Twee vra vir genadedood

Argieffoto

ʼn Nuwe saak vir genadedood begin eersdaags in die Johannesburgse hooggeregshof nadat ʼn dokter en haar pasiënt, wat albei terminaal siek is, gesamentlik aansoek gedoen het om die wet teen genadedood ongrondwetlik te verklaar.

Philip Rosenthal, woordvoerder van Euthanasia Exposed, het gesê die dokter het ʼn tipe bloedkanker en haar pasiënt het motorneuronsiekte.

“Hulle versoek dat genadedood en bystanddood deur ʼn dokter wettig verklaar moet word,” het Rosenthal in ʼn verklaring gesê.

Die Pretoriase hooggeregshof het in April 2015 ʼn aansoek om genadedood deur Robin Stransham-Ford (65), ʼn voormalige advokaat van Kaapstad, goedgekeur. Hy is egter ure ná die goedkeuring in die hof, aan natuurlike oorsake oorlede. Die hoogste hof van appèl het dié beslissing in Desember 2016 omgekeer. “Die bestaande verbod op die praktyk bly dus staande,” het Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement van justisie, in daardie stadium in ʼn verklaring gesê.

Volgens Rosenthal is die dokter en haar pasiënt se saak nie ʼn dringende aansoek nie, omdat hulle nie ʼn kort lewensverwagting het nie. “Die dokter en die pasiënt wil selfmoord pleeg. Aangesien die dokter maklik sulke medisyne in die hande kan kry, is daar nie veel wat die wet kan doen om hulle te verhoed om saam selfmoord te pleeg nie, maar dit wil voorkom of hulle hul saak wil gebruik om die wet te verander.”

In die hofdokumente word hul siektesimptome as “martelingsimptome” beskryf. “Dit beteken dat hulle moontlik van plan is om staat te maak op die Handves van Menseregte waarin marteling verbied word. “Hierdie argument is reeds in die hof aangehoor en die hoogste hof van appèl het dit in Desember 2016 afgekeur. Die Oxford Dictionary beskryf ‘marteling’ as: ‘The action or practice of inflicting severe pain on someone as a punishment or in order to force them to do or say something.’ ʼn Siekte is nie pyn wat deur enigiemand anders toegedoen word nie. Dit is nie ʼn straf nie en niemand word gedwing om iets te doen nie,” het Rosenthal bygevoeg. “Siektesimptome kan deur sorg behandel word en daar is talle ander siektes waarvan die simptome nog erger is.”

Hy het gesê die dokter en haar pasiënt se saak is nie só ernstig soos Stransham-Ford nie, en indien dit goedgekeur word, sal dit die deur oopmaak vir genadedood vir ʼn wye reeks mediese toestande. “Dit is moontlik dat talle persone wat terminaal siek is, gestremd is, of selfs bejaard is, onder druk sal wees om selfmoord te pleeg – of dat dit sonder hul toestemming gedoen kan word, soos reeds gebeur in plekke waar genadedood wettig is.

“Hierdie saak poog om die hof te mishandel. Soos die minister van gesondheid gesê het, die Grondwet het nie ʼn reg om te sterf nie, en indien daar enige twyfel was, het die hof dit verlede jaar bevestig. Die saak moet van die hand gewys word,” het Rosenthal gesê.

Rosenthal se organisasie, Euthanasia Exposed, hou Maandag en Dinsdag twee openbare vergaderings by die Universiteit van Kaapstad oor die kwessie. Maandag se vergadering handel oor die gesondheidwerkerskwessie en vind om 13:00 plaas by die Mediese Kampus. Dinsdag se vergadering handel oor die filosofiese kwessie en word gereël deur Students for Life by die Universiteit van Kaapstad. Dit vind om 13:00 plaas by Upper Campus. Albei vergaderings sal die wettige, politieke en godsdienstige kwessies bespreek.

Lees alle vorige berigte oor genadedood op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

MissDemeanor ·

Ek is tengunste van genadedood. As my ma of my pa n terminale siekte kry en aan my laat blyk dat hul sal wil sterf, dan sal ek alles in my vermoe doen om hulle te help

John ·

Die misbruik van so ‘n wet is groter as sy ‘voordele’. Een groot probleem is dat kronies-siek mense deesdae ‘n las vir die staat en familie is. Familie is selfgerig en hulle haat afhanklikes. Depressiewe mense is reeds negatief ingestel en gebruik dikwels medikasie wat hul logiese denke aantas. Druk van buite kan so ‘n persoon knak. Swak mediese dienste vererger siekes se pyn en lyding. Dis waar, maar moet ‘n baie arm sieke sonder medies dan ‘n laaste besoek aan ‘n dokter bring en bieg, ‘ek kan jou nie betaal nie… laat kom asb die staatslykswa op jou eie koste en… gewete’… Wanneer pes uitbreek vlug almal. As genadedood wettig word, moet ons almal mos net daar bly sit en wag… vir ‘n ‘goedkoop’ uitkoms… Die vraag is, hoekom verwag ons ‘n paradys op deeske aarde en as dit nie kom nie, gaan soek ons hom. Kom Pluto, jy ken seker tog die pad!

Louise ·

Ek verstaan nie hoekom genade dood nie wettig is nie.
Dis elke persoon se eie keuse of jy wil lewe of nie.
Kry eerder ruglyne in plek, soos wanneer die mense toegelaat word vir genade dood, laat hulle dan hulle organe kan skenk. As jy selfmoord pleeg kan die organe nie meer gebruik word nie.
Dis baie hartseer, maar dink vir julle self om met al daai pyn te lewe en moeilike lewens omstandighede. Sterkte vir die Dokter en pasient.

Jaco ·

Ek kan nie verstaan dat die regering Suid Afrikaners nie kan of wil beskerm teen sinnelose plaasmoorde en marteling van mense wat graag WIL leef nie, maar hul keer genadedood af vir mense wat nie meer wil lewe nie? Agterstevoor op sy beste!

Al ·

Jaco spot on kommentaar! Terug by genadedood, watter dokter gaan bereid wees om laksman te speel? Om n mens se lewe te beïndig?
Waarom wil die siekes die besluit op n ander afdruk?

Annatjie Kruger ·

As ‘n mens terminaal siek is, het jy medikasie tot jou beskikking om selfmoord te pleeg indien jy so voel. Ek kan nie verstaan hoekom mense ander mense by hul besluit om nie meer te lewe wil betrek nie. Dit is totaal onnodig om selfdood wettig te wil verklaar. As jy besluit het dat jy nie meer wil lewe nie, doen die daad, moenie ander mense by die aangeleentheid betrek nie. Wat gaan gebeur as dit gewettig is? Gaan dokters wie nie wil meedoen wees geloofredes nie, dan gedwing word om die persoon te help, soos wat deesdae met aborsies gebeur? Of met selfde geslag huwelike?

Snoefels ·

Ek ondersteun dit 100%. Net omdat seker individu in families nie kan laat gaan nie en nie kan besef dat ons nie vir ewig op aarde kan wees nie, moet siek mense daar onder ly, as iemand siek is en permanent in pyn is, laat die persoon dood gaan, dis onregverdig van die familie om te verwag die persoon moet so aan hou ly

Ten gunste ·

Neewat ek ondersteun genadedood 100%. Vreemd dat mense ander se lewens mag neem wat veilig in hulle huise lê en slaap en nie vervolg word nie, maar as jy SELF oor jou lewe wat onuithoudbaar geword het wil besluit het die STAAT iets te sê. Die staat voel niks vir menselewens nie, maar as jy jou EIE lewe wil neem dan is hulle monde vol daaroor. Seker omdat HULLE die allenreg wil hê om daaroor te besluit. Die mense wat se dit sal misbruik word is ONINGELIG. Gaan kyk hoe dit in Switzerland gedoen word. Daar is ‘n hele paneel sielkundiges en dokters en spesialiste wat daaroor besluit, hulle stap ‘n pad saam met die persoon wat in pyn is of wat terminaal siek is. Dis nie asof jy dit kan doen as jou boyfriend met jou uitgemaak het nie, dit is ‘n lang proses en wel deurdag, met die ondersteuning en raad van professionele mense. So lees eers op daaroor voordat julle stupid aanmerkings maak.

Susan ·

Ek stem saam. Hordes onskuldige en gesonde mense sterf aan die hand van misdadigers en op ons paaie, en selfs dienste in hospitale is so sleg dat pasiente sterf, maar daar kom niks van nie. Dan wanneer jy self besluit om ‘n einde aan ellende te maak word jy gestop? Weird!

Alida ·

100% ten gunste daarvan. Enige mens het reg op lewe maar die kriminele ontneem talle mense van daardie reg deur hulle op wreedaardige wyse te vermoor en wegkom daarmee. ‘n Baie siek persoon wat menslik gesproke nie gehelp kan word nie moet die keuse kan uitoefen om eerder te sterf as om in ‘n tehuis vir jare te lê en geen kwaliteit lewe meer het nie. 99% van sulke pasiente word deur hulle kinders en familie verwerp in elk geval.

Peet J ·

O nou moet die wet gewysig word sodat genadedood op alle indiwidue toegepas kan word.
Dit staan die persone wat genade dood verlang mos vry om aansoek vir goedkeuring daarvoor van die hof te bekom genadedood is maar net ‘n ander woord vir selfdood.
Gesien in die lig van die kriminele situasie in hierdie land sal dit die waarde wat aan ‘n lewe geheg word net nog verder vertroebel. Genadedood net soos orgaanskenking kan nie willens en wetens op mense afgedwing word nie.

Jolly ·

Afgedwing? Ek dink jy verstaan die proses verkeerd. Dit sal dan net nie meer ONWETTIG wees om genadedood toe te pas nie, daar sal steeds ‘n proses van aansoek doen daarvoor en monitering daarvan wees, dis nou nie asof dit op jou afgedwing word nie. lol .. regtig? afgedwing?

Stefan ·

As gendadedood nie wettig is nie, sal mense selfmoord kies…. En dan moet die oorblewene die aand by die huis kom met iemand wat die haelgeweer uitweg gekies het.

Madeleine ·

Eks teen genadedood. Eks altyd en in alle omstandighede PRO LEWE. Soos dokters in die eed v Hipokratis dit afle; en hoe die grondwet opgestel is (of veronderstel is om ook teen aborsie te wees); behoort ons altyd lewe te kies in alle omstandighede glo ek. Dis my mening.

m ·

Ek is ten gunste van genade dood. Ons wat gesond is verstaan nie die geweldige pyn wat mense deurmaak nie. Ek wonder net altyd word dit dan gesien as “selfmoord” of wat as jy nou gaan kyk dat polisse nie uitbetaal as dit selfmoord is nie. Kan iemand dalk lig werp op hierdie .

FibreTiger.co.za ·

Kyk as ek my waardigheid verloor of ondraaglike pyn dag tot dag beleef eendag is dit darem seker wragties my besluit of ek will aangaan ?

Anoniem ·

Genadedood ( oftewel, selfmoord ) is verkeerd omdat slegs God besluit wanneer ons sterf. Dit is nie ons ( as blote verganklike mens ) se besluit nie! Dit is nie jou besluit nie – dit is ons oppermagtige, sowereine God se besluit. Dis rebellie teen God.
Hy is daar om ons deur elke dag by te staan, te versterk en te bemoedig totdat ons sterf. Vir die wat Jesus Christus aangeneem het as hulle Verlosser van sondes, wag daar ewige saligheid saam met God. Ons lyding hier op die aarde is gering in vergelyking met die ewigheid.
Mag God met almal wees wat “genadedood” oorweeg en julle bemoedig, versterk en vertroos met Sy Teenwoordigheid en mag Sy Teenwoordigheid julle lyding versag.

John ·

Nou waarom is ons Afrikaners so besorg oor ons toekoms. Ons eis net dat genadedood gewettig word en sodra ons vyand ons wil uitdryf… dan gee ons bes. Geen weerstand en veral geen geloof in die Vader se wil nie. ‘Go for it!’ Ons kinders wat nog wil weghol oorsee kan onder narkose geplaas word vir hul eie ‘beswil’. Veral dominerende pa’s sal dit geniet. Daar was al sulke kultiese massa-histerie- selfdood-aksies… Snaaks niemand anders was gepla nie of weet vandag ook wie of waar en wanneer dit was nie.

Breytie ·

Die probleem lê by die Handves van Menseregte wat deel is van ons grondwet. Daar is slegs ‘n reg op lewe, maar nie ‘n reg om te sterf nie. Natuurlik moet elke reg gereguleer word deur ‘n string wette met regulasies, maar wat keer die wetskrywers om sulke reëls op te stel dat misbruik van ‘n reg om te sterf verhoed of uitgeskakel kan word.

Daar is reeds voorbeelde van vrouens wat hulle kinders vermoor bloot omdat hulle nie die kinders kan bekostig nie. Hoe erger die armoede en hoe meer nuwe siektes ontstaan, hoe groter gaan die druk word dat mense toegelaat moet word om te sterf. As dit ‘n reg in die grondwet kan wees, sal dit soveel makliker wees om prosedures daarvoor te skryf en soveel makliker om toe te pas. Een faktor wat byvoorbeeld uitgeskakel sal moet word, is die moontlikheid om ‘n klomp skuld te maak en dan vra vir selfdood.

Maar vir al sulke haakplekke kan oplossings gevind word as daar net die politieke wil is om mense by te staan. Ek neem aan hulle wil eerder so’n groot klomp mense in die land hê sodat daar genoeg stemvee is om die politieke party in die parlement te hou. Die belange van die individu kom nie ter sprake nie.

Ouma ·

Ek wonder net hoeveel siekes genade dood sal “toelaat”, net omdat hulle nie ‘n las vir ander wil wees nie. Al druis dit in teen wat hulle glo. Almal kan tog nie genadedood toegstaan word wat sterwend is nie……. Hou die pasient net gerieflik. Staak alle behandeling, medikasie en buisvoeding en gee net stérk pynmedikasie en water sodat die dood verhaas kan word. (Onaktiewe genade dood). Is dit tog maar nie wat hulle ook in hospitale en ouetehuise doen nie? Ek vra maar?

Bee ·

Absolute voorstaander vir genadedood. As die Dr dan nie kan bystaan nie, verskaf net die medikasie aan die persoon wat als wil beeindig. Duisende onnodige rande word deur hospitale gesteel omdat hulle probeer oumense en siek (terminaal) probeer lewend hou!! Self dit met my eie Moeder ondervind; as ek n las word vir die samelewing en myself nie meer kan versorg nie drink ek n oordosis pille; my dogter weet dit ook, enigste manier to die with dignity!!

Koos ·

My vrou se oupa het 6 maande geneem om dood te gaan van n gewas op die brein. Later het die morfien nie meer gewerk nie. Hy kon nie meer loop nie. Wie wil nou deur so iets gaan. Ek ondersteun genade food.

Nee ·

Genadedood=selfmoord.
VREES vir dood kan genadedood motiveer.

Christine ·

God sal nie iets op jou pad sit wat jy nie kan handteer nie.Ek het self so ñ persoon wat erg pyn beleef en wil ook nie meer lewe nie.Die pyn gaan al vir 5jaar aaneen.Nou vra mens hoekom moet jy lui.Hoekom nie jy nie is my vraag.God sal jou nie iets gee wat jy nie kan handteer nie.Maar ek verstaan as jy genade dood verkies eerder as lui vir soveel jare en op pyn medikasie elkedag is.Dit kan nie lekker wees nie.Ek sien dit elkedag van my lewe.Sterkte!

Petra ·

Nee kyk, Het als gehoor en gesien nou. Hkm wysig hulle nie die wet oor doodstraf ook nie? Ek sal lanksman speel. Geen probleem

jolene olivier ·

Ek stem saam as e iemand terminaal siek is en vra vir genade dood ja hkm nie ek stem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.