Video: Skokgranate klap buite parlement

parlement-studente-betoging-feesmustfall

Foto: ANA

Terwyl Pravin Gordhan, minister van finansies, Woensdag in die Nasionale Vergadering die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) aangekondig het, het die geluid van skokgranate buite die parlement weergalm waar betogende studente saamgedrom het.

Chaos het buite die parlement se hekke ontstaan toe polisiebeamptes onder meer skokgranate moes gebruik om die betogers te verdryf. ʼn Helikopter het vanuit die lug die skare gemonitor, terwyl beamptes van die openbare orde-polisie ook waterkanonne moes gebruik om die situasie in bedwang te bring.

Gordhan het vroeër Woensdag, voordat hy sy toespraak in die parlement gelewer het, uitgegaan om ʼn memorandum van die betogende #FeesMustFall-studente te ontvang.

Hy het tydens ʼn mediakonferensie in die parlement gesê die regering is tans op soek na ʼn oplossing vir die studiefooikrisis by die land se instellings van hoër onderwys. Hy het bygevoeg die onderskeie rolspelers moet saamstaan om ʼn gemeenskaplike doelwit te bereik.

Foto: ANA

Foto: ANA

Volgens Gordhan het hy die studente se eise “absoluut duidelik gehoor”, maar hy het beklemtoon die geweld wat met die #FeesMustFall-veldtog gepaardgaan, nie die proses aanhelp nie. “Wat ons nou nodig het, is momentum wat begin kan word deur verskillende inisiatiewe van diverse sektore van die samelewing,” het hy gesê.

“Al hierdie stemme moet saamkom, sodat ons in dieselfde vertrek kan sit en dieselfde kwessie bespreek en saam uitwerk watter opsies ons het.” Hy het gesê die regering het ʼn paar weldeurdagte tegniese voorstelle oor die krisis ontvang. “Sommige kom van akademici af, ander van studente en ander uit die privaatsektor.”

Gordhan het gesê die doelwit is om seker te maak mense, wat wel toegang tot hoër onderrig het, voltooi hul studies binne die gegewe tydsraamwerk en kwalifiseer sodat hulle “ʼn dinamiese deel van ons ekonomie kan word”.

Nadat Gordhan die memorandum ontvang en na die Nasionale Vergadering teruggekeer het om die MTBR te lewer, het hy aan LP’s gesê hy het die studente “namens julle gaan groet”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johan ·

Ek het geen simpatie met hierdie sogenaamde studente nie…….as jy so optree verdien jy nie n sent gratis onderrig nie………

Jakobus ·

Ek sien een student het al sommer vroeg oggend, op pad soontoe, beduie dat hulle verwag dat die polisie hulle met skokgranate gaan bestook en met rubberkoels op hulle skiet.

Nou vra ek jou, waarom in jou lewe sou hy so iets kwyt raak, as hy vooraf weet dat hy/hulle die polisie nie rede gaan gee nie?

Jan ·

Hier op Wellington het hul ook vanoggend ‘n historiese saal van 1880 aan die brand gesteek.

Alida ·

Ek hoop ou Z was daarbinne en gehoor hoe gaan sy opvolgers tekere

humor ·

Die die eerste keer is hierdie betogings IETWAT sinvol want dit is op die regte plek. Dit sal egter sin maak om dit na Nkandla te verskuif want daar is die verspulde fondse wat vir studiedoeleindes aangewend kon word.

Johannes Meintjes ·

Nou hoe het die kinders van hierdie generasie, – oproerige studente ingesluit, – so sleg uitgedraai? Wat het die jongmense, ouers, skole en die kerk (so ook die regering) nou eintlik vir mekaar en vir ons selwers voor God en mens te verduidelik vir die toenemende verval in ons samelewings? Slegte maniere, wangedrag en gebrek aan respek raak toenemende tekens van die tye terwyl “leierskap” op alle vlakke (skynbaar veral in die kerk) sonder rentmeesterskapgroots roem in eie status en eie belang?

Anncobs ·

Die groot gemors het by die kerke begin toe hulle plek gemaak het vir die ewolusie teorie pleks van bly by die skepping. Wie wil nou glo aan ‘n god wat miljoenejare geneem het om te skep en nou verwag die bybel moet gewig dra. Almal kan gerus die Bybel gaan herontdek in Creation.com i.p.v. alles te glo wat sogenaamde geleerdes ons wil wysmaak van ons herkoms. Oordeel my maar of gaan soek na die waarheid. Die kerke het nagelaat om verder te kyk as ateistiese sienings terwyl ander geleerdes met dieselfde kwalifikasies en navorsing juis die Bybel korrek bewys. Hoekom sal ons jongmense ons glo as ons dit nie eens doen nie los nog onderrig intstansies. Webwerf ook bekend as CMI.com (creation ministries international)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.