[Video] Skoliere se ‘boelie-video’ ondersoek

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Wes-Kaapse hoërskool het gesê hy is bewus van ʼn video wat op sosiale media versprei word waarin daar gesien kan word hoe ʼn seunsleerder van die skool tydens ʼn oënskynlike rusie ‘n huilende meisie met ʼn voorwerp slaan en haar met iets gooi.

ʼn Video van die voorval is Donderdag op Facebook gepubliseer en is sedertdien meer as 20 000 keer gekyk en honderde kere gedeel. Op die video kan gesien word hoe die meisie op haar arms op ʼn tafel lê en huil. Dit is nie duidelik wat gebeur het voordat die video begin nie. Die seun slaan haar dan met ʼn voorwerp, voordat hy haar met iets gooi. Hy gryp sy rugsak en storm by die vertrek uit.

Sosialemediagebruikers het die video ten sterkste veroordeel en onder meer gesê die video is ʼn voorbeeld van hoe meisies en vroue steeds dikwels deur seuns en mans swak behandel word. Verskeie mense eis dat die skool stappe teen die seun moet doen.

Herman Mellet, skoolhoof van Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier, het aan Maroela Media bevestig dat die leerders in die video gr. 8-leerders in die skool is. Volgens Mellet het die voorval verlede week ná skoolure in ʼn kitskosrestaurant plaasgevind.

“Die video het onder ons aandag gekom en ons het ondersoek daaroor ingestel, maar omdat dit ná skoolure en buite die skoolterrein gebeur het, val dit buite ons jurisdiksie,” het Mellet gesê. “Ons het wel met die kinders se ouers vergader en sal ook met die kinders praat oor die onaanvaarbare gedrag op die video en hierdie ding dat hulle alewig video’s van sulke goed neem en dit versprei.”

Mellet het gesê die leerders in die video is eintlik vriende en het vinnig ná die rusie weer vrede gemaak. “Hulle het oor die naweek alweer vergeet hiervan. Ons het wel aan hulle ouers gesê indien hulle verdere stappe wil doen, kan hulle [die kitskosrestaurant] nader om beeldmateriaal van die veiligheidskameras te bekom en ʼn saak by die polisie aanhangig maak.” Mellet het gesê hy weet nie of die ouers wel verdere stappe gaan doen nie.

Maroela Media het navraag by die Wes-Kaapse polisie gedoen om uit te vind of die voorval by ʼn polisiestasie aangemeld is, maar wag nog op terugvoer.

Intussen het Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, gesê die departement sal die saak ondersoek en berading aan die betrokke leerders verskaf.

Die onderstaande video is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

m ·

Hierdie geboelie in die skole raak al hoe erger. Vandag se kinders is omtrent opgewerk en haal al hulle aggressie op ander leerders uit.

Ai tog ·

DIT HET NIE IN SKOOL TYD GEBEUR NIE. KAN JULLE NIE LEES WAT DIE SKOOL SE NIE. SO HOEKOM MOET DIE SKOOL HOM SKORS.????????

CQ ·

Ai Tog…. Omdat hy SKOOLKLERE aanhet.
Dit beteken hy verteenwoordig die skool…
Dit beteken die skool kan hom skors.

Mvn ·

Ai tog….ek wou ook se, hulle het skool klere aan. Ek kan onthou toe ek in die skool was datjy sommer gou gou geskors word vir ongepaste gedrag buite skool ure as jy skool klere aan het, Omdat dit sleg op hulle “image” is.

broos ·

nee my pop……jy is nie “weer vriende” na so iets nie, vandag is dit ‘n klap more is dit ‘n vuishou! leer baie vinnig uit ander se foute en ek kan jou belowe jy gaan jouself baie trane spaar.

en boetie….mag iemand jou ‘n behoorlike les leer die dag wat jy weer jou handjies vir ‘n vrou lig! sies man!!!

broos ·

skuus ek wou nog ook gese het – hoekom is dit deesdae belangriker om ‘n video te neem as om in te gryp en so iets te stop? die een wat gevideo het is net so skuldig (en slapgat!) soos daai laaitie

Magda ·

Eerstens het sy nie sulke vriende nodig nie – en hoop dat die vriendskap sal stop – tweedens hoop hy word aangekla en geskors – so klein en slaan al klaar aan vrouens??????

cherise ·

Ek akn nie die skool glo nie. Die kinders het skool klere aan en verteenwoordig die skool. dit maak nie saak of dit by die skool of by die winkel is nie. dis hoekom ons land so lyk. niemand gee meer om oor die person lang hom nie. SIES vir die skool.. passing the buck

Adam ·

Cherise, jy is absoluut korrek. Die skool en meer bepaald die skoolhoof se reaksie is “priceless”. Wat ‘n ruggraatlose wese!! So as jy jou vrou verneuk is dit seker ook aanvaarbaar, solank dit net nie in haar bed gebeur nie. Verstommende logika. Mnr, wanneer ‘n kind ‘n leerder by jou skool is en in die openbaar in skoolkleure verskyn, verteenwoordig hy/sy jou skool. Jy kan dalk nie sy gedrag beheer nie, maar jy het steeds “jusrisdiksie” ssos jy dit stel oor hom. Volgens jou redenasie kan jou leerder maar ‘n teenstander op die rugbyveld met ‘n mes steek, solank dit net tydens ‘n weg-wedstryd gebeur.

Skollie ·

Hoop ook hy kry pakslae. Daar seker n seun in die klas haar kon bystaan.

My dogter is graad 1 en het drie graad 4 seuns haar rond gepluk en op grond gegooi. Volgende dag ek skoolgoof hulle maak haal uit hulle klasse uit. Hulle mooi verduidelik voor almal vat weer aan my kind dan is die strooi los. Kom kinders het niks meer respek vir enige iets en iemand nie.

Ronel ·

My seun was in gr7 deur ‘n anderskleurige seun geteister. Ek was telkemale by die skool waar die hoof my kastig belowe het die kind sal aangespreek word. MAAR soos in baie gevalle word die rugby 1e span seuns mos opgehemel. Die kind is lyk my die son maan en sterre belowe as hy aanhou. Lang storie kort, my seun het die laaste skooldag genoeg gehad van die seun en die skoolhoof se slapgathouding. Na die seun hom 6 maal met die \vuis te die slaap geslaan het – maar hy slaan soos ‘n meisie bygesê – het my seun hom met een hou grond toe gevat en hm daar gehou tot ‘n onderwyser hulle vanmekaar kom afhaal het. Die hoof het my gebel om my in te lig en geeis dat ek skool toe kom. Ek het gesê ek sal, op een voorwarde dat ek my kind in hulle saal afsluiting geluk kan wens dat hy ‘n boelie kon vasvat wat die skool heel duidelik nie kon doen nie. Die hoof kan my nou nog nie groet of in die oë kyk nie!

Daladin ·

Help my gou reg asb, as die rolle om ge ruil was sou dit nogsteeds gese het Seun slaan meisie???? nee eks seker dit sou gewees het WIT seun slaan SWART meisie. maar omdat swart aan wit slaan is die mense en media stil, waar is Julias nou?

maak my siek!!!

DMO ·

Pasop julle kan dalk verban word as julle die dogter se kant vat! :)

En net so terloops, die hoof wat noem dat dit onaanvaarbaar is om videos te maak en dit op sosiale media te versprei. Dit is blykbaar die enigste manier om die te hanteer want die skole doen nie veel aan die boelies nie.

Gatbrand ·

In my tyd sou ons seun sy ore laat fluit het met n klomp helse klappe en dan sou die hoof nog ook sy gatvelle afgetrek het. Dis omdat deesdae se skole nie meer dissipline het nie – omdat daar nie meer n rottang is nie.

T ·

Haar ouers moet net nie kla nie want dit gaan weer in ‘n Spur insident verander

Acca ·

Kry n man van jou grote en kyk of jy ook so braaf gaan wees as jy weet jy gaan pakslae kry. Slapgat geen ander woord en dan gaan huil hy seker my mamma as hy nie sin kry nie. kom boetie ek wag re

TDW ·

Ek gaan nie een van daai sensasie soekers wees en sê dis rassisme nie, maar ons almal weet as die kleur van die kinders omgeruil was was daai seun se lewe nou in gevaar, sou hulle ook sy inhegtenisneming “demand” het, sy lewe sou omgekeer gewees het en sy familie se naam deur die modder gesleep.

SP ·

Vir my is die skoolhoof se kommentaar amper net so erg as die voirval self ,hierdie meisie sal hierdie insident nooit in haar lewe vergeet nie.

Ek stem ·

En so asof die probleem die video is! Ja, ek haat ook die feit dat daar alewig videos geneem word, maar soms is dit nodig om bewyse teen die skuldiges te kry!!!

A. Mac ·

So, Meneer die skoolhoof, as jou skool se leerlinge in skooldrag na skool in die strate loop en rook dan is dit nie julle probleem nie? As leerlinge in skooldrag na skool inbreek en goed steel of winkeldiefstal pleeg is dit nie julle probleem nie? En dis ook nie julle probleem as een van julle skoliere, in skooluniform so teen ‘n meisie optree? Of hulle na die tyd opgemaak en vriende is of nie, dis nie hier ter sprake nie. Wat maak hierdie seun as daar niemand is wat sien hoe hy ‘n meisie klap of selfs vuiste inlê nie. As persoon wat in die sewentigs op skool was was dit altyd aan ons voorgehou dat jy, maak nie saak waar jy is nie, altyd die skool se naam in ere moet hou. Duidelik is dit nie meer deesdae die geval nie.

Sonja le Roux ·

Het dit werklik gebeur? Speel hulle dalk toneel? Selfone in skole moet eerder verban word. Ouers wil egter nie ongewild wees nie, daarom koop hulle net wat demanding kinders wil hê.
Ouers neem asb julle verantwoordelikhede teenoor die opvoeding van u kind ernstiger op.

Ada ·

Ek hoop haar pa gaan maak ‘n saak van aanranding teen die boelie. En ek hoop die skoolhoof besef dat indien ‘n kind hom so gedra terwyl hy in skoolklere is – hy geskors moet word want ‘n leerder is veronderstel om ‘n ambassadeur te wees van ‘n skool terwyl hy skoolklere dra. Wat ‘n swak kind- is dit die voorbeeld wat hy by die huis kry of is dit groepsdruk?
Gaan asb polisie toe hiermee ouers van die dogter – want hierdie onbeskofte knapie mot in sy spore gestuit word indien dit nie te laat is nie.

Jaco ·

My dogter is nou 15. As hy dit met my dogter gedoen het gee ek nie om wat se kleur, ouderdom of grootte hy is of dink hy is nie. Hy sou n goeie fluiter en loesing gekry het net om seker te maak hy verstaan dat dit nie aanvaarbaar is nie en nie geduld sal word nie. Kan my maar toesluit en of aankla daarna.

Sielkundige ·

Gaan gee die seun aan by die polisie. So sal die dogter weet dat haar ouers haar beskerm en leer wat om met so ‘n boelie te doen. Dit sal ‘n voorbeeld stel vir ander boelies in wording. Ons staan agter jou dogter en hoop jou ouers neem ‘n wyse besluit. Moenie bang wees om die boelie te gaan verkla nie – want dan gaan dit net erger word. Doen die regte ding.

Suzette ·

Hkm kyk die ander kinders net hoe n kind geboelie word. Kinders moet leer om vir mekaar op te staan in silke gevalle. Hy sien hy kom weg daarmee dis hkm hy aanhou en aanhou dit maak mens vreeslik bang!!!!!!!

Selfgehelp ·

So paar jaar terug het ‘n anderskleurige (14) in die selfde gr as my 11 jarige dogter, haar ‘gemolesteer’ deur onder haar rok in te kyk en aan haar been en boude te vat. Ek het die hoof gaan sien wat die dept gebel het. Hulle verweer was dat hy nog nie 16 is nie, so hulle kon niks aan hom doen nie. Die hoof het belowe hy sal die kind na ‘n ander klas skuif, wat hy nooit gedoen het nie. Ek het die kind self by die skool gewaarsku waarna hy my amper geslaan het..dinge het net erger geword daarna. Ek en my man besluit toe om ‘n saak by die kinderbeskermingseenheid te maak, wat toe ‘n ‘pad’ met die seun begin stap het deur berading ens…sy ouers was woedend en het hom gelukkig na ‘n ander skool in die dorp geskuif. Ek het net besluit dat ek nie sou rus voordat hy die skool verlaat en my kind veilig is nie, al vat dit hoe lank. Voel die dept en skool het my kind in die steek gelaat…

CCTV ·

Dit wil voorkom of dit in Mac Donalds in Kuilsrivier plaasgevind het. @A.Mac; ongelukkig met die nuwe menseregte wat ingestel is, mag die skoolhoof dalk wel korrek optree. Aan die ander kant word mense afgedank by besighede as hulle ‘n uitlating maak op sosiale media en dan praat ons nie van fisies optree nie. Indien dit wel so is, dan moet Mac Donalds ook skuldig wees want dit is op hulle perseel. Die huidige probleem is dat daar nie meer respek of self respek is nie en ons kan doen wat ons wil want ons het mos mense regte, of so dink deesdae se jeug. Ouers mag nie meer hulle kinders tugtig nie want dan word daar ‘n saak gemaak teen hulle want die menseregte word “geskend”. Wat ek wel kan sê is dat Mnr Mellet ‘n helse taak het om daardie skool tans te bedryf en onder onstandighede doen hy uiters goed. As oud leerling daar(baie jare gelede) kan ek die gevolge van die nuwe kinders/Suid-Afrika waarneem met sy nuwe menseregte.

ouer ·

Ek het nou op die skool se webblad gaan kyk en die skool se visie en missie weerspreek wat die hoof Mnr. Mellet se dat hierdie kinders weer “vriende” sal wees. Hy slaan die bal so ver mis – dit is net nie eers waar nie. So lyk my Mnr Mellet glo nie daaraan daar boelies wat aan dogters slaan geskors moet word nie. Mnr Mellet gaan veroorsaak dat daardie skool ‘n slegte naam kry soos die Spur. Dit is jammer dat Mnr Mellet dalk nie bevoeg is om hoof van hierdie skool te wees nie.

Weet van ·

As julle maar net besef. Die skoolhoof binne die raamwerk van die onderwysdepartement op. Die departement is besig met ondersoek. Dit is uiters uitsonderlik as die departement ‘n kind skors. Eerste ding wat gevra word, was daar rehabilitasie. Dit was die heel beste voorstel wat die hoof aan ouer gegee het om klag te lê. Dan kan iets pro-aktief gedoen word. Ek is self in die onderwys en ons hande is afgekap. In die toekoms ouers gaan lê ‘n klag by die polisie.

ouers ·

Ons is baie teleurgesteld in die hoof wat so lamsakkig optree. Hy is nie die titel HOOF werd nie. Wonder wat hy sou gedoen het indien dit sy dogter was.
Die die ouers moet ‘n klag gaan le want hierdie hoof beteken niks nie.

Pieter ·

Volgens die Onderwyswet KAN en MAG die skoolhoof nie teen hierdie seun optree nie. Die skoolhoof kan slegs optree teenoor die leerder indien die insident in die skoolgebou, op die skoolgronde, in die skoolbus, of iewers waar hy tydens `n sportgeleentheid of funksie sy skool verteenwoordig het. Die ouers van die dogter moet die saak by die polisie gaan aangee, indien hulle sou wou. Ons kan nie die skoolhoof blameer nie. Hy tree op, sover dit binne sy mag is. Hy het nie die mag om op te tree waar die voorval in `n restaurant plaasgevind het nie. Dit is die wet.

Charel ·

Ek lees dat hulle weer vriende is? Meisie maak oop jou oe! Sulke optrede word nie geduld nie. Bly weg van sulke vriende en moenie toelaat dat enige iemand jou so verneder nie!! Hoop jy lees hierdie!

Riaan ·

Ek moet eerlikwaar sê, dat as n pa sal SO iets nie in my oë geduld word nie. Die mannetjie kan bly wees daardie dogter is nie MY kind nie. Maar so ook kan daai mannetjie bly wees hy is nie my kind nie, want as n pa wat van SO iets te hore kom sal ek darm maar vreeslike tug stappe neem om seker te maak dat daardie mannetjie die regte hoeveelheid respek toon teenoor ander mense en veral vroumense maak nie saak van watter ouderdom nie. Die kinders van vandag het bittermin respek vir enige iemand maar dis omdat hulle soveel regte het dat jy nie eers in sy rigting mag kyk sonder n aanranding saak nie. Dit is n totale vernedering vir daardie mannetjie se ouers, want die vraag word gevra…”watter soort ouers het die kind?” Maar die ouers kan nie saam daardie mannetjie in die skool wees nie, so dis n jammerte….

Alida ·

Dit is duidelik dat hulle nooit geleer is om hul skooldrag te respekteer nie. Hierdie gooi die skool se naam weg. Uit die skermskoot op die video blyk dit n blanke meisie te wees en die een wat wegstap sal seker weer skotvry en “onskuldig” wees want dit is een van SA se kroonwild.

Ramkat ·

Haai julle, kan julle nie sien dst die.outside se optrede bewys dst.hy een dag ideal troumatriaal gaan word met n vrou wat gedurig blou kolletjies moet wegsteek. Pa en Ma neem kennis en hou hom weg.van jou dogter

Alarice ·

Want dit is nog nie amptelik bewys dat hy haar raakgeslaan het nie. Volgens hom en sy familie is die hele ding uit proporsie uit geruk.

Maar ek stem saam dat hy verkeerd was, of hy nou raak geslaan het of nie.

Cornelius ·

Eks seker daarvan hy sal eendag sy vrou baie mooi hanteer…

Anoniem ·

Op die ou einde van die dag is die storie nie werklik enige iets werd nie. As ek so kyk na al die artikels wat so op spring van kinders in skole ens. Is dit byna a trekking na media sensasie. As dinge maar net was soos dit was baie jare terug waar n oog vir n oog en n tand vir tand behandel was sou die kinders van vandag baie beter gedrag gewys het. Die moderne wereld se gesag is gans te sag om enige geweldadige aksie te stuit. As n persoon moord pleeg moet hy met die dood ontmoet word.

Anoniem ·

Dit maak my so siek om die comments te lees. Jul is so vinnig om die skoolhoof uit te haal, maar dis ons as ouers se skuld dat die kinders is soos hul is. Want ai tog kinders mag mos nie meer geslaan of gedissiplineerd word nie. Wat wil jul he moet die skoolhoof doen, hy kan en mag niks doen nie. En die kinders weet dit. En dit is julle as ouers se skuld. Dan wil ek ook net se, onderwysers en skoolhoofde kan nie verantwoording doen vir alles na skool ure nie, wys jou nou net dit kom weer van die huise af, ouers moet dit van kleins af vir kinders leer om respek en disipline te he vir hul skool en skoolklere. Kinders het nie eers respek vir hul ouers nie, waarom de hel sal hul vir klere respek he. Die probleem in vandag se sameleweing is dus ouers is te besig om te sosialise en hul kinders se pelle te wees. Nou is onderwysers en skoolhoofde lamsakkig..,, nee mense ouers is lamsakkig, want dit begin by die huis.

Alarice ·

Dis definitief nie n ouer saak nie. Ek ken sy broer en familie al jare en het nooit hierdie tipe gedrag geken van hul nie. Ek dink dis slegte invloed van vriende.

Andre van der bank. ·

Wat die seerste maak, is hoe kan hierdie skoolhoof ooit iemand kwalik neem en dan wil berispe om “sulke goed” op beeld te wil vasle en op social media versprei!!!

Leon ·

Indien dit ‘n wit seun was sou dit al wereldnuus gewees het. Ek hoop die hoof Mnr Mellet lag dit nie verder af nie- want dit sal regtig wys dat hy ‘n rugraatlose man is. Ek hoop hy wys dat hy as hoof iets beteken en ‘n voorbeeld van hierdie boelie maak sodat ander kinders wat geboelie word kan weet dat hulle na hom toe kan gaan vir raad. Indien nie – nou ja dan sal hy ‘n klad op sy naam he vir die res van sy lewe.

Nettie ·

@Leon – dit lyk vir my na ‘n wit seun, of anders is dit ‘n baie lig-van-kleur “anderskleurige”. Die meisie lyk ook wit (nie dat ras enige verwysing het nie).

Robert ·

Nie “boelie” nie, vrouemishandeling, aanranding. Dis skokkend met die gemak hy dit doen in publiek, wat sou hy doen as dit nie in publiek was nie.

Trudie ·

Ek dink nie die hoof sal dit net daar laat nie. Dit is waarom videos geneem word…om bewyse te kry om voor te lê. Dit wys net weer dat aggressie teen vroue en kinders toeneem. Dié kind moet vir “anger management gaan”. Die meisie het dalk iets gesê wat hom kwaadgemaak het, en toe val hy haar aan. Maar ‘n ware man moet sy woede kan beteuel. In die openbaar en tuis.

foxi ·

Die begin van n vroueslaner….
Haal jou vuiste uit op n groot man ou seun….jy sal gou terugtrap in jou eie groote!

Elrine ·

Kyk, ek het n dogter op skool, en as so iets OOIT met haar moet gebeur sal daai seun wens hy was nooit gebore nie, daar is geen geen manier dat ek as ouer sal toelaat dat so iemand ongestraf sal gaan nie, nadat ek hom self n pakslae gegee het… die lewe is so gemors en dis asof die wêreld mal geword het.. waar is die dae toe kinders nog veilig was op skool… ek lees vanoggend die Krugersdorp Nuus, hulle ondersoek by talle LAERSKOLE bende geweld!!!! ek het net gelees met my mond wat oop hang… waar in die lewe kom die kinders aan sulke dinge??? wat gaan van die samelewing word???

Nettie ·

Mnr, Mellet sit die pot goed mis. Die leerders het hul skool-uniforms aangehad en was dus verteenwoordigers van Hoërskool De Kuilen. Ek sou reken dat dié misdadiger-in-wording (die ‘seun’) gedissiplineer moes word (nie skors nie; die insident hét, soos Mnr. Mellet gesê het, nie op skoolterrein en in skooltyd gebeur nie), maar dit het wel die skool se naam in gedrang gebring. Indien ek skoolhoof was, sou ek die ‘meneertjie’ voor die hele skool tydens saalopening laat staan het, laat erken het wat hy gedoen het, hom die meisie openlik om verskoning laat vra het en hom dan ‘n opstel van 2000 woorde laat skryf het oor die onderwerp van vroue- en kindermishandeling. O ja, en dan kan hy ook so bietjie detensie sit, waartydens hy die skoolperseel moet help opruim.

En as ek sy ouers was, sou ek hom eers vuurwarm getik het, en al sy voorregte soos selfoon, toelaag, sosiale media, rekenaar, sosiale tyd saam met vriende ens. vir 3 maande weggeneem het. Dan sou dit skooltoe, huistoe, huiswerk en tuiswerk vir hom gewees het vir 3 maande aaneen. Dit behoort hom te leer om sy humeur in toom te hou ……

Ruby ·

Herman Mellet, dat die kinders “alewig” die goed afneem is ‘n goeie ding…sou jy die meisie geglo het sonder hierdie bewyse? Dit is net te maklik om skouertjies op te trek want dit het nie plaasgevind op die skool gronde nie. Die seun het nog steeds sy skool uniform aan, skors hom.

Ek hoop van harte die ouers van die meisie gaan lê ‘n aanrandingsklag teen hierdie boelie.

Gaan Mc Donalds hom nou verbied??!!

Alida ·

Nettie dit is tog duidelik uit die skermskoot wat die ras van die seun is. Hoe op aarde kan jy nog twyfel?

Nettie ·

@Alida, nee, dan moet ek maar seker my ogies laat toets ….. ek het die skerm vergroot en daai laaitie lyk vir my nog altyd wit. MAAR ………. wat het dit met die prys van eiers uit te waai??? Sou dit nou beter gewees het as hy pikgitswart en die meisie lakenwit was? Sodat almal weer nou kan sê: “Kyk so ‘n dit-se-datse-daaise-ding!”? Ai, ons AfrikanerDOM darem tog!

Ada ·

Lyk my die hoof hou nie van bewyse op video nie – want dan is hy verplig om iets te doen. Hy gaan egter nou iets MOET doen. Indien kinders dan sonder videos by hom aankom gaan hy seker niks doen nie.
Kinders neem asb alles op video af – so veel as wat julle kan en plaas dit in die media – en ek praat nou van alle skole sodat hierdie tipe ding uitgeroei kan word – met – of sonder die hoof van die betrokke skool.

MA VAN SEUN EN DOGTER ·

Ek is ‘n ma van ‘n seun (8) en dogter (13). Ons maak hulle groot om ander te respekteer, soos wat my ma en pa my groot gemaak het. Vir my seun se ek om nooit sy hand te lig vir ‘n meisie of vrou nie, vir wanneer hy ouer word. Vir my dogter, sy is meer werd as wat enige seun haar waarde gee en dat GEEN seun sy hand vir haar sal of mag lig nie. Skole dra ook nie altyd die belang van die leerlinge eerste nie. (Ondervinding) Maar ook, nie alle skole is dieselfde nie. Of daai seun en dogter baklei het of nie, maak nie saak nie, dit gee hom GEEN reg om so op te tree nie. As daar nie opgetree word teen hom nie, hoe gaan hy wees as hy ‘n man met ‘n vrou is? Gaan dit “ok” wees om sy hand vir haar te lig? As die skool nie optree nie, hoop ek sy ouers doen op een of ander wyse.

Coba ·

Wat ek sien, is dalk nie wat ander mense sien of wil sien nie. Soos dit vir my lyk het sy eerste iets na sy kant toe gegooi. Daarna vererg hy hom en gooi haar met papiere, of iets soortgelyks.
Dit lyk nou sommer net na ‘n gewone “quarrel” wat sal oorwaai. Hoekom moet mense altyd die ergste in alles sien? Ek sal die aanblaas van gemoedere nooit verstaan nie.
+

Leon ·

Jy slaan nie aan n vrou nie punt.Maak nie saak wat die omstandighede is nie.Dit wys jou wat se opvoeding die kind kry. Onthou vir Poppie wat doodgeskop was.Wil die ouer so n kind grootmaak en die hoof ook?Die seun kon dit met sy onderwyser of ouers uitgeklaar het.Hy kan mos praat.

Antoinette Kruger ·

Die seun maak hom skuldig aan aanranding. As dit my dogter was, het ‘n klagte namens haar gelê, as ouer en voog.
Die seun sal waarskynlik nie gevangenis toe geplaas word nie; waarskynlik na ‘n fasiliteit vir verhoorafwagtende jeugdiges. Die blyk dat die seun se handelinge ‘n woede uitbarsting simuleer. Daarom is dit nodig dat hy uit die onmiddelike omgewing verwyder word.

Johan ·

Die skors van leerders is nie so ‘n maklike proses as wat dit is om dit te se nie ek verstaan absoluut die verstrasie, maar is nie wetgewing wat die probleem is of die skool se beleid nie, maar wel die departement van onderwys wat die septer swaai oor skorsings en besluit wie mag en mag nie geskors word nie. Dit sal dalk beter wees as klagtes formeel by die polisie ingedien word sodat boelies en talle ander oortreeders maar met ‘n rekord sit en as die kind te jonk is kan die klag teen die ouers gehou word. Die probleem is nie by die uitvoering van beleid of onderwys plig nie, maar by die verdere stappe waarin nie volhard word nie deur die verantwoordelike partye.

Karen ·

Skyn mr HM het reeds sy handjies in onskuld gewas ? . . . . en as die meisie se ouers nie iets aan die boelie doen deur kriminele en daarna siviele saak teen die “vroom jong seun” Sal daar verseker niks gebeur want van die skool ? nee die hoof swem nog in “denyl”(ontkenning – hulle is reeds weer maats? \pateties! Mag die skoolhoof sorg dat ouers en die meisie berading kry en vriendskap met dai seuntjie verbied weg bid sowaar sy is nie veilig. GEEN meisie is veilig naby dai knaap met die los handjies. Hy is n boelie en moet dalk gaan vir jaar lange anger management en die swaap wat die video geneem het ook – en skande ook vir almal wat dit aanskou het en niks gedoen het . . . . shame on u !

Alarice ·

Dat almal die skool en sy hoof blameer is skokkend. Die jare wat ek in De Kuilen was, het op die beste manier verander vandat Mr Mellet oorgeneem het!

Peet ·

Die hele toneel is vooraf beplan en uitgewerk om op sosiale media `n opskudding te veroorsaak.Die 2 is nog stteds vriende en lag hulle slap dat hulle soveel mense uitgevang het.
Veral histeriese mammas wat wil moor. Sosiale poetse sou ek reken.

Alarice ·

Volgens die seun se broer gaan daar moontlik n saak gemaak word. Naamskending.

Ek keur ook glad nie goed wat ons in hierdie video sien nie, veral nie dat die sogenaamde vriende bystaan en kyk en niks aan die saak doen nie.

Ek was saam sy boetie op skool, en dit was beslis nie n saak van opbrengs nie. Kyk eerder na verkeerde invloed van vriende.

Dis ook sleg dat die skool se naam in die modder le, want De Kuilen was, is en salloop ook nooit die tipe gedrag duld nie.

Anoeniem ·

Ons is in die moeilikheid, almal kyk na die boelie, daar was altyd boelies. Die grooter probleem waamee ons sit, is dat geen man opstaan vir die arme dame nie, Toe ek op skool was sou enige man of seun wat sy hande vir ‘n vou lig sleg tweede gekom het.

Chivalry is dead

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.