Vodacom waarsku oor nóg ʼn slenter

selfoongebruiker-in-restaurant

Foto: Pixabay.com

Vodacom het verbruikers gewaarsku om versigtig te wees vir nóg ʼn slenter wat opgeduik het.

Volgens ʼn verklaring ontvang verbruikers ʼn “missed call” van internasionale nommers. “Die foon sal byvoorbeeld een keer lui vanaf ʼn internasionale nommer, byvoorbeeld Tonga met die kode +676. Kliënte wat dié internasionale nommers terugbel, word herlei na hoëkoste- internasionale nommers wat baie duurder is, al word die oproep binne ʼn paar sekondes beëindig,” lui die waarskuwing.

Vodacom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om waaksaam te wees en versigtig te wees om oproepe van onbekende internasionale nommers te beantwoord of daarheen terug te bel.

“Ons forensiese spanne is tans besig om die nommers op te spoor en te blok sodat dit nie op die Vodacom-netwerk gebruik kan word nie.”

Maroela Media het vroeër berig MTN het verbruikers ook teen ʼn slenter gewaarsku wat die ronde doen. Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Rocky ·

Volgende nommer 3 dae gelede van Guinea (?) om 03:30. in die oggend ontvang. +2245509949

Simone Booysen ·

Ek het ook 4 dae terug 02h28 ń missed call van so nommer gehad!

Riaan ·

Ek het ook n oproep ontvang vanaf +2245590999 gehad laas Donderdag wat se Guinea, het hom nie geantwoord nie en ook nie teruggebel nie, die bloody skelms.

Jean-Mari ·

Presies dieselfde nommer as wat ek gehad het Donderdag oggend 03:00

Retha ·

Selfde nr my gebel plus minus 01:35 in oggend. Ek het teruggebel aangesien ons mense in buiteland het. Vir 6 sekondes en besef dis n scam. Nr geblok.

cf ·

Ek het ook Donderdagnag 00.45 n oproep van +22455909984 gehad!

LB S ·

Ek oordryf nie as ek sê ek het seker al 20 sulke luie gehad, maar uit gewoonte antwoord ek nooit dadelik voordat ek sien waar die oproep vandaan kom nie. My man het ongeveer 5 gehad. Wanneer gaan dit stop?

henriette louw ·

Ek kry ook oproepe van die nrs +41225013067 en +12034459625 en +442086349273

Rooie ·

Snaaks dat dit net met die Vodacom nommers gebeur. Iemand het hul databasis uitgegee.

Naam ·

Dit is nie net vodacom nie Mtn het eerste gese van die nommers

Heidi ·

Goeie naand
Ek kry kort kort internationale oproepe maar antwoord nie. My kerel het dit ook begin kry.
Groete
Heidi

Albert Juergen ·

Is klaar met die slenter gevang en dit het my R249 gekos vir 2 sekondes! Het “call blocker” afgelaai en nou Block dit automaties internationale oproepe!

Sophia la cock ·

Ek kry elke week soms tot 3 keer per week oproepe van nrs wat ek nie ken nie ek antwoord dit dood eenvoudig net nie.
Net na die oproepe kry ek dreigemente van vodacom wat sê dat hulle my gaan oorhandig aan n prokureur genaamd Hammond & pole.
Ek het geen kontrak met vodacom ek gebruik ” pay as you go”
Kan enige iemand dalk lig werp op die saak is dit ook een of ander slenter. Ek is al raadop.
Sophia

Karin ·

Ek het Vrydag ook ‘n missed call gehad van ‘n +216 nommer.

Sonette Diedericks ·

Ek kry elke dag 2 of meer sulke oproepe ‘n dag vodacom moet baie vinnig plan maak met dit want dit is lastig enige tyd dag of nag vroeg oggende asb doen iets!

Marianne ·

Dis nie net vodacom nie maar ook mtn ons kry ook gedurende die nag veral sulke oproepe….:-((

Fj ·

Ek het ook een gekry wat met +216 begin ,maar my truecaller app het hom geblok.

Fj ·

Ek het ook n oproep van n +216 nommer gekry,maar my truecaller app het hom geblok.

Michelle ·

Ek ia by cell c en dieselfde het my oorgekom vandag. My doodgeskrik. Nommer gegoogle en lyk sooa china

HFM ·

Vodacom waarsku nou eers oor die slenter. Ontvang die oproepe al vanaf verlede jaar. Antwoord nooit en heg aan “reject” lys.

Iza Rust ·

Ek het ook Donderdag oggend net na 8 n missed call gekry van n weird nr af!
Sien dit was ook van Guinea af!

Moeg vir SA ·

Ek eht ook so oproep ontvang.Nie geantwoord nie.Ek wil net van Vodacom af weet waar kry hoerdie mense ons nommers.Is jou kontrak en die inligting daarin nie PRIVAAT nie????

Soekie ·

Ek dink dis op al die netwerke. Ek en my gesin is almal cellc en dit gebeur met ons ook

Vranet ·

Ek kry ook gereeld missed calls van samoa af. Antwoord gelukkig nie en ek het mtn netwerk.

Johan Fourie ·

Ek ook een gekry so 1 uur die oggent van E.T af .Hy stuur groete

Hanna ·

Ek werk in die UAE en ons kry weer so missed calls v St Helena af! Hoekom bel mense hierdie nommers terug? Tensy jy mense in daardie land het, ignoreer of blok asb hierdie nommers.

Boertjie ·

En dis hoekom ek op my slimfoon ‘n toep (app) gelaai het, wat outomaties hierdie buitelandse oproepe van wildvreemde nommers af blok. Die toep is slim genoeg om te weet dis hierdie slenternommers, en nie geldige oorsese kontakte nie. Die ander voordeel is dat plaaslike telebemarkers is ook op die blokkasielys, en hulle oproepe kom dan as sulks ook nie deur nie. Baie gerieflik.

Johnnie ·

FJ die truecaller app is n wenner die werk soos n bom dit waarsku jou vroegtydig van waar die oproep is en blok dit dan ek geniet myne.

Kotie ·

Baie van die mense kry die selfoonnommer op jou profiel op facebook.

jwm ·

Ek kry die laaste 2 maande al sulke oproepe. Is daar dalk n epos adres van Vodacom se forensiese spanne waar ons die nommers kan rapporteer?

Petro Swanepoel ·

Ek het ook n “missed call” ontvang 20 Julie 2.36 in die oggend! nommer +22455303384
Gelukkig het ek nie probeer terug bel nie! Dankie vir inligting

AW ·

Laai die True Caller APP af . Blok en rapporteer dan die nommers as scam sommer terselfdertyd. Wonderlike APP!

Theresa ·

Ag nee! Mens wonder of al die gerica en gefica regtig nodig is. En alle detail die heeltyd so vir als. As ons nie 100% kan seker wees ons data en detail word hoogs vertroulik hanteer nie – waarom goed soos POPI-regulasies en al die ander snert doen. Dink daar moet ‘n artikel in alle tale uitgereik word om wetsgehoorsames te waarsku dat hul nie al hul detail om elke hoek en draai moet verskaf nie. EN instansies wat ons detail het, moet meer verantwoordelik wees met die berging daarvan. En pa staan as dit wegraak. Kyk nou net met die fone – dis mos ongehoorde verpesting met vertroulike inligting wat verseker iewers geland het waar dit nie hoort nie. Spoor die booswigte op (dis moontlik) en straf hul vir die misdaad (polisie kan oor grense heen saamwerk – GLAD nie onmoontlik nie).

Theresa ·

O ja, nog ‘n ding. Jy is nie verplig om op enige aansoek vir werk jou volle ID, volle adres en nog minder ‘n foto te stuur met die eerste stap van aansoek nie. Sou ook sê hou by ‘n e-pos – sommer ‘n besigheid s’n as kan (bv. Postnet of so iets) sodat joune privaat bly. En nie jou selfoon nie. Dis net my opinie. Heeltemal te riskant en dit kan maklik op ‘n oorsese netwerk beland. Al is jy hoe desperaat – moenie dink elke advertensie is van ‘n ordentlike instansie nie. Ek sou versigtig wees vir enige iets wat nie ‘n besigheids e-posadres het nie. Dis net ‘n bietjie raad?

Marlene Panto ·

Ek het ook ‘n missed call op 19 Julie om 23:59 ontvang van Guinea +224 559 09984

Gelukkig ekke ·

Ek is na 25jaar steeds baie tevrede met Vodacom se diens. So gelukkig, dat ek my spaar MTN foon ook oorgesit het op Vodacom.

JHB ·

Ek het ook so ‘n oproep ontvang op my sell nommer wat vir werk gebruik word. Die nommer is +22455001699.

Opgesukkel ·

Ek het ‘n 3-uur in die môre oproep uit Guinea gekry. En nou Donderdag het ek 2 oproepe uit Afghanistan gekry. Nie eenkeer geantwoord nie, maar raak keelvol daarvoor…

Wille Willemien ·

Oo hene ek weer 4x gisteraand vanaf 20;43 oproepe ontvang van +27 75 917 0720 waar kom die nr vandaan, ook gladnie geantwoord net baie verdag gelyk, sover my kennis strek het ons in SA geen nrs wat met n 075 begin. Seker maar n long last antie van Vancouver eiland wat verlang hahaha

JJ ·

As Vodacom jou net so vriendelik en mooi help as jy ñ nuwe kontrak uitneem of as jy op gradeer, dat jy duurder gaan betaal? Sodra jou foon 4g wys, betaal jy meer, dis mos wat di CEO verlede week verduidelik het, jy betaal meer! Maar geen van sy uitleg winkels verduidelik dit. Jy moet alte bly wees, jou opvangs is beter! Jy betaal gebruikeraar. So ek is bly oor SA se duur tariewe, wat ondersoek word. Geen waarskuwing jou data is klaar, jou lugtyd word gebruik….. Dit hou net aan. Moet ons nou sê dankie oor die slenter waarsuwing, of dat ons as gebruiker uit gebyt word oor tariewe? Dit kom mos nou al ñ tyd saam. O, en Mnr Ceo, jammer jou epos kry ek nie opgesoor, wil hê jy moes hierdie self lees.

Lourens JvRensburg ·

Ek gebruik ook “call blocker”, werk pragtig.
Hoe hul ons no’s kry:- Advertensie maatskapye gebruik programme wat e-pos addresse, tel en sel no’s genereer, en dan advertensies e-pos ens.
Duidelik gebruik dié “fraudsters” soortgelyke programme om mense te vang.
Ook, alle besighede wat jou info het, kan ekstra geld maak deur info te verkoop. Het paar jaar trug al stel afgetrap met mense wat my “telesale” teen 21:30 in die aand. Lang storie kort, hul het my info by telkom gekoop. (Wettiglik)

botterblommetjie ·

Ek kry hope snaakse oproepe maar my “truecaller app” werk nogal baie goed en blok hulle. Snaakse ding het my getref. Iemand my ‘n whatsapp gestuur met net ‘n naam. toevallig is my suster en skoonsus se naam dieselfde. Ek gedog dalk ‘n nuwe cell en het grappengewys gereageer, maar die manier van sinbou het my eweskielik laat wonder, want nie een van hulle twee gebruik die spesifieke woordekeuses nie. Die persoon wou weet of ek haar sou help. Ek albei op hul ou nommers geskakel en nie een het geweet van die whatsapp nie. Sy het haar van aangedui as my nooiensvan, dus my skoonsus se van en my sus se nooiensvan. Ek het dadelik die nommer geblok en gerapporteer. Wat die doel was is steeds vir my onverklaarbaar. Die nommer was 0652181089.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.