Verkeer erg ontwrig ná N1-ongeluk

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Verkeer op die N1-suid in die Lynnwood-ongewing is erg ontwrig ná ʼn motorfietsongeluk.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn motorfiets het omstreeks 08:10 naby die Garsfontein-brug teen ʼn motor gebots. “Met paramedici se aankoms op die toneel het die 21-jarige bestuurder van die motorfiets ʼn paar meter weg van sy motorfiets in die pad gelê.”

Foto: Daleen Gouws

Foto: Daleen Gouws

Mathe het gesê die motorfietsbestuurder was in ’n kritieke toestand en is op die toneel gestabiliseer voordat hy met ’n helikopter na ’n Johannesburgse hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.

Verkeer is intussen erg ontwrig nadat die hoofweg vir ’n wyle gesluit moes word vir die helikopter om te land. Die presiese oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sêmaarnet ·

Heel moontlik ‘n motoris wat nie sy oë gebruik het om motorfietse raak te sien op die pad nie. Dit is mos gewoonlik die geval.
Anders het die motorfiets ryer dalk vinnig gery.

Ansie ·

Toe nou nie. Die motors het stilgestaan en die motorfiets het teen n hengse spoed van agter in die motoris vasgejaag. Dit was klaar n traumatiese gebeurtenis. Nie nodig om dit erger te maak met simpel spekulasie nie

Johann Marx ·

In die ou Suid Afrika was die bane van die hoofweg net geskei deur plante en struike. Nou is daar sementblokke gepak……Met elke ongeluk moet die ambulansdiens en insleepdiens eers na die naaste AFRIT gaan….en dan probeer om by die ongelukstoneel uit te kom, op ‘n pad VOL voertuie in die geelstreep (wat gebruik word deur Taxi’s en Putco as ‘n “vinnige baan”). As dit nie so was nie, kon hulle miskien baie meer lewens red omdat hulle gou genoeg op die toneel kan kom.

Karma ·

Die motorfietsryer is wel gestabiliseer en sy lewe gered net na die ongeluk, maar as hy in Johannesburg Algemeen (Charlotte Maxeke?) hospitaal opgeneem is, kan mens maar net hoop vir sy volle herstel. Ek hoop hy oorleef dit, want as die kwaliteit mediese sorg wat mense daar kry, halfpad so sleg is soos wat Tygerberg s’n is, wel …. laat ek myself nie verder uitspreek nie. Sterkte aan die pasiënt, sy gesin, familie en vriende.

Jean ·

Daar is n rede hoekom ons in die “nuwe” Suid Afrika,( waarin jy so lekker lewe), die sement blokke (Jersey Barriers) pak. Dit is om te voorkom dat motors wat in botsings betrokke raak nie oor die middelman beweeg en “kop-aan-kop” botsings met aankomende verkeer veroorsaak nie.

Gegewe die spoed waarmee dit plaasvind is die resultate gewoonlik baie negatief. Tweedens verhoed dit dat die publiek “U-draaie” maak op die snelweg en in die vinnige baan beland as hulle dan weer by die vloei wil inskakel, wat op sy eie baie gevaarlik is.

Terwyl ons die snelwee ontwerp en bou word daar meer as genoeg openinge in die sement blokke gelos vir nooddienste om deur te beweeg. Hulle weet almal waar dit is. Dis nie te se dat as jy dit nie kan sien nie, dat dit nie bestaan nie.

Jou simpel verwysing na die “ou SA teenoor die “nuwe SA getuig van jou onkunde. Nogal n jammerte…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.