[Video] Trane rol vir brandslagoffer Sean

Amoré Jooste (links), Mé-Lissa Smith (middel) en Anneri du Plooy (regs) toe die nuus oorgedra is. Die video volg onderaan die berig.

Amoré Jooste (links), Mé-Lissa Smith (middel) en Anneri du Plooy (regs) toe die nuus oorgedra is. Die video volg onderaan die berig.

Trane van blydskap het Woensdagoggend in die ateljee van Jacaranda 94.2 gerol waar die R800 000 deposito wat nodig is om Sean Smit (16) na die brandsorgeenheid van ‘n private hospitaal te neem, in minder as drie ure ingesamel is.

Sean se ma, Mé-Lissa Smith, bygestaan deur haar skoolvriendin, Amoré Jooste, en Anneri du Plooy, direkteur van die Hero Burn Foundation, het sy verhaal tydens die stasie se oggendprogram, The Complimentary Breakfast, se gewilde Good Morning Angels-insetsel gedeel, waarna die luisteraars hul harte en beursies oopgemaak het.

Teen die einde van die program is bekend gemaak dat R843 000 tot dusver ingesamel is.

Sean in die hospitaal. Foto: Verskaf

Sean in die hospitaal. Foto: Verskaf

“Daar is geen woorde om te beskryf hoe dankbaar ons is nie,” het ʼn emosionele Jooste Woensdag aan Maroela Media gesê. “Dit is fantasties om te sien hoe almal saamgestaan het om Sean, iemand wat hulle nie eens ken nie, in so ʼn kort tydjie te help. Ons almal is nog oorweldig en kan nie genoeg vir almal dankie sê nie.”

Jooste het gesê hulle is reeds besig om die nodige reëlings te tref om Sean se oorplasing te reël. As alles volgens plan verloop sal hy so gou as Donderdagoggend met ʼn ambulans van ER24 na die brandsorgeenheid van ‘n private hospitaal oorgeplaas word.

Dit is egter nog net die druppel aan die emmer van die onkoste wat vir Sean se behandeling benodig word. Volgens Du Plooy is nagenoeg R3 miljoen na beraming nodig vir behandeling in ʼn private instelling en maande se behandeling en rehabilitasie lê nog vir hom voor.

Die geld wat tot dusver ingesamel is, sal aangewend word om vir sy behandeling te betaal, terwyl daar gewag word op ʼn bed in die Chris Hani Baragwanath-staatshospitaal se oorvol brandsorgeenheid, mits die res van die geld nie ingesamel word nie.

Intussen het Sean Dinsdag ʼn tweede groot operasie in die Dr. George Mukari-staatshospitaal in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, ondergaan om sy wonde skoon te maak. Hy word in afsondering in die waakeenheid behandel. Hy is in ʼn stabiele toestand, word onder verdowing gehou en is aan ʼn asemhalingsapparaat gekoppel. Daar is egter kommer dat hy lewensgevaarlike infeksie kan opdoen.

Mé-Lissa en Sean Smith. Foto: Verskaf

Mé-Lissa en Sean Smith. Foto: Verskaf

Maroela Media het vroeër berig Sean, ʼn leerder en inwoner van Theresapark in die noorde van Pretoria, het verlede Maandagmiddag derdegraadse brandwonde aan sy hande, ken en nek en gedeeltes van sy rug, bors en arms opgedoen nadat sy hemp aan sy lyf aan die brand geslaan het in ʼn fratsongeluk met petrol. Hy het ook inwendige brandwonde opgedoen toe hy vlamme ingeasem het.

Hy is na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem waar die hospitaal hom op die hospitaal se onkoste behandel het totdat hy Vrydag na Dr. George Mukari geneem is toe daar ʼn plek oopgegaan het. Daar is egter nie ʼn brandsorgeenheid by dié hospitaal nie en sy geliefdes poog sedertdien in alle erns om geld in te samel vir behandeling in ‘n private hospitaal.

Die Hero Burn Foundation help steeds om geld in te samel. Skakel 082 902 1133 of klik hier vir hul bankbesonderhede. Gebruik “Sean” as verwysing.

Lees vorige berigte oor Sean Smith op Maroela Media. Die video is deur The Complimentary Breakfast op Facebook gedeel.

Thank you so much to all of you who donated! This is what you have managed to do. Sean's mom is speechless!

Posted by Breakfast with Martin Bester on Wednesday, October 26, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

PAM ·

Dit is vir my so ‘n pragtige gebaar. Ek ken die gesin persoonlik, en weet op hierdie stadium dra hulle geloof hulle deur hierdie baie moeilike tyd.

Thank you ·

Well done Dankie aan elkeen vir die by dra God is regtig in beheer.Mag elkeen geseen word met die mate warmee julle daai.Thank you Good morning Angel julle is nou maar net awesome en Dan Hero Burn Anneri jy is goud werd jy het al so baie gehelp en lyding gegee en ure in gesit en jy is sowaar n Engel gestuur vir elke brand slagoffer wat deur die pyn moet gaan.Ek saluut jou.

Cathy ·

Dis fantasties om te sien hoe mense saamstaan, om iemand wat hulle nie ken nie te help. Sterkte aan die familie julle is in ons gebede.

Helen Doman ·

Jippie, dis fantasties dat een bruggie oorgesteek is, moenie moed opgee nie, die res sal ook in plek val. Sterkte vir julle!

Alet ·

En daar is engele tussen en om ons! Mag die Engele hom nou verder bystaan

jaco ·

die privaat dokters en privaat hospitale se eienaars behoort hulle te skaam dat hulle sulke reusagtige bedrae vra. ek wonder hoeveel mense is al dood of het nooit behoorlik herstel nie omdat die privaat dokters en hospitale se fooie eenvoudig te hoog was.

Asjas ·

#MedicalAidFeesMustFall
Ek wens iemand wil die saak ondersoek. Ek het nou die dag ‘n Oor Neus & Keel Spesialis gaan sien, moes R600 betaal voor hy my sien, sit lank en wag en sien hom dan vir 10 min (wat ek ook maar net uitgerek het omdat ek so baie betaal), stap uit met voorskrif vir salf wat bybetaling op het en toe werk die salf nie eers nie. Medies is baie duur maar betaal net gedeelte van jou uitgawes, Dokters vra astronomiese fooie en los nie eers die probleem op nie want hulle word vooraf betaal.

Azuni ·

Dis baie goeie nuus. Ek is net bekommerd oor die vlamme in asem storie. I friendin van my het ‘n familie lid verloor a.g.v vlamme in asem. Hulle kon sy uitwendige wonde genees, maar sy longe het infeksie gekry a.g.v die brandwonde binne. Ek hoop regtig Sean kom reg. Hy is nog so jonk.

Kloekie ·

Ek kry sommer hoendervleis! Ek bid dat God hom volkome sal genees. Lekker om te sien hoe mense se harte oopgaan en saamstaan.

riana ·

dit was vanoggend weer een van daardie hartseer angel oggende. maar mense ons kan nog saam staan as ons moet. en dit is wonderlik om dit te gehoor en te gesien het.

Baie sterkte Sean jy moet sommer vinnig herstel die Here se Groot hand is oor jou.

dries ·

As jy n mediese fonds het, het jy eindelik nie n mediese fonds nie want jy betaal meer in, vir behandeling as wat dit werklik kos .

C ·

Ai wat ‘n hartseer maar tog voel ek so opgewonde oor dit wat ek hier lees omtrent al die skenkings wat so muldelik instroom vir Sean se mediese kostes. Baie sterkte aan die ouers, familie en vriende, mag God jul deur hierdie hartseer en moeilike tyd dra. Vir jou Sean, jy bly in ons almal se harte en gebede. Ons bid dat die Liewe Heer jou sommer gou sal verlos van hierdie geweldige pyn wat jy moet deurmaak. Word gou gesond en glo en vertrou net op die Here.

Lance ·

Wonderlik ….weet iemand al wat het van die Pippie fonds geword wat mense sou help ?

Ekke ·

vra ek ook……..waar is al die geld en beloftes van die Pippie fonds????? Hulle is doodstil!!

Helene ·

Fantastiese nuus!!!
Herstel sonder komplikasies Sean!
Ons bid vir jou en almal wat bydra tot jou fonds en al die verpleegsters en dokters> My gebed is: Seen hulle O, Heer. In Jesus Naam Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.