Twee vas vir Noordwes-plaasaanval

Foto: SAPD/Facebook

Twee mans is in hegtenis geneem nadat ʼn 61-jarige vrou Vrydag in die vroeë oggendure op ʼn plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes aangeval is.

Maroela Media het vroeër berig Blackie van den Berg is omstreeks 01:15 in haar huis op die plaas oorval toe twee aanvallers met klapmusse ʼn deur oopgebreek het om toegang tot die huis te kry. Van den Berg, wat alleen op die plaas woon, is erg tydens die aanval aangerand. Die aanvallers het met ʼn selfoon, kontant en ʼn vuurwapen gevlug.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat twee verdagtes Vrydagmiddag in hegtenis geneem is. Volgens Funani is hulle onderskeidelik 21 en 24 jaar oud. Sy het gesê hulle sal Maandag in die Delareyville-landdroshof verskyn.

Van den Berg was vanmiddag steeds in ʼn hospitaal waar sy mediese behandeling ontvang. Nantes Kelder, hoof van AfriForum se trauma-eenheid, het ook vroeër aan Maroela Media gesê hulle sal berading aan Van den Berg verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

al ·

Dankie SAPD vir jul flink optrede. Ons bedank jul vir jul harde werk.

Cherokee ·

Net die poelieste, al? Vir vertraagde werk? Vir werk wat voorkomend moes wees maar opvolgend is? Ek het gehoop jou bedanking sou aan AfriForum gerig wees. AfrForum, wie se werk herstellend is. Heropbouend is. AfriForum ontvang nie naastenby die erkenning wat hulle toekom nie.

Ansie ·

Al wat ek vra hoekom bring hulle nie die doodstraf straf terug nie nou verwag hullevom borgtog te kry anders brand en plunder hulle van vooraf iets moet nou dasties gedoen word want dis net die ou mense wat geteiken word

Namibië ·

Baseball bat op die niere en ‘n tienpond hammer wat hul hande en voete vergruis! !

Afrikaanse Knaap ·

Sal graag wil sien watse strawwe die manne uitgedeel word.

Werner ·

Die res sal seker nou ook aandring dat die twee borg kry anders brand hulle die naaste dorp af

Johan. H. ·

Bravo.. AfriForum,,, dit is hoekom ek julle ondersteun en betaal. Miskien kan AfriForum uitbrie om uit eindelik die polisie te kan oorneem, Dan het hulle dalk meer eerlike lede met n hoer ik vlak.. Dalk werkskepping vir Witmense!!!

Malan ·

Ons wens die dame n voorspoedige herstel toe! Ons is baie bly dat die skuldiges vinnig vasgetrek is en daarom dankie vir die SAPS. Die feit dat haar kamer se veiligheidsdeur afgebreek is is vreeslik, want n mens kan jou haar trauma indink. Sal dit nie help om n alarm te installeer wat die eienaar met n ‘remote’ kan aktiveer waar hy ookal in die erf is nie? ‘N skielike ‘onverwagte’ lawaai kan n afskrikmiddel wees en werkers se aandag trek om hulp te ontbied. Ons voel saam met die boere en ander wat so uitgelewer is in die afgesonderde situasie!

Catryn ·

Dankie vir kontakte soos jou bure, dis belangrik dat jy jou bure ken en weet jy kan op hulle knoppies druk. Goeie werk polisie vir blitse optrede en die boere in die omgewing.

Victorious ·

Die plaasboere moet 2 of 3 groot honde in hulle huise hou. En sodra die boewe enter moet die honde hulle vingers afbyt!!!

Victorious ·

Die boere moet 2 tot 3 groot honde in die huis hou en sodra die boewe inkom hulle aanval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.