ʼn Vrou het kritieke beserings opgedoen tydens ʼn ernstige ongeluk Sondag in die vroeë oggendure in Sandton in Johannesburg.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 05:15 na die toneel in Rivoniaweg ontbied. Daar het hulle die wrak van die voertuig aangetref waar dit teen ʼn muur gelê het. ʼn Vrou, vermoedelik in haar 20’s, het ʼn kort afstand weg van die voertuig gelê.
“Die vrou het verskeie beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Sy is onmiddellik op die toneel gestabiliseer voordat sy na die Charlotte Maxeke-hospitaal gehaas is,” het Meiring gesê.
Hy het gesê beeldmateriaal van die ongeluk wat later vrygestel is, toon hoe die vrou se voertuig die pad verlaat voordat dit as’t ware deur die lug vlieg. Die beeldmateriaal, wat vermoedelik vanaf veiligheidskameras verkry is, toon hoe die motor skielik deur die lug aangevlieg kom en deur ʼn muur en kennisgewingbord ploeg.
Die ongeluk word deur die owerhede ondersoek.
[SANDTON] – Vehicle flies through air, crashes, leaves woman critical. https://t.co/H7JAXbjnhI Video from @_ArriveAlive @ewnupdates @eNCA pic.twitter.com/LYX8Bcw9QP
— ER24 EMS (Pty) Ltd. (@ER24EMS) September 11, 2017
Video: Arrive Alive
Sy kan bly wees sy ry goeie voertuig
Hoe vinnig het sy om daardie draai gekom???? Jy sien haar hoofligte as sy daar omkom en dan kom sy skuins oor gevlieg deur die borde…. Ai Dame. Sterkte, ek hoop jy herstel volkome.
Hierdie was slegs God se engele wat haar omring het.
En Audi airbags
Huh? Sy le kritiek in die hospitaal.
Ja Lola… maar sy kon dood gewees het… sy het nog n kans!
jy ry ‘n nice audi maar het nie ‘n mediese fonds nie? dan sou ek beter na die spoedgrens opgelet het as ek jy was….
Ek dink ook sys bietjie te vinnig om daai draai….
Ek aan presies dieselfde gedink Broos!!
Jy mag dalk werk by Tom Cruise kry, met so ‘n stunt. Nee jonge dame, hoe maak jy dan nou?
Soos die ou gesegte se,speed kills,hoop sy kan herstel en gesond word.
Stem nie saam .. “speed does NOT kill.”
Eerder onkundigheid, nalatigheid &/of onverantwoordelikheid, gereeld gepaardgaande met invloed van een of ander dwelm (sluit meds in), wat die oorsaak is.
Dit BEGIN by die individu agter die stuur .. en hul opleiding and gesonde verstand!
“Speed kils” is meestal ‘n verskoning vir bogenoemde tekorkominge.
Ja seker maar die hoehak skoene wat sy aangehad het hulle le op toneel.
Stik ek nou … lol – sorry..
Dit gebeur wanneer jy kan bekostig om ñ motor te koop waarvoor jy nie opgevoed is om te ry nie!
Motor-opvoeding (??) sou ooglopend niks help nie, iemand moes haar eerder leer bestuur het (sonder hakskoene)
SPEED KILLS – dalk het sy uit gedraai vir die 5 leeus wat rond wandel.
Ek wonder of het sy ietsie gedrink gehad om so laag te kon vlieg het??
In die verlede was dit onwettig om met plakkies te bestuur. Hulle behoort dit onwettig te maak om met hoë hakke te bestuur.
Spoed en windgat gewees – sy gaan defnitief die rooi skoene blameer – iemand moet blameer word. Sy kan bly wees sy is lewendig en dat daar nie ander voertuie ook in die ongeluk was nie.
Is dit n gevestgde kamara, vir my lyk dit of dit beweeg, help my bietjie asb, het iemand net dit per toeval afgeneem ?
@Speedguard – dit is direk vanaf n CCTV monitor afgeneem met n selfoon kamera.
Speedguard die video is op ‘n rekenaar en toe is dit van rekenaar afgeneem op ‘n selfoon om op media te versprei dit is hoekom dit lyk of dit beweeg.
Hoop dit help.
Het ook gewonder daaroor – tesame met die “yo” aan die einde.
Ag nee julle, dit het niks met höe of plat skoene te doen nie, eerder oor bestuursvernuf al dan nie.
Ek kan party mense se komentaar nie glo nie. Wat gebeur het is erg. Dit was ñ ongeluk. Dalk het sy ñ goeie rede vir die vinnig ry en dalk nie. Dit maak nou inelkgeval nie meer saak nie. Dit bly ñ baie slegte gebeurtenis.
Daai dame het met een moewiese spoed aangejaag gekim. Ek dink sy het beheer verkoor….en die bloedrooi hoëhak stilettos wat by die wrakstukke lê het dalk ook iets daarmee te doen……..
Wonder of sy nie bang was v iemand nie. Dalk wou hulle haar hijack of vermoor of iets. En ek het nou al ooral gelees van haar. Niemand kom navore wat haar ken nie. Dis baie fishy
NIA, daar is ‘n video van die voertuig na die ongeluk. Die kommentator in die video praat met ‘n onmiskenbare Nigeriese aksent. In die video beweer hy dat die bestuurder van die motor ongedeërd daarvan afgekom het. Dit laat mens nog meer wonder… https://www.facebook.com/LocalsSA/?hc_ref=ART6QBTupV1DMJMGxooH6ZQN7rmEql8v1dNl6m-2kk0Fgzj5P8JZcxrH2L9ve_yHnKE&fref=nf
K53 met vlieënde vaandels geslaag . . .
Lol K53, ek stem nogal met jou saam. Sy het met een hengse spoed om daardie as dit ‘n draai is, om daardie draai gekom!! Letterlik en figuurlik het sy gevlieg! Wonder of sy ooit ‘n bestuurder lisensie het! ☺ Lol, K53 met vlieënde vaandels geslaag, ha ha ….
Hoop die dame herstel spoedig.
Sjoe, dis nou skerp hoor!
Ek weet van iemand wat n BMW op ‘n spoed van 200km pu gerol het, sy voorwiel het afgebreek maar omdat hy n baie goeie bestuurder is kon hy uit daardie voertuig klim sonder ‘n skrapie, hy het daai voertuig beheer tot op die laaste toe, as dit nie vir ‘n gat was nie sou hy die kar enduit beheer het. Maar moet ek by se die Hand van die Vader was beslis oor hom
Sy het dalk ‘n Red Bull gedrink…!! It gives you wings…
Selfoon…
Ja selfoon, donkerbril, paar drankies, gremering aansit, hoë hak skoene en n erge houding kan maklik vir so n ongeluk verandwoordelik wees.
Was sy nie ook aan die verkeerde kant van die pad nie?