[Video] Omstanders plunder geldwa ná transitoroof

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

As dit geld reën moet jy skep.

Dít is wat omstanders Maandagmiddag in Noordwes gedoen het kort nadat rowers op ʼn G4S-geldwa toegeslaan en dit glo van ʼn onbekende bedrag geld beroof het.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn video van die toneel, ná die geldwa beroof is, is aan AfriForum se beheerkamer gestuur.

In die video kan ʼn mens sien hoe omstanders geld uit die wrak van die geldwa plunder. Dit wys ook duidelike koeëlmerke aan die pantservoertuig se ruite.

Volgens Müller het die voorval op die R510 naby die Monnakato-A-nedersetting noord van Rustenburg plaasgevind.

Meer inligting oor die rooftog en plundery is nie in die stadium bekend nie.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke in Noordwes, het gesê die voorval word nog ondersoek. Sy het medianavrae na die Valke se nasionale woordvoerder verwys, wie nie dadelik bereik kon word nie.

Maroela Media het ook navrae by die provinsiale polisiewoordvoerder gedoen en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Liza101 ·

Die mense is honger terwyl die regering in weelde lewe… Ek sou dalk ook gesteel het as my kinders honger was!

Hendrik ·

Nee wat ek stem nie saam nie. Was al honger met niks in die yskas en het niks gesteel nie.

Francois le Cochon ·

@Hendrik. As daar niks in jou yskas te ete is nie, vat jou Merc en ry na die Mall. Trek geld met jou “private banking” kaart, en gaan koop iets lekkers by Woolies!

Kom Ons Boks ·

@Francois le Cochon: Is dit nie wonderlik wat hard-verdiende geld nie kan vermag nie…

Hendrik ·

Francois en as daar nie ‘n Merc is nie, daar nie ‘n kaart is nie? Jy weet nie waarvan jy praat nie ou maat.

pixie coertzen ·

Liza101 Ek stem 100% saam met jou.
Alida jy het dit goed gestel IF YOU SNOOZE YOU
LOOSE. Ek hoop talle magies was vol en dat hulle lekker ge eet het. Ek wens ek was ook daar, ek kort
‘n paar rand.

alida ·

Ja wel die geld lê dan net daar !!!! “If you snooze you loose”. Wie anders sou dit dan opgetel het? Tenminste kan daar vanaand ‘n paar honger mense kos kry.

Kaspaas ·

So Alida as jou huis oopstaan kan iemand net instap en vat wat hulle wil en dit maak dit reg. As dit jou geld was so jy dieselfde se? Nee dit is diefstal die wagte le seker iewers beseer of getraumatiseerd.

Haan ·

Siestog en die arme transito rowers kon darem ook hul leë magies vul vir n rukkie.

Johann Marx ·

Jou vraag is verkeerd. Dit moet wees: Wat sê die Bybel vir die wat daarin glo, oor steel. As jy ‘n voorvader aanhanger is, gee jy nie OM wat in die Bybel staan nie, doen jy?

M ·

As dit pap… of in dié geval, geld reën, moet jy skep pappie!

Lafras ·

Dan is hulle mos ook skuldig aan roof, nie waar nie? As iemand by n jewelry shop inbreuk, kan ek mos nie direk daarna ook ingaan en net vat nie. Julle is nou deel van hierdie rooftig, eenvoudig soos dit.

Elizabeth ·

Dankie, Estelle. My sinnetjie is verwyder. Die waarheid is dikwels ongemaklik.

Awie Opperman ·

Wil ek ook weet. In die sogenaamde ras voorvalle, word die blankes se gesigte duidelik gewys.

Snaaks ·

If you cant beat them lets join them….dis hoekom die land eerder agter uit boer as om voorentoe te beweeg

GATVOL ·

Jy weet !!!!! Party mense het maar net geen integriteit in hulle nie!!!!!!! Swak!!!!!

Lollie ·

Hulle is tot op video maar hulle sal daarmee wegkom. As dit wit was dan was hulle al gearresteer gewees. Dit is nou ook juis waar die duidelike verskil ook inkom, die wittes sal dit nie doen nie. Ai, nuwe SA tog vir party die land van melk en heuning! Dit reën tot geld!

Anoniem ·

Dit is net waar jy die fout maak!Jy kry ongelooflike oneerlike blankes,wat nie skroom om hul medemens in te loop en te besteel nie.Glo my ek praat van eerstehandse ervaring,omdat ek n mede afrikaans sprekende “boetie/sussie” geglo en vertrou het.

Karma ·

Man, Anoniem, net omdat jy per ongeluk ingeloop is deur ‘n mede-wit Afrikaanssprekende, maak ons nie almal sleg nie. Dit is niemand se skuld dat ‘n enkele oneerlike persoon jou ingeloop het, as jy byvoorbeeld uit goedhartigheid of menslikheid opgetree het nie.

Jy mis die punt. Wat hier gesê word, is dat die deursnee wit Afrikaanssprekende nie soos ‘n swerm sprinkane op ‘n beroofde geldwa sou toesak om die paar R5’e wat nog daar lê, op te raap nie, terwyl die arme wagte dalk getraumatiseerd, beseerd of selfs sterwend/dood daar êrens rondlê. Die deursnee wit Afrikaanssprekende person is te ordentlik daarvoor.

Alida ·

Ek weet darem nie of dit steel is nie. Daar was nie wagte by die wa nie en die geld was nie in ‘n gebou waar ingebreek moes word nie !! Dit het rondgewaai in die wind. Wie gaan die los?

André ·

Sou jy as wag nog by die voertuig gewees het as jy so pas geroof was? Die wagte is dalk beseer. Ek sien dit as steel want dis nie hulle eiendom nie en verder is dit ń “Crime Scene”

Ron ·

Dis Steel punt !!!
Spreekwoord ” deler is so goed soos die steler ” som dit op
En dan in Openbaring 22: 11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word “

margi ·

Ek stem saam met Liza 101. Ek kan verstaan hoekom hulle dit gedoen het. Wit of swart. Om eerlik te wees, ek dink ek sou ook as ek in armoede se skoen was met min hoop en ‘n familie. Steel eerder anonieme geld wat rondwapper. Wat gaan jy doen as jy op ‘n kuspaadjie gaan draf en daar lê R200 in ‘n bos? Dit los? Jy gaan dit optel. Wat jy daarmee gaan doen is vir elkeen ‘n ander saak.

leon ·

Die kommentaar van sommige hierbo is skokkend!!!

Dit is waarom ons in so ‘n verval is. Jy vat nie wat nie aan jou vbehoort nie punt!!

So onregmatige grondvergrype, ala Zimbabwe styl, deur arm mense, is korrek?

Dink bietjie wat julle kwytraak.

Maggie ·

Ek stem saam met jou,Leon.Ek kan nie glo soveel mense hier sien dit as aanvaarbaar nie.Dis skokkend. Wat het geword van ons nasie se morele waardes en integriteit?

Ook vat ·

As ek op die toneel sou wees dan sou ek dit ook optel en saamvat, of dit nou steel is of nie maar een ding staan vas ek betaal meer dan genoeg belasting.
Ek sal myself treat want die government doen dit nie.

Anton ·

…hulle het my neef al beroof terwyl hy vasgebind aan sy gordel ondetstebo in sy vliegtuig beroof na n vliegongeluk. Terwyl hy veg om sy lewe veg hulle oor sy horlosie,ring en beursie. Woorde het ek nie vir dit. Haat wel

Vryheid ·

Steel -dit is wat dit is . Hou tog op met die regverdiging. Voorbeeld van geen waardes.

foxi ·

Goeie genugtig! Geen respek meer in enige iets wat nie joune is nie en ook nie respek vir jou medemens nie. Klomp dwase en gekke.
Wat op aarde is besig om te gebeur met die mensdom en in die tyd waarin ons nou leef?

Cherokee ·

Het nou met ‘n glimlag die uiteenlopende kommentare gelees en gewonder Uvonka, Ron, leon en (vele) kie, as jy in die straat sou stap en so ligte briesie waai ‘n R50 noot teen jou been vas, wat jy sou doen. En moet nie hier probeer aandag trek met ‘n vooropgestelde antwoord nie; antwoord liewer glad nie.

Max ·

Hierdie is n misdaadtoneel en nie n ligte briesie wat die R50 noot teen hul bene waai nie!

Kom Ons Boks ·

Hierdie is nie ‘n publieke swembad waar geldstukke/note oor naweke uitgeduik word nie (wat ek tot vervelens al gedoen het)… Hierdie is ‘n misdaadtoneel waar daar heel waarskynlik menslike oorskot nog in voertuig is. Mens verwag dat so iets eerder in die diereryk plaasvind.

Uvonka ·

Cherokee jy skep sommer self ‘n simpel vergelyking, dalk is jy die aandag soeker.

Haan ·

Cherokee jy lees dit met n glimlag, ek lees dit met n frons. n WARE Afrikaner gaan skop nie n hond wat lê nie, en gaan plunder nie verder aan n misdaadtoneel nie. Verdomde skande man!

Piet Pompies ·

Ek laat eerder die onverdiende geld by my verbygaan as wat ek my blootstel aan “money for nothing” wat ‘n kultuur van gierigheid skep.

Oom P ·

Wonder hoe opgewonde sal een van julle wees as jy vas gepen lê na na ‘n ongeluk en terwyl jy veg om aan die lewe te bly ,, veg een van die arm naastes om jou selfoon en beursie uit jou sak te kry ,, Toe ek klein was het daar ‘n koeldrank trok omgeslaan naby ons plaas.. kom ek so ewe met ‘n kassie coke by die huis aan,, Die pakslae van my lewe gekry. My pa het my gevat om dit trug te gee en omverskoning te vra ..

Toppie ·

Die staat vat elke maand 45% van my eerlike, hard verdiende salaris – wat noem mens dit

Esther ·

Die deler is so goed soos die steler, of sê jy dalk snitchers get stitches. Wel een klomp os teen korrupsie en die ander is saam korrup. Aan die einde van die dag gaan dit oor jou waardes, jammer dat alles so agteruitgegaan het dat daar ook min is wat goeie waardes na streef.

humor ·

Die moontlikheid dat dit n beplande daad was is nie uitgesluit nie. Hierdie mense is al gespesialiseerde mense en weet presies wat om binne oomblikke te doen. Daar is al deeglik bewys dat n koel nie deur n koelvaste glas dring nie afhangende die kaliber wapen wat gebruik word.
Is dit dan so moeilik om n kluis te ontwerp wat alle geld deeglik sal bevlek sodra n bepaalde kode vir die oopmaak daarvan nie gebruik word nie. Het al kennis geneem dat daar so iets is.

Victorious ·

Hoekom het die geldwaens nie koeëlvaste ruite nie en ook nie koeëlvaste bakwerk nie???

botterblommetjie ·

Ja, honger is ‘n lelike ding. Ons brand arm grootgeword en dankbaar dat ons nooit gesteel het nie. God het darem altyd voorsien. Dankbaar dat ek nie ‘n geldwa of iets dervoege hoef te gesteel het nie. Moet sê as iets voor jou neus lê is dit moeilike besluit om weg te loop. Ongelukkig is al hierdie mense wat iets gevat het diewe en moet so behandel word. As ons die gaan toelaat gaan dit net vererger. Ek al gesien hoe plunder mense koeldranklorries ens. As ek ‘n boer is en pampoene (dalk my enigeste oes) inbring dorp toe om te verkoop en almal spring op die lorrie en steel die pampoene… wat moet ek sê.. aag wat daar gaan my inkomste en harde werk, tenminste is almal gevoed… ons probeer verstaan, maar verkeerd bly verkeerd en bring skade aan ander mense se werk. Wonder hoekom geldwa nie bewaak was na rooftog nie.. of was die bewakers soos by ander gevalle die jaar (Engels se aanval ens.) weer toeskouers…

Theresa ·

Roof op roof. Nie per toeval aangewaai gekom nie. Misdaadtoneel. Misdadigers akrobaties agter onverdiende geld aan. Moenie mense aanmoedig om gemaklik te raak met ‘die idee van steel nie. As jy honger het – gaan vra vir kos. Steel kan nooit goed gepraat word nie. Daar is ook nie sekere grade vir steel nie. Belaglik.

Christo ·

1. Wat sou jy gese het as een van die wagte familie van jou is?
2. Hoe nader S.A. aan ‘n verkiesing en partykongresse kom, word transitorooftogte meer. Die polisie besik oor statistiek wat dit sal bevestig maar nie sal bekend maak nie.
3. Steel is steel.
4. Wys die gesigte van die diewe sodat hulle aan die pen kan ry.

Veritas ·

As ek daar was het daai sekuriteitswa nie meer wiele gehad nie.

Kom Ons Boks ·

Ek sal ook my reel breek as dit ‘n Richelieu trok was…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.