Vavi genomineer vir Saftu-leierskap

Zwelinzima Vavi tydens die Saftu-byeenkoms

Zwelinzima Vavi, geskorste algemene sekretaris van Cosatu, en vier ander is genomineer vir topleierskapsposisies in die nuwe vakbondfederasie, die South African Federation of Trade Unions (Saftu).

Die leiers sal Sondag aangewys word, die laaste dag van Saftu se inwydingskongres in Boksburg, Gauteng.

Vavi is genomineer as algemene sekretaris, Mack Chabalala as president, Nomvume Ralala as eerste adjunkpresident, Thabo Matose as tweede adjunkpresident en Motswari Letshogo as tesourier.

VAvi en die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) was op die voorpunt van die stigting van Saftu. Daar was reeds in 2015 sprake van ʼn groep vakbonde wat ʼn “nie-politiese werkerbeheerde federasie” voorgestel het nadat Vavi en Numsa uit Cosatu geskop is. Numsa was Cosatu se grootste vakbond met meer as 400 000 lede.

Die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) het gevolglik in 2016 ook uit Cosatu onttrek, ter ondersteuning van Vavi en Numsa en is ook nou ʼn filiaal van Saftu.

Saftu is nou die land se vierde vakbondfederasie naas Cosatu, die Federation of Unions of South Africa (Fedusa) en die National Council of Trade Unions (Nactu). Cosatu is steeds die grootste vakbondfederasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.