Vrou (60) op kleinhoewe aangeval, beroof

plaashek-pexels

Foto: Pexels.

Die polisie in die Vrystaat het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na verdagtes wat ’n vrou (60) op haar kleinhoewe net buite Bloemfontein in die Vrystaat aangeval het.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanval het op die Kloofeinde- kleinhoewes buite Bloemfontein plaasgevind.

“Die vrou het Maandag omstreeks 17:30 by die plaas aangekom, toe drie gewapende aanvallers met balaklawas aan haar oorval het toe sy by haar huis ingaan,” het Marope gesê.

Volgens Marope is die vrou se bene en hande met toue vasgebind. “Die aanvallers het daarna die huis geplunder,” het Marope gesê.

Marope het gesê die aanvallers het daarin geslaag om die kluis op te breek. “Hulle het van die toneel gevlug in die slagoffer se silwer Audi A4 (FBW551FS) met ʼn wapen, patrone, bankkaarte en kontant.

Hy het gesê die slagoffer het geringe beserings aan haar bene en hande opgedoen.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

Mense met inligting oor die voorval word versoek om die polisie te bel by 051 507 6000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rudi ·

My vraag is net ,hoe de duiwel gaan ons boere hul plaas of plaashuis binne sonder om n vuurwapen byderhand te he ,leer ons nie ,lees ons nie nuus nie ,is ons so naief om die goed blind te staar …..Maak gereed vir elke oomblik van die dag ,nie een van ons kan werklik se ons is veilig nie .

Lienkie ·

Baie bly die tannie lewe nog, die tannie se lewe is baie meer werd as al die aardse besittings. Lyk of hierdie weer ‘n “inside job” was. Baie sterkte vir die tannie. Hoop die booswigte word sommer gou gevang.

Hond ·

Dra jou vuurwapen altyd by jou. Kyk asb. na jou honde se gedrag wanneer jy tuis kom en indien hulle abnormaal optree dan is dit moontlik dat daar ander honde naby is.

Niel ·

Mens kan aflei dat die vrou alleen gewoon het. ‘n ouerige vrou alleen op ‘n kleinhoewe gaan definitief ‘n teiken wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.