Vrou loop haar teen rowers vas

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Vrou van Centurion het haar Vrydagoggend by haar aankoms by haar huis trompop in gewapende rowers vasgeloop wat besig was om haar man met ʼn vuurwapen aan te hou.

Hannes du Buisson, woordvoerder van Centurion Concerned Citizens, het gesê die voorval het omstreeks 08:00 in die Raslouw-omgewing gebeur. Die man is glo in sy motorhuis deur drie mans oorval wat hom in die huis ingedwing het.

Konst. Mandlakayise Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die rowers het ʼn vuurwapen by hulle gehad en het die man gedwing om hulle te wys waar die kluis in die huis is.

Du Buisson het gesê terwyl die rooftog aan die gang was, het die man se vrou by die huis aangekom. Die rowers het haar oorval en probeer om haar voertuig te steel. Volgens Du Buisson het die vrou terugbaklei en haar motorsleutel weggegooi om te verhoed dat die rowers haar voertuig steel.

Die drie mans het in hul wegkommotor van die toneel gevlug. Die registrasienommer van dié motor is nie bekend nie.

Zwane het gesê die rowers het ʼn vuurwapen uit die slagoffers se kluis, juweliersware en ander huishoudelike inhoud geroof voordat hulle van die toneel gevlug het.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. “Ons doen ʼn beroep op enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei om die naaste polisiestasie of CrimeStop by 08600 10111 te skakel,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

En wat van rig van n vuurwapen sal daar iets van kom !!!!!

Toppie ·

Rig van ‘n wapen is mos poging tot moord of geld dit net vir sekere kleur en ras

Cherokee ·

Dit sal vrouens leer om altyd ‘n wapen gereed te hê wanneer hulle hul mans nader.

Petrus ·

Wapens moet nie uit n kluis gesteel word nie, dit is daar om gedra te word nie om stof te vergader in n kluis nie.

Herman ·

Ornamente van waarde hoort deesdae in n kluis. Nie vuurwapens nie. Mense leef in n droomwereld – dit sal mos nie met my gebeur nie..

snoefie ·

vraag is, HOE dra jy vandag n vuurwapen aan jou persoon. dra jy dit in n holster onder jou klere word jy aangekla vir dra van n versteekte wapen. dra jy dit oop en bloot aan jou heup, word jy heel waarskynlik aangekla van…. in besit van n gevaarlike wapen…. dra van wapen om te intimideer…. gevaarlike wapen in die openbaar en lesbes…. poging tot moord.

SARIE VAN HEERDEN ·

Goeie vraag, Snoefie. My vriendin het die gewoonte gehad om wanneer sy van die werk af kom net na 1nm het sy haar voordeur se klokkie altyd gedruk en gelui sodat wie ookal ongemagtig binne in die huis is minstens kan vlug as hy kon. of wou. En DIT het toe eendag met haar gebeur toe die krimenele in haar huis was.!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.