Vrou ernstig beseer toe motoris glo nie stilhou

Foto: ER24.

ʼn 63-jarige vrou is ernstig beseer in ʼn botsing in Northmead in Benoni wat glo veroorsaak is deur ʼn motoris wat versuim het om ʼn stopteken te gehoorsaam.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het op die hoek van Vyfdelaan en Vierdestraat plaasgevind.

“By paramedici se aankoms op die toneel was die vrou steeds in haar motor. Sy is vir moontlike abdominale en rugstringbeserings behandel,” het Vermaak gesê.

Die vrou se twee kinders was saam met haar in motor ten tyde van die botsing, maar kon self uit die motor klim.

Paramedici het die vrou op die toneel gestabiliseer en haar en haar kinders na die Sunshine-hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sonja ·

Die ergste is, die idioot wat nie gestop het nie kom niks oor nie! Dieselfde met my dogter gebeur. Sy is 21 en nou ñ parapleeg en die idioot gaan aan met sy lewe!!!!???

Dellaq ·

Ek is so siek en sat vir mense wat padreels verontagsaam. En dis omtrent elke 2de motoris op ons paaie. Gister het ons gesien hoe ‘n motor voor ons voet-in-die-hoek oor die rooi robot ry en ‘n bakkie met enkele centimeters gemis het! ‘n Onskuldige persoon (persone) was amper desmoers toe.

Magda ·

Ons regering stel nie juis n voorbeeld nie – en ons wette is ook maar so so – dis hoekom almal maak en ry soos hulle wil.

Martin ·

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek…..? Ek lees dit dan in die eerste sin van die berig. “…. veroorsaak is deur ‘n motoris wat versuim het om ‘n stopteken te gehoorsaam.”

Ada ·

Sonja, ek is so jammer om van jou hartseer oor jou dogter te lees. Dit is verskriklik. Ek kan my nie indink die skok en pynlike proses waardeur julle moes gegaan het nie. Ek wens julle sterkte vir die pad vorentoe en druk jou kind vir my part al ken ek julle nie.

Melanie ·

Ons het van middag van begrafnis af gekom op pad huis toe,toe ons 2 voertuie in kwessies van 3km gekry wat verby gesteek het terwyl daar aankommende verkeer was die voertuig voor ons moes van pad af beweeg en die 2de keer moes ons,dat dit hulle nie gepla het dat daar ‘n kop aan kop botsing kon plaasvind gaan my verstand tebowe.

Michael ·

Ons probeer die laaste tyd om nie na son onder te ry nie tragies ne in n “demokratiese”land waar wette bestaan maar net toegepas word as jy nie n “omkoop” geskenkie vir die wetstoepassers het nie

Ansie ·

Dis baie tragies! Die ongeduld op die paaie is ontstellend. ‘n persoon het ook gisteroggend uit ongeduld met ‘n spoed weggetrek in ‘n dwarsstraat wat in ons pad ingaan en wou reguit oor ry na die volgende straat en hy bots toe met ‘n aankomende voertuig en sy voertuig gly in die rondte en tref ‘n volgende voertuig….hy moes net gewag het vir die pad om veilig te wees maar was te ongeduldig om te kyk of daar nie aankomende voertuie is nie. Soveel onnodige skade en beserings…. ek was gelukkig….was hy een meter nader aan mydan was my voertuig ook gestamp….

Ansie ·

Dis tragies. Die ongeduld op die paaie veroorsaak meeste ongelukke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.