Vliegtuig doen noodlanding op wynplaas

Foto: ER24

Foto: ER24

Paramedici is Woensdagoggend na ʼn wynplaas buite Stellenbosch ontbied nadat ʼn ligte vliegtuig ʼn noodlanding daar gedoen het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die vliegtuig gevind waar dit in ʼn veld op ʼn plaas naby Bottelaryweg gelê het. Dik rook het by die enjin uitgeborrel.

“Paramedici het die vlieënier, wat op die toneel rondgeloop het, ondersoek. Hy was ongedeerd,” het Meiring gesê. “Die vliegtuig het glo meganiese probleme ervaar, wat daartoe gelei het dat die vlieënier ʼn noodlanding moes doen.”

Meiring het gesê die plaaslike owerhede was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Carien ·

Gelukkig het hy op die regte plek geland om iets vir die senuwees te kry…. of het hy die wynplaas gesien en dors geraak. Hoop hulle het hom maar so knertsie gegooi….

Goeie werk ·

Goeie werk loods, sterkte met al die skrik, ondersoeke en weer vlieg!

WitBlits ·

Die vlieenier kon seker nie meer wag vir sy wynbestelling nie en het dit toe seker goed gedink om sy eie lugpos te reel vir die bespoediging van die besending!

Anton ·

…ek is baie bly jy het ongedeerd daarvan afgekom…my neef was nie so gelukkig nie…sy vliegtuig het ook meganiese probleme ervaar…net buite JHB…hy moes toe ook n noodlanding doen…in die veld…sy vliegtuig het om geslaan met die landing…gelukkig het hy dit oorleef met net n paar bene gebreek …maar nog onderste bo vasgevang in sy gordel…het die mense van die naby gelee huise…hom van sy horlosie, ring en ander besittings geroof…self die vliegtuig begin “strip” voordat hulp ontbied gekom het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.