[Video] Boerseun wat dans versprei soos veldbrand

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video waarin ʼn boerseun van Tzaneen behoorlik litte losmaak, word wyd op sosiale media gedeel.

Die video van Gerhard Botha (29) wat dans is reeds meer as 445 000 keer gekyk en meer as 12 000 keer op Facebook gedeel.

Die video is Dinsdag gelaai en wys hoe Botha dans op die liedjie “Phindi” van DJ Rakzen. Die opskrif van die video is in Pedi en lees: “Dié wit man kan op Afrika-musiek dans.”

“Dit is net wie ek is… in die video. Ek het nooit gedink dit sou so veel keer gekyk word nie,” het Botha aan die Letaba Herald gesê.

https://facebook.com/ggbotha/videos/1480527411959799/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Percy ·

Dis presies soos Boerseuns is, veral na sulke goeie reën! Boere is eintlik goeie,liewe,dierbare,prettige opregte mense! Fantasties Boertjie dans, dans,dans en bou verhoudings!!!

Eurika le Roux ·

Gooi hom Pappie Gooi hom…check daai kuite.. Ek watch jou!!!

magda ·

Lief dit…mag ons maar oor alle grense heen mekaar lief en beskerm! NEE vir haat en moord, JA vir liefde en nasiebou!!!

Bewoording ·

Maroela of boerseun, gee asb die bewoording van titel vir die video, sal dit graag ook wou kyk. Carpe diem jong man, wys almal hoe ons behoort te leef positief.

Bewoording ·

Kon net n deeltjie sien dan stop dit. Dankie gaan link volg.

Andre ·

Man maar dis lekker om te sien dat selfs tussen al die moeilikheid om ons kan mens darrem nog bietjie los ruk. Gooi hom pappie…

Rina ·

Wow dankie Nico Strydom…vir n boerseun is hy maar bietjie wit…hy kort n tan…maar dis awesome!!

kerneels ·

Maroela, dis nou met respekte, so moet tog nie die kommentaar afhaal nie … julle openingsbladsy is altyd ONGELOOFLIK negatief. Mens wil behoorlik jou polse afkou deur net na die opskrifte te kyk – soms word dit selfs herhaal. Baie, baie dankie vir die lekker boerklong riel – sit tog sulke lekker dinge vir ‘n slag op julle homepage sodat mens die dag meer positief kan benader. Alles is tog nie net sleg nie!!

Zanley Combrinck ·

Awesome… daai sexy boude kort heelwat meer shares….

Belinda ·

Ek hou baie van die song se beat.. en die boerseun het my nou laat glimlag. Te cute

Natasha ·

Dankie tog vir die regstelling. Ek was vir ‘n oomblik baie bekommerd…

Mia ·

*lmga! Ons kort Meer sulke ‘grapjas’ mense! meer humor om die ys te breuk
#whatatreat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.