Die vise-kanselier en bestuur van die universiteit het in ʼn verklaring gesê hoewel hulle begrip het vir studente se bekommernisse, het die universiteit ʼn verantwoordelikheid om te verseker akademiese bedrywighede gaan voort.
“Unisa het ʼn hofinterdik in plek, wat betogers verhoed om eiendom te beskadig, onwettige gedrag aan te moedig of daaraan deel te neem en ander studente en personeel te dreig of leed aan te doen.” Volgens die universiteit mag betogende studente ook nie klasse, toetse of gradeplegtighede ontwrig nie en ook nie op die universiteit se kampusse betoog of ingange blokkeer nie.
Die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het intussen sy reses weens die betogings vervroeg. Die reses begin op 27 September en klasse hervat weer op 10 Oktober. Volgens TUT is die besluit van toepassing op alle kampusse behalwe Soshanguve, Polokwane en Mbombela.
Personeel sal egter op 28 September hul werksaamhede hervat. “Toetse wat Vrydag, Saterdag en Maandag geskryf sou word, is uitgestel tot na die reses. Toetse wat vir 27 tot 30 September geskeduleer is, sal egter voortgaan.”
Lees dit : 30% pass requirement at schools not ‘challenging enough’ – SAIRR
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/30-pass-requirement-at-schools-not-challenging-enough-sairr-20160927?
shared via @News24
Geen student met 30% slaag syfer word gekeur vir universiteit nie. Snaakse bevinding deur die SAIRR ??
HJ, help my, as ek reg het, buiten vir die lae slaag %, word die skoliere se punte so aangepas dat hulle met ‘n baie hoër % opeindig as wat hul kennis is. Dan, ook het hordes van hierdie laer presteerders, hetsy agv persoonlike of ander omstandighede nie ‘n leerkultuur nie, nou kom hulle op universsiteit aan, waar hulle nooit moes gewees het nie, gaan hulle nou ewe skielik ‘n leerkultuur ontwikkel, waarby daar gebrek aan die vorige jare was? Hierdie probleem moet in die gemeenskappe aangepak word, veral die platteland, en die swak onderwysstelsel , die ondewysers wat nie daar hoort nie. Dit gaan nog 20 jaar vat om aangespreek te word, indien nie langer nie.
Wys my ENIGE kampus waar die interdik die papier werd is waarop dit ‘geskryf’ is.
Presies! Wys my een balju of polisieman wat hierdie hofbevel kan of gaan afdwing…