Visserman verdwyn in see

Bemanning by die visserboot. Foto: Justin Pienaar ? NSRI-Kommetjie

ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na ʼn visserman wat in die see by Kaappunt verdwyn het.

Ian Klopper, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Kommetjie-stasie, het Woensdag gesê NSRI-bemanning is omstreeks 11:00 sowat twee seemyle van die kus van Kaappunt ontbied nadat ʼn visserman oorboord die seevaartuig Maria Louisa geval het.

“Die Maria Louisa het dadelik met ʼn soektog begin en alarm gemaak nadat daar agtergekom is dat die visserman vir ʼn onbekende rede oorboord geval het,” het Klopper gesê.

ʼn Skymed-helikopter en vaartuie van NSRI se stasies in Kommetjie en Simonstad saam met ʼn private boot, het by die soektog aangesluit.

“Ten spyte van ʼn uitgebreide lug- en seesoektog is geen teken van die man gevind nie. Die vaartuie was op gereedheid tot sonsondergang.”

Die soektog is Donderdag hervat.

Die visserman is 43-jaar oud en van Houtbaai. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan. H. ·

wed jou hy het nie n lewensreddimgsbaatjie aangehad nie.

Arno ·

Arme ou dis moet maar erg wees om in die see te val wat so rof en sterk is sterkte met die soektog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.