Veldtog volg op video van beampte wat op telefoon boer, mense ignoreer

Die oorspronklike plasing op Facebook.

Fikile Mbalula, die minister van polisie, het Woensdag ʼn sosiale media-veldtog van stapel gestuur om swak dienslewering by polisiestasies landswyd aan die groot klok te hang.

Dit volg op ʼn ondersoek van die Gautengse polisie nadat ʼn video aan die lig gekom het van ʼn polisiekonstabel wat glo persoonlike sake doen terwyl lede van die publiek staan en wag om gehelp te word.

Maroela Media het Woensdag berig ʼn inwoner van Johanneburg wat vermoedelik die video geneem het, het dit Maandag op haar Facebook-blad gedeel. By haar plasing skryf sy in Engels: “Die vrou is besig om haar DStv-rekening uit te sorteer terwyl ek langer as 30 minute by die toonbank moes wag, net om aangesê te word om môre terug te kom.”

Volgens die inskrywing op haar Facebook-blad is die video by die Buccleuch-polisiestasie in Johannesburg geneem. Die plasing is intussen van haar blad verwyder, maar nie voordat die video gekopieer en wyd versprei is nie.

In die video van 1 minuut en 27 sekondes kan ʼn mens sien hoe die polisiebeampte, ʼn konstabel, rekeninge voor haar hou en in haar uniform met behulp van ʼn staatstelefoon ʼn skynbare probleem met haar MultiChoice-rekening uitsorteer. Dit eindig waar die beampte sê sy is nie gelukkig met geld wat afgetrek is nie.

Genl.maj. Nomburuza Napo, die waarnemende polisiekommissaris van Gauteng, het Woensdag gesê die polisiebestuur het “met kommer” kennis geneem van die video wat die ronde doen en aangedui dat tugstappe onmiddellik begin is.

Mbalula het ná die voorval gesê swak dienslewering kan onder #MyPoliceStation op sosiale media gedeel word.

Hy het dié veldtog Woensdag aangekondig om die publiek die geleentheid te gee om oor die polisie se dienslewering in hul gemeenskap kommentaar te lewer.

“Dienslewering is baie belangrik want baie mense besoek polisiestasies in noodgevalle. Die veldtog hou verband met die spesifieke saak van konst. LC Phaswane van ʼn polisiestasie in Sandton wat staatshulpbronne gebruik het om haar persoonlike sake uit te sorteer terwyl lede van die publiek geïgnoreer word,” het hy in ʼn verklaring gesê.

“Ek kan bevestig dat tugstappe teen die beampte begin is en dit sal dien as ʼn waarskuwing aan enige vrot aartappel [in die polisie]. Ons sal dit nie in ons geledere toelaat nie. Ons moet die vrot appels by die naam noem en hulle aan die kaak stel,” het hy gesê.

Hy het gesê dié veldtog het ten doel om samewerking tussen die polisie en die publiek te bewerkstellig.

Mbalula het verskeie generaals in al die provinsies kennis gegee om dié klagtes ernstig te neem. Hy het verder gewaarsku dat die publiek nie die platform moet gebruik om ou of valse voorvalle aan te meld nie.

“Mense moet net regte voorvalle aanmeld want hulpbronne, wat reeds dun gesaai is, gaan gebruik word om die klagtes te ondersoek.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Tabu ·

Wat van die wat jou plein weg net “ignore” by betaal punte of toonbanke terwyl jy daar staan om gehelp te word en dan gesels hulle eers klaar met mekaar en draai dan net en begin help sonder om te groet of om verskoning te maak met n houding van ” jy pla my ” . . . overall is ons dienste landwyd nie meer op standaard nie

noemsta ·

as jy swak diens wil sien, besoek gerus n staatshospitaal of kliniek. hierdie werkers is onder die indruk dat hulle jou n reuse guns doen NET met hulle teenwoordigheid. so hoekom moet hulle nog diens lewer ook.

Cor ·

Of gaan probeer jou voertuig lisensie hernu of vir padwaardigheid vat, net voor dit jou beurt is word alles gebere dan gaan die meneer of me, eers tee drink en jy moet in n volgende ry staan net om weer dieselfde te beleef. Jy moet maar geduldig wees as jy die plekke besoek.

Asjas ·

Tabu, jy is gelukkig om gehelp te word nadat jy eers geignoreer is. Seker maar omdat ek my ongelukkigheid bekend maak help hulle sommer die persoon agter my, bo-oor my. Die laaste ou het nog gedink hy gee sy geld oor my skouer vir die “dame” agter die toonbank toe vat ek dit en druk dit in my sak.
En Cor, glo my, ek praat uit ondervinding, kla by die lisensie kantoor en jy word hardhandig deur sekuriteit uitgegooi!!
Dit nadat hulle vir my verkeerde forms gegee het, my tyd gemors het en toe ek weer voor in die ry kom toe is dit LUNCH!!

Zumie ·

Mense… in plaas van kla soos gewoonlik LEER nou iets by hierdie persoon oor hoe om die probleem aan te spreek…..
Welgedaan!!!!

Griki ·

Dankie, Zumie. Ek stem 100% saam. Ons is al so gewoond aan kla en sinies wees dat ons nie meer goeie pogings wil sien en waardeer nie.

Pietman ·

Ek’s bly iemand plaas dit op social media, Dstv se diens is pateties!

B-man ·

Hahaha. Ek het ook al lankal besluit dat ek nooit sal inteken op Dstv nie. Hulle mors jou tyd by die huis en nou nog by die werk ook.

Snoefels ·

Haha, ek ook nie gelukkig as geld van my rekening afgetrek word nie

Leahim ·

Dit help niks jy kan net by oppid pla wat dit terug verwys na die betrokke stasies en dan word daar in elkgeval niks gedoen dit is hoekom die polisie so dissipline loos is hulle weet hulle kan maak wat hulle wil sonder om te vrees vir die nagevolge.

Pietvrou ·

Pietman sit die pot mis. Pieta dit gaan oor die polisie. Nie dstv nie. Hoog tyd dat hulle swak diens aan die groot klok gehang word. Baie van die uniform mense is baie gaaf en behulpsaam. Maar heellaas baie nie.

Theresa ·

Hy is reg – die polisievrou is besig op die staatsfoon in staatstyd, met mense wat wag vir diens voor haar – wat sy ignorer – om met DSTv se mense te gesels oor hul swak diens. Dis juis dit wat haar nou in warmwater het.

Wanda ·

Moenie veralgemeen nie. Ons gaan doen ons lisensies by lehurutshe zeerust en nog nooit swak daar behandel nie. Inteendeel hulle gaan uit hulle pad om jou te help. Mense moet positiewe dinge ook uitwys. Dankie minister ek en ek glo baie ander se dankie dat julle iets probeer doen.

Toe nou ·

Ag wat net gister het ‘n blanke ou gese julle wat ander so JUDGE, doen julle nie ook privaatwerk by die werk nie, so dit lyk asof dit HEELTEMAL in orde vir sekere mense is, dit is waarom daar nie opgetree word teen hierdie mense nie, daar is altyd ‘n verskoning. WANDA die berig gaan NIE nou oor die ZEERUST polisiestasie nie, so asb, bly by die onderwerp, dit is ONAANVAARBAAR!~

Karma ·

@Toe nou …… hmmmm, ja – ek wonder hoeveel van dié wat hier so kla, gebruik nou hul werkgewer se tyd, Wi-Fi, werksrekenaars e.d.m. om juis dié kommentare te lewer?

Shaun ·

Nie alle stasies en polisiemanne (en vroue ) se diens is swak nie . Die beamptes van Pretoria Noord wat ons hier in die landelike gebied bedien , is uiters profesioneel en gaan meeste van die tyd uit hul pad om ons te help .

EMMA ·

Swak diens bly swak al is jy ook waar in die staatsdiens, pateties.

Robby ·

Ja nee staats hospitale. Dis kommer wekkend. Sodra jy by enige staats hospitaal in loop ongeag die doel van jou besoek of dit nou siekte of privaat of besoek tyd is. Dan word jy deursoek by die deur en dan word daar vir jou vertel sit jou selfoon af en as ons jou vang met ʼn selfoon dan sal dit vakant gemaak word. Maar by Nedcare en ander privaat intansies kan jy met jou selfoon in loop. Maar by staats hospitale sit die mense en eet en slaap aandiens dis net ʼn absolute vermorsing van tyd en energie en hulle is so bang jy mag dalk ʼn foto neem heaven forbid. Ja nee swak diens orals.

Kay ·

Net soos jy se… Ons het my man se ma probeer besoek by pta wes staatshospitaal was te vroeg vir besoek tyd moes 2 ure by n traliehek (gesluit) wag …hoog bekommerd en geen antw nie …as mens jou ernstige siek familie wil sien mag jy nie hoekom nie ? Dis soos n tronk !!!!!Swak diens is aan die orde van die dag ..

Cor ·

Goeie poging meneer die minister. Net een waarskuwing vir almal wat nou eiwerig aan die werk gaan spring om die swak diens te rapporteer, moet asb. nie jou naam, id nommer en huis adres by jou klagte voeg nie, want dan gaan jy die skuldige gemaak word. Ook nie jou sel, nommer of email adres nie, gebruik eerder jou vyand se info.

Kay ·

Ai, toe nou … Wow jy skerm vir iets .. Vind niks fout met Wanda se skrywe nie .. Moet se die polisiestasie in ons omgewing is ook swak ..hulle weier sommer om n verklaring te teken . want hy wil die ding oorskryf en nie die waarheid neer le nie . maar gelukkig is hy ook op die ou end uitgevang dat hy by roof betrokke was ..so ons is ontslae van hom . Hulle (die swakkes) doen een of andertyd iets waarvoor hulle moet pa staan .. Roei hulle almal uit maar hulle is slinks .. So dit gaan bietjie werk vat . in ons omgewing ry man en vrou in polisiekar met ligte wat nie werk nie en trek net blankes af en dreig en skel en vra dan omkoopgeld R500 + het 3x gebeur waarvan ek weet …skelm

Andre Olivier ·

Al wat saak mask is wat ondeaan die inskrywing staan. Dit gaan n rasseherrie tot gevolg he en almal gaan van die polisievrou vergeet .

Leah ·

Dit was ‘n swart vrou wat die inskrywing gemaak het. Geen rede vir ‘n rasseherrie.

Robert ·

@ toe nou en karma: moet nie heilig wees nie. heelwaarskynlik doen die oorgrootte meederheid mense privaat goed by die werk. Hier gaan dit oor iemand wat privaat werk doen in werkstyd en daardeur verhoed dat iemand gehelp word. Solank dit nie jou werks peil beinvloed nie sien ek nie fout daarmee. Mense by my werk doen egter private goed en dan word die werk nie gedoen nie, geen simpatie met hulle as aan gespreek word nie.

Theresa ·

Het al baie goeie en flink diens ontvang by die toonbank van die polisiestasie. Maar ter selfdertyd hang daar ‘n paar rond, sit op die stoel agter die toonbank asof die rugstring nie meer wil/kan reguit nie. Uniformdraers moet trots wees op hul beroep. ‘n Regop figuur (sit of staan) is netjies. Pilare is om geboue te stut nie mense nie. Toonbanke is om op te skryf nie te hang/lê nie. Die polisievrou wat so na hartelus haar privaatsake uitsorteer op die staatsfoon, se eie foon lê voor haar. Wat tik sy so nou en dan op die skerm om te sien? Nee wat, swak gedrag in amptelike ure. Hoop haar kollegas is flinker as sy.

Jan ·

So jammer dienslewering is oral swak dis hoekom haar navraag ook nie uitgesorteer kon
word nie.

Heinrich ·

Wat van dieselfde veldtog by lisensiekantore, munisipaliteite en binnelandse sake?

Johanna Botha ·

Ag dit net n ”job” sy is net daar vir die ou geldjie en teedrink …die res kan maar vergaan soos ons oral sien !

Marlene ·

Aan die mense wat se , julle kla maar julle doen dit ook of julle gebruik die werk se wi-fi, daar is n groot verskil van in jou kantoor sit en n poliesstasie se toonbank, en jy kan ook nie die poliesstasie se lyn blok nie, daar kan n lewensgevaarlike situasie wees dan kan die mense nie deurkom nie, sulke dinge doen jy dan in jou lunchtyd en nie van die toonbank voor die gemeenskap vir wie jy veronderstel is om n diens te lewer nie, en dan ook nog vir die mense n vuilkyk te gee, nee man daar is perke en reels

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.