Vermiste polisieman se liggaam gevind

Michael van der Watt (Foto verskaf deur die SAPD)

Sers. Michael van der Watt (35), ʼn polisiebeampte van die Oos-Kaap wat Sondag verdwyn het, se liggaam is Donderdag gevind.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê sy liggaam is Donderdagmiddag omstreeks 16:00 in die Van Stadensravyn gevind, ongeveer 2 km van waar sy fiets vroeër gevind is.

“Hy het ʼn skietwond aan die regterkant van sy kop gehad. Sy dienspistool het langs hom gelê,” het Naidu verduidelik. “Geen vuilspel word vermoed nie.”

Sy het gesê kollegas van Van der Watt, die span van die Motherwell-taktiesereaksie-eenheid, het op sy liggaam afgekom.

Die polisie het Donderdag hul honde-eenheid en verskeie ander eenhede ingespan om aan die soektog deel te neem onder Van Stadensbrug.

Van der Watt se vrou het hom as vermis aangemeld nadat sy sedert Sondagaand nog nie van hom gehoor het nie. Sy was vir die langnaweek weg saam met haar ouers en het eers Maandag weer by die huis aangekom. “Sy het gesien sy beursie en selfoon was in die huis, maar sy fiets en dienspistool was weg. Sy het hom toe as vermis aangemeld omdat sy laat Sondagaand laas iets van hom gehoor het.”

Sy bure het beweer hulle het Maandagoggend iemand die huis sien verlaat in fietsryklere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Susan ·

Dis so hartseer baie sterkte vir sy familie my man ook presies diesele gedoen 3 en half jaar later nogsteeds nie antwoorde op vrae. Mens weet net nie hoekom

Ken2 ·

Ag nee. Ons moet mekaar bystaan as ons sien iemand voel emosioneel af. Ons moet sterker gemeenskap onder ons vorm en meer oor mense in ons omgewing omgee.

Asjas ·

Dit is waar maar party mense hou baie dinge wat krap diep binne en dit word nie opgemerk nie. Baie sterkte aan beide families.

Oud SAPD lid ·

RIV kolega. Sterkte aan familie, vriende en kolegas.

Netekke ·

Geen vuilspel word vermoed nie? Regtig? Sy liggaam 2km van waar sy fiets gevind is?

Sonskyn ·

Hy het heel moontlik sy fiets daar gelos en die 2km gestap na die ravyn

Liza van den Bergh ·

Maak net nie sin nie. Hoekom 2 km gaan hike om selfmoord te pleeg. Ek kan dit nie aanvaar nie.

Valerie ·

Liza, ek probeer nie slim klink of maak of ek ‘n ekspert is nie, maar daar is stadia in selfmoord. Dit is daai laaste “2 km” wat die ergste sou gewees het. Dan is dit net jy en die gedagtes; selfs ‘n ding soos ‘n fiets sou in die pad staan van jou finale besluit. Soos wanneer iemand haarself vergas en die deur is so naby…
En dan, êrens op daai “2 km” pad, val die hammer, Liza.

Hy was ook die naweek alleen, was hy nie? En daar is ook ander “pointers” wat ons van die begin af raakgesien het in die beriggewing. Ja, dit was sy besluit, maar dit bly tragies vir almal wat betrokke is. Sterkte aan almal wat naby aan hom was.

johann ·

Dis baie tragies maar ek het al so geval gesien in my lewe en die rede waarom die persoon dit so beplan is om baie seker te maak hy word nie dalk gered na die poging van selfmoord nie. As dit naby mense gedoen word en iemand hoor die geweerskoot kan hy dalk gered word en hy wil so situasie ten alle koste vermy.

MissDemeanor ·

Party mense wil dalk graag hul laaste oomblike deurbring in die natuur en weg van mense.

fransie ·

Dan ook — Van Staaden brug is baie ver uit PE uit van waar hy gebly het. Het hy regtig so ver gery met sy fiets om homself daar te gaan skiet?? Vreemd, maar ook innige simpatie met sy vrou en familie. Dis baie erg, maar ek is ook bly hy is gekry sodat hulle behoorlik kan afskeid neem . Baie tragies.

Jaco ·

Ek sê maar net weer wat ek al baie kere vantevore gesê het: ons land, en alle beskaafde lande behoort ‘n stelsel en meganisme te hê waarvolgens enigeen wat om watter rede ook al nie wil leef nie sy/haar lewe op ‘n beskaafde en vreedsame manier te kan beëindig. Dan kan iemand afskeid neem van familie en vriende en almal sal kan verstaan. Hoekom moet almal gedwing word om te lewe? Niemand het gevra om op hierdie aarde te wees nie. Is die lewe altyd noodwendig beter as die dood? Daar is ‘n tyd wat die dood beter is. Elkeen moet gegun word om in vrede te sterf as h/sy so voel. So ‘n persoon kan deur ‘n proses van berading gaan met sielkundiges, dokters, prokureurs, bankbestuurders,familie, predikante en wie ook al en as h/sy steeds so voel moet aan sy/haar wens voldoen word.

Jopie ·

Ai, jou siening is so tragies. Die lewe is permanent. Niemand sal ooit doodgaan nie. Na hierdie lewe leef jy voort – óf by Die Here óf in die hel. Dis bloot jou aardse liggaam wat terugkeer tot die aarde, jou gees leef altyd.

anton ·

Ek weet nie wat dit regtig sal help om met bv. Bankbestuurders te praat oor selfmoord nie want hulle kan 90% van die tyd nie eers n mens se bank probleme vir jou uitsorteer nie!!!
En jammer dit bly verkeerd om jou hand aan jou eie lewe te slaan. God laat dit nie toe nie. Kyk maar in die bybel.

Marisa ·

Ek stem saam met Jaco. Jopie, dis juis hoekom die dood nie ‘tragies’ is nie. Die lewe hier op aarde is alles behalwe die regte lewe.

MissDemeanor ·

Jaceo. Jou sisteem is geskik vir mense wat aan ‘n terminale siekte ly en nie verder so wil aangaan nie. Maar vir mense wat akuut depresief is, is dit doodgewoon eenvoudigwr om net op huleie selfmoord te pleeg sonder al die “admin” wat jy voorstel. Sal dalk beter wees om meer sielkundige hulp aan mense te gee wat werk in beroepe wat geasosieer word met stres en selfmoord sodat hul nie voel of hul alleen in ‘n donker gat sit nie.

m ·

Dis baie hartseer wat hier gebeur het. Sy vrou sal altyd wonder hoekom hy dit gedoen het. Baie stekte vir hulle in hierdie moeilike tyd. Mens het nie woorde nie, net jammer hy het nie vir bedrading gegaan en hulp gekry nie… Mens moenie dinge opkrop nie want dan gebeur sulke goed…………….

Theresa B ·

Agge nee. Dis baie tragies. Sterkte vir sy familie, vriende en kollegas.

Anoniem ·

My diepste medelye aan vriende en familie. Dis net tragies. Dit sou gaaf wees as ons dieselfde idee as Golden Gate Brug in VSA kan inplimenteer en ‘n selmoord selfmoord krisislyn by hierdie brug oprig. Daar was al soveel selfmoorde en dit is net so jammer.

Sputnik ·

Baie hartseer geval vir sy familie. Innige simpatie. Dit is nie vreemd dat so-iemand so ‘n “laaste reis” op aarde aflê nie. ‘n Persoon wie ek geken het, het op ‘n koue wintersaand by my huis verbygestap en 3km verder eers vir ‘n uur of so om ‘n vuurtjie gesit. Ek dink ook aan die dame wat met haar BMW, vanaf die pad en diep in die veld in die Kruger Wildtuin ingery het.

Ken Die Seer ·

Dit so hartseer maar van die oomblik wat die media gese het dat sy vrou alleen weg is oor die lang naweek, het ek net gewag vir die besvestiging van sy selfmoord. Dis duidelik dat daar probleme was, hy was nog so jonk en dis net so ongehoort dat n getroude egpaar so jonk alleen van mekaar af weg gaan, al het hy moontlik gewerk. Die SAP lede is self in hul diens al reeds so emotioneel onderworpe aan die misdaad en uiterste tonele waarmee hulle moet deel, die krag om met ander trauma, selfs n familie geskil te deel is soms net te veel. Ons ken nie die rede nie en gelukkig kon die oordeel ons nie toe nie. My hart gaan uit na die Polisieman, weet, selfmoord is nie n ligtelike besluit nie. Rus vir sy Siel en vreeslike groot genade vir sy geliefdes wat agter bly. Dis n super seer seer.

Heleen ·

Hoe is dit duidelik dat daar probleme was? Jy kan nie oordeel nie.
Hy was ‘n polisieman hul werk gewoonlik skofte, en kon dalk nie af kry nie en sy vrou het die naweek saam haar ouers spandeer…

Gys ·

My innige meegevoel met die familie wat agter gelaat word. Die staat is grootliks te blameer vir geen hulp aan hulle lede nie. Die polisie lede en ook paramedise beamptes gaan deur groot emosinele trauma wanneer hulle tonele moet bywoon.Dit bly by jou veraltyd. Daar is geen verpligting dat lede counceling moet bywoon elke maand of 2de maand nie. Hulle het niemand om oor sulke goed te praat nie. Jy kan nie met jou vrou of man oor toenele praat en wat jy gesien het nie.Geen beampte sal vir hulp vra nie. Hulle is skaam en hulle dink dit wys swakheid in hulle. Om lede te verplig om oor hulle emosies te praat en hulle te help moet ongelukkig van die Polisie se kant af kom of die HPCSA vir paramediese personeel.
Sterkte aan almal

jean ·

Die emosionele las in die tye waarin ons leef raak vir almal te veel…sommige kan dit net-net hanteer, ander nie….’n jong man..so flippen tragies. Mag die Liewe Heer hulle dra in hul hartseer en op die pad vorentoe…

Tanya ·

Soos ek al voorheen gese het, ons land doen nie genoem om mense met depressie en selfs ons beamptes in die mag by te staan nie. Hoeveel mense kies liewer die maklike weg want dit is net te duur om hulp te kry. Sterkte aan sy familie, rus in vrede jou!

Suzie ·

Sterkte vir die familie – ‘n mens verwag altyd die ergste, maar tog hoop ons dat so iets nie sal gebeur nie.

Lisa ·

Wanneer ‘n mens regtig wil selfmoord pleeg doen jy dit soos wat hy gedoen het. Maar as jy hulp soek sal jy dit so doen dat jy misluk in jou poging. Bv die person wat staan op die brug vra eintlik vir hulp maar die person wat dadelik spring het nie omdraai kans gesien nie.
Hyt al lank al besluit hy wil dit doen. Van Stadens is nie “SO” ver uit PE nie en baie fietsryers ry oor n naweek soontoe.
En soos iemand vroeer gese het hy wou seker maak hy word nie gekeer nie want dis beboste gebied waar hy gevind is.
Ja dis sleg as n getroude paartjie weg gaan sonder mekaar maar hier was n goeie rede dat sy vrou saam met haar ouers was want dit kon ook eindig waar sy ook dalk oorlede sou wees.
Niemand sal regtig weet wat in sy kop aangegaan het nie so moet ook nie probeer spekuleer nie. Sterkte aan hulle wat agterbly xxx

Lizanda ·

My oorlede man, oud SAPD lid het dieselfde gedoen, my innige, innige simpatie met die mense wat agterbly, dis ‘n bittere pad om te stap, meestal stoksiel alleen.

Willie E ·

Ek stem saam dat polisie en paramdedici PTSD berading moet kry. Ek was in die laat 70’s in die “grensoorlog” betrokke,en het lelike dinge gesien en ondervind. En glo my vandag as ‘n “ou man” van 58 betaal ek vir die feit dat daar vir ons geen berading was nie. Ek kan nie begin om te vertel wat dit aan jou persoonlikheid en verhoudings doen nie. Ek het ‘n wonderlike tweede vrou( snaak hoe baie van “ONS” geskei is) wat regtig verstaan wat dit aan my gedoen het( ek glo tog dat dit soms vir haar ook HEL veroorsaak) en glo my ek het al menige kere gewonder of ek nie maar ‘n einde aan alles moet maak nie (ek se wel dankie Here dat te slapgat is om dit regtig te doen) Mense besef nie wat sulke ondervindings aan jou doen nie….ek weet…ek was daar…en dit vreet my nog elke dag en elke nag stukkend.
Sterkte en seen wense aan sy famile…ek dink aan julle
Groete
Willie E

Jonas ·

Ek was nou nie op die grens nie, ekt 7toere gedoen vir die Britseweermag na Afgan en Irak toe, ons het na die eerste toer berading gekry en daarna was dit as jy self wil, of as jy gedwing word na n groot aanval ens. Die berading het my gehelp, tot met n punt, daars sekere dinge in n oorlog wat die bestes van die bestes niks sal aan kan doen nie

VanAfrika ·

Jaco, het jy dalk al selfmood gedagtes gehad? Dit klink so en ek hoop ter harte dat jy die lig sal vind en dat jy n EEN KEER purpose het op jou reis hier op aarde. Moet asseblief ook nie vir ander vertel dat dit okay is as dit hul keuse is om selfmoord te pleeg. Jy wil nie met hierdie las van honderde lewens wat hulself gaan vermoor net omdat hulle jou advies geneem het, voor die Liewe Heer gaan staan en verantwoording doen omdat jy hierdie mag uit God se hande neem nie. Jy kan nie dat iemand wat alle moed verloor het aan sy/haar wense laat voldoen nie. Hulle dink nie reguit nie en het hulp nodig. Gaan praat met mense wat al probeer selfmoord pleeg het en n sekond voor hul die daad pleeg tot hul sinne kom en besef dat daar wel n ander weg is, of mense se selfmoord wat nie suksesvol was nie, weer rede gevind het om te lewe.

Bertha Phillips ·

Groot groot hartseer. Waarheid is ons lag maar almal soms sonder dat mense regtig ons harte ken. Sterkte aan die familie, vriende en kollegas

Bertha Phillips ·

Groot groot hartseer. Ons lag maar almal soms sonder dat almal ons harte ken. Sterkte vir die familie, vriende en kollegas

Vlakkie ·

Ai mense, die Bybel ding van “dit is verkeerd om jou hand aan jou eie lewe te slaan” is al holrug gery en tog is daar duisende Christene wat hul eie lewe neem. Realiteit bly, dat jy op daardie stadium kom, waar jy nie aan enige iets kan dink wat vir ander (familie, vriende en geliefdes) sin maak nie, maar jy voel dat dit die uitweg is. Depressie is `n diep swart gat, ek hoop vir diegene wat so maklik oordeel se onthalwe hulle beland nooit daar nie.

Thomas ·

Selfmoord is altyd ‘n oneindig hartseer tragedie… of dit nou ‘n skrywer of polisieman is… maak nie saak nie!

Lize ·

Hy het Jesus nodig gehad. “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Mattheus 11:28
Ek het debiliterende major depressie, angs en post traumatiese stress gehad en Hy het my genees. My beker loop oor. Ek bid vir sy familie, so jammer oor julle groot verlies.

VanAfrika ·

Vlakkie, dit gaan nog duisende jare vorentoe holrug gery word. Dit is nog steeds God se opdrag en dit moet gehoorsaam word. En as jy iemand kan help wat dink dis die enigste uitweg, doen dit. Jy spaar die geliefdes baie vrae van wonder hoekom en jy red hierdie ou se siel uit die hel uit. Wat kan erger wees as jy jou lewe op aarde eindig en stap reg oor die drumpel van die hel. Daar is nie omdraai kans nie. Moenie mense wat in daai donker gat sit laat glo dis die enigste uitweg nie. God is die Lig, die Weg en die Waarheid. Moenie dat die duiwel vir jullie lieg en julle wysmaak dis die regte ding om te doen en hy siele werf wat aan God behoort nie. Dit is net waarvoor hy sit en wag. As enige van julle sulke gedagtes het, dit goed praat of weet van so iemand, soek hulp en gee jul lewe vir die Here. Ek hoop ter harte dat hierdie boodskap iemand sal help.

Se maar net ·

VanAfrika. Ek verstaan wat jy sê maar ek wil jou vra… was jy al in daardie diep gat? Die een waar dit pikdonker is en net jy alleen daar is. Geen flou liggie nie en niemand saam met jou nie… Dis nie lekker nie en op daardie stadium voel mens dat dit die uitweg is want mens is moeg, emosioneel doodmoeg. Dit is ook gewoonlik baie moeilik om te sien waarheen hulle oppad is en wat hulle beplan, want hulle steek dit baie goed weg. Ek persoonlik dink nie dis reg dat jy oordeel nie. Niemand weet wat op die laaste 100ste van ‘n sekonde gebeur het nie. So niemand kan oordeel en sê mense wat selfdood pleeg gaan hel toe nie.

Vir die familie wil ek my innige simpatie betuig. Soveel vrae gaan onbeantwoord bly. Die probleem is dat die SAPD lede nie meer berading kry na tonele nie. Ek dink aan julle in hierdie moeilike en hartseer tyd en dat julle berusting sal vind, al is dit met onbeantwoorde vrae.

anton ·

Stem saam jou. vanAfrika.
Ongelukkig is daar baie mense wat van God ”weet” maar Hom nie persoonlik deelmaak van hulle lewens nie.
Mense wat sê ons oordeel, verstaan nie mooi nie. Kyk bloot wat sê die woord van God. As mens net herhaal of aanhaal wat daar staan beteken dit nie n mens oordeel nie!!!

Illa ·

Diegene wat so maklik oordeel, wat weet jul nou eintlik? Wie gee enigiemand die reg om te dink hy weet wat ‘n ander persoon se situasie behels of wat sy hantering daarvan behoort te wees? Selfdood is tragies, punt. Geen “maar” nie. Geen regdenkende mens sal dit doen nie en dit is die kruks van die saak. Iemand wat selfdood toepas is nie op daardie stadium regdenkend nie. Mog jy wat ‘n oordeel vel behoed word daarvan om ooit buite jou noue verwysingsraamwerk te beweeg, want die lewe is nie vir almal dieselfde nie en nog te nimmer is almal se pantser teen die aanslae daarvan ewe dik. Vele mense kan hul ou skoene agterna my geliefde wat sy eie lewe geneem het gooi, want hul is nie die helfte van die eerbare, deernisvolle en opregte mens wat hy was nie. Hy het altyd vir ander opgestaan en ook gehelp wanneer nodig, maar het ongelukkig nie geweet hoe om te vra vir hulp toe HY dit nodig gehad het nie.
Die ironie is dat mense wat so maklik oordeel vel, deel van die probleem vorm. My ondervinding is egter dat sulkes geensins gepla is oor die uitwerking van hul siening op ander nie, want die lewe gaan vir hul net om selfbehoud.

Landi ·

Dankie, Illa. Ek stem saam met jou. As jy nie weet wat die ander persoon se opsies was nie, moenie sy keuse veroordeel nie. Ek wip my sommer vir mense wat so die “moral high road” vat, sonder om te besin oor wat hulle sê.

Illa ·

Jôh Landi, my bloed kook self. Ek wens ek weet waar my pa homself bevind, want dit pla my natuurlik. Ek glo egter dat (ondanks die hoogdrawendes se opinies) depressie ‘n siekte is, nes kanker, vigs ens. Die Here genees nie almal wat aan siektes ly nie, so hoekom glo mense dat die Here ‘n depressie lyer SAL genees. Ek wil nie regtig dieper op dit ingaan nie, want ek weet nie (soos ander opiniegewers) alles nie. Tot die dag wat ek in persoonlike gesprek met die Here kan wees, sal ek ook nie alles weet nie. Wat ek wel weet is dat daar geen logiese rede daarvoor was dat my pa sy eie lewe geneem het nie. Ek sê weer, mog dié wat so maklik oordeel en dink hul WEET, nooit self daarmee te doen kry nie, want jul gaan bitter hard van daardie “soap box” af val.

Luke ·

As julle bloed kook omdat mense getuig van Jesus se geneeskrag is daar groot fout by julle.

Landi ·

Ag asb Luke. Gaan sit rustig en lees weer wat ons skryf, toe? Vir ‘n Christen staan jou angel darem vinnig omhoog om te oordeel! Dis júis waarvan ons praat.

Soessie ·

Ek is nog steeds telkens verward oor die woord ‘selfdood’. Is dit die polities korrekte term deesdae? Ek is self ‘n depressielyer, maar het het op 20-jarige ouderdom voor ‘n keuse gestaan en die besluit geneem dat ek nooit selfmoord sal pleeg nie, want ek is lief vir my ouers en broers. Hoe kan ek dit aan hulle doen? Maak nie saak hoe sleg en donker en alleen dit binne my voel nie, dis nie regverdig teenoor die mense vir wie ek lief is om so iets te doen nie. Ek kan nie so selfsugtig wees om hulle vir die res van hul lewens met daardie las te laat leef nie. Ek probeer hard om nie mense te oordeel wat hulself om die lewe bring nie, maar dis moeilik. Dis die grootste seer wat jy vir jou naasbestaandes kan agterlaat!

SARIE VAN HEERDEN ·

Stem saam met Snoesie. Jyself vind dalk ‘n uitkoms om selfmoord te pleeg maar dis so waar om te dink wat jy doen aan die wat agterbly. DIT is die mense wat hartseer en verlate gelaat word. Eensaamheid lei tot depressie wat uiteindelik lei tot die beeindiging van jou lewe. Eintlik dink ek eensaamheid is die hoogste rede van die hele hartseer uiteinde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.