogene hehe

Ander Koos ·

Hoe rym dit? In 2009 kon reserviste permanente aanstellings kry. Tydens keuring het hulle vervalste sertifikate.aan die lig gekom. Dit is nou 2016. Wat het in die 7 jaar tussen-in gebeur?

Danie ·

Seker maar kans gegee om iewers belatingbetalersgeld te kry om die boete te betaal voor hulle weer in n beter pos aangestel word.

Johanna Botha ·

Jy sien Alex hulle is bang jy weet meer as hulle …hulle wys ook niks vir die ou wat vir hulle werk nie omdat hulle bang is hy doen dit dalk beter ….dis hoekom als so agteruitgaan ….hulle is ook bang om vir die ou onder hulle te se om sokkies optetrek en te werk …ook bang …so dit los ons met n groot gemors waar alles half of gladnie gedoen is

Carel ·

Met julle vervalste sertifikate was julle nog steeds beter gekwalifiseerd as die land se president. Hoe op aarde het Zuma ingesluip?

humor ·

As hulle moet studeer dan betoog hulle en brand skole ens. af. As hulle agterkom hul kan nie sonder kos lewe nie dan hou hul vervalste sertifikate voor en as hulle moet werk kan hulle nie en bevind hulle hul in n ideale omgewing om te steel.

FRED ·

HULLE MOET IN AL DIE STAATS DEPARTEMENTE OOK SEMI STAATS ONDERSOEK INSTEL VIR VERVALSTE SERTIFIKATE – DAN SAL JY SIEN HOEVEEL DAAR AAN DIE LIG SAL KOM – DIE MEESTE KAN NIE EERS BEHOORLIK ENGELS PRAAT NIE WAT NOG TE SE OM TE SKRYF. EK HET DIT SELF ONDERVIND EN GEWONDER HOE KON JY HIERDIE WERK GEKRY HET. VANDAG IS DIT NIE WAT JY KEN NIE MAAR WIE JY KEN.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.