[Video] Solidariteit stuur #BouSaam-veldtog van stapel

Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

Die vakbond Solidariteit het vandag sy splinternuwe veldtog, met die tema #BouSaam, by ʼn konferensie in Pretoria van stapel gestuur. Die veldtog, wat oor ʼn tydperk van drie maande gaan strek, het ten doel om gemeenskappe betrokke te kry om saam aan suksesvolle selfdoen-instellings te bou. Die veldtog volg op Solidariteit se sukses met sy #OnsBou-veldtog verlede jaar.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, moet gemeenskappe weer saamspan en self bou. “Die verval van die staat tesame met grootskaalse korrupsie in die regerende party noodsaak gemeenskappe al hoe meer om self aan ʼn toekoms te bou,” het Hermann gesê.

Hy het voorts verduidelik dat die Solidariteit Beweging reeds met reusesukses verskeie instellings op die been gebring het, wat ondermeer fokus op opleiding, taal en kultuur. “Solidariteit wil hierop voortbou en glo dat gemeenskappe self aan ʼn toekoms kan bou waarin almal blywend vry, veilig en voorspoedig sal kan leef.

“Ons nooi derduisende mense om saam te kom bou,” het Hermann afgesluit.

Solidariteit het ook tydens die geleentheid sy nuwe herontwerpte en meer belynde webblad asook sy nuwe moderne handelsmerk onthul.

Solidariteit bou sedert 1902 ʼn toekoms en vier ook vanjaar sy 115de bestaansjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Michael ·

Ek is in en ek hoop hier gaan ons soos een man en vrou saamstaan en saam bou want daar is nie ‘n ander keuse nie

Apie ·

Hoe DE hel? Hulle wil dan nou selfs vir Spur help!! Eks klaar met hulle.

Gert ·

Ek wonder self oor dit… Het gister my lidmaatskap gestop maar sou graag uit die perd se bek wou hoor hoekom hulle spur wil help.

Sarie ·

Ek ondersteun Solariteit ten volle, alhoewel ek nie kon glo dat toe dit broekskeur begin gaan met ons met ñ finale jaar student op universiteit, hulle nie aan haar ñ beurs wou toestaan nie. Sal seker maar aaltyd ñ seer plekkie in ons harte hê, maar ja, ek ondersteun hulle ten volle. Baklei ten minste vir ons Suid Afrikaners

Johann Marx ·

Ek betaal belasting aan die Keiser sodat hy en sy “cronies” hulle werk doen en die land en sy mense “bou”. Nou moet ek dit SELF doen? Sodra ek al my belasting kan weerhou…..kan ek myself sover kry om te begin bou. Intussen kyk ek hoe om ‘n nuwe begin in ‘n “regte land” te bou….

Rudi ·

Goeie Dag ,
Aan die wat die pot heel mis sit

Ek is een van die bestuurslede van Afriforum in Mpumalanga

Solidariteit”Afriforum” is gevra om saam in die kabinet van die ondersoek te vorm ,ons help hulle nie ,onthou net ,net soos jy as lid hulp soek en ons as n burgerlike organisasie nodig het sodoende die res,Ons probeer bou en nie breek nie ,kyk die situasie van albei kante af .Kom staan saam met ons ,ons doen werklik goeie goed in die gemeenskap en ek maan aan dat elkeen hulp verleen en sodoende n verskil te maak ,kom ons wys wat is bou waar hulle afbreek.Iewers sal die waarheid vorendag kom en die werklike toekoms raak gesien word.

Krymeerkinders ·

Ons werk ook daaraan. Elke bietjie help. Veral om meer kinders te kry maak die toekoms meer vas en seker. Ons moet meer kinders as instandhouding he, anders vernietig ons onsself sonder `n vyand van buite.

Aan Mnr Hermann ·

Mnr Hermann – ope kommentaar van my. Jy wil hê mens moet help bou maar dan is dit asof jou skrywe die boikot van Spur aanmoedig. Die hele lange uitgerekte sage kan gerus eindig veral as ek al die negatiewe kritiek op Spur se hoof se ope brief aan Solidariteit te lees. Ek glo julle (jy) is beter as om so kleinlik te wees en nie erkenning te gee aan wat hul wel goed en reg doen. Ek sou graag ‘n antwoord van jou wou sien – jy het my epos adres by Maroela. die ekonomie in ag genome is dit vir my afgryslik hoe mense kan aanhou; soos die Engelse sê “flogging ‘n dead horse”. Dit hang van julle (jou) af of daar positiwiteit hieroor gaan uitkom. EK laat my nie stereotipeer – as enige eienaar van watter plek ookal iets oor die Afrikaner wil sê dan moet hulle – dit pla my nie want ek weet wie en wat ek is. Ek sien selfs hierbo wil mense nou hul lidmaatskap van Solidariteit onttrek – as dit nie ondeurdag, kinderagtig en kleinlik is nie dan weet ek nie.

lenette ·

Gaan lees eers mooi Dirk se brief aan spur. Die wat versprei dat hulle spur gaan help is nie waar nie gaan op Dirk se fb page dan sal julle sien. En lees die brief van spur aan Dirk ens dan kan julle sien dat hulle nie spur gaan help nie. So voor jy ju lede geld stop volgende keer maak eers seker van die valse nuus wat versprei word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.