Vlieënier sterf toe ligte vliegtuig val

Die wrak. Foto: Verskaf.

ʼn Man in is dood toe die ligte vliegtuig waarvan hy die vlieënier was, in die ooste van Pretoria neergestort het.Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het Vrydag teen 17:15 op ʼn kleinhoewe naby Boschkoplaan in die Tierpoort-omgewing plaasgevind.

“Dit blyk dat die vliegtuig op pad was na ʼn nabygeleë vliegveld toe die voorval plaasgevind het. Die voorval sal deur burgerlugvaart ondersoek word,” het Dollman gesê.

Die man was alleen in die vliegtuig ten tyde van die voorval.

Meganiese toerusting moes gebruik word om die liggaam van die man uit die wrak van die vliegtuig te bevry.

Volgens Dollman was die polisie en die brandweer ook op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

giel ·

Ja, enige vliegongeluk is tragies. Sonder beide bene vlieg, bly maar risiko. Ek weet nie of hy bo of onderbeen amputasie gehad het nie, onder die knie is heelwat makliker. Ek het in die 70s gevlieg, ook n been , bo amptasie, gehad vroeg 80 , en as ek reg kan onthou was daar net 2 van ons in SA wat so gevlieg het, n dokter van Oudshoorn en ekself.

Sterkte in die tyd vir die familie nadat so n mooi ongman wat van sy geliefdes weggeneem word.
Giel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.