[Video] Gesinshond val driejarige aan

Marco Slabbert (3) in die hospitaal. Foto: Verskaf

Marco Slabbert (3) in die hospitaal. Foto: Verskaf

Waarskuwing: Die video van die aanval is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Erg geskokte en bekommerde pa het Dinsdagoggend hul gesinshond doodgeskiet nadat dié rottweilerreun sy driejarige seun aangeval en ʼn gedeelte van sy kopvel afgeruk het.

Die pa, Francois Slabbert (30), ʼn professionele fotograaf van Hennenman in die Vrystaat, het Woensdag aan Maroela Media gesê hy was omstreeks 11:00 met sy eenjarige dogtertjie, Liné, op pad na ʼn dokter in Ventersburg, sowat 15 km buite Hennenman, aangesien sy koors gehad het. Francois het Liné dokter toe geneem terwyl sy vrou, Odette (32), by die werk was.

Die egpaar se driejarige seun, Marco, was in die sorg van hul huishulp en oppasser, Elizabeth, en nog ʼn huishulp wat tydelik daar uithelp.

Francois was skaars 5 km buite die dorp toe hy ʼn oproep van ʼn angsbevange Elizabeth ontvang dat Marco deur hul hond Bruno, ʼn 19 maande oue rottweiler, aangeval is. Hy het dadelik sy motor omgedraai en teruggejaag huis toe waar ʼn bloedige toneel hom begroet het.

“Dit was nie ʼn lekker ding om te sien nie. Alles was vol bloed. Marco was vol bloed. Die huis was vol bloed. Marco het geskreeu en gehuil. ‘n Gedeelte van sy skedel was sigbaar. Die huiswerkers het gehuil en was getraumatiseerd en boonop is Liné ook siek,” het Francois gesê.

Hy het dadelik sy ma, Petro Slabbert, wat naby hulle op Hennenman woon, gebel en gesê sy moet kom sodat hulle na ʼn hospitaal op Welkom kan jaag. Hy het ná die oproep sy vuurwapen uit sy kluis gaan haal en die hond doodgeskiet.

“My eerste gedagte was om my kinders en die huishulpe te beskerm want ek het nie geweet of die hond weer iemand gaan aanval nie. Die hond is geskiet om die mense om my te beskerm en ek kan eerlikwaar sê dit was nie uit weerwraak nie,” het hy benadruk.

Sy ma was binne vyf minute by die huis en hulle het deurgejaag na MediClinic Welkom. Intussen het Elizabeth na Liné omgesien totdat Francois se skoonsuster haar na die dokter op Ventersburg kon neem.

Marco kort voor hy ontslaan is. Foto: Verskaf

Marco kort voor hy ontslaan is. Foto: Verskaf

Marco is omstreeks 11:30 in die ongevalle-eenheid behandel waar sy wonde toegemaak is en hy iets gegee is vir pyn. Hy is kort daarna na die pediatriese hoësorgeenheid oorgeplaas waar hy meeste van die tyd geslaap het. Hy het later die aand ʼn operasie van nagenoeg ʼn uur en half ondergaan om sy wonde skoon te maak en te heg. Marco was omstreeks 22:30 uit die teater.

“Die dokter gesê het hy het nie getel hoeveel steke Marco moes kry nie, want dit is te veel. Die dokter het gesê die operasie was ʼn sukses. Hy het gesê sy haartjies sal teruggroei daar waar hulle sy kopvel toegewerk het en hy behoort nie permanente letsels of skade te hê nie.”

Marco was Woensdag sterk genoeg om ontslaan te word.

“Hy is nou terug by die huis en het so bietjie gejol, maar slaap nou weer. Ons is opdrag gegee om sy wonde toe te hou. Ons moet Maandag terug gaan hospitaal toe vir ʼn opvolgondersoek. Hy is nie op voorgeskrewe medikasie nie, maar ons gee vir hom ʼn pynstiller as hy kla van pyn.”

Francois het gesê buiten die feit dat hy deur die voorval getraumatiseerd gelaat is, is sy vrou en die huiswerkers ook erg getraumatiseerd. “My vrou het nog niks geslaap nie en is vanoggend dokter toe om ʼn kalmeermiddel te kry.”

Francois sê hy het veiligheidskameras by sy huis en het na die beeldmateriaal van die aanval gekyk. “Ek verstaan glad nie wat aanleiding tot die aanval kon gee nie. Dit lyk nie of die hond bedreig was nie. Marko en Bruno het saam grootgeword en hulle het gereeld saam gespeel. My vrou het ook met rottweilers grootgeword en ons het een gekies omdat hulle goeie waghonde en liefdevol is.”

Hy het gesê hy word veroordeel deur sommige mense omdat hy die hond geskiet het en mense dreig om hom te dagvaar. Hy is van mening dat die hond in elk geval van kant gemaak sou word, juis omdat hy die kind waarskynlik sonder enige bedreiging of rede aangeval het.

“Die meeste mense wat my daad veroordeel het nie self nie kinders nie. My boodskap aan hulle is: Plaas julleself in my skoene. ʼn Mens se eerste reaksie is om die mense om jou te beskerm,” het hy gesê.

Francois het gesê hy is baie dankbaar vir Elizabeth se vinnige optrede om die hond te verjaag, anders kon dinge baie erger gewees het.

[wpvideo eLyGexLU]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

179 Kommentare

Ada ·

Ag foeitog die arme kind. Ek hoop hy kom gou reg. Kry eerder ‘n sagge-aarde hond. Of ‘n kat. Hoop die seuntjie kom gou reg.

Rooiman ·

Nee wat, Bruno het oortree. Kyk na sy “liggaamstaal” nadat die vrou hom verjaag het. Hy was aggressief en sou weer aangeval het. Daai brak sou nooit weer vertou kon word nie, ek sou enige hond van kant gemaak het as hy my kind so gebyt het. Sterkte aan die jong man en sy familie, dit is n geweldige trauma vir almal.

Is hier dalk Rottie-kenners wat die aanval kan verklaar, want ek is ook onder die indruk dat Rotties goeie familie- en kinderhonde is?

Rooiman ·

Ek sidder as ek sien hoe die seuntjie spartel onder die hond. Dit kon so anders uitgedraai het…

Morne ·

Rooiman, Rottweilers is baie goeie familie honde en baie intelligent. Hulle is hoog opleibaar maar soos enige ander hond is daar n kans dat hulle iemand na aan hulle byt vir een of ander rede. Die rede is nie altyd ooglopend nie maar dit kan n disipliene probleem wees of n temperament probleem. Elke hond se temperement verskil. Tot in dieselfde ras hond. Een hond is nie dieselfde as die ander nie. Ek het groot geword met hulle en was nog nooit in so situasie nie. Rottweilers het n eienaar met n baie sterk persoonlikheid nodig ook. Ek se nie dis nie die geval hier nie. My advies is altyd as jy n groot hond koop, koop hom by n geregistreerde teeler dan weet jy ook waar kom die hond vandaan.

Lili ·

Wat my pla is dat die hond in full attack mode gegaan het. Honde gee baie signals voordat hulle attack. Byvoorbeeld hulle sal eers airsnapbof grom of weg loop etc as hulle ongemaklik is. N full blown attack soos dit het heelwaarskynlik n geskiedenis en frankly is so hond nie stabiel nie. Geen kinders mag ooit alleen met honde gelos word. Nooit. En so lief soos wat ek vir diere is,sal daai hond se rehabilitation jare neem en hy sy nooit as safe verklaar kan word. Sou ek hom skiet? Nee. Maar ek sou hom veearts toe vat om uit te sit.

As die hond net gehap het en geloop het sou rehabilitation moontlik gewees het ennek sou dit doen as dit my hond was. Maar so full blows attack to kill? Nee

Skiet my ·

As ek die video so beloer, lyk dit of die kind die hond geterg het! And there another one falls again! So onnodig! GEEN dier val sommer met aan nie! Bog storie!

Spikkel ·

Die kind is 3 jaar oud. Ek dink nie jy kan oordeel nie. Wat hier sien jy as bog.? Kind… 3 jaar oud deur hond gebyt…. niks dubbelsinnig nie. Rottweilers en Boerboele is bekend daarvoor dat hulle hulle familielede aanval. Ek is ‘n groot diereliefhebber maar so ‘n kans kan niemand vat nie. Baie sterkte aan die gesin.

... ·

Ek self het dit so gekyk. Die seuntjie het die hond geterg ja. Dit was dalk een te veel en word seker gedoen as ouers nie by die huis is nie.

HN ·

Ek stem saam met jou. Dit lyk vir my ook of die hond getreg is & stem ook ‘n hond val nie net sommer aan nie.

tree hugger ·

vir die hond moes dit lyk asof die seuntjie hom gaan slaan of klap met sy handtjies in die lug.
ek voel jammer oor die vooval maar kyk vanaf die dier se oogpunt daarna!

Columbiana ·

Ag asb tog. Weet jy wat ia onnodig dat nog ‘n kind verskeur is deur ‘n hond. Julle mense plaas altyd die belange van diere bo kinders dis verspot. Pappa jy het die regte ding gedoen. ‘n Hond wat eenkeer kind byt sal dit weer doen. Beskerm bietjie die kinders en nie altyd die honde wat hulle vermink nie. Sal jy iemand wat ‘n kind aanrand vergewe as die kind hkm “geterg” het? Nee maar moet altyd verskoning soek vir honde wat aanval. Kinders kom eerste

Karma ·

Die kind was reg in die hond se gesig en het gebare na sy gesig gemaak. Hy het vir seker die hond geterg en geen hond – veral nie ‘n hond wat opgelei is om te beskerm en te byt as dit nodig is nie, sal dit verduur nie. Ek het self nou vir die eerse keer ‘n Rottweiler en sien reeds dat sy ‘traits’ het om happerig te word as daar te veel aan haar gekarring word. @Spikkel, glo my, of jy nou Rottweiler, Boerboel, Afghaanse hond, Duitse Herdershond of ‘n Maltese of poedel of Pekingese het – byt sal daai hond byt as hy so in die gesig gehanteer word of geterg word. Jou kleiner hondjies kan nét so stukkend en seer byt soos jou groot honde! Dit is ‘n tragiese voorval! Maar mense moet hul kinders leer dat om só in ‘n hond se gesig gebare te maak, hul aggressief kan maak. Die arme seuntjie het dit sekerlik nie verdien om so seergemaak te word nie, maar die hond het ook nie verdien om geskiet te word nie. Myns insiens is dit dieremishandeling en moet die DBV ondersoek instel. Die regte ding sou wees om die hond veearts toe te neem en d.m.v. ‘n inspuiting genadedood toe te dien, Dink net hoe bevrees was daardie hond toe sy baas (tien teen een in ‘n toestand van skok en woede) uitkom uit die huis, met ‘n vuurwapen en dit op hom rig.

:) ·

Daai hond was geterg…hyt geirriteerd geraak en gebyt…hy was sonder toesig soos wat dit lyk…as jy n groot hond het laat jy nie jou kind alleen buite saam hom speel nie.

Ek het 3 boerboele gehad uit verskillende agtergronde met verskeie persoonlikhede, nie 1 van hulle het deur hulle vol lewe van ongeveer 10 jaar een persoon of kind aangeval nie, dus is hulle net by jou bekend as mense wat hulle eienaar aanval, Spikkel!!

Christo ·

@ Skiet my , lekker maklik vir jou om te se agter jou rerkenaar skerm, as dit jou kind was het jy n heeltemal ander deentjie gesing.

Sjoe ·

Ek het ook n 3 jarige seuntjie en ek sou verseker ook sy lewe tjie bo enige dier sin gekies het. Eks baie lief vir ons honde maar as een van hulle my kind moes aanval sal ek nie die kaans vir hom gee om dit weer te doen nie. Asb. dink biekie voor julle praat. Hy het nie eers geraak aan daai hond nie, ek ken n 3 jarige se liggamstaal, lyk of hy gesels en verduidelik. En ja soms is die klein goedtjies biekie windgat want hulle begin agterkom hulle kan. Maak dit steeds nie sy skuld nie!!!!

Columbiana ·

En hoe vreesbevange moes daai kind noe gewees het toe die hond waarvoor hy lief is hom aanval. Karma het jy ooit daaraan gedink. Daaraan gedink dat daai kind nou vir dis res van sy.lewe geskend sal wees en met vrees sal rondloop. Is dit wat die kind toekoem? Dis gun dieremishandeling nie jy weet eerlikwaar nie waarvan jy praat nie. As die pa die hond agter die kar aangesleep het ja dieremishandeling maar nee hy het nie. Wees tog net realisties en hou op om te probeer om menslike gevoelens en traits aan honde toe te ken. Jou hond is nie ‘n kind nie. Hy praat nie met jou nie hy druk jou nie hy is ‘n hond .

AM ·

Vir almal wat die kind blameer…
So om met hond te speel terg???
Hy het nie eens aan hom geraak nie!!!
Daardie hond wou weer aanval en hy SOU.
En julle wat so oordeel oor die ‘arme hond’, dit kon julle kind gewees het wat by die maatjie gespeel het!
Welgedaan Pa dat jy die hond geskiet het!

BB ·

Jy sê GEEN die val sommer net aan nie? LOL… . Mens weet nie wat in ‘n dier se kop aangaan nie, al dink jy so.

charlene ·

Ag asseblief tog! Ek het 2 groot honde en my kind speel by hulle sonder toesig, die honde het nog nooit geknorr of gehap nie. Die klein hondjie, en my kind doen alles saam (eet, swem, spring, dans ens) Die hond was aggresief, ongeag wat die kind maak. As `n dier sleg voel en iemand loop net verby hom sal hy aanval! Ek dink die pa het die regte besluit gemaak, aangesien hy nie sy kinderS wil begrawe nie, ek kan sy punt insien met alle eerlikheid. Die mense wat so kla en kerm “ooh hy was verkeerd” ek hoop en bid dat die Here julle onvrugbaar gemaak het want julle verdien nie kinders nie. Ek is ongelooflik lief vir diere, en sal vir hulle opkom maar nie waar dit kinders raak nie. (Ons het ook groot geword met diere en nie een van ons diere het ons ooit aangeval nie, ek weet my ouers sou die diere van kant gemaak het indien hulle het)

Ja Neh ( mense wat nie self in die sitsuasie is nie) ·

Ja nee kyk , EK HET NIE KINDERS NIE MAAR EK SOU SELF DAAI HOND VREK GESKIET OF GESLAAN HET … SE WAT JULLE WIL EK STAAN 100 X 100% SAAM DIE PAPPA WAT DIE HOND DOOD GESKIET HET …. OF DIE KIND NOU DIE HOND GETERG HET OF DE NOT .. IF A DOG TASTE BLOOD ONCE HE WILL DO IT AGAIN … EK GLO ENIGE IEMAND SOU SO IETS DOEN OM HULLE GESIN TE BESKERM (AS HULLE LIEF IS VIR HULLE)

Elize (Animal Cummunicator) ·

Ek het self n Rottie en glo my hulle sal nie net aanval nie. So n hond moet geterg en getart word om net eendag tesnap en tebyt. En Rotties en Boerboele onthou baie goed as hulle in die verlede geterg is. Dai kind het sy hande gelug. Ons weet nie wat hy vir dai rottie gese nie dalk het hy op die hond geskreeu. Dit sal ons nie weet nie. Maar n hond SAL NIE NET AANVAL AS HY NIE KWAAD GEMAAK WORD NIE

sterretjie ·

So met ander woorde klein Marco se lewe moes eers geneem word voordat dit dit regte ding was om die hond van kant te maak? Ek hoop nie hier is van julle wat so oordeel wat vanaand aan ń lekker skaap tjopie kou nie. Wat het daai arme skapie gedoen om geslag te word O JA vir jou om hom te geniet. So dink net gou daai was JOU kind wat so aangeval word sou jy nie dieselfde gedoen het nie? Kyk hoe ruk daai arme kind se lyfie. Ek hoop almal wat die pappa so oordeel sal besef dat ń mense lewe baie belangriker as ń diere lewe is dis immers hoekom God die mens in SY ewebeeld geskape het.

Charmaine Kruger ·

As ek ook so na die video kyk waar die seuntjie sy hande oplig is dit of hy die hond uittart en die feit dat die hond hom in die oe gekyk het is ook ‘n challenge vir die hond. Geen kind moet alleen saam met enige hond toegelaat word nie want dis moeilikheidsoek. Meeste kinders knou diere af op ‘n jong ouderdom en dan kan niemand verstaan as die hond sy kop verloor en aanval nie! Dis jammer oor die seuntjie maar dis net so jammer dat so ‘n mooi hond net doodgeskiet is as dit nie net sy skuld was wat gebeur het nie! Sonder opleiding is enige hond veral groot honde in staat om impulsief op te tree as hy/sy bedreig voel of getart word!

Sê maar net. ·

Skiet my. So wat jy wil sê is, die 3 jarige kind het gekry wat hy verdien. Jy weet nie waarvan jy praat nie. Rottweilers is kinderbyters. Geen huis met kinders moet so hond hê nie.

Dingetjie Datjie ·

Ek stem saam dis an baie tragiese voorval. Ons het Rotties op ons erf en hulle is vreeslik liefde vol! Niemand kan die kinders seer maak nie want hulle pas hulle op nes ons labrador doen. Kyk mooi na die video voor die aanval daar het beslis iets die hond bedreig. Sterkte vir die gesin, die woef het in julle huis groot geword so hy was ook familie en ek glo darm nie dit was ‘n maklike ding gewees om te doen nie

martyn ·

Mense eerste dan diere. Skiet enige brak vrek wat selfs net grom v ń kind

Ronel ·

Francois. Moet jou asb nie steur aan mense wat jou dreig nie. Ek is ‘n diereliefhebber en sou dieselfde opgetree het as ek in jou skoene was. Sterkte vir julle almal. Ek hoop boetie genees ten volle en dat hy nie ‘n vrees vir honde sal oorhou nie.

Sindy ·

Ek stem saam Desiree kry ‘n staffie ons het jare lank van hulle gehad ons kon ‘n been uit die staffie se mond hàal terwyl hy eet en nie een keer het daai staffie eers geknor nie. En met alle eerlikheid as die rottie 19mnde oud is en hy saam die seuntjie groot geword het is daar fout met daai hond se kop. Die pa het regte besluit geneem ek sou ook. Van wanneer is ‘n hond se lewe belangriker as die van ‘n kind?

LeonR ·

Sterkte aan die gesin en die pa wat die hond vankant gemaak het.
Seker so twintig plus jaar terug het my oorlede pa twee van sy “kinders’, ja, twee Staffies vankant gemaak nadat die een hul huishulp gebyt het. My boetie se drie kinders was nog baie klein en het daagliks by my ouers gebly as hy en sy vrou gewerk het.

My pa het net gevoel dat hy nie ‘n kans sal waag dat die honde dalk die kinders sou byt nie. Dit was baie hartseer maar dalk is ‘n groter tragedie voorkom.

Hettie ·

Baie bly gaan goed met hom! Dankie tog dat die huishulp vir hom daar was en ook dankie tog dat hond nie ook vir huishulp aangeval het, nie!! Sterkte julle almal! So mens moet verstaan wat is rede dat hy sy eie hond doodgeskiet het! Ek stem saam met hom!

TC ·

Ek stem saam, ek het nie die video gekyk nie, en uit persoonlike ondervinding kan ek se dit is vreeslik traumaties om deur n Rotweiler gebyt te word, ek was toe maar net 6, en was nie eens naby die hond nie en dit het my in my gesig gegryp, Die mense van die hond het hom nie uitgesit nie, en hy het daarna nog n kind en die oom se ma aangeval voordat hy uitgesit is. Word gou gesond klein Marco, jy is so n mooi klein mensie, wees sterk mamma, jou seuntjie het jou nou nodig, pappa jy het die regte besluit geneem. Julle is in ons gebede. Jesus liefde

anon ·

kyk as ek in daai pa,se skoene was sou ek ok my honde geskiet het as hul my kindenders moet byt

CQ ·

Skiet my…… Hierdie hond het saam met hierdie kind grootgeword. Hulle ken mekaar. Vreemde hond / vreemde kind, dan sal ek dalk saam jou stem oor die “terg”… maar hierdie hond ken sy mense. En as hy sommer so uithaak omdat die kind iets doen waarvan hy hou nie, dan moet hy maar geskiet word.
…waghond en liefdevol kan ieg nie in dieselfde sin gebruik word nie…..

Rochelle ·

Ek het self nie kinders nie, maar ek wil net se ek sou presies dieselfde ding gedoen het. Die feit dat hulle saam groot geword het, is baie snaaks dat Bruno hom aangeval het.
Ek is seker dit was vir jou n baie moeilike ding om te doen, en het dalk nie so gevoel op daai stadium nie, maar mens voel tog sleg. Dis n jammerte, maar ongelukking n nodige aksie gewees. Alle sterkte vir julle.

Opvoeding ·

Dis baie tragies maar mens los NOOIT “N KIND ALLEEN MET “N HOND NIE, luister tog nou asseblief vir eens en vir altyd. Maar nee, Bruno moet weer die kind besighou . en of hy hom geterg het of nie die kind was ALLEEN by die hond. Dis soos om ‘n kind om die swembad te laat speel, vir dae speel hy en kom niks oor nie maar die dag wat hy daarin val en verdrink wil almal die swembad toegooi! WEES ‘n RESPONSIBLE OUER!! Klink altyd asof julle hierdie heldedaad verrig deur die HOND DOOD TE SKIET!! Hoop nie jy het dit voor die omstanders gedoen nie, en ek hoop dit laat jou nou beter voel!

Annelize ·

@ Opvoeding, ons het ons jong Bullterrier van kant gemaak nadat hy meer as een keer agressief teenoor ons jongste was, waar ons, die grootmense teenwoordig was, EN my kind het NIKS gedoen om die hond uit te lok nie. Elke saak het sy meriete.

Susan ·

Ek stem saam: Moet nooit ‘n kind alleen by ‘n groot hond laat speel nie. Al het hul saam groot geword. ‘n Kinderhond (soos ‘n Labrador) moet op geklim kan word en mee gespeel kan word sonder om te byt. Ek dink die pa het reg opgetree. As die hond bly leef het en weer gebyt het, was almal se monde weer vol omdat hy toe nié die hond geskiet het nie. Ek sien nêrens in die video dat die kind eens aan die hond geraak het nie. Party mense word met die helmet gebore en sien snaakse goed..

Rottie - lover ·

Sjoe….Opvoeding, voor mens oordeel moet jy eers ‘n paar km in ‘n ander persoon se skoene stap! Jy laat my baie aan myself dink.. 10jaar gelede….alles geweet en geswot oor opvoeding….maar die Here het my omstandighede geskenk wat my stil en verdraagsaam gemaak het. Sterkte aan die familie en jong bulkalf! Ek het twee rotties, baie lief vir hulle!….MAAR geen hond of diere-lewe weeg ooooooit swaarder as ‘n mens se lewe nie…!! Aan die Pa, jy gaaan “geroer” word op sosiale media…. sterkte! Maar…jy het absoluut die regte ding gedoen! Ek respekteer jou besluit as hoof van daardie huishouding!

Aneke ·

Opvoeding, jy praat nou twak. Net so… Jy ken die mense van geen kant af nie nou wil jy kom kommentaar lewer dat hulle swak ouers is. As jy die artikel mooi lees sal jy sien die pa moes sy dogter dokter toe vat, en as jy die video kyk kan mens sien die bediende was by hom. Kry jou feite reg voor jy iemand kritiseer. Enige dier is onvoorspelbaar, al is die dier hoe liefdevol. Voordat jy mense slegse staan eers in hul skoene.

Helga.naude ·

Altyd maklik om te oordeel ne. Jy is seker perfek… ma moes werk en ander kind is siek. Giftong.. ek dink die gesin is deur genoeg trauma sonder kommentaar soos joune

vytjie ·

In die eerste plek sal hy nie ‘n hond aanhou om later te skiet nie. My kind is my kind. Ek sal eerder weer ‘n sagter hondjie aanhou.

Chris ·

Ek is ook n baie groot diereliefhebber maar, as dit my hond was sou ek hom ook geskiet het. Dit het nie vir my gelyk of die seuntjie die hond terg nie. Hy is 3 jaar oud en het maar opgetree soos n kind van daai ouderdom.

Chris ·

As mens mooi kyk die kind wou die hond gevryf het. hier by 0.04sek het die seuntjie se hand gegaan om die hond te “pat” soos enige 3jare n hond of kat sal “pat” en toe gryp die hond hom… nee wat baai baai hond my kind se lewe is 100 keer belangriker

Stefanie ·

Ek kan nie eintlik sien dat die kindjie die hond terg nie. Of hy die hond geterg het of nie, hy is ook maar net drie. Dit is die ouers se plig om n kind te leer van kleins af hoe om met diere om te gaan, maar weer eens, hy is net drie. My honde is my kinders, maar die dag as hulle n onskuldige kind verrinneweer, word hulle uitgesit.

Columbiana ·

Aan die Pappa moenie bekommer nie jy het baie ondersteuning jy het die regte ding gedoen. Ja daar sal ‘n paar diere fanatikuste wees wat nou weer oorboord gaan met dreigemente maar dis maar net ‘n teken van hulle swak mentaliteit. Enige iemand wat jou kritiseer dink sy alie sit op sy voorkop. Jy het ons ondersteuning 100% sou presies dieselfde gedoen het as dit my kind was

Natasha ·

Liewe aarde dit kon so erg gewees het. Bly die ou seuntjie is ok. Moet jou nie steur aan mense nie. Ek was 10 jaar oud toe ek aangeval is deur ‘n rottie en dit direk na ons so lekker saam hom gespeel het. Hulle het hom nie laat uitait nie en 2 maande later het hy sy eie eienaar aangeval, hul het hom weg gegee en hy het nog 2 aangeval voor hy uitgesit is. Ek LOVE diere, maar as dit by kinders en diere kom kies mens net nie, jou kind kom eerste.

Spook ·

Aan al die mense wat skerm vir die hond. As jy kinders het maak dit nie saak of dit n hond of mens of n buiteruimte wese is nie ,jy sal val as jy my kinders iets aandoen!!!! PUNT

Alex ·

Hy het geggedoen!
Jou familie kom EERSTE, WIE ook al hulle skade maak kan maar waai.

Annelize ·

Francois, wel gedaan, dat jy opgetree het en die hond van kant gemaak het. Ons was self in die onbenydenswaardige posisie waarin ons ons jong Bullterrier reun van kant moes laat maak. Ek het met Bullterriers grootgeword, en hulle is absolute dierbare honde, maar die een het letterlik my jongste “getarget”, en hom meer as eenkeer probeer byt, na hom gehap, ergerlik vir hom gegrom noem maar op. Ek het my kind nooit alleen saam met die hond gelos nie, en die hond het dit selfs gedoen waar ons as volwassenes teenwoordig was. Ek is bitter lief vir my honde, maar NIKS en NIEMAND word bo my kinders gestel nie. Die wat jou so met klippe gooi sal straks ‘n ander deuntjie sing as hulle in jou skoene staan. Ek vir een sal presies gedoen het wat jy gedoen het, dis nou as my man nie voor my by die kluis uitkom nie. Jy het gedoen wat jy moes, wat die situasie vereis het, PUNT.

Ryno ·

Kyk die kind se linker hand reg voor die hond aanval. Mag dalk die rede wees.

Antony Henstock ·

Dit is baie erg om te sien. Ek dink die bediende is die held in die storie.
Sy het sy lewe gered. Wel gedaan vir haar. Sterkte vir die jong man, hy lyk soos
n vegter. En ja ek stem saam, kry n Staffie, hulle word nie verniet die ‘ nanny dog’ genoem nie.

Adri Rotherham ·

Honestly these animals should not be kept as pets. You never know what might set them off. But why people would defend this “animal” after nearly killing a child. It’s like they value a dog’s life more than a child’s. These attacks are happening regularly especially on small children. And then adults raise the children not to be scared of them. You should be scared!

Vanessa ·

Ek stem 100% saam, raak aan my kids en dis nag… ek is ‘n groot diere liefhebber maar ‘n aggressiewe hond sal van kant gemaak word as hy my kind aanval… geen twyfel.

Karma ·

Ek het Andrea gerapporteer, Ek voel ook dat mens nie nodig het om beledigend te raak as jy nie met iemand anders se standpunt saamstem nie.

Oor dié voorval – ek stem saam met van die lesers wat van mening is dat die seuntjie Bruno dalk geterg het en in sy gesig was met sy hande. Nie dat die kind verdien het om gebyt te word nie – ‘n driejarige weet immers nie alles wat ons grootmense weet nie. En dink net foeitog hoe seer dit moes wees en hoe hy geskrik het. Maar ek dink ook arme Bruno het nie verdien om doodgeskiet te word deur sy eie baas nie. Goddank die seuntjie het klaarblyklik nie té ernstige beserings opgedoen nie. Dink net hoe bang was daai hond toe sy baas met die vuurwapen uitkom, dalk in ‘n waas van woede en skok, en hom toe doodskiet. Die regte manier sou gewees het om die hond veearts toe te neem en daar te laat “slap” maak.

@Spikkel, kom ek sê jou: of jy nou ‘n Rottweiler of Boerboel, ‘n Malteser of basterbrak aanhou – enige hond gaan byt as daar te lank met hulle gefoeter word of hulle geterg word. Ek het 5 honde, ek weet waarvan ek praat.

Ouma ·

Karma…..weet jy hoe bang was die kimdjie toe die hond op hom spring en byt??? Maar klink my jy kan dit nie insien nie. Dink net aan ….shame…arme hond!!! Genade mens….daar is n kind by betrokke maar jy worry oor die vrees wat die hond moes verduur. Sjoe!!!!

Gesiggie ·

@ Karma, ek het n “liefdevolle” hond gehad wat nog NOOIT deur kinders geterg was nie wat op n dag my kind GESTORM het wat lans haar pa gestaan het. Ons het die hond die volgende dag uitgesit. Diere bly onvoorspelbaar, of hulle nou gesterg word of nie.

Alecia ·

Hell, hoekom het die eerste bediende nie die hond afgetrek nie, maar sy hardloop weg om die ander bediende te gaan roep. Lyk verskriklik, ek sal PRESIES DIESELFDE GEDOEN HET OM DIE HOND TE SKIET, AS DIT MY KIND WAS.

Marika ·

Ja sjoe ek stem saam… gaan eers met die wasgoed en gaan roep… ai tog en sy tel nie eers die kleintjie op nie… skok laat elke mens seker anders reageer…

Bly hy is ok

Dis scary om te sien hoe baie mense eers na die hond sou omsien ….

maar my ·

Skiet my – kyk mooi na die video, die hond is nie geterg nie, dit lyk eerder of die 3 jarige bevele uit gegee het vir die hond, want net voor hy die hond wou vryf het die hond hom aangeval. Pa jy die regte ding gedoen ek sou presies dieselfde gedoen het, my kinders ook als in my lewe.

Freddie ·

Of hy nou geterg is of nie. Ek sal hom ook skiet. Dit is n hond, nie n mens nie. En sy doel is om sy familie op te pas en as hy dit nie meer kan doen nie, dan het hy nie meer n doel nie.

AL ·

Sterkte aan die gesin en ek is bly die beserings was nie erger nie.

Potts ·

As die hond regtig aangeval het was die arme seuntjie verskeur gewees.
Toe die huishulp hom halfhartig jaag het hy meer deurmekaar gelyk as aggresief.
Nou vir die wat nog nie rooi sien nie en nog verder lees……..
Nooit sal ek my kinders alleen by groot honde laat nie……hulle bly diere en verstaan nie soos ons nie……….en ja, die regte ding is gedoen om die hond te skiet na die voorval, maar die voorval moes nooit gebeur het nie.

Deďuiwelin ·

Laaste druppel in die emmer. N rottweiler en n bulldog en n varkhond nie naby ny kinders toe gelaat nie…hulle is moordenaars. Uit en gedaan.

René ·

Ek stem 100% saam. In die berig word daar genoem daar is ‘n oppasser? Waar was sy want sy is nie haar geld werd nie. Diere is diere en selfs klein honde kan aggresief raak. Punt is moenie groot honde kry as jy weet jy kan nie die kinders alleen los nie! Mens los nie kinders sonder toesig nie!!!

Jaco ·

Ek sou self ook daai hond geskiet het as dit my kind was, moenie worrie oor wat die ander pyn in gat mense se nie hulle meening geld nie as dit by jou kind kom nie

M'Lady ·

Die hond is geterg punt. Hoekom het Bruno na die aanval nie ook die klein hondjie gegryp wat direk langs hom staan of die huishulp nie? Hierdie honde moet reg opgelei en gesosialiseer word. Is hy gekastreer want dit maak n groot verskil aan hoe reune optree. Ek sal beslis nie n rottweiler as gesinshond kry nie.

CK ·

Sterkte aan die gesin. Dis traumaties. Honde is onvoorspelbaar. Ons het al rotties gehad wat die sagste van geaardheid gehad het en dan weer een wat als en almal wou byt. Vandag het ek 2 pitbulle en ek kan maar enige plek heen stap. Die reun is my skaduwee en die teef is my kids sin. Hy reageer slegs op bevel. Honde is hul eie ‘mens’.

Mamma ·

Die skok en pyn wat deur my geruk het toe ek die video kyk, hoe ek nogsteeds bewe, se vir my dat almal van julle wat hier die seuntjie, n klein 3jarige seuntjie, die skuld gee, gewetenlose en hartelose wesens is. Daai seuntjie het daai hond NIE GETERG NIE! En al het hy, is daai hond se temperament nie geskik vir n familie nie!!!!! Mag hierdie seuntjie ten volle herstel. En julle wat hom blameer en die hond se lewe bo die lewe van n onskuldige engel kind kies, mag julle harte geraak word sodat julle ook MENSLIK kan reageer op gevalle soos die.

Nicky ·

Eintlik wil ek nie kommentaar lewer nie maar omrede ek self so iets belewe het, gaan ek. Toe ek self n kind waa het ons n Rottie gehad, hy het ook saam ons spul kinders groot geword & gespeel. Vreeslike liefdevolle hond gewees en een Saterdagaand het hy my 5 jarige niggie in die gesig gebyt en sy het hom niks gemaak nie so sulke tiepe goed KAN gebeer sonder dat die hond ‘geterg’ word. Dis baie jammer dat die hond geskiet is maar in my persoonlike opinie glo ek die pa het reg opgetree om sy mense veilig te hou. Sterkte aan die Slabbert gesin!!*

Marise ·

Ons het self met rotties groot geword. En as jy n cap of hoodie aan het het hulle vir ons gegaan. Ek sien dieselfde ding met my Saints en my kids weet ook nou om nie met hoodies of caps op te loop nie

Elsie ·

ń 3 jarige gesels met ń dier of dit sy maatjie is. Glo dit is wat die kind ook gedoen het. Sien glad nie dat hy die hond terg nie. Goed hy is doodgeskiet want hy sal dit weer en weer doen. As hulle eers bloed geproe het doen hulle dit keer op keer. Praat van ondervinding. Sterkte aan almal betrokke

charles ·

Ek val lankal nie meer vir mense se alewige: “toemaar moenie worry nie, dis ‘n vriendelike hond” nie! Pepper spray sal ek pepperspray, dis óf die hond óf my been!!!

Word alewig gejaag deur honde waneer ek op my fiets is…..moeg daarvoor.

.Vanessa ·

Dit kan ook.die hoed wees. Dalk was daar n vreemde reuk in hoed. Ag dis terrible. Ek kry almal jammer. Hierdie is nie ‘ n lekker ervaring vir enige iemand. Koop net dadelik ‘ n nuwe hondjie vir boeta, wil nie hê hy moet ewige vrees ontwikkel nie.

Yvonne ·

My seun was 4 jaar toe hy verskeur was deur n Staffie. Vandag is hy n grootman van 25, die hare groei steeds nie daar waar sy kopvel afgeruk was, en hy het net sy oorlel oor aan die een kant van sy kop.
Die hond is ook van kant gemaak. My kind was die hoeveelste wat moes deur loop. En nadat die hond my kind verskeur het, was hy eers van kant gemaak. My kind was n maand in hospitaal, moes 15 operasies ontvang, fisio en spraakterapie. Die wat so oordeel, as jy nie indieselfde posisie is as die ouer, moet asb nie oordeel nie. Dit is baie traumaties en as ek moet kies…my kind of hond…..is enige ouer se kind belangriker. Daardie hond, soos die een wat my kind gebyt het, sou dit weer doen. Sterkte aan die gesin, met die trauma en die verlies van julle dier.

Phillip ·

Chris Voslo is ook deer die selfde honde in sy erf wat hy van kleins af het groot gemaak het het hom verskuur n volwasse man daai honde is nie betrou baar nie

meisie ·

ek sien in die video die kind ht iets in sy hand dalk n broodtjie of iets dit het geval en daar is nog n klein hond ook by..

dis ondduidelik , maar kyk mooi….jong ek moet eerlik wees as my hond my kind byt gaan ek ook dalk so optree….dis as ek dit oorleef…
maar dinge kon erger gewees het en jul kan eerder as om te kla en moan die Vader dank dat jul kind gespaar is…
mag hy eendag weer n goeie honde maat vertrou…

Drix ·

Ek het ook gewonder oor die ding in die kind se hand. Die hond gaan na die tyd terug daarnatoe waar dit op die grond lê. Ongeag hoe lief ek vir diere is, so n hond gaan volgende keer makliker iemand aanval. Ek neem glad nie die pa kwalik nie.

kdt ·

ek het ook gewonder….daar le iets op die grond na die tyd.
Ek dink die rottie het klein hond prober beskerm…

m ·

Sjoe die video is skrikwekkend. Niemand sal ooit weet hoekom die hond daai reaksie gehad het nie maar mens moet ma nie sulke klein kinders alleen by sulke groot honde los nie. Iets moes daai hond se reaksie getrigger het….

pieter ·

Maklik om die pa te veroordeel maar as jy in sy skoene gestaan het sou julle diesefde gedoen het. So sterkte vir die familie en seuntjie.

Stan Bezuidenhout ·

Ek wonder of hierdie arme hond nou geskiet is omdat hy kind gebyt het of omdat die ouers kwaad is vir hulself om so groot hond alleeen te laat saam met so klein kind?

Die video begin op ‘n punt.. .Wat het voor dit gebeur? Waar die video begin is die kind se regter-hand nog omhoog. Het hy die hond geslaan?

Ek dink hier skuil meer agter hierdie storie. Ek dink ook pa moet aangekla word. As ‘n dom hond moet vrek oor sy voute, moet pa maar antwoord vir syne. Hy kan mos mooi dink, voor die tyd.

Ek glow daar is montlik ‘n oortreding van beide die vuurwapen-wet en die diere-beskermings-wet.

Ruan vorster ·

Stan, jy is oningelig die het 100% reg op getree! En raai wat in ons land is daar net 2 wettige maniere om n dier van kant te maak 1: skiet en 2: uitsit by n veearts! So nee die pa kan nie vervolg word nie al is jy in die polisie! En die hond het net gekry wat hom toe kom die hond is nie mishandel nie! Want kyk hoe gee hy pad as die bediende nader kom so hy wou die kind byt!

Alida ·

Stan waarvan moet die pa nou aangekla word? Moord? Se jy vir my. Dit is sy hond wat sy kind gebyt het en het die volste reg gehad om die ding dood te skiet.

sanna ·

Ag Ou Stan. Ek dink jy is sommer net laf en simpel. Jy het waarskynlik ook nie kinders van jou eie nie. Kinders van daai ouderdom is nog die onskuld self, al dink jy hulle is nie. Kom by man, as dit jou kind was, wat sou jy gedoen het? Die kind laat uitsit omdat die hond beter verdien? Jy is simpel man!!!

Luister ·

Dit is verskriklik. Die berig sê die kind en hond het saam grootgeword. Lyk vir my die kind wou maar net met die hond speel, soos hulle sekerlik gereeld doen. ‘n Kind van 3 weet tog nie van “terg” as sulks nie. Party honde is maar gevaarlik, en klaar.

Toetsie ·

My Pa (en ek self) is groot rottie liefhebbers en ons het al Rotties vandat ek kan onthou (hy het twee op die oomblik) my Pa het ons nooit vir een sekond aleen met hulle gelos nie. Ek het twee kinders 1 & 2 jaar, as die kinders kom kuier maak oupa die honde toe en die kinders mag nie naby hulle kom nie want tot my Pa weet al is hy hoe lief vir sy rotties vertrou hy hulle nie saam met die kinders nie. n Dier bly n dier en al is mens hoe lief vir hulle moet mens nooit n kans vat met jou kind se veiligheid nie.

Marga ·

Ek het self ‘n 4jarige kind en verstaan en weet dat kinders uittartend kan wees. Hulle ken nie die gevare van onwispelturige diere nie. Hier kan mens tog sien dat die hond geterg is en dis so verskriklik onregverdig dat die dier nou moes “pa” staan. Nooit lekker wanneer jou kinders seer kry nie, maar dan moet jy die ouer wees wat sy kind voorberei op alles in die lewe,,,,want mens kan nie orals wees nie.

Bianca ·

Wat moes die pa gedoen het? sy kind eers n helse pakslae gegee het en die hond se kop gevryf het en gese het dis nie jou skuld nie my drie jarige het jou geterg? As dit my hond was sou ek hom ook geskiet het. Deesdae is diere se lewe belangriker as mense sin. Almal is tog te gretig om klippe te gooi. As jy mooi kyk wou die seuntjie die hond vryf, die hond het gegrom en soos enige kind van daardie ouderdom lig hul hulle handjies op want hulle dink die hond wil hulle hande byt. Dis my kinders se eerste reaksie as n hond teen hul opspring

Prokureur ·

Wat is die woorde wat elke liewe honde eienaar sê wanneer hulle gedagvaar word omdat hulle hond iemand gebyt het?
“Maar die hond is so liefdevol hy het nog nooit iemand gebyt nie”
Enough said

Columbiana ·

Kind voorberei regtig? How atel jy voor moes die ouers die kind voorberei. Ag boeta staan hier dan byt die hond jou gou dis voorbereiding vir die lewe of wag ek gee jou nie kos nie want ek berei jou voor vir hongersnood of ek laat jou buite slaap want el berei jou voor om ‘n vlugteling te wees. Wat de hel.praat jy van voorbereiding want ouer is nie altyd daar nie? Is jy laf?

Sonja ·

As dit by jou kinders kom beskerm jy!!! Francois, ek sou dieselfde gedoen het. Ek kan nie dink dat die hond dit uit “selfverdediging” gedoen het nie!!! Die seuntjie het nie die hond seer gemaak nie.

AJ ·

Ek ag myself as n kenner van die meer “gevreesde” honde (veral pit bulls omrede ek so baie met hulle werk). 90% van die kommentaar hierbo is gemaak uit onkunde. Dit is ongelukkig waar dat sekere honde meer geneig is to die voorvalle, en ongelukkig is die rottweiler een van hulle. Wie te blaam is vir hierdie voorval maak glad nie mee saak in die situasie nie. Ek hoop wel dat ander nou hier uit sal leer. MAAK JOU HOND REG GROOT, MAAK JOU KINDERS BEWUS VAN HOE OM SO HOND TE HANTEER EN KEN JOU HOND! Bele in opleiding en leer jou hond se lyftaal ken. Iemand wat sy hond ken sal binne 2 minute kan bevestig of n hond in staat is om so iets te doen. Dit was duidelik in die video dat die hond “apprehensive” was en dat hy nie naby die kind moes wees nie.

As nagedagte, selfs ek wat bitter lief is vir pit bulls, sou hy my kind so byt sal ek hom beslis ook skiet. Ek wonder of daar n ouers is wat nie saam my stem nie.

Namibië ·

Hi AJ. Het het self ‘n Pit reun. Hy is baie groot. Maar die liefdevolheid vanself. Ek het my kinders die moets en moenies geleer van diere. My vriendin en haar kind het die naweek kom kuier. Die kwyl drip op die vloer so lus hy haar polonie, maar sit en kyk haar net met smeekoë. Ek was by en het vir haar gesê om nie die hond te terg nie, maar dit klaar te eet. Dit hang alles af hoe jy jou hond grootmaak en kinders leer hoe om op te tree. Die Rottie se lyftaal was klaar ‘n waarskuwing. Asof hy gespanne is en enige oomblik gaan beweeg.

jacquiline ·

Sterkte Cois en Odette. Ek verstaan waardeur julle gaan. Dis glad nie lekker nie. Dis n groot jammerte om te hoor van Bruno maar dis vir julle almal se veiligheid in die toekoms. Ons bid vir julle. Ons kan net die Vader dank dat boetie nog met ons is vandag. Xxx

Anna ·

Die mense wat so opkom vir die hond maak my siek. Julle was nie daar om te kan sê die hond is geterg nie. Lyk my as mense besluit het hulle is vir die hond, sal hulle sien net wat hulle wil. Want dit kan enige kant toe gaan. Vir my lyk dit ook eerder of die seuntjie `n opdrag wou gegee het, en toe die hond wou streel. Want wat my weer pla, is die feit dat die hond so op die kind staan, so “in your face” houding, asof hy reggemaak het om die kind aan te val nog voor hy sy hande in die lug gehad het vir watokal die rede. Daardie hond kon ENIGE tyd weer aangeval het. Die pa het reg opgetree. Punt.

Z ·

Dank die hemelse vader dat dit nie ernstigger was nie. Ek het nie self kinders nie maar ek het wel 2 peet dogtertjies van onderskeidelik 8 en 5. Ek het n boerboel en so Lief as wat ek vir my hond is sal ek ook dieselfde opgetree het in die pa se skoene. Dit is baie jammer dat die hond van Kant gemaak is maar n mens kan duidelik sien as die huishulp nie ingetree het nie sou hy weer die kind gegruip het. Sterkte vir julle gesin.

Tjaffie ·

n Hond is daar om n pel te wees vir my kinders sowel as n beskermer as hy na my hap of knor nie eers byt nie blaas ek sy kop weg en glo dit het al gebeur dis n dier en dienskneg vir my gesin nie deel van my gesin nie dis hkm ek bly is die pa het die hond geskiet! Daai kind se lewe beteken meer as n hond sin! Jy kan n hond vervang maar nie jou kind nie!Sterkte aan die kleinman en sy ouers!

Pilkewyn ·

Ek het al die kommentare gelees en dit is n jammerlike situasie …. wat gebeur het. Mensie in Suid Afrika moet leer, dat diere ( spesifiek honde) nie gebruik moet word as sekuriteit nie! Kry n huis alarm en n armed body guard as jy moet. honde is diere wat ook net so veel reg het om te lewe as enige ander lewende wese! Ek het twee kinders en ek weet hoe n drie jarige kind “ongepas” met diere kan omgaan. Kies jou troeteldier versigtig uit en “troetel” hom. Kannie n “koevoet” vir oorlog oplei en verwag dat hy dit sal geniet om met jou 3 jarige kind te speel nie. Dis so goed jy laat jou kind met n gelaaide pistool speel. btw… as jy die video mooi in slow mo kyk mens sien dat die seuntjie sy hand gelig het vir die hond. Miskien het hy hom selfs voorheen bietjie geklap. Kannie verwag van n opgeleide “killer” om daarvoor te staan nie.

An ·

Hoekom het die vrou weg geloop en nie dadelik gehelp nie…. Omw!!!! Sy kon maar die wasgoed los…. Dis ‘n 3 jarige kind, hy weet regtig nie wat is reg en verkeerd… Hy leer maar nog….

Lea ·

Ags die hond saam met die kind groot geword het voel ek ook dat dit heel uit aard is. Of die kind nou die hond geterg het of nie, feit bly staan hy het die kind aangeval. En waar, as hulle dit een maal gedoen het sal hulle weer. Boere skiet hulle honde as hulle n skaap aanval, want hulle se ook mos dan die hond sal dit weer doen. Die pa se plig is om sy familie te beskerm. Wat as die hond dit weer gedoen het. Sal jy n hond inneem wat dit aan ñ kind gedoen het. Ek is ook n diereliefhebber. Maar as dit my kind was sou ek presies dieselfde gedoen het. Die wat so oordeel, jy was nie daar nie.

Mamma ·

As ek dink Hoe lief ek my kinders het en dat ek enige iets vir my 2 seuntjies sal doen, verstaan ek glad nie hoe mense op kom vir die hond nie. Die video is angwekkens. As dit my kind was sou ek verseker ook die hond geskiet het!!!
Sterkte vir die arme klein seuntjie en aan die pa, Ja mense gaan jou veroordeel maar jyt in my oë die regte ding gedoen.

Jojo ·

Vader help daardie engelkind shame. Ek is def ni di grootste diere liefhebber ni veral as dit by my kids kom. Dis hoekom ek twyfel of my kids ooit meer as n voël of vis sal he. Sterkte seun en pappa en mamma ons dink aan julle, ek sou ook skiet defentief.

Piet Pompies ·

Ek haal aan, “Rotweillers is geteel vir beskerming en aanvalswerk”
‘n Kind van drie jaar kan nie onderskei tussen terg en speel, die verantwoordelik is by die eienaar van die hond en die ouer van die kind.

Alida ·

Rotweilers is aaklige honde. Self al onder een deurgeloop. Ek sou hom hom ook geskiet het so lief as wat ek vir diere is. Jy kan hulle gladnie vertrou nie. Die mense skerm nou so vir die hond wat doen jy as ‘n inbreker jou aanval. Jy skiet hom dood.

Blommie ·

Ek het ‘n Rottweiler teef gehad wat met ons 1ste kind baie sagkens gewerk het. My dogtertjie kon trek en klim op haar soos sy wou (tipies kind) en sy sou net rustig bly lê en verdra. Terselfdertyd kon sy nie ons werks mense verdra nie, en sou hulle verskeur as hulle naby haar sou kom. My 2de reun en 3de Rotweiler reun het van die begin af agressie getoon, gehap en geknyp en omgestamp. Ek kon duidelik sien hulle het ‘n ander temperament. Die 2de Reun het begin bok lammers doodbyt en draad gespring en ons was genoodsaak om ‘n plan met hom te maak. Die 3de Rottie het ons weg gegee toe ek die gevaartekens kon sien. Ek wonder of dit te doen het met gene en dalk telers se liefde en aandag Van geboorte tot 6 weke. Sal baie interessant wees om ‘n paar telers se opinies te hoor.

dom ·

Ag fooitog arme hond se GAT!!!!! Julle almal wat die brak jammer kry moet n lewe kry. Daai kind is amper dood gebyt. Hy is 3 jaar oud, n kind wat niete lank gelede begin loop het en begin praat het nie. Hy het saam met die brak grootgeword. Hy het hom vertrou. Net omdat die kind sy hand opgelig het beteken nie hy het die hond geterg nie. Kinders van 3 vat aan als,speel met als. Julle skynheilige mense wat so agter jou rekenaar skerm skuil en ka* aanmerkings altyd maak op mense wat in die nuus beland skrik wakker en gaan bietjie buitentoe!!!!!! Julle is lafaards!!!

bianca ·

Ek stem 100% saam met jou. Hoe het ons mensdom so verander dat n dier bo n mens is.

charlene ·

ek moes nie, ek het geweet ek moes nie die video kyk nie. Dis aaklig!!! Laat die mense maar dreig dat hulle jou gaan dagvaar daar is duisende mense wat jou sal ondersteun, baie mense wat jou kant van die storie sal sien. Die SPSA sal ook sê dis hond moes van kant gemaak word. Ek is `n bully fan so ek sal enige tyd vir honde opkom MAAR nie waar dit by kinders kom nie. Mens se kinders kom altyd 1ste. Ek is jammer dat jou seuntjie so `n tragiese ding moes deur gaan, ek hoop regtig waar hy herstel teen volle nie net sy wonde nie maar die skade wat daar aan hom gedoen is, ek hoop nie hy kry `n vrees vir diere nie. Ek hoop julle almal kom hier deur. Stekte
En aan die mense wat hom oordeel ! Maak julle damm oë oop, dis was of die hond of sy kinders, normal mense met verstand kies hulle kinders.

kindliefhebber ·

Ek kan net nie glo die huishulp het so lank gevat om te help nie, sy het eers die mandjie neergegooi toe is die hond bo op die kind en sy het van die anderkant van die huis gekom om die kind te help. as sy die mandjie dadelik neergegooi het sou die kido nie so seergekry het nie. jammer net my opservasie ….

Lindy ·

Dit lyk soos 2 verskillende dames. Lee ook waar hul se hul het n 2de persoon wat help

Henry ·

Waarom hou mens sulke gevaarlike en onvoorspelbare honde aan? Dit is selfs problematies vir volwassenes om in sulke diere se omgewing te wees en is veel erger wanneer daar ‘dom’ kleuters in die nabyheid is.

Ek is ‘n groot honde liefhebber maar het deur jare heen skrikwekkende ervarings met pelle en familie se ‘vriendelike’ en ‘opgeleide’ Rotweilers en Boerboele beleef.

Moenounie vir my vertel dat hulle beskerming teen aanvalle en inbrekers verleen nie. Enige krimineel wat ‘n huis of eiendom teiken waar sulke honde ‘wag hou’, sal die bedreiging heel eerste verwyder. Talle maklike metodes bestaan. Die maklikste en mees algemene truuk is vleis wat met ‘two step’ gedokter is en oor die heining gegooi word.

‘n Wakker klein keffer* wat in die huis woon en alarm maak is veel nuttiger. Bowendien is hul dieet baie kleiner en goedkoper as hul groot en veglustige neefs en niggies s’n.

* ‘n Klein brak (let op spelling asb)
:-)

John ·

Geen mens kan hier sit en se hy weet waneer n hond aanval of nie.Dit bly n dier net soos n Leeu n dier is al is hy mak gemaak as hy die dag besluit hy eet jou dan gaan niks hom keer nie..Die manne wat maak of julle honde ken julle weet niks dit is maar n stemetjie in jou kop wat jou laat dink jy weet als…Weet nie hoe los mens jou kinder aleen by n so n hond wat gekenmerk is om mense aan te val vir geen rede nie..

Leonie ·

Nice huishulp wat weghardloop en die ander een kom help. As die hond die hele tyd wou aanval sou hy die ander huishulp wat van die ander kant van die huis afgekom het ook aangeval het en ook die klein hondjie wat daar gestaan het. Jammer dat dit gebeur het maar die kind het die hond uitgelok ook en waarom was hy alleen buite sonder toesig? Geen hond val net aan nie. Baie jammer vir die kind en hoop hy word gou gesond. Mense moet mooi dink waste troeteldiere hulle kry met klein kinders in die huis. Oor die algemeen is baie honed nie life vir klein kindertjies nie.

Connie ·

September maand was my kleinseun David deur hond verskeur. Dit laat mens als weer beleef. Ek kon nie eers die video kyk nie. Moenie die pappa blameer vir wat hy gedoen het nie. Jou kinders is jou lewe en natuurlik het hy opgetree soos hy goed gedink het. Ek is baie bly die seuntjie is darm nou ok. Hoop hy herstel gou na so trauma wat hy moes deurmaak.

Adoons ·

Rottweilers, soos Pitbulls, is gewoon ‘n simpel spesie hond – dom en onvoorspelbaar. Honde met skerp gesigte soos skaaphonde en golden retrievers is baie meer intelligent en het oordeel om te onderskei wie is vriend en wie is vyand.

Janine ·

My Pit Bulls het beslis meer intelligensie as sommiges wat hier kommentaar lewer. Praat van ‘n simpel spesie…tsk.

Carina ·

Sjoe dis verskriklik mens kan nie meer enige honde vertrou nie. Pappa jy het die regte ding gedoen want ek sou hom ook geskiet het. My kinders kom eerste. Daai klein lyfie onder daai hond en ja die hond was verkeerd en was daarna weer aggressief en wou weer aanval. Dankie vir die bediende jy was n hero om hond weg te jaag anders was dit soveel erger. Gou gou gesond word groot seun. Xxx

Arizona ·

Ek het ook honde en is baie lief vir hulle maar glo my as my hond my kind byt wurg ek die lewe uit hom uit met my kaal hande. Hoe meer jy die lewe van jou kind aan die lewe van n hond.

DVL ·

Rotweilers is gevaarlike honde jy hou hulle nie aan as jy kinders het nie. Die pa het die regte ding gedoen my jongste is drie jaar oud en hulle verstaan nie van moenie n dier terg of te naby kom nie, vir hulle is dit speel en hulle is nie bang nie, want hulle het nog nie daai besef van gevaar nie. Rotweilers se temperament en waarvoor hulle geteel was – aanvalshonde – maak hulle gevaarlik. Hulle en Duitse Herdershonde word nie verniet “baasbyters” genoem nie. Maak nie saak of jou kind saam hulle grootword nie. Ek is mal oor groot honde maar sal nie so gevaarlike ras by my kinders aanhou nie. Ek oordeel nie die ouers nie ek verstaan n mens het dit nodig veral op plase.

Elrien Gerber ·

Ongelukkig was dit nodig om daardie hond te skiet want hy sou weer gebyt het. Sy liggamshousing sê dit alles. Maar! Dit lyk vir my of die kind kos in sy hand gehad het. Kyk die ander hond snuffel ook vir iets. Of hy die hond geterg het, dit weet ek nie. Sulke honde moet baie goed opgelei word en jy los nooit jou kinders alleen by die hond nie. Ek voel oor die algemeen mense neem nie genoeg verantwoordelikheid as dit kom by hulle diere nie. Jy het ‘n verantwoordelikheid teenoor die kind sowel as die hond.
Ek hoop die seuntjie se wonde binne en buite word gou heel.

A ·

Ai siestog dis verskriklik! Mens kan duidelik sien die seuntjie het met die hond gepraat, hy het net beduie met sy handjies. Glad nie geterg nie.

Kara ·

Presies wat ek sit en dink het, hy het net met sy hond gepraat. So hartseer.

9mm ·

Jammer vir al die slim tree huggers. Ek sou hom ook skiet as dit my kind was. Ek sal selfs die buurman se hond skiet as hy sy kind aanval……..

chantelle ·

as die een bediende ni so truerig was om weg te hardloop nie sou dinge nie so erg gewees het nie, ek sou dadelik op die hond afhardloop het met die bleddie wasgoed mandjie, liewe hemel, hyt seker met die hond gespeel soos hy elke dag speel , as n hond eers een keer byt sal hy altyd! my suentjie ook elke dag met hond gespeel tot hond om eendag sommer van agter af genip dat hy blou is op die rug terwyl hy geswing het, toe is dit sommer koebaai hond,

Self gebyt op 4 in die gesig ·

Die ras hond is nie die probleem nie, die kind is nie die probleem nie, dit is ‘n fratsongeluk. ‘n hond wat ‘n mens so aanval kan ongelukkig nie weer om mense, veral kinders vertrou word nie. Al “lyk” dit vir mense die kind terg die hond, hy kon net sowel vir sy woef ‘n lang verduidelikende storie vertel het. Daar is nie klank nie, so hou op hekse jag. So sleg om jou eie troeteldier te moet uitsit. Eerder dit as hom weggee vir ‘n “goeie huis” waar hy dalk mishandel word. Hoop die seuntjie sterk vinnig aan.

Rika ·

Die arme dierbare kind, ek hoop en bid dat hy volkome genesing sal ervaar.
Ek stem saam dat die pa reg opgetree het, die kind is maar 3 jaar oud en sien die hond as sy maatjie. Ek sal enige iets vir my kinders doen en dit is n ouer se plig om hul kinders te beskerm, te ondersteun en life te he. Ek wens net die eerste bediende wat uigekom het het die kind gehelp want dit was n hele paar sekondes voor die tweede een uitgekom het en intussen het die hond aanhou byt. Ek hoop die seuntjie kry berading want ek is seker hy kry die vreeslikste nagmerries.
Pappa, jy het beslis reg opgetree, ek sou dieselfde gedoen het vir my kind.
Baie sterkte aan julle gesin, ek dra jul in my gebede aan ons Hemelse Vader op

Elize Parker ·

Genade mense, geen hond is ‘n kind se lewe werd nie! Die feit bly staan, die hond het die kind aangeval en kon dit weer doen met enigeen anders. Ek kan my net indink hoe geskok hierdie mense moes wees!

Petra Brummer ·

Ek is saam met die ouers baie dankbaar dat hulle seuntjie lewe en al sy ledemate het. My broer ‘n volwasse man is deur heeltemal onverstaanbare rede Desember 2001 deur sy eie hond met Rotweiler bloed, gebyt .- Hy het in die proses ‘n arm en been verloor – en glo my die volgende 10 jaar was nie vir hom ‘n maklike en kort pad nie.
Sterkte en bid vir julle

Duys ·

Ek se gladnie n kind verdien die nie maar let enige iemand op dat die seuntjie n masker op sy kop gehaad het. Jy sal sien na die tyd is dit af. Jy kan sien die hond wou dit af he, ek dink nie dit was die hond se bedoeling om die seuntjie tebyt nie.

Annerie ·

Ek is saam die pa. Ek weet van twee gevalle waar dit beidr rotties was wat aangeval het beide in my familie en die hond was nie geterg nie. een geval nog waar die hond op die kind gele het en gelek het, kind nog gelag het en toe gryp die hond die kind. Pappa sterkte vir julle met al die slegte kommentaar en vinnige herstel vir julle seuntjie

peter ·

Wat ‘n tragedie aan beide kante. Ongelukkig is groot honde, Wag honde en nie Troeteldiere nie.
Dis ‘n volwasse Rotti en ek het nog net Rottis gehad. Hulle is duidelik om te lees en verstaan. Moenie aan sy kop vat nie. OOk nie hulle ‘hug’ nie. Hulle moet jou oppas, nie jou vry nie. Geen kinders onder 5 alleen by hulle nie. Slegs kinders wat ‘n kop hoer as hulle staan. My Rottis se bloedlyne het ek by een teler gekoop deur die jare. Ouers skou kampioene. Hulle het nooit van klein kinders gehou nie behalwe my kinders, dus is my honde toe gesluit tot my gaste weg is. Kinders vat hard dan grom hulle. Pappa, leer jou kids respek vir groot honde. Rottis is wonderlike,getroue honde. Die was ‘n groot misverstand. Die seuntjie het ‘n bevel gegee en die hond het nie verstaan nie. HOnde karnuffel baie rof. Geen aggressie by die hond te sien nie. Sy stert waai, dus wag hy vir die volgende bevel. Daai een met die mandjie kon beslis vinniger opgetree het. Sy kon die tragedie verhoed het, toe hol die banggat weg. Die pappa moet asb mooi aan boetie verduidelik wat gebeur het en dat dit net ‘n misverstand was en dat boetie nog nie mooi ‘hond’ kan praat nie. Jammer oor jul verlies en hartseer.

Sonica ·

Aan al die mense wat opstaan vir die hond. As jy by ‘n erf in stap en die eienaar se vir jou ag moenie bang wees vir die hond nie, hy het nog net my kind verskeer en nog so twee ander mense gebyt gaan jy die hond vryf en met hom speel en hom vertrou of gaan jy heeltyd oor jou skouer loer. Dit is waarom die honde uit gesit word omdat jy hulle nie weer kan vertrou saam met ‘n kind of volwasse persoon nie. Gaan jy die hond verkoop of gee aan iemand anders sonder om dit te noem. Nee, so nou wat dink jy moet mens anders doen. Talle se so vinnig “doodstraf” vir moordenaars maar kan nie eens doodstraf vir ‘n hond aanvaar nie. Sterkte aan die familie.

*cccc ·

My seuntjie is 2 en n half, en hy klim bo op my ouers se German Sheperd. Die arme seuntjie het nie die hond geterg nie. As dit my kind was sou ek die hond ook doodgemaak het. Honde is nie mense met gevoelens nie. Jy kan n hond vervang, maar nie n kind nie.

Janine ·

Die feit dat jy as ouer jou kind toelaat om bo-op die hond te klim, is ‘n probleem. Honde ‘tolerate’ sekere dinge; net tot op ‘n punt. Dis bitter onverantwoordelik en presies hoekom sommige honde “net eendag” aanval.

Nico ·

FLIP DIE HOND EK SOU PRESIES DIESELFDE GEDOEN HET!!!En die res van julle wat ag shame kyk uit die dier se oog uit ,kom by jy is n mens nie n dier nie!

mevrou ·

soveel veroordelings. na my kennis is n rottweiler soos n onderwyser. n boelie tussen kinders en n lafaard tussen groot mense. ek weet van menige Rottweiler’s wat kinders gebyt het. opvoeding kom ook nerens te pas in diere ootrede nie. my kinders het met groot honde groot geword. hengse n bokser wat met hulle geboks en “open the gate” gespeel het. sy was menige kere “gehands up” met n speelgoedvuurwapen in haar gesig. een hond was al volwasse voordat die kinders begin opdaag het. hy het nooit van kinders gehou nie en het altyd by my kom skuiling soek as kinders, self my eie baby hom gekom het. honde is redelose diere. hulle gedrag is nie gewaarborg nie. daar is goeie Rottweiler’s daar buite wat goed is met kinders. net, ek het nog nie een teegekom nie.

Helena Sloane ·

Ek neem nie die pa kwalik dat hy die hond geskiet het nie. Volgens die video lyk dit of daar n kosbak naby was. Dit lyk ook of die hond self opgehou byt het. Ek glo as daai hond ernstig was, was die seuntjie dood.

Jvz ·

Gaan kyk maar oor die afgelope 100jaar se koerante, watter honde val mense aan, kids en selfs sy eie eienaars? Rotweilers, Boerboelle, Varkhonde… Nog nooit gelees van n skaaphond of Golden Retriever of Jack Russel wat iemand se kopvel probeer afruk nie. Die man het reg opgetree, die hond gelyk inelkgeval of hy wou teruggaan vir 2e sarsie. Hy wou tien teen een dominansie wys… Hul is mos “pack” diere. Ek vrek ook oor diere en het self 4 honde, maar mens kom eerste.

elsja ·

Ek het ook n rotti baie lief vir hom, my man laat glad nie toe dat kinders naby hom kom nie.Wanneer my klein kinders kuier is rotti op sy plek en kinders speel lekker en Oupa kyk.

Johan ·

Hier is nie genoeg evidence om presies te se wat gebeur het nie…MAAR…teen die tyd wat ons hier inkom, lyk dit of DIE rottie reeds gegrom het vir die mannetjie. En wie weet hoekom….. MAAR….daai laatie was bang toe die hond hom staar…..en hyt probeer die hond control omdat hy kon sien….Ek was self as kind in daai situasie. Maar die rottie was reeds reg om hom op sy plek te sit en sy eie dominance af te druk…OBVIOUSLY is die dames wat daar werk nie in beheer van hom nie want nie een wou regtig help nie..kom ons wees eerlik hulle lyk baie bang. En so….dit was juis die kind se vinnige beweging wat hom laat spring het. Hierdie is ‘n hond wat, eerstens, probably nie genoeg oefenig en stimulasie kry nie, en tweedens, die eienaars het seker nou vir die eerste keer besef dat groot honde nie bedoel is vir almal nie. Soms, as niemand daar is om hulle te beheer nie…neem hulle self beheer. Hulle is trop diere…dis hoe hulle groep dinamika werk. Stout kinders kry pak. Rotties, Boerboele..feitliks meeste groot breeds moenie sommer net alleen saam kinders gelos word waarmee hulle nie gereeld interact nie. Dis jammer die hond is nou dood…maar komaan…wat sou jy gedoen het?

Linda ·

As ‘n hond ‘n kind aanval omdat daar ‘n kinder handjie in sy gesig is is die hond ONSTABIEL.

FINISH en KLAAR.
Dit laat my sidder hoeveel aggresiewe, onstabiele honde loop rond in mense se agterplase. Jy kan ‘n goeie, stabiele, rustige WAGHOND he wat nie jou familie sal verskeur nie, maar wat jou familie sal beskerm.
Agressie maak nie ‘n goeie waghond nie en honde wat geleer word hoe/wanneer om te buit is nie noodwendig aggresief nie!

Patrich ·

Wel as dit met my kind gebeur het dan sou ek presies so opgtee het. As n hond eers eenkeer n kind gebyt het en bloed geproe het sal hy dit wee doen. Praat uit self onderfinding.

Rifrug ·

Enige ouer wat sy kind lief het sal n leeu met n broodmes aanval -niks teen groot of kwaai honde nie het self 3 maar sekere honde se koppe is warm kan al van kleins af raakgesien word jy kry dit in alle rasse sekere honde het maar net nie die temperament vir kinders nie en ek praat nie van n soort ras nie ander sal weer n kind met sy lewe verdedig en beskerm ek is baie lief vir honde maar as hy vir my kind grom is sy tyd om sterkte en bly jul seun oraait dit net genade al die EER AAN ONS HEMELSE VADER

G ·

Ek is ‘n groot hondeliefhebber, maar ek stem saam dat die hond baie beslis nie weer naby die kind/familie vertrou sou kon word nie. En min ander mense sou hom wou gehad het na so ‘n aanval. Ek glo nie dit was maklik vir die pappa nie, maar ek glo hulle sou later meer spyt gewees het as hul die hond gehou het. Sterkte aan die seuntjie en sy familie.

Amanda Prigge ·

Ek is op 33 deur i hond aan geval terwyl ek op die grasperk gelê het, op my maag. Hy was nie getart nie, hy het net ‘n swak temprament gehad. Vandag werk ek elke dag met honde en kan sê soms doen honde dit omdat hulle getart word, soms omdat hulle met te min aandag groot geword het, en soms is dit swak gene en soms is hulle net evil. En dit gaan vir alle honde rasse, van Jack Russels, Maltese, Pikanese en Scotties tot giant Schnausers, Bouviers, Airdales en Chow. Gee honde baie aandag wanneer hulle by jou is, maar wees altyd versigtig. Dit bly ‘n dier. Ek sou seker ook die dier van kant gemaak het as dit my kind was. Die Jumbo wat my destyds gebyt het het my as volwasse amper dood gebyt, so jy kan bly wees jou kind leef. Alle beterskap vir die ou seuntjie

Amber ·

Ek het twee Beagles. Liefdevol!!! Hulle het net een negatiewe eienskap. Sterte swaai vir vreemdelinge by my voordeur. . As hulle kon, sou hulle die skelms innooi. Dis moeilik om te bepaal, wie en wat is die regte hond. Is n waghond ook n kinderhond?

Liendempers ·

My skoonpa het altyd gese. As n dier vir jou skade maak, moet hy gaan. Die pa is 100% reg. Die hond moet geskiet word. Ek wonder of die hond skrik gevang het toe die bediende met die wasmantjie after hom ingekom het nie? Maar hoe dit ook al sy, hond moet geskiet word en ek twyfel of die bediende met die wasmantjie nog lank in my diens sou bly. Eerste reaksie moet wees om te help, nie omdraai en weghardloop nie. Ek weet dit kon glad nie lekker gewees het vir die pa om die hond te skiet nie. Maar reg is reg. En die mense wat hulle mond uitspoel omdat die hond geskiet is, is duidelik nog nooit gebyt nie.

Naas ·

Interaksie met enige hond is altyd ‘n berekende risiko. Die wolhaarbrakkie wat 13 jaar met kinders gespeel het en toe uit die bloute ‘n 2-jarige in die oog gebyt het, is ook uitgesit.
Daar is nie tweede kanse vir honde wat enige persoon byt behalwe booswigte nie.
Al die Rotweilers wat ons gehad het sedert ons kinders was, was anders al het meeste van dieselfde bekende teler in Koppies gekom. Die feit is dat hulle baie dominant is en dat hulle nie sommer dominansie van ‘n jong kind sal aanvaar nie.
My broer het 3 seuns op en oor sy Rotweleiler grootgemaak en hy het net daar gelê en niks gedoen nie tot hy weens ouderdom van kant gemaak moes word. Dit het my altyd laat sidder van vrees, maar elke man ken sy hond en bereken self die risiko.
Ek laat nie sommer laerskool kinders alleen by my Rotweilers nie en maak liewer toe as daar ‘n onbeheerbare situasie met te veel kinders soos by ‘n braai is.
Daar steek dalk iets in die hoed of masker opmerkings, want my huidige Rotweiler wil my hoërskoolseun se vriende wat hy goed ken, aanval as hulle met ‘n keps hier opdaag. As dit af is, is hulle weer vriende.
As ‘n Rotweiler eers staan soos Bruno staan voor die aanval is dit klaar te laat tensy sy eintlike baas daar is om hom onmiddellik vas te vat.
Sterkte vir die familie en ek is bly Marco gaan ten volle herstel.

Kula ·

Please don’t feel responsible for what happened to your son, or let people’s negative comments affect you in any way. I owned a Border Collie which is a very placid breed. For NO apparent reason she turned and attacked my daughter who was 18 months at the time. The dog was never teased or abused in any way. Please folks, don’t live with the false sense of security that “my dog won’t bite”….it can happen to anyone.

Christine ·

Hul moet dalk daarna kyk om di hond te laat toets vir hondsdolheid. Almal dink dit kan ni met hul gebeur ni of hul is ni in ‘n area waar dit voorkom ni. Wel dit kan met enige iemand gebeur. Ek is 2weke terug gebyt deur my saggeaarde Great Dane. Dit ook nadat hy 1 vd familie se kinders 2weke voor dit gebyt het. Gaan vra veearts wat ons kon doen met di hond wat net ewe skielik byt,ons moet di hond dringend na hom neem. Daar gekom het my saggeaarde rustige hond MAL geword. Hul moes hom noodgedwonge laat uitsit,al di tekens was daar vir hondsdolheid. Hond is positief getoets en nou moet ek en di familie kind ‘n reeks inspuitings kry om te voorkom dat ons dit ni kan kry ni. Ons bly binne die dorp,geen kanse vir hondsdolheid ni (of altans so het ons gedink )

LM ·

Snaaks hoe daar altyd mense is wat dinge net MOET erger maak. Daai gesin is klaar in ‘n toestand en ek glo dit wat die pa gedoen het, was defenintief nie bedoel om verkeerd te wees nie. Mens kan nie oordeel as jy nie self in so situasie was nie. Of die kind nou die hond geterg het of nie (hy is NET 3 jaar oud – dis ‘n kind). Maar dan sal mense nou wil dagvaar om net dinge NOG erger te maak vir die gesin. Hoe durf julle, julle behoort julle te skaam!! Gaan soek aandag op ‘n ander plek.

Tanya ·

Ek sit nou maar so in stilte en kyk na die kommentaar en wonder maar net. Wat verwag die mense wat se die hond hoef nie geskiet te gewees het nie? Moes die man sit en wag vir die volgende keer wat die hond die kind sou byt? Miskien dood?

Tanya ·

Ek sit nou maar so in stilte en kyk na die kommentaar en wonder maar net. Wat verwag die mense wat se die hond hoef nie geskiet te gewees het nie? Moes die man sit en wag vir die volgende keer wat die hond die kind sou byt? Miskien dood? Nee wat, die regte besluit was geneem toe jy die hond van kant gemaak het.

Bianca ·

Sjoe ek moet sé ekt sommer so naar kol op my maag na ek die video gekyk het. Wat ek nie kan verstaan is hoekom die eerste bediende in die video nie probeer help het, dalk die mandjie gebruik het om die hond te slaan, dan kon dit dalk vermy gewees het. Ek kan dink sy was seker bang maar as dit by kinders kom, dink ek liewer bang as wat so kindjie verskeer word. Ek voel jammer vir die ouers, want mense oordeel maklik, ek kan net dink hoe die ouers moet voel want dit moet baie erg wees as so iets met jou kind gebeur, ek is nie ‘n mamma maar wel ‘n tannie en ek sal enige iets doen om daai kindjie veilig te hou en te beskerm. Dis wel sleg dat die hond geskiet moes word maar ‘n kind se lewe is baie belangriker. Sterkte vir die ouers en hoop seuna word gou gou beter. Gebede xxx

FvHeerden ·

Regte hond verkeerde plek? Verkeerde hond regte plek? Sien dit soos jy wil maar ek twyfel nie daarin dat as n inbreker oor die muur gespring het die hond hom sou aanval nie dan was die opskrif hond red kind en ons almal het vir die hond n slaapkombersie gehekel-nietemin die eerste werker kon 80%van die skade beperk het as sy die hond weggejaag en nie weggehardloop het nie.Die kind is te klein by so tipe hond sonder toesig leer jou kind common sense behandel n hond met respek moenie aan n hond karring as hy eet nie moenie sy ore of stert trek nie.Met werk en alle dag se dinge spandeer ons dalk te min tyd met ons diere om op te let dat die dier dalk onveilig vir my kind is.Sekere honde van alle rasse het maar net nie die temperament vir kinders nie .Was dit my kind het ek die hond met tuinslang verwurg.Ek is baie lief vir honde het self 2rifrug honde maar gee genoeg aandag aan jou hond elke dag let van kleins af op na sy gedrag dan kan jy dalk so iets voorkom.Sterkte met jul seuntjie ek is bly hy is oraait !ons SKEPPER HET hom bewaar en so ook vir my en jou elke dag!

Zelda Meyer ·

Onverantwoordelike volwassenes. As jy kinders het weet jy los nie ‘n kleintjie alleen by ‘n hond Kinders terg trek ore die stert of byt ens. Hond sou gewaarsku het met ‘n grom, maar soos op die video is daar geen volwasse persoon om die gevaartekens te sien en die kind uit die situasie te verwyder nie. Die kind is op die hond se ooghoogte is en kyk hom direk in die oe – probleem! Duidelik daar is reeds iets aan die gang met die kind en die hond. Die vinnige hand beweging by hond se gesig – probleem Dalk het die hond gedink – klap. Wat is die goue reel vir almal? NOOIT in hond se gesig nie! As jy so groot hond wil aanhou, maak seker jy verstaan honde. Ek kan praat as eienaar van 2 boerboele met’n baba toe hulle 21 maande was. Een insident – toe my kind ook 3 was – waar die teef ligte waarskuwingsbyt gegee het. Hond nie geskiet, dit was my skuld, moes kind dadelik weggeneem het. Daarna uitgevind sy het kanker en die kleintjie was steurend. BELANGRIK is dat kleintjies NOOIT alleen by honde gelos moet word. Ook duidelik die 2 werknemers nie geleer is hoe om op te tree nie. Die een hardloop weg! en die ander een neem hoe lank om te help. My opinie, volwassenes hier te blameer vir nalatigheid. Ons moet ophou om almal en ander te blameer vir ons eie stupidity.

Anna ·

Kry die kind jammer want hy het sonder toesig buite gespeel en mens moet eerder geen hond vertrou nie. My kleinseun is deur ‘n Jack Russel gebyt aan sy bo-been – die hond was gewoond aan hom, maar ons weet steeds nie hoekom hy hom aangeval het nie. Vertrou geen hond waar kinders speel nie. As die hond al van die geboorte van daardie kind by die mense is, moes hy nou al gewoond gewees het aan die kind.

kdt ·

Wat le daar op die grond op die einde?
ek dink daai klein hond het iets met die ding te doen. Ek dink die Rotti het die klein hond prober beskerm.
Of, die rottie is geterg met kos…..

Zelda Meyer ·

Ek is jammer dit is weer ek, maar hoe meer ek kyk na die video, hoe meer wonder ek oor dinge. Ek dink hier is meer emosie in die skiet daad gewees as bang wees vir weer byt van die pa se kant af. Te verstane. Die kind lyk nie so bebloed op die video soos dit uitgemaak word nie. Die seuntjie is heeltemal in staat om op te staan die werknemer se hand te neem en te loop. Die werknemer was nie te bekommerd nie. net die hand geneem en geloop. Sy lyk nie bang of bedreigd nie. Die hond was nie van plan om enigiemand anders aan te val nie. Hy hardloop weg, staan weg en kom net nader om te sien wat die klein hondjie doen. Die hond lyk amper, jammer om dit te se, maar asof hy speel? Ek is nie ‘n kenner van honde lyftaal nie. Dit is ‘n tragiese misverstand wat ek weereens op die afwesige volwassenes wat moes toesighou, blameer. Nie die hond of die kind nie. Kyk ook na albei handjies van die seuntjie. Nie net die een nie, albei lig op asof hy gaan slaan. Dalk is die hond al geklap en die assosiasie word gemaak?

Cacophony ·

Die kind se kopvel is afgeruk daar is geen tragiese misverstand daarin nie. Die hond is dood en dis good riddance voordat hy dalk volgende keer kind doodbyt

Willie ·

Ag nee wat, sorry “oubaas se honne”. Die kind(ers) kom 1ste. Altyd. Pa Francois, jy het nie ‘n ander keuse gehad as om die hond van kant te maak nie.

NICKEY ·

Verbeel ek my of is daar ‘n tweede hond op die video? Schnauzer? Kind het dalk iets vir die ander hond gegee,,,, hand in lug op video…voor aanval ? Rottie wou blykbaar ook sy deel he… en is weg gejaag. Toe val hy aan…. Dalk het dit al meermale gebeur ?

Simpatie aan ouers en seuntjie,, maar my hart bloei vir Rottie wat met sy lewe moes boet.

Cacophony ·

Wat stel mense voor moes gebeur het. Moes die hond ‘n boete opgelê word, gestuur word vir rehabilitasie, of wag miskien aangegee word vir aanneming. Pragtig dan lees ons oor so paar maande van aangenome hond wat kind verkeur het. Hond wat byt moet uitgesit word finish en klaar!

Fiefie ·

Ek skryf hieroor omdat dit al met my gebeur het. My kopvel is nie afgeruk nie, maar beide my oe kon uitgewees het. ‘n Hond het GEEN verskoning om enige mens te byt nie. Ek was veertien jaar oud toe my tannie se boerboel my een oggend in die gesig gegryp het. Ek het my oom gesmeek om hom asseblief nie te laat uitsit nie, en hy het dit nie gedoen nie. Nadat hy my gebyt het het hy my suster se 2 jarige dogtertjie probeer uit my suster se arms gryp, en hy het 2 ander mense daarna probeer byt. As ek toe geweet het wat ek nou weet (en miskien se ek dit omdat ek ”n ma is en soos een dink) moes daai hond in ‘n oogwink uitgesit word. Ons almal was ongelooflik lief vir hom, maar as honde eers bloed proe is dit verby. Ek is vandag 26 en dra steeds die emosionele en fisiese merke en letsels daarvan, en dis iets wat jou hele lewe by jou bly. Die dag voor my troue laasjaar het my tannie se Jack Russell na my gesig “gesnap”toe ek lanks hom gaan sit het, en weet jy, ek het ‘n angs aanval gekry daarna. So mense moet mooi dink voor hulle die pa veroordeel, Meneer, jy het die regte ding gedoen.

Beatrice ·

So lief soos wat ek vir my diere is sou ek presies dieselfde opgetree het as hierdie pa. Ek dink enige iemand wat oordeel het sekerlik nie kinders nie… jou kind se veiligheid kom eerste.

Irene ·

Ek is jammer om te se, maar hemel dit het die bediende darem maar lank gevat om tot die kind se hulp te snel! Sorrie, maar ek moes dit net se! Ek sou mal geword het!

Erenstig ·

Enige hond wat my kind so byt sal dieselfde pad volg daai kind is 3 hy weet mos nie dat jy nie n hond in die oe moet kyk nie ek het n boerboel, n German Shepherd en n Great dane my Kinders speel met die Honde en kan tot hul in die oe kyk hulle by nie daai rottweiler het gekry wat hy verdien het nie die kind nie. En as Enige iemand dit nie kan raak sien nie moet Julle sielkundige toe gaan en Julle Koppe laat Lees!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.