Verslag toon ANC beskou as ‘inherent korrup’

Gwede Mantashe. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC se jongste organisatoriese verslag dui daarop dat Suid-Afrikaners nie meer die ANC vertrou nie. Die organisasie word beskou as korrup en sy leiers as afsydig en arrogant.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het die verslag tydens ʼn geslote sessie by die ANC se nasionale beleidskonferensie voorgelê wat tans in Johannesburg aan die gang is. Die 10 bladsy lange verslag dui die probleme binne die regerende party aan, onder meer min vertroue tussen ANC-lede, ʼn tekort aan dissipline, ʼn onvermoë om op ooreengekome oplossings te fokus, interne verdeling en faksievorming.

Volgens die verslag is die tekort aan vertroue in die party selftoegedien. Die ANC se eie navorsing toon in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing verlede jaar het minder as 50% van Suid-Afrikaners positief gevoel oor die rigting waarin die land op pad is. Volgens die verslag is kwessies soos werkloosheid, korrupsie en misdaad die grootste besware, gevolg deur ʼn tekort aan basiese dienslewering.

Die verslag wys ook daarop dat die ANC en regeringleiers baie aandag vanuit die samelewing trek. “Wanneer ʼn ANC-leier siek word of ʼn toekenning kry, lei dit tot ʼn klomp kletsprogramme en openbare gesprekke. Foute wat op regeringsvlak gemaak word, raak die ANC direk en die organisasie kan nie beweer dat hy nie betrokke is nie,” lui die verslag.

Die verslag noem die staatskapingsbewerings as ʼn goeie voorbeeld van hoe die stand van regeringsake “die onderwerp van alle huishoudelike gesprekke geword het”.

“Dit is inderdaad waar dat die Gupta-familie besigheid kan doen met enigiemand en te eniger tyd. Dit is egter die verhouding van die familie met prominente leiers wat mense se aandag trek. Wanneer daar voordele is wat tot by die families van die leierskap strek, word dit beskou as korrup.”

In plaas daarvan om die krisisse wat die ANC in die gesig staar te hanteer, “word ʼn verdedigingstaktiek ontwikkel”. Daar is ook ʼn tendens om enige vrae rakende die Gupta-familie te verbind met “die regime-verandering-agenda”, lui die verslag. “Om die verandering van die regime te verbind aan staatskaping dui op ʼn vermindering in ons analitiese kapasiteit. Die reeks [gelekte] Gupta-e-posse wat deurentyd bekendgemaak word, veroorsaak net verdere skade.”

Die verslag noem voorts dat die term “witmonopoliekapitaal” ook as ʼn verdedigingsmeganisme deur ANC-leiers gebruik word. Die verslag beveel aan dat die foute wat gemaak is reguit by die konferensie bespreek word, eerder as wat “regimeverandering” gebruik word om foute te verdedig.

Mantashe het aan verslaggewers gesê dit gebeur nie gereeld dat ʼn organisatoriese verslag by ʼn beleidskonferensie voorgelê word nie. Dit spruit wel uit die ANC-veterane se versoek vir ʼn aparte raadplegende konferensie. Die veterane en Umkhonto We Sizwe- (MK-) nasionale raad boikot die konferensie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Veritas ·

Wonder wat dit die ANC gekos het om die verslag te laat saam stel. Enige man in die straat kon hulle presies dieselfde vertel het. Gratis.

Pieterlewismuts ·

So ja, nou weet ons dit ook.
Het lankal al so iets vermoed

Pieter ·

Kom voor as misleidend erg afgewaterde verslag van die alreeds bekendgemaakte veel, veel erger korrupte ANC oorheersende Zupta Regetring.

Die volle regsbank van die Konstitusionele Hof het eenparing bevind die meerderheid ANC Leierskap het hul Geswore Eed geheel en al verbreek en versuim het. In werklikheid meepligtig is aan die grootskaalse en wydverspryde korrupsie en bailouts, en dit verkeerdelik as politieke meerderheids besluite vededig, goedpraat en afwater, ten koste van meeste RSA Burgers, wat na bykans 25 jaar se ANC meerderheids Regering steeds agtergeblewe en werkloos moedeloos en onderdruk voortleef.

Johanna Botha ·

Iets wat ons almal reeds weet en eerstehands ervaar elke dag met al die skandes wat dag na dag uitkom . …presies wat ons almal verwag en ons verdien die junk status 100 %. Was deur Rustenburg en goeie jimmel die munisipale kantore …mens het nognie so iets in jou lewe gesien …onversorg en gemors oral !

leon ·

My luitenant was toe reg. Maar op die einde net ‘n terroriste organisasie.

Leendert ·

Mantashe, vertel nou ook die mense hier van die verdere bom oor die Guptas en die destydse troue wat gister gebars het, die media vol is. Van die geld wat uit die Vrystaat gekom het om die Gutpa troue van R30 Milj te borg. Ook ander inligting wat na vore gekom het. Gesels ook eers met die premier van die Vrystaat en hoor wat hy te sê het.

morne bierman ·

Dit is net nog’n konverensie waar SA se hoog betaalde krimenele by mekaar kom. Dit het niks te doen met die gewone SA ongeag die ras

Arie ·

Almal wat in die tronk hoort is daar bymekaar om die land se probleme op te los, wat `n siek grap!

snoefie ·

wel. wat het die anc verwag sal van ons land word toe hulle n ongeletterde PRESIDENT gemaak het?

Andre ·

Nou toe nou ! Hulle begin nou erken wat ek al reeds weet. Maar wat verder gaan gebeur is voor die hand liggend. Ons het dit voorheen “fancy” voetwerk genome.

Johan. H. ·

As ek die ou sien daal my skaammeter nog n vlak, Wat dink die wereld van die land,,

Gebore ·

Die mense is gebore om in hulle verdorwenheid ten gronde te gaan

humor ·

Gebore, ek stem 100% saam. En wil die heel logiese by voeg. En dit bevestig maar net met die huidige regering is ons toekomsloos of dan sagter gestel, ons is gedoem tot 2de rangse burgers onderworpe aan n uitfaseringsproses. Omdat dit n saak van geboote is,is die anc nie instaat om huidige omstandighede reg te ruk nie. Die gesindheid sal moet verander en hulp van buite sal geimplimenteer moet word.

Leendert ·

Hulle loop te veel ompaaie voor ‘n besluit geneem word, vat maande en jare, het altyd een of ander spin aan die gang, moet altyd in hul pasoppens wees dat hulle iemand tog nie afronteer nie. Ja, al vat die jare voor hulle iemand na ‘n siensewyse omgehaal het, veral as dit oor die morele en die sin vir waardes gaan. Gesels nooit op die man af nie, maar so in die bondel.

Jan ·

Plaas dat die hele spul minder met die media praat en gorrel, hul eie beul blaas en meer doen, sal dit al klaar beter gaan.

Justice ·

Zuma sal moontlik in sy arogansie seker nou vra dat hul eie verslag hersien moet word.

Swartkat ·

Ag nee die ANC en President Zuma korrup – nooit nie !!!!. Die president is net so geskok oor die bewerings van korrupsie en staatskaping. Die man is so eerlik dat hy alles laat ondersoek om te bewys hy is ‘n goeie president en niemand wil hom glo nie. !!!! Sies

lw ·

Jip die hele organisasie is korrup. Ek daag hul uit, as hul niks het om weg te steek nie, waarom is Zuma nog daar?!

Heleen ·

Soos Dawie Roodt sê…hy praat soos iemand wat nie sy eie asem kan ruik nie…en wraggies ek verstaan meeste vd tyd nie wat hy mompel nie

Johann ·

Dit was Tim wat dit gesê het, Dawie het daaroor so gelag, sy gesig was later skoon rooi.

Nico ·

Ag dont worry ou toppie gwede het reeds n verskoning oom zuma was nog nie op skool nie gaan hom stuur vir klasse verdien nog n kans hoe kan ons die man vir die wit wolwe gooi

James ·

n Totale patetiese, korrupte, ruggraatlose, integriteitlose vrotspul! Mag hulle in hulle eie ellende verstik!

Pietsepan ·

Dit is tyd dat ‘n beter regeringstelsel as meerderheidsdemokrasie toegepas word waar die werklike meerderheid beter na hulself kan kyk as om na ‘n korrupte spul op te kyk. Regering vir die huidige spul kom neer op ‘n permanente sitplek op die soustrein.

johny_walker ·

word BESKOU as korrup ? wel hulle is mos korrup , ek kan nie verstaan hoe blankes met hierdie sirkus opsit nie

Pie van die Sky ·

Jadi jadi jakkety jakkety jek jek!
en so gaan die Titanic steeds onder…
heehaw!

Jaycee ·

En hierdie verslag gaan aan die einde van die dag net mooi niks positief vir SA se gewone burgers oplewer nie. Hoeveel maal is hierdie swakhede van die ANC nie al in verslae, toesprake, hofbevindings ensovoorts toegelig nie maar daar kom eenvoudig net dadels van. Inteendeel, die situasie word net erger want die ANC-kliek bo is so op hulle eie dekadente welvaart en magsug in tipiese Afrika-styl ingestel dat gewone mense nie kan deel in die land se rykdom nie – en die ANC voel vere vir hulle, solank die arme drommels net vir hulle stem sonder om te besef dat hulle ‘n rat voor die oe gedraai word.

Chaparel ·

10 bladsy lange verslag met net 1 woord per bladsy “korrup” wat n mors van papier.

Leendert ·

Ek sien Zweli Mkhize sê op die ANC konferensie die Banke het die klein sakeondernemings versaak. Hoe weet hy dit, waar is sy statistiek? Almal is skuldig, net nie, o’tog, net nie die heilige ANC nie. Of is dit weer net om polpulêr te wees, dit wat die mense wil hoor, disinformasie, retoriek. Geen wonder hulle bou vir hulle ‘n reputasie op wat die geskiedenis reg bewys. Geen wonder hulle brand af en vernietig nie. Geen wonder hulle haal dit ook op plase uit nie. En dit is hul visie vir die toekoms. En hulle gaan die land ekonomies transformeer, op sy kop omkeer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.