Vrou ernstig beseer ná voertuig teen trok bots

Foto: Crisis Medical.

ʼn Vrou in haar veertigs veg vir haar lewe ná ʼn ernstige ongeluk op die M4 naby Umdloti in KwaZulu-Natal.

Kyle van Reenen, woordvoerder vir Crisis Medical, het gesê hul paramedici het by die toneel opgedaag en kon uitmaak wat gebeur het. “Die vrou het met haar voertuig in ʼn stilstaande vragmotor wat sitrus vervoer het, gebots. Hy het aan die linkerkant van die pad in die geel streep gestaan,” het Van Reenen gesê.

Volgens van Reenen is die man wat besig was om aan die vragmotor te werk ook getref en het hy ook beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel en toe na die hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die bestuurder van die voertuig wat met die vragmotor gebots het, het ernstige beserings opgedoen. “Sy het lewensnoodsaaklike behandeling ontvang en is op ʼn spesiale draagbaar gedra, want ons vermoed sy het beserings aan haar rugstring opgedoen,” het van Reenen gesê.

Die passasier in haar dertigs het beserings opgedoen wat nie ernstig is nie.

Albei pasiënte is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die presiese besonderhede van die ongeluk sal deel uitmaak van die polisie se ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elize C ·

Dit word genoem dat die trok in die noodbaan gestaan het, en op die foto blyk dit dat sy nood-flikkerligte aan was, dus moes hy sigbaar gewees het, en het hy sy reg gebruik om sy onklaar trok in die noodbaan te stop. Mense moet nou nie weer oorhaastig wees met die redes hoekom die voertuig in die noodbaan agter in ‘n stilstaande trok vasgery het nie. Ek het jare gelede naby ‘n sitrus-fabriek gebly, en gereeld die pad gebruik wat voor die fabriek verbyloop. Trokke en trekkers met sleepwaens wat sitrus fabriek toe bring vir verwerking, het soms bietjies-bietjies van hul vrag verloor weens omstandighede. Die sitrus wat op die padoppervlak val en oopbars, maak daardie teer so glad soos olie, as jy met jou voertuig oor so gedeelte van bv 20 meter ry, verloor jy heeltemal beheer oor jou voertuig as jy vinniger as 20kpu oor daardie gedeelte ry. Gereelde pad-gebruikers het dit al geweet en opgelet na sitrus op die teer-oppervlak. Daar kon in hierdie geval dalk van die sitrus losgekom het van die trok en afgeval het op die teer-oppervlak ‘n paar meter terug, waaroor die dame toe onwetend gery het, en beheer verloor het oor haar voertuig, en dalk so agter in die trok vasgery het, of eerder vas-gegly het. Beterskap vir die dames, hulle sal later kan verduidelik presies wat aanleiding gegee het tot die botsing.

Francois le Cochon ·

Indien jou vrag “bietjies-bietjies” afval, voldoen jy nie aan die padreels nie. Jou vrag moet behoorlik vasgemaak wod. “Weens omstandighede” is nie ‘n verskoning nie.
‘n Mens mag ook nie herstelwerk aan jou voertuig doen indien jou voertuig op ‘n openbare pad onklaar raak nie. Dit moet eers weggesleep word, dan kan die herstelwerk gedoen word.

E Coetzer ·

Ai Francois le Cochan….geen rede om aanvallend te raak nie. Die trokdrywer moes dalk ‘n pap band ruil….? Daar is nie genoem wat presies die drywer besig was om te doen aan die trok nie. Ek regverdig geensins die feit dat sitrus van oop sleepwaens en trokke afrol nie, maar dit is ongelukkig ‘n feit dat dit gebeur, (soos baie ander dinge in die lewe waaroor ons ook geen beheer het nie) soos genoem het ek op ‘n stadium daagliks van ‘n pad gebruik gemaak waar die pad in sitrus pluk-seisoen plek-plek so gelyk het. Daar kan baie redes daarvoor wees, die net/seil oor die trok/sleepwa kon ‘n skeurtjie ingehad het, ens, ens. Die doel van my kommentaar was eintlik om te sê dat daar nou nie weer dadelik aangeneem moet word die dame het aan die slap geraak, of op haar foon geklets en nie die trok gesien terwyl sy uit haar baan beweeg het, of ander nare idees soos dat sy gedrink was of iets dergliks nie. Ek het eenkeer gesien hoe ‘n bakkie voor my teen ‘n bitter stadige spoed eenvoudig net oor daardie kol begin gly het van die pad af, tot in die veld langs die pad, ongeag hoe hy probeer het om die voertuig onder beheer te bring. Geen “probleem” aan ‘n voertuig of sy vrag op die pad is aanvaarbaar nie, maar dit gebeur……dis waar ongelukke vandaan kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.