Valke-lid bedank ná k-woord

Valke

Argieffoto

ʼn Lid van die Valke verbonde aan die narkotika-buro (Saneb) in Gauteng het bedank nadat sy werkgewer hom aangekla het omdat hy glo ’n kollega die k-woord toegesnou het.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê die 47-jarige adjudant-offisier het dié skeldwoord in ʼn WhatsApp-groep vir Saneb-lede gebruik. “Talle lede het hul misnoeë hieroor uitgespreek en die bestuurslede van Saneb moes ingryp.”

Volgens Netshiunda is die beampte al 29 jaar in die polisiediens betrokke. Sy identiteit word nie bekendgemaak nie omdat die saak nog ondersoek word.

Lt.genl. Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, het die WhatsApp-boodskap ten sterkste veroordeel en gewaarsku daar sal opgetree word teen enige lede wat hulle skuldig maak aan dié soort taalgebruik.

“Die Valke is ʼn getransformeerde organisasie en ons bedien mense van alle rasse op dieselfde wyse. Ons kan nie beamptes in eie geledere hê wat nog in ʼn pre-demokratiese Suid-Afrika woon nie. Haatspraak is ʼn baie ernstige saak en daar sal streng opgetree word sodat die uitkoms van die saak as ʼn afskrikmiddel kan dien vir dié wat die opofferings wat vryheidsvegters moes maak om ʼn vry en demokratiese Suid-Afrika te weeg te bring, ignoreer,” het Ntlemeza gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Reti ·

Ag nee man! Kan julle tog nie leer nie! Op Whatsapp??? ‘n Woord wat jy tog wéét jou lewe gaan beteken. Hy was verséker baie gvol en het nie omgegee nie.

snoefie ·

wanneer gaan blankes leer om daardie woordjie uit te sny? en nigal op sosiale media gebruik? nee nee nee! encrypted se m..r ook. dis dalk tyd dat ons ook begin huil en tantrum as ons boere genoem word.

Oosie ·

As mense teen hierdie tyd nog nie geleer het nie dan het ek GEEN simpatie nie. Jy skiet jou eie voet af!

Thys ·

In parlement kan gesê word begrawe di boere lewindig maar as die boer iets snaaks se dan is dit erger as moord of verkragting

Sw ·

Jy behoort teen hierdie tyd al agter te kom dis net wit mense wat rassisties is.
As ons Boere genoem word, is hul nie rassisties nie.
Nietemin dit was stupid van die ou om dit te doen.

Billy ·

Met sulke nuus moet deurlopende bewyse gegee word, wie se hierdie is waar of nie dalk op gekook om opnuut rasisme op te vlam nie. Wie sal rerig so dom wees vra ek myself om so iets op enige vorm van mrdia te se… Gooi oop laat ons kan sien want jy hoor net van sulke goed. Maklik om vir julle te se ek het lotto gewen.

Boer ·

Hoekom moet hul van rassisme aangekla word as ons Boere genoem word? Dit is wie ons is. Ek is ‘n Boer.

Boertjie ·

Boer, ek stem volmondig saam. Vir my is dit ‘n eer as hulle my ‘n boer/Boer noem. Want ek is een. In hart en siel. Lekker dag!

Rerig ·

Rerig, ek hoop jy klap jouself oor dit, ongelooflike 29 jaar diens en ek glo ‘n uitstkende Polisie man, hoe kan jy na al dit nog so verwys, jou onderskeid moet tog deeglik tussen kriminele en wetsgehoorsame burgers wees, jy van alle mense sien dat alle nasies kriminele het, die ratio is dalk 1 – 50, maar dit is die verteenwoordiging in bevolking ook. Nee man dink tog, jy is nie net jou werk kwyt, maar al die wetsgehoorsames vir wie jy gediens het vir 29 jaar beleef ‘n helse verlies vandag.

Scalla ·

MM, wat is fout deur te se dat hy erken hy was die enigste swart persoon teenwoordig en daar is dus met hom gepraat. Die naam kan verander maar nie die ras. Daar is n groot verskil tussen n skaap en n bok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.