[Video] Angus Buchan: ‘Ons vra God vir herstel’

Lugfoto van die nasionale biddag in Bloemfontein (22 April 2017) Foto: OFM9497, Twitter

Die evangelis Angus Buchan het Saterdag die reuseskare op die plaas Wilde Als buite Bloemfontein toegespreek.

Die geleentheid het meer as twee uur later as wat aanvanklik beplan is begin, aangesien duisende mense nog besig was om die terrein te probeer bereik. Groot verkeersopeenhopings het die oggend voorgekom met mense wat van reg oor die land opgedaag het.

Volgens berigte het mense ook te voet en met fietse en motorfietse van Bloemfontein af na die terrein beweeg.

Mmusi Maimane, leier van die DA, en sy vrou is ook by die byeenkoms opgemerk.

Buchan het gesê Suid-Afrika sal die land word wat die woord van God letterlik opneem soos dit geskryf staan. “Ons sê vanmiddag nee vir onsedelikheid. Ons sê nee vir seks voor die huwelik. Ons sê nee vir pornografie en dwelmverslawing en alkoholisme in Jesus se naam.

“Ons sê nee vir rassisme in die land. Ons sê nee vir sinnelose moorde en verkragting in die land. Ons vra U Here om ons gewapende magte die krag te gee om stabiliteit te bring in die land. Ons vra God vir herstel. Herstel in die familie tussen ma en pa, tussen kinders en hul ouers in Jesus se naam.”

Buchan het gebid vir respek vir bejaardes, minderbevoorregtes, arm mense, ryk mense en vir almal in die land. “Ons sê daar is geen ander God nie. Ons sal geen ander god dien nie, net die Here Jesus Christus. Vergewe ons asseblief omdat ons ons land, ons families en ons toekoms in gedrang gebring het en van vandag af belowe ons om ten alle koste op te staan vir die waarheid en geregtigheid.”

Maroela Media het met talle mense gesels om te hoor waarom hulle die byeenkoms bywoon. Só sê hulle:

“Ons is vandag hier om te bid vir vrede en hernuwing in ons land en net almal saam te bid saam met oom Angus.”

“Ek het vandag gekom om te sien hoe almal die Here saam met my ontmoet. Ek kan nie glo dat hier so baie mense is nie… dit is ongelooflik.”

“Ons kom met ʼn groot verwagting, ons glo die Here gaan ons seën.”

“Ons dink dis ʼn wonderlike dag en die begin van nuwe dinge in Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Ma ·

AMEN Die Here het ‘n weermag. En ‘n groter een by die wat nie kon gaan maar van elders in die Gees gebid het.Elke knie sal buig en erken dat Jesus Christus die Seun van God is .Die ENIGSTE LEWENDE GOD na wie ons kan bid. Dankie Angus vir jou gehoorsaamheid.

Riette ·

Dankie vir mense wat gehoorsaam is. Dit was ‘n lewens veranderende ervaring, een wat mens in geen woorde aan enige iemand kan verduidelik nie. ‘n Eenvoudige boodskap, maar elkeen van ons is opgeroep tot aksie. Dit is ‘n boodskap wat ‘n land in een dag kan verander. Ons het elkeen die verantwoordelik om op te tree in lyn met die opdrag wat ons gekry het. Om Angus het sy deel gedoen, it is now up to us to take the message further. Dit is alleen wanneer ons gehoorsaam reageer op die oproep dat hierdie land sal verander. Dit sal wonderlik wees om te kan terugkyk en weet dat ons inderdaad geroep was vir hierdie tyd, dis hoekom ons deel daarvan kon wees en te kan sien wat alles uit hierdie “united opportunity” gekom het. Ek is so bly dat die Here dit vir my moontlik gemaak het om deel daarvan te wees. Prys hom.

Hendrik ·

al was ons nie daar nie het ons die Here se teenwoordigheid aangevoel

Lalie ·

Ons het ook die Here se teenwoordigheid gevoel al was ons nie daar nie. Ons is van vereeniging, ek het by n paar mense in ander dele van die land ook gehoor en hulle het ook Sy teenwoordigheid gevoel.

Amanda Wait ·

Amen Hendrik en Lalie. Ek was ook nie daar nie en kon Heilige Gees aanvoel.??

PJS ·

Verstaan my nie verkeerd ek ondersteun dag en kon ongelukkig nie maak.
Maar hoe bid jy vir verandering en begin dan laat.
So jy bid vir respek, maar selfde tyd betoon geen respek vir mense wat betyds was.

Sune van Heerden ·

Dagsê PJS

Die geleentheid het later begin om vergunning te maak vir die persone wat nog in die verkeer vasgesit het op pad na die byeenkoms.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Maureen ·

Ai ai hou sou dit wees om so ver te gaan en voor toe hekke te kom met so n groot begeerte en opgewondenheid. Die paaie was te min vir al die verkeer en verstaan dus die vertraging. Net bly hul kon dit maak.

Natasha ·

Hulle het gevra of ons moet begin of wag vir die mense wat inkom en die skare het soos een man geantwoord om te wag.

Thelma Willemse ·

Hulle het met respek gevra of ons sal omgee om vir nog mense te wag wat oppad is. Die rede klink goed genoeg om verrigtinge laat te kon laat begin. Alle ere aan God

Venessa ·

Lol dood eenvoudig omdat hulle die mense kans gegee het om dit ALMAL te maak en by te woon. Dink vir jou self wat n teleurstelling dit sou wees as jy gegaan het en in die verkeer vasgesit het en die grootste deel gemis het. Party keer moet mens jouself maar dwing om die glad half vol te sien. Dis juise pessimisme wat die mooi van dinge verdoesel. Hoe meer goeie goed jy begin raak sien hoe beter raak jou dag. Jy moun oor laat begin…daai mense het dit so geniet daar hulle het daai tyd gebruik vir kuier en harte deel. Lol moet se ek lees sulke mooi fb posts van almal wat vertel hoe onvergeetlike ervaaring dit was…toe hierdie ” hoe kan dit laat begin” laat my dink aan die keer toe die Here die brode en vissies vermenigvuldig het vir al daai baie mense waarop niemand gereken het nie. Maar Hy het nie sy alie gewip oor die “klomp ongenooide gaste” want dit was nie die “plan” nie. Raai dieper besig met God en jy sal sien hoe onbenullig hierdie dingetjies raak want daar is n “bigger picture”

Estelle ·

Hoeveel meer disrespekvol sou dit nie wees as ons nie gewag het nie? Die mense wat ”laat” was het besef die verkeer is te erg en van hul huise km’s en km’s daarvan af begin stap. Ek dink dit was die grootste manier van respek wys deur jou eie behoeftes en afwagting ter wille van ander opsy te skuif.

Herman ·

Wat ‘n wonderlike toon van respek dat oom Angus al die mense wat in die verkeer vasgevang was, kans gegee het om in te kom om saam te bid!

Yolanda ·

Daar was gevra gewees vir 1miljoen + mense of hulle bereid is om te wag vir die wat nog inkom en soos een man het almal ja gesê….daarom en om geen ander rede het die verrigtinge laat begin.

sharon ·

Ek verwys na ‘n vorige insetsel hieroor… Daar persone wat beweer oom Angus is ‘n “valse profeet”
As dit dan ‘n valse profeet kos om ons almal op ons knieë te dwing en om mense saam te gooi.. Alle rasse…om te bid vir ‘n land wat bloei.. Vir stukkende huise en lewens… Dat moraliteit terugkeer… Dan dink ek daardie “valse profeet” het skandelik gefaal… Want ‘n LAND STAAN OP IN DIE NAAM VAN DIE HERE EN VAT HANDE… Kniel saam en bid saam… IT’S TIME TO TURN BACK TO GOD en meer as ‘n miljoen mense het onderneem… It’s time….
AMEN…. Dis al wat ek kan sê… En GOD SPEED

Okkert ·

Hi PJS, die “laat begin” en “respek” was behoorlik uitgeklaar. Die aankondiging was gemaak dat daar nog baie mense is wat inkom en behooelike toestemming was gevra of die aanvang bietjie uitgestel kan word….dit was n onbestrede ja van die gehoor…daarom die later begin. Hoop dis duidelik genoeg.

Stephan van Heerden ·

Juis deur twee ure te wag, juis deur laat te begin is respek getoon en is selfdissipline en liefde gedemonstreer. Daar is nie laat begin oor slapgeit nie, maar om te wag vir nog duisende ander wie besig was om in te stroom, onder andere honderde wat te voet gestap het vanaf Bloemfontein. Die skare is op ‘n stadium gevra of ons moes wag vir hulle en het soos een man ‘ja’ geantwoord. Die dag se reelings en organisering was was bo-menslik groots en fenominaal.

Ansie ·

Dit was een awesome afspraak met die Here en hyt opgedaag en ek is waarlik so dankbaar ek kon deel daarvan wees.? ? ? jammer mense praat negatief of soek soms fout oor die dag. Ek bid werklik dat mense hulself sal ondersoek en tot in keer kom. Die Here sal ons en kan ons situasie in die land verander. Mense maak oop en wees beskikbaar ?????

Charmaine ·

Ek was nie daar nie maar ons het gebid vir verlengde tyd sodat ALMAL wat oppad was betyds sou wees en dat hulle nie sonder di sou begin wat vir 3 ure in di tou van karre gestaan het om in te kom ni! En as ek 1 was wat geduldig in daardi ry in di warm son sou wag het ek ook n dankbare hart gehad…en ek is oortuig..jy ook!

Nicky ·

Jesus se volgelinge sien dit nie so nie. Ons vergewe en het rustigheid en vrede in ons harte. Die vyand wil hê ons moet ontsteld raak omdat dit 2 ure later begin het….. met allerhande verskonings, maar ons is oorwinnaars wat volgens Jesus se voorbeeld lewe, die Heilige Gees is geduldig. So ons moet ook wees. :)

Henk van Wyk ·

Ek voel skoon nederig en so klein voor die Here.Hy is magtig en het die geleentheid daar gestel om vir elkeen-ook vir Satan te wys hoe magtig Hy is.Ons moet net ons aan Sy voete sit en Hy sal van krag tot kraf gaan.Dankie Heer vir U genade en liefde.AMEN

corne spies ·

Dit was ń ongelooflike byeenkoms! Ons is so bly ons het die moeite gedoen om te gaan. Dit sal onthou word as een van die grootste wonderwerke in die Suid Afrikaanse geskiedenis. Alle eer aan die enigste Lewende God!

Johann ·

Moontlik is ek van die min mense wie my gebed in die Naam van die Drie-enige GOD bid, die drie getuig in die hemele en is eenstemmig, nie Jesus alleen nie, hoop mense sal begin om die Drie-enige god te erken en te aanbid

Ben Niemand ·

Soos ek dit gister ervaar het, was daar gebid tot God die Vader, in die naam van Jesus deur die Heilige Gees.

Jof ·

Ek het dit ook gister so ervaar Ben, in die naam van God die Vader, Jesus Gristus en die Heilige Gees.

Fudge ·

Nee wat Johann, jy hoef nie te hoop di mense bid sus of so, nog voor ons tyd, tydens ons tyd en ook daarna, sal mense bid tot die drie-enige-God en, gister…was geen uitsondering, en as jy jou binnekamer verkies, dan respekteer ons dit, en…. respekteer jy dan ook ons wat binnekamers en biddae verkies.

Pitbull ·

Amen Ma en Corne. Ons glo dat 22/4/17 ‘n draaipint in S.A. se geskiedenis is. Wanneer mense uit een mond na God Almagtig begin roep dan hoor Hy en bring verlossing en uitkoms. Reg en geregigheid SAL terugkeer na S.A., en elke plan wat satan het om S.A. en sy mense te verwoes en te vermoor is vernietig in die naam van Jesus Christus. Ons moet egter nie ophou bid vir ons land nie. Volhardende gebede met met ‘n sstrewe na geregtigheid sal ons land red uit die hand van die duiwel. Mag Suid-Afrika ‘n voorbeeld wees vir baie ander lande oor wat die Here kan doen as Sy kinders begin bid en wegdraai van sonde en Hom weer 1ste plaas. Red ons land Here, laat die banier van Christus oor ons land wapper!

Jan Jooste ·

Die seëngroet van Numeri 6:24 pas nou: Die Here sal jul seën en jul behoed. Die Here sal sý aangesig oor julle laat skyn en julle genadig wees. Die Here sal sy aangesig oor jul verhef en aan jul vrede gee.

Cheryl Bezuidenhout ·

God is Groot Jesus Christus Leef ons het God gehoorsaam en na Sy stem geluister..ons het Hom gevra vir versoening vir ons land en gepleit dat Hy ons nie sal verlaat nie. Ons verdien nie Sy genade nie..Maar ons vra vir dit saam het ons gevra..ons glo en vertrou dat God ons Land en mens saam gaan versoening gee ons gaan deur Liefde vir mekaar alle kleure landbou nasie deur Jesus Christus saam staan teen rasisme teen haatspraak teen verkragting teen bedrog teen moorde saam Suid Afrika saam in Jesus Christus se naan saam gaan ons saam.. loof U Here Prys U Heilige Naam Elohim. AMEN

Ben Niemand ·

Die groot Wonderwerk tot dusver is die tydsduur waarin hulle hierdie samekoms gereël en uitgevoer het. Hulle het al aan baie kleiner byeenkomste ‘n jaar gevat om te reël en te organiseer. Hierdie is alles binne ses weke gedoen… Alle eer aan GOD!

foxi ·

HALLELUHJA…….HALLELUHJA……U onse Here Almagtige GOD… U is die mens ver vooruit!
Amen.

Wanda ·

Johann ek glo hulle het vir die 3 enige God gebid, maar onthou ook jy bid deur die seun van die mens “Jesus” as middelaar tot God. Ek dink net as jy praat se ons Jesus maar ons weet Hy is 3 enig. Ek glo dit het reeds n verskil in die land gemaak. Net om te sien almal daar ongeag van kleur was vreedsaam daar. Amen ek het ook saam gebid al was ek nie daar nie.

Z ·

PJS
Die organiseerders het almal gerespekteer, deur te vra of ons vir die ander wil wag, of betyds wil begin. Die mense het herhaaldelik eenparig besluit om te wag. Dit was uit respek vir almal wat moeite gedoen het om ver te reis en ten spyte van die uitstekende organisasie stadiger by die stadion ingekom het as wat beplan was.

Pierre ·

Ek bid daat die dag se gebed groot vrugte gaan afwerp en dat ons God die doemprofete op hulle neuse laat kyk.

Heidi ·

Do not touch the Lord’s anointed ones! Dit was ʼn belewenis..ʼn see van mense almal bymekaar op hulle knieë wat bid vir ons Vader, uit hulle harte uit sing en Amen skreeu dat die berge bewe. Oom Angus plat op die aarde maar praat kragtig die waarheid.
Daar is hoop vir ons land en sy mense maar dit begin by elkeen van ons. Spreek lewe oor ons land, oor jou lewe en maak tyd vir die Here, 1ste ding elke oggend. Lees Sy Woord en Hy sal jou kragtig gebruik en restorasie en herstel bring!

Chris ·

Ja Wouter ek het ook gedink dis ons enigste uitweg tot ek ontdek het diep binne myself, nee God sal nie daarvan hou nie. In die hemel sal almal saamwees. Alles begin by jouself deur Sy genade en krag. En los die oordeel. Almal het geraamtes in die kas.

Pringles ·

Dear is geen manier dat daar eers naby aan ñ kwart van 1 miljoen mense op daardie foto is nie. Sê maar net……

Eddie de Jager ·

Beste Pringles,

Die foto waarna jy verwys is redelik vroeg voor die aanvang van die biddag geneem. Ek glo nie my oë jok nie. Ek het omtrent 5 minute voor verrigtinge ‘n aanvang geneem het op ‘n hoop baele geklim. My blote oë kon nie die einde van die skare sien nie. As Maroela Media die tydstip van die foto kan verskaf het jy my volle aandag. God is lief vir ons.

Chris ·

Shame Pringles geen foto kan jou wys hoeveel daar was nie jy was nie daar nie anders sou jy sien hoe lyk baie mense
Al die eer vir die HERE

Sarie ·

Ek glo daar was ook skares van Engele teenwoordig. Daarom die vrede en liefde wat daar geheers het. Ook die ongelukvrye terugkeer huistoe was ‘n seën.

Ekke ·

My hele familie was daar. Nie vir Angus nie, maar om God te eer saam met ander gelowiges. Om hande met ander saam te vat en saam te bid. Alleen bid en saambid is vir God ewe belangrik. Die wat klippe gooi. Ja God hoor almal.

Malene ·

Dankie aan die mense wat daar kon wees om ons God te smeek om genade vir elke kloppende hart in ons land. Nie almal wil met n koeel en geweld die land red of laat ondergaan nie. God is al uitweg…andersins sal die geskiedenis homself herhaal tot die einde…

Sonja ·

Amen! Prys die Here want Hy is Almagtig. Alle eer aan Hom! Die April is dit presies 365 jaar gelede wat Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het! Die Here kan nie uitgewis word in Suid-Afrika nie. Ek glo hierdie is ons keerpunt gewees!

Genene ·

Wat n ongelooflike dag saam God!! Saam as nasie….trane,Hoendervleis….wind…en n ongelooflike gebed vir ons Land!!! Dankie Oom Angus….

Dirkie ·

In die geval was die spreker meer as betyds en het hy toestemming gevra of hulle kan wag vir mense wat hulle kon sien nog op pad is. Hy was nie sommer net 3-5 ure laat soos die norm deesdae onder ‘hooggeplaasdes’ by ander byeenkomste is nie.

Francois ·

Ons moet oppas wat ons voor bid, God mag dalk net Sy Wil laat gebeur…

Wouter ·

Pringels daar was 1, 3 miljoen mense gewees vlgs die helikopter vlieënier wat lugfotos geneem en n gem per elke 50 vierkante meter uitgewerk het. Daar was 1.5 km by 2km vol mense gewees. Werk uit hoeveel rugby velde dit is. Ek was daar en het dit self gesien.

Ansie ·

Ons aanbid n Lewende God enigeiets by Hom is moontlik ons moet net aanhou glo.

Spikkels ·

Onthou net die oorspronklike tyd was vir IT’s Time 2 tot 4 gewees toe verander hul dit na 12 tot 2. Maar die Heer het geweet sy kinders gaan in duisende opdaag.

Spikkels ·

Drukfout – die Heer het geweet Sy kinders gaan in duisende opdaag.

Michelle ·

Alle eer aan God. Mag elkeen weer Sy aangesig soek ȇȠ die dag ȇȠ nag reg begin ȇȠ afsluit. Dit was n wonderlike voorreg om saam met so klomp mense op my knee te kon gaan ȇȠ in gebed te tree. Dankie aan elkeen se opoffering ϖӐȾ bygedrae het ȇȠ so hard gewerk het om die reelings ȇȠ terein voor te berei.

Annalou ·

Ons was daar, WEET dus daar was 1m plus mense. Abba het 2 goed vir Angus gese;; Its Time en 1miljoen mense..sooo! dis nie Angus wat besluit het op 1m nie..dis God!! Niemand praat oor die Heilige Gees wat 2x in n koel wind na gebed gemanifesteer het nie. Die 2de x geweldig sterk..reg by ons naby die verhoog , het dit in n dwarrelwind verander en opgestyg in die lug. Agtertoe kon mense blykbaar nie die wind so sterk ervaar nie. Toeval??? en dit op n stil windlose dag?? Nee!! my vriend.. Die HG manifesteer op verskeie maniere, o.a. deur wind. Die hele event was gratis..nie eers n kollekte is gevra nie!! Wat se dit vir jou?? Ek het self gesien hoe verskillende rasse mekaar omhels..die vreugde-trane en blydskap..in Christus Jesus is ons almal boeties en sussies. Abba kyk na die hart..nie soos ons mense..na die uiterlike nie. Ekself het tydens gebed met 2 anderskleurige mans hande gevat..wat n wonderlike ervaring. Mag ons nasie terugdraai na God..dan is daar vir ons hoop. Sonder Hom is ons verlore

Naomi ·

PJS woon asseblief die komende naweek 28-30April MM Karoo by. Ek dink jy het dit nodig. Ek is bereid om jou te sponsor.

Cliffard ·

Hi Julle. Ek kort hulp asb. Dit is vir my ongelooflik belangrik om uit te vind wat Oom Angus gese het hoe om te bid. Hyt ites gese van “ACTC”. Al wat ek kan onthou is die T staan vir Thanks giving.

Ange ·

Sal ook wil hoor maar Jesus se modelgebed is steeds die beste.

rianna ·

ACTS
A – Adoration
C – Confession
T – Thanksgiving
S – Supplication
SHALOM

Marinda ·

Ek was daar. Sal die besondere dag nooit vergeet nie. God is groot. Dankie Oom Angus.

Annalou ·

Cliffard…dit is ACTS. ….Acknowledge your sins…Confess it…then Thanksgiving to our Lord for forgiving you..then Supplication. Hierdie is hoe om te bid dat Abba jou sondes moet vergewe. Ek stem saam, Ange, Jesus se gebed is die modelgebed. Hierdie verduidelik net hoe jy Abba moet vra vir vergifnis. Hoop dit help!!

Elize Henning ·

Dankie vir die geleentheid………dankie dat ons ‘n dag soos Saterdag kon beleef……..dankie vir kinders en kleinkinders, dankie vir gesondheid en ‘n eie leefwyse…….selfsorg. …….ek kuier by my kinders en die liefde en sorgsaamheid wat ek kry, is so heerlik…….almal wat hier lees, vra ek ‘n dag, van vreugde, vrede en tonne liefde……xxxxxxxxx groete…..en. …

Belinda ·

Ek en my dierbare man was daar, en ek kan dit met trots sê. Dit was `n wonderlike Goddelike ervaring.
Ons het gebid in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Ons kon in die wind wat gewaai het die teenwoordigheid van God drie Enig aanvoel. Sal op berge staan en dit uit basuin – “ONS DIEN `N EERBARE EN LIEFDE VOLLE GOD!!!”

Jan ·

Daar sal seker nou mense wees wat my met klippe wil gooi maar ek is jammer om te sê maar hierdie tyd waarin ons leef is nie ‘n tyd van vrede nie. En dis nie my woorde nie, dis die Here se eie woorde. gaan lees maar jou bybel. Ons leef in die laaste dae voor Sy koms. Seun gaan teen sy pa draai en dogter teen haar ma. En ons is nog net in die begin daarvan. Dit is wat Jesus al van die begin af gesê het. Hongersnood, oorloeë, afguns, haat en en en. Ook sê die Here dat daar is ‘n tyd vir alles, tyd vir vrede en tyd vir oorlog, tyd vir liefhe en tyd vir haat. Mense kan bid vir vrede tot hulle blou raak maar is dit nie in God se plan is nie gaan dit nei gebeur nie. Mynsinsiens bid die mense vir verkeerde dinge, hulle moet eerder bid vir insig in God se Woord, vir Sy leiding, vir Sy beskerming en dat ons menslike swakhede nie sal maak dat ons van Sy weg afdwaal nie. Daar gaan nie nou vrede kom nie, inteendeel dit gaan ondekbaar baie erger word as wat dit nou is. Bid vir die regte goed, nie vir wat jou as mens se lewe gaan makliker maak nie want dit gaan nie oor jou as mens nie maar oor Jesus en Sy verlossings plan vir ons as mens.

PEACE ·

Jy het natuurlik die reg op jou eie mening soos die EEN MILJOEN mense wat die byeenkoms bygewoon het die reg op hulle eie menings het. ONGELUKKIG probeer te veel mense die Bybel interpreteer en daardeur probeer vasstell wanneer daar oorlog en vrede gaan kom, so het geloofsgroepe al op die heuwels gaan intrek omdat die aarde weer met water sou vergaan, want hulle het dit erens gelees, so het mense al hulle eiendom verkoop want op die en daardie datum gaan die wereld vergaan. MENSLIKE interpretasie is ‘n lelike ding, soos apartheid uit die bybel gepreek is, so is versoening ook nou uit die bybel gepreek, so pasop maar, jy is ‘n MENS en alhoewel ek met jou boodskap oor JESUS en sy VERLOSSINGSPLAN saamstem moet jy nie dink jy weet wanneer daar vrede of oorlog gaan wees nie .. NIEMAND weet behalwe GOD NIE>

Cecilia.T ·

JAN, ek is bevrees, jy is reg.
Nogtans het ons ons Vader se hart Saterdag baie bly gemaak en het Hy n behae daarin dat Sy kinders saamkom en Hom aanbid. Hy wil he dat ons Hom erken en Sy almag en na HOM draai. Iets wat my diep bekommer, en ek vra dit met deernis en respek teenoor oom Angus- hoekom het hy nog nooit ooit die Afrikaner vermaan om hul Gelofte met die Lewende God van Israel na te kom nie? (Ek weet hy is nie deel van die Geloftevolk nie, as n uitlander- maar as geestelike leier van Suid Afrikaners wat na hom opkyk vir leiding, is dit nie sy verantwoordelikheid nie?Of is dit polities nie korrek nie of gee dit aanstoot?) As daar op 16 Desember maar so n saamtrek was….. maar, noudat ons land in duie stort, nou trek ons saam.Eintlik het God alles reeds vir ons gedoen, ons het vir die wereld gaan leef in sonde verstrengel in hierdie land. God het toegelaat dat ons land aan n heidense regering oorgegee word agv ons sonde en daardie Gelofte wat ons met Hom verbreek het.Ons dien ander gode, sportgod en mammon. God hoor ons gebede, maar ek sidder, want Hy kyk wat ons doen hierna. Daar was al baie saamtrekke wat goed is, maar, waarom word dinge net erger in SA? Meer plaasmoorde, meer onderdrukking, meer verval.

ANONIEM ·

Sjoe…. ek was ook nie daar nie, maar ek het hier by my huis gebid om 2 uur en tot God geroep en ek kon die Heilige Gees aanvoel. Ek het hoendervleis gekry deur die aantasting van die H Gees en baie wat ek ken wat daar was sê die H Gees se teenwoordigheid was tasbaar daar… As God my spaar, gaan ek defnitief volgende keer….

Chris2 ·

Dit is wonderlik om soveel christene verenig in gebed te sien. Mag die Groot en Heilige God Sy seën op die gebede wat in opregtheid en erns gerig is, laat rus! Shalom!

Eugen ·

Miskien verstaan sommige van ons nie die werking van elk van Die Drie Eenheid van God nie. God Die Vader is Die Regverdige Regter en sit op die troon van die groot heelal. Jesus Christus sit aan die regter hand van God Die Vader en Jesus is Die enigste weg tot God Die Vader, Jesus is ons voorspraak by Vader God ons bid deur Hom /Jesus. God die Heilige Gees is op die aarde uit gestort sodat wanneer ons Jesus aanneem as verlosser en tot bekering kom ontvang ons God Die Heilige Gees vanaf Vader God wat ons gees kom wederbaar by wedergeboorte. Bid tot Vader God in die Naam van Jesus en Die Heilige Gees tree vir ons ook in met versugting as ons nie weet hoe om te bid nie. Dit is ‘n perfekte kringloop.
“All that we are is for Your Glory Jesus”

Ada ·

Ai ek kry die arme mense wat nie verstaannie bitter jammer.Hoop hulle kry dit reg om na God te draai.

Estelle Coetzee ·

Met hierdie samekoms kan ~n mens sien wie het geduld en wie nie. En wie is selfsutig en wie nie. Dankie Here vir die geduld wat u vir my gegee het en liefde in my hart om vir my medemens om te gee. Estelle

VanuitChicago ·

Ons het vanuit Chicago ook vir Suid Afrika gebid. Die Suid Afrikaners hierdie kant staan saam voor God en vra dat geregtigheid en vrede sal terugkeer na ons wonderlike land. Prys die Here!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.