[Video] Olifant dood ná storm in Kruger

Foto: Facebook via Latest Sightings – Kruger

Die karkas van ʼn olifant, wat vermoedelik deur weerlig doodgeslaan is, is Dinsdagoggend naby die Satara-ruskamp in die Krugerwildtuin gevind.

Besoekers het glo op die karkas afgekom waar dit in die middel van die pad gelê het. ʼn Foto van die karkas is deur Kruger Latest Sightings op sosiale media gepubliseer en het tot baie bespiegeling gelei oor wat die olifant se dood kon veroorsaak het, aangesien daar geen sigbare tekens is dat die olifant deur ʼn roofdier aangeval of gevreet is nie.

Sommige sosialemediagebruikers het bespiegel of die olifant dalk deur stropers geteiken is, terwyl ander gewonder het of ʼn voertuig die dier raakgery het.

Reynold “Rey” Thakhuli, woordvoerder van SanParke, het aan Maroela Media bevestig daar word vermoed dat die olifant deur weerlig getref is, aangesien daar Maandagaand ʼn hewige storm in die gebied was. “Die dier is ondersoek en daar is geen klinkklare bewyse vir enige ander oorsaak wat tot die olifant se dood kon gelei het nie,” het Thakhuli gesê.

Hy het gesê die olifant se tande is verwyder, geregistreer en deur die SanParke-bestuur gestoor. Die karkas van die olifant is vroeër vandag verwyder.

Posted by Jane Bingham on Tuesday, October 10, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tania ·

Niks en niemand spring die vreeslike storms vry nie, arme hulpelose diere.

Somer maar net ·

Dis nie so moeilik om uit te ken of die reus doodgeslaan is nie as roofdiere hom nie wil eet nie. Selde met beeste!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.