Vermiste Springs-leerder dood gevind

Die gebied waar die tiener se liggaam gevind is. Foto: Google Maps

Die gebied waar die tiener se liggaam gevind is. Foto: Google Maps

ʼn Oos-Randse pa wat Vrydagoggend op pad was om sy tienerseun as vermis by die polisie aan te meld, is die skoknuus meegedeel dat sy seun oorlede is.

Amanda Greybe, woordvoerder van die Springs-polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê die 17-jarige gr. 11-leerder aan ʼn omliggende skool se pa het onraad gemerk toe die seun Donderdagmiddag ná krieketoefening nie teruggekeer het na sy ouerhuis in Dunnottar in Nigel nie.

“Die seun was altyd stiptelik by die huis en dit was baie ongewoon van hom om van die huis af weg te bly. Hy was ʼn presteerder op skool en baie sportief. Sy pa het hom op sy selfoon probeer bel, maar die foon was afgeskakel. Die gesin het regdeur die aand na hom gesoek en wou hom vanoggend as vermis aanmeld toe hulle van sy dood ingelig is,” het Greybe gesê.

Greybe het gesê die tiener se liggaam is Vrydag omstreeks 07:00 deur ʼn gemeenskapslid naby die treinspoor op die hoek van Davisrylaan en Rogersstraat in Selectionpark gevind waarna hulp ontbied is. Hy is in sy skoolklere aangetref en is in die bors met ʼn skerp voorwerp gesteek.

Hy is deur paramedici van die Ekurhuleni Disaster and Emergency Service dood verklaar.

“Meer inligting aangaande die voorval en hoeveel mense daarby betrokke is, is nie in dié stadium bekend nie en vorm deel van die moordondersoek. Sover vasgestel kan word, word die seun se krieketsak en selfoon vermis.”

Niemand is nog in verband met die seun se moord in hegtenis geneem nie. Die naam van die seun en sy skool kan nog nie bekendgemaak word nie aangesien dit ʼn baie sensitiewe tyd vir sy naasbestaandes, onderwysers en skoolmaats is.

Greybe het ʼn beroep op die publiek gedoen om die Springs-polisie te bel as hulle enige inligting het wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Bel die polisie by 011 365 5700 tydens kantoorure of 011 365 5719/20 ná werk en vvra om met ʼn senior beampte te praat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Sanette ·

‘n lewe is niks meer werd vir die gemors kriminele nie!!!Al oplossing om in vrede te kan lewe is – ons moet land uit! Saam staan kan ons nie en die polisie en regering is useless. Sterkte aan die ouers, familie en vriende in die moeilike tyd. Mag die skuldiges gevind word en lewens lank agter tralies sit!

Meraai ·

Sanette..dit gaan nie help julle gaan land uit en hardloop weg nie..die hele wêreld is aan die brand! Die duiwel is los..hy loop rond soos ‘n brullende leeu en kyk wie hy kan verskeur.Die enigste oplossing vir die mensdom..is om hul verhouding met God reg te kry sodat hul gelei kan word in alle waarheid deur die Heilige Gees.Tyd is besig om uit te loop..Jesus se koms is op hande.Die mense moet wakker skrik..en op hou om soos ‘n klomp skape mekaar te volg.Die tekens van die eind tyd is besig om in vervulling te kom deur die Woord.

Sanette ·

dis waar wat jy sê – die duiwel is los..maar meer so in die land met die nasie. Ek kan myself amper nie in dink hoe lekker dit moet wees om in ‘n plek soos bv Amsterdam (Nederland) te bly waar moord of verkragting die laaste van jou bekommernis is nie – moet amazing wees. Daar kan ek elke aand in vrede in my tuin my bybel lees. Ek verstaan nie regtig wat jy bedoel van mense moet wakker skrik en ophou om mekaar soos skape te volg nie. As land uit gaan my en my kinders se veiligheid kan waarborg – dan is ek maar een van daai “skape”.

Flippie ·

Ek stem Sanette. Ons is Feb 2017 weg. Gaan NZ toe. Ek het in Springs groot geword en seker 1000 keer met my fiets in daai straat gery waar die seun dood gevind is. Ek sal maar my kinders bloodstel aan 41 moorde n jaar in plaas van 40 n oggend. Hartseer…….

Cherokee ·

Sanette, ek hunker op dieselfde manier as jy na vrede maar nie noodwendig in Amsterdam of elders in Nederland nie. Ek dink hulle is besig om dieselfde probleem met ‘n toevloei van moslems te ervaar as die res van Europa. En moslems is nie minder gevaarlik nie. As ek aan daardie vrede in my tuin dink soos jy dan dink ek Australië – Melbourne is Aus.

Marilyn Power ·

I do not blame any family which leaves S A because of the horrific crime that we have to suffer here but it is a great pity that S A is losing qualified professionals and many young people who are so much needed in the country. Also the criminals have won, in a way, if people leave. Sadly our Govt cannot or will not tackle the crime and stamp it out. Hope 2019 will change things.

Adeline ·

Stem saam met jou Sanette!
Sterkte aan hierdie seun se ouers. xxx

danie ·

Het julle al ooit daaraan gedink dat misdaad een van die grootste ekonomies is in ons land, indien nie een van die grootstes nie. Kan jy jou self indink hoeveel mense sonder werk gaan sit as misdaad totaal gestop word. Ek dink onder die omstandighede word misdaad net beheer. En dit is so die hele wereld vol. Ek glo nie dis nodig om die land te verlaat nie, jy moet jou self net meer beskerm as jou buurman. En ek glo ook nou nie dis die eiende van die wereld nie, want die persentasie van mense wat nie geraak word deur misdad nie is hoer as die wat geraak word. Daar is nog baie goeie mense om ons . Dit hang net af hoe jy daarna kyk.

Ferreira ·

Die wat kan moet hulle goed pak en trek! Vat jou goes en trek Ferreira.

Soekie ·

Ek is baie jammer oor die groot verlies van jul seun. Dit breek my hart, maar is ook ma & ouma wie se kinders NZ toe is, deur wat hier aangaan. Flippie, moeilik, maar beste besluit ooit. Ons kinders baie gelukkig daar. Lieflike land. Ons gaan Nov 2017, as die Here ons spaar. Kan nie meer hierdie dinge aanskou en verwerk nie. Moordenaars kom weg met, hoekie toe jou stouter. ?

Belinda ·

Ons lewens is niks meer werd nie. So onnodig en hartseer.

Anne ·

Flippie, ek dink daar is baie van ons wat julle beny. Alles vd beste !

Ashlee ·

Irene, woord skande hier onvanpas. Daaglikse dood, verwoesting van mens en volk soos amper nerens ter Wereld, en Suid-Afrika draf loshand voor. Ons sal lewe, ons sal sterwe. Werklik!! Die van ons en geliefdes wat nog staande is, nog glo als sal dalk eendag verander, slegs n sin in n sprokies verhaal. Ons lees nou eers bladsy 6, die ander 66 kom nog.

Louwtjie ·

nes jy sê, Ashlee. Die mense wat glo als sal verander is blind. Dit gaan verseker nie beter word nie. Dit is net afdraende van hier af.

Daisy ·

Dis so hartseer en onnodig maar mense asseblief kinders kan nie meer alleen huistoe stap of fietsry nie dis ongelukkig hoe die lewe van vandag is.

Sandra ·

Ek dink die Bybel is besig om in vervulling te kom. Nog nooit was die wêreld so erg nie. Jy hoor net van moord en doodslag, oorloë, allerhande natuurrampe, geldgierigheid en die liefde vir Self. Ja dit was altyd daar, maar min het daarvan geweet. Nou sien almal dit met hulle eie oë (dmvTV) Maar nog is dit het einde niet. Dit gaan so erg word, dat die mense met verwagting sal uitsien na die wederkoms, anders sal niemand oorbly nie sê die Woord . en ek glo dit. Sterkte vir hierdie arme familie!!.

Mariëtte ·

Ek stem…wederkoms is naby…maar mense moet seker maak dat hul lewe reg is met die Here…andersins sal hul agter bly.

Blom ·

Dit is absoluut skokkend.
Sterkte aan die seun se ouers
en familie!
?

Mariëtte ·

Ek stem…die wederkoms is op hande…maar die mense sal hul verhouding met die Here moet reg maak voordat dit te laat is…andersins gaan hul agter bly

aitog Meraai ·

Meraai is jy ook van die mense wat goedgelowig is en glo als sal Regkom. Oorsese lande het misdaad ma daar word opgetree teen misdadigers. Hier is dit criminals paradise.

Drikus ·

Ai. My hart gaan uit na die familie. Wil so baie dinge weg wens. Woorde ontbreek my. Stil.

Sann ·

God is nie jou “gelukbringer” wat maak dat niks sal verkeerd gaan nie. Hy is ons krag en ons Hoop wanneer álles om ons in duie stort. Ons is nogsteeds ín die gebroke wêreld.

Net ek ·

Dit maak my net de mr in as ek dit lees. En niemand sal soos my broer se moord vier jaar terug eers in hegtenis geneem word nie.??

Buitestander ·

Moet nie op eie krag staat maak nie.
Ken God elke oggend en aand in julle bede en Hy sal julle bewaar vir elke onheil wat oor jou mag kom.
Leer gerus die boek Daniel in die bybel en sien hoe Hy Daniel bewaar het met elke situasie waarin hy hom bevind het.
Keer terug na God en hy sal terugkeer na die mense.

jemma ·

Jy praat die waarheid.God het ons nie gelos nie..ons het Hom gelos

Nita ·

Die hienas sirkel dag en nag om ons en laat geen geleentheid verbygaan, om toe te slaan en te verskeur en te verslind nie.

Acca ·

Kom ons raai wie is die lafaards wat beskermde mense is wat die moord gepleeg het

Boetman ·

En oor ‘n paar jaar is hierdie “die goeie ou dae”.
Sanette ek stem saam. In Nederland is ‘n ooraanbod van tronke. Bewaarders word afgedank of op korttyd gesit. Die land vra buurlande om misdadigers na hul tronke oor te plaas sodat bewaarders nie hul werk verloor nie!

marie visser ·

Ag Here, ag Here! wie kan tog praat as jy nog nie jou seun aan die aarde oorgegee het nie! Kom ons bid vir mekaar! Dis ‘n seer wat lewe sonder om te sterf.

Andrea ·

Ai, Marie, dit moet so bitter seer wees. Sterkte aan almal wat met hierdie pyn moet saamleef.

Maggie ·

Mag ons Hemelse Vader hierdie gesin vertroos in hulle verdriet. Mag die krimineel spoedig opgespoor en vervolg word.
Laat ons as mede Suid Afrikaners mekaar weer soos in die dae toe ek ‘n kind was, leer ken. Mense weet meestal nie eens wie hulle bure is nie, niemand groet eers meer mekaar nie.
Stap in ‘n straat by jou buurman verby en weet nie eens wie hy is nie.
Ons is almal so besig met ons eie belange, dat ons vergeet wat ons grootste opdragte van God af is. Liefde.
Mag ons Suid Afrikaners, God in al Sy glorie weer vind en leer om mekaar in liefde te bedien.
Aan die gebreekte en verpletterde gesin…ek bid vir julle.

Mariette Hammann ·

Skokkend!!! Baie simpatie aan die ouers en familie.

Willem ·

Ek bid dat die
Vader vir
Michael en sy leerskare sal stuur om n ding te doen hier want dis al wat sal werk…al lankal tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.